Claassens en 'n Ander v Landdros, Bloemfontein en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
Citation1964 (4) SA 4 (O)

Claassens en 'n Ander v Landdros, Bloemfontein en 'n Ander
1964 (4) SA 4 (O)

1964 (4) SA p4

Citation

1964 (4) SA 4 (O)

Court

Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling

Judge

De Villiers R en Smuts Wn R

Heard

April 27, 1964

Judgment

July 16, 1964

Flynote : Sleutelwoorde

Geboortes en sterfgevalle — Geregtelike doodsondersoeke — Wet 58 van 1959 — Bedoeling van — Art. 16 van Wet gebiedend — Nie-nakoming van bepalings van art. 16 — Wat aansoekdoener op hersiening moet bewys — Burgerlike reg — Geaardheid van — 'Wesenlike en besondere belang' in art. 11 (2) — Betekenis van — Bevinding in 'n doodsondersoek op hersiening gebring — Dagvaarding kragtens Hofreël 90 uitgereik — Verrigtinge moet as aansoek by wyse van mosie beskou word — Bevinding van landdros nie deur getuienis gestaaf nie — Bevinding tersyde gestel — Vervang deur bevinding dat landdros nie in staat is om bevinding in terme van art. 16 (2) (d) te maak nie.

Headnote : Kopnota

Die bedoeling van die Wet op Geregtelike Doodsondersoeke, 58 van 1959, is om, indien moontlik, in die publieke belang, 'n bevinding te verkry deur 'n landdros of die dood van enige persoon wat aan ander as natuurlike oorsake gesterf het, veroorsaak is deur 'n handeling of versuim, wat 'n misdryf aan die kant van iemand insluit of uitmaak, al dan nie.

Artikel 16 van Wet 58 van 1959 is gebiedend en nie aanwysend nie.

Die feit dat 'n landdros nie die bepalings van artikel 16 van Wet 58 van 1959 nagckom het nie bedoel nie noodsaaklik dat 'n Hof op hersiening sal inmeng nie. Die applikant moet ook bewys dat hy deur die veronreg benadeel was en dat hy 'n burgerlike reg of belang het wat deur die oortreding geskend word en wat die beskerming van die Hof verlang.

Die burgerlike reg hoef egter nie noodwendig 'n vermoënsregtelike te wees nie in die sin dat die veronregte patrimoniële verlies gely het nie.

Aan die woorde 'wesenlike en besondere belang in die uitslag van die ondersoek' in artikel 11 (2) van Wet 58 van 1959 moet 'n wye betekenis gegee word wat die belang wat 'n ouer van 'n minderjarige kind, wat onder sy sorg was en aan 'n onnatuurlike dood gekom het, in 'n ondersoek in terme van die Wet na die oorsaak van die minderjarige se dood het, insluit. Vir dié rede moet die ouer kennis van die ondersoek kry en is die landdros, wat die ondersoek hou, verplig om aan hom die reg te verleen om òf persoonlik òf deur 'n advokaat of prokureur vrae aan getuie te stel. Die belang wat so 'n ouer het is wel nie van patrimoniële aard nie en raak hom nie persoonlik in die sin dat hy miskien aanspreeklik gehou kan word vir sy kind se dood nie, maar dit is 'n belang wat sorteer onder die imponderabilia, nl. 'n belang in die onskendbaarheid van die persoon van sy minderjarige kind en om, aangesien die Staat nie voornemens is om te vervolg nie, toe te sien dat 'n behoorlike bevinding bemaak word, aangaande die oorsaak van dood.

Die applikante het 'n dagvaarding uitgereik teen die respondente vir hersiening van die eerste respondent se bevinding in 'n geregtelike doodsondersoek wat ingevolge die bepalings van Wet 58 van 1959 gehou was. Die respondente het in limine die punt geopper dat die verkeerde prosedure gevolg was deurdat die verrigtinge nie dié van 'n hof was nie en dus was Hofreël 90 nie van toepassing nie.

Beslis, in die afwesigheid van benadeling aan enige belanghebbende party, dat die dagvaarding as 'n aansoek by wyse van mosie beskou moet word.

Waar die eerste respondent, in 'n geregtelike doodsondersoek wat deur hom in terme van die bepalings van Wet 58 van 1959 gehou was, 'n bevinding gemaak het dat die dood van die applikante se minderjarige seun 'skynbaar nie veroorsaak was nie deur 'n handeling of versuim wat 'n misdryf aan die kant van 'n lewendige persoon insluit of uitmaak nie', maar op 'n hersiening van so 'n bevinding dit geblyk het dat, ingevolge die getuienis wat aangevoer was, die eerste respondent nie 'n positiewe bevinding in terme van artikel 16 (2) (d) van die Wet kon gemaak het nie,

Beslis, dat die bevinding ter syde gestel moet word.

Beslis, verder, dat die bevinding vervang moet word met 'n bevinding dat die eerste respondent nie in staat was om 'n bevinding, soos in terme van artikel 16 (2) (d) verlang, aan te teken nie.

Flynote : Sleutelwoorde

Births and deaths — Inquests — Act 58 of 1959 — Object of — Sec. 16 of Act peremptory — Non-compliance with provisions of sec. 16 — What applicant in a review must prove — Civil rights — Nature of — 'Substantial and peculiar interest' in sec. 11 (2) — Meaning of — Finding in an inquest brought under review — Summons issued in terms of Rule of Court 90 — Proceedings must be regarded as an application by way of motion — Finding by magistrate not supported by evidence — Finding set aside — A finding substituted that magistrate not in a position to make a finding in terms of sec. 16 (2) (d)

Headnote : Kopnota

The object of the Inquest Act, 58 of 1959, is, if possible, in the public interest, to obtain a finding by a magistrate whether the death of a person who has died otherwise than from natural causes, was caused by an act or omission which includes or amounts to an offence on the part of anybody, or not.

Section 16 of Act 58 of 1959 is peremptory and not directory.

The fact that a magistrate has not complied with the provisions of section 16 of Act 58 of 1959 does not necessarily mean that the Court on review will interfere. The applicant must also prove that he was prejudiced by the non-compliance and that he has a civil right or interest which has been violated by the contravention and which enjoys the protection of the Court.

The civil right need not necessarily be a proprietary right in the sense that the party aggrieved has suffered patrimonial loss.

The words 'substantial and peculiar interest in the issue of the inquest' in section 11 (2) of Act 58 of 1959 must be given a wide meaning which includes the interest which a parent of a minor child, who has been under his care and who has died an unnatural death, has on the inquest in terms of the Act, into the cause of the minor's death. For this reason the

1964 (4) SA p5

parent should be given notice of the inquest, and the magistrate who is conducting the inquest is compelled to give him the right, either personally or through an advocate or attorney, to cross-examine the witnesses. The interest which such a parent has is really not a patrimonial one and does not concern him personally in the sense that perhaps he can be held responsible for the death of the child, but it is an interest which is classified under the imponderabilia, i.e. an interest in the inviolability of the person of his minor child, and, as the State has no intention to prosecute, to see that a proper finding is made as to the cause of death.

The applicants had issued a summons against respondent to review the finding of the first respondent in an inquest held in terms of the provisions of Act 58 of 1959. The respondents took the point in limine that the wrong procedure had been followed in that the proceedings were not that of a Court and accordingly Rule of Court 90 had no application.

Held, that, in the absence of prejudice to any interested party, the summons should be regarded as an application by way of motion.

Where the first respondent had, in an inquest held by him in terms of the provisions of Act 58 of 1959, given a finding that the death of the applicants' son was apparently not caused by any act of, or omission by, any living person which amounted to an offence, but on review of such finding it appeared that, on the evidence adduced, the first respondent was not able to give a positive finding in terms of section 16 (2) (d) of the Act.

Held, that the finding should be set aside.

Held, further, that for the finding there should be substituted a finding that the first respondent was not in a position to enter a finding such as was desired in terms of section 16 (2) (d) of the Act.

Case Information

Hersiening kragtens Hofreël 90. Die feite blyk uit die uitspraak.

J. J. F. Hefer, namens die eisers.

H. J. O. van Heerden, namens die eerste verweerder. E

Geen verskyning namens die tweede verweerder, die Prokureur-generaal.

1964 (4) SA p6

Cur adv vult.

Postea (Julie 16).

Judgment

A De Villiers, R.:

In die saak het eisers dagvaarding uitgereik teen verweerders vir hersiening van eerste verweerder se bevinding in 'n geregtelike doodsondersoek wat gehou is in terme van die bepalings van die Wet op Geregtelike Doodsondersoeke, 58 van 1959, in verband met die onnatuurlike dood van hulle minderjarige seun.

B In die dagvaarding word eerste verweerder opgeroep om die notule van die verrigtinge of 'n gesertifiseerde afskrif daarvan aan die Griffier van die Hof te lewer en word beide verweerders aangesê om redes, indien enige, aan te toon waarom die bevinding van eerste verweerder naamlik:

C 'die dood is skynbaar nie veroorsaak deur 'n handeling of versuim wat 'n misdryf aan die kant van 'n lewendige persoon insluit of uitmaak nie',

nie op hersiening tersyde gestel of verbeter sal word nie. Geen bevel van koste word aangevra nie.

Ses gronde van hersiening word in die dagvaarding, soos gewysig, uiteengesit, naamlik:

D 'Die eerste verweerder het onregmatiglik en sonder redes geweier om die eisers of hulle prokureurs toe te laat om sekere getuies te kruisverhoor en/of te ondervra aangaande die feite wat in hulle kennis was wat betrekking het op die handelinge en/of dade en/of reaksies van die oorledene, en welke kruisverhoor en/of ondervraging daartoe kon gely het om die omstandighede van die oorledene se dood op te klaar, en welke besluit van die eerste verweerder ongeregverdig en/of onredelik en sonder gronde was.

(2) Die bevinding van eerste verweerder voormeld is buitensporig onredelik.

E (3) Die bevinding van die eerste verweerder kon nie gemaak gewees het op die...

To continue reading

Request your trial
19 practice notes
  • Marais NO v Tiley
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1912 AD 642 at 651 - 2. As to the magistrate's discretion to cause a witness to be subpoenaed, see Claassens v Landdros, Bloemfontein 1964 (4) SA 4 (O) at 8H - 9D; Johannesburg Stock C Exchange v Witwatersrand Nigel Ltd 1988 (3) SA 132 (A) at 152A - E; Shidiack's case supra. J J Gauntlett S......
  • Van Heerden and Another v Joubert NO and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...whether the death can be attributed to the commission of any offence. (See Claassens en 'n Ander v Landdros, Bloemfontein en 'n Ander 1964 (4) SA 4 (O) at 10D-F; Timol and Another v B Magistrate, Johannesburg, and Another 1972 (2) SA 281 (T) at 287H-288A; Marais NO v Tiley 1990 (2) SA 899 (......
  • Theron en Andere v Ring van Wellington van die Ng Sendingkerk in SA en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...gesê kan word dat by die strafoplegging die Ring mala fides of arbitrêr opgetree het. In Claassens v Landdros, Bloemfontein, 1964 (4) SA 4 (O), het DE VILLIERS, R., die omstandighede waaronder 'n Hof sal inmeng as volg saamgevat: "Die bewyslas is op eisers om die Hof te oortuig dat die C ui......
  • Van Heerden and Another v Joubert NO and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...whether the death can be attributed to the commission of any offence. (See: Claassens en 'n Ander v Landdros, Bloemfontein en 'n Ander 1964 (4) SA 4 (O) at 10D-F; Timol and Another v Magistrate, Johannesburg, and Another 1972 (2) SA 281 (T) at 287H-288A; Marais NO v Tiley 1990 (2) SA 899 (A......
  • Request a trial to view additional results
19 cases

19 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT