Cassem en 'n Ander v Oos-Kaapse Komitee van die Groepsgebiederaad en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeSteyn HR, De Beer AR, Van Blerk AR, Ogilvie Thompson AR and A B Beyers AR
Judgment Date19 June 1959
Citation1959 (3) SA 651 (A)
Hearing Date25 May 1959
CourtAppellate Division

B Steyn, H.R.:

In die Hof a quo het die appellante, vir sover dit hier ter sake is, aansoek gedoen om 'n bevel wat die eerste respondent, 'n komitee van die Groepsgebiederaad ingestel kragtens art. 24 van die Wet C op Groepsgebiede, 1950, soos gewysig (wat ek die raadskomitee sal noem) aansê, eerstens, om 'n openbare ondersoek wat hy in November 1956 ingestel het in verband met groepsgebiede in Port Elizabeth en die omstreke daarvan, te heropen en die appellante en ander belanghebbendes toe te laat om by die heropende ondersoek te verskyn; tweedens, om een of meer verteenwoordigers van 'n beplanningskomitee wat tevore in opdrag D van die Groepsgebiederaad in soortgelyke verband ondersoek gedoen het, op te roep tot verduideliking van die verslae van die beplanningskomitee, waarvan die appellante na afloop van die openbare ondersoek deur die raadskomitee insae verkry het, en om die appellante en ander belanghebbendes toe te laat om die verteenwoordiger of E verteenwoordigers te ondervra; en derdens, om die appellante en ander belanghebbendes toe te laat om mondelinge getuienis voor te lê ter weerlegging van bewerings in die verslae vervat, en hul vertoë te oorweeg alvorens genoemde Raad of die Minister te adviseer. Die aansoek is met koste van die hand gewys, en die appellante kom daarteen in hoër beroep.

F Die beplanningskomitee waarna verwys word is in Oktober 1952 met goedkeuring van die Minister van Binnelandse Sake aangestel om deur besigtiging en ondersoek ter plaatse, sekere voorstelle wat insake groepsgebiede vir Port Elizabeth en omstreke ontvang was, te ko-ordineer en hul dan tesame met enige voorstelle deur die beplanningskomitee self, aan die Groepsgebiederaad voor te lê vir ondersoek, verslag en 'n G aanbeveling deur die Raad aan die Minister betreffende die wenslikheid of andersins van die instelling van groepsgebiede in bedoelde omgewing. Die funksie van die beplanningskomitee was nie om self so 'n aanbeveling te doen nie, maar om reeds bekende voorstelle by mekaar aan te pas en self voorstelle te formuleer wat as die nodige uitgangspunte vir 'n H ondersoek deur die Raad sou kon dien. Aanvanklik is die Departement van Binnelandse Sake, Naturellesake, Kleurlingsake, Vervoer en Spoorweë, die Kaapse Provinsiale Administrasie en die Nasionale Behuisingskommissie op die beplanningskomitee verteenwoordig. Die aldus saamgestelde komitee het in Januarie 1953 'n verslag uitgebring. Later is die samestelling gewysig deur byvoeging van verteenwoordigers van die Departement van Lande, die Sentrale

Steyn HR

Padvervoerraad en die Stadsraad van Port Elizabeth, en die weglating van verteenwoordigers van die Departement van Vervoer en van die Provinsiale Administrasie. Die hersamegestelde komitee het dieselfde jaar 'n verdere A verslag voorgelê. Op 25 Februarie 1955 word by publikasie in die Eastern Province Herald deur die Groepsgebiederaad kennis gegee dat 'n komitee van die Raad die wenslikheid of andersins sal ondersoek om kragtens art. 3 of 3bis van die Wet op Groepsgebiede, soos gewysig, die gebiede in die bylae by die kennisgewing genoem as groepsgebiede vir die groepe daarin aangedui te proklameer. In die bylae word na vier kaarte B verwys. Drie van hulle is kaarte wat betrekking het op voorstelle waaromtrent die beplanningskomitee in 1953 verslag gedoen het. Die kennisgewing sê belanghebbendes verder aan om nie later nie dan 25 Maart 1955 vertoë wat hul wil maak, skriftelik in viervoud by die Sekretaris van die Raad in te dien, en stel hul in kennis dat indien die Raad na oorweging van die skriftelike vertoë sou verlang om enigiemand in C verband met die vertoë wat hy ingedien het, te ondervra of aan te hoor, die Raad by kennisgewing 'n plek en tyd sal aanwys waar en wanneer 'n komitee van die Raad by 'n openbare ondersoek so iemand sal ondervra of aanhoor. Die appellante en ander het vertoë ingedien en op 15 Oktober 1956 het die Raad 'n komitee (eerste respondent) benoem, soos in die D kennisgewing in vooruitsig gestel. 'n Aansienlike getal persone, onder wie die appellante, het voor die komitee verskyn. Die verrigtinge van die komitee het geduur vanaf 19 November tot 29 November 1956. In die loop daarvan het die appellante en andere onder meer insae van 'n verslag van die beplanningskomitee verlang asook dat die komitee 'n verteenwoordiger van die beplanningskomitee moet oproep om die E voorstelle waaroor die verslag handel toe te lig, en toe die voorsitter dit weier, het hulle hul aan die verrigtinge onttrek sonder om gebruik te maak van die geleentheid om getuienis en verdere vertoë voor te lê. Daarna het een van die ander, by name Bhika Ramjee, wat hom insgelyks aan die verrigtinge onttrek het, 'n Hofbevel verkry wat die voorsitter F gelas om die verslag aan hom beskikbaar te stel en hom toe te laat om verdere skriftelike vertoë in verband met die verslag aan die komitee te rig. (Ramjee v Eastern Cape Committee, Group Areas Board and Another, 1958 (2) SA 67 (E)). Aan die bevel is gevolg gegee. Albei verslae is beskikbaar gestel. Na aanleiding van opmerkings deur die geleerde REGTER-PRESIDENT by 'n verdere ongeslaagde aansoek deur Ramjee dat die G verslag ook aan ander belanghebbendes vrygestel moet word, is op 1 Augustus 1958 deur die sekretaris van die komitee in reeds genoemde koerant kennis aan belanghebbendes gegee dat die verslae vir tien dae ter insae sal lê en dat skriftelike vertoë in verband daarmee vir vyftien dae vanaf die datum van die kennisgewing in ontvangs geneem sal word. Op 15 Augustus vra die appellante by die komitee 'n verlenging aan H van die tydperk van vyftien dae, en op 20 Augustus word die versoek geweier. Daarop het die appellante die aansoek gedoen om die Hofbevel waaroor hierdie saak gaan.

Die beslissende vraag in die geskil is na my mening of 'n persoon aan wie 'n komitee van die Groepsgebiederaad vergun het om by 'n openbare ondersoek wat die komitee instel, te verskyn en vertoë betreffende

Steyn HR

bepaalde voorstelle aan die komitee te rig, ingevolge die desbetreffende wetsbepalings die regte besit waarop die appellante blykens die aansoek aanspraak maak, d.w.s...

To continue reading

Request your trial
29 practice notes
  • Administrator, Cape, and Another v Ikapa Town Council
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of Town and Country Planning [1948] AC 87 (HL) at 105 - 6; Cassem en 'n Ander v Oos-Kaapse Komitee van die Groepsgebiederaad en Andere 1959 (3) SA 651 (A) at 660A - B, 663A - E; Modimola's case supra; Strydom v Staatspresident, RSA, en 'n Ander 1987 (3) SA 74 (A); SA Defence and Aid G Fund ......
  • Sidumo and Another v Rustenburg Platinum Mines Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...19 ILJ 1425; [1998] 11 BLLR 1093): discussed and qualified Cassem en 'n Ander v Oos-Kaapse Komitee van die Groepsgebiederaad en Andere 1959 (3) SA 651 (A): Chemical Workers Industrial Union and Others v Algorax (Pty) Ltd (2003) 24 ILJ 1917 (LAC): considered F Consolidated Employers Medical ......
  • Knop v Johannesburg City Council
    • South Africa
    • Invalid date
    ...had not performed a quasi-judicial act in doing so. See also per F Steyn CJ in Cassem v Oos-Kaapse Komitee van die Groepsgebiede Raad 1959 (3) SA 651 (A) at 660C-F, in which it was held that the proceedings of a group areas board at an inquiry and its recommendations in connection with the ......
  • Le Roux v Minister van Bantoe-Administrasie en - Ontwikkeling
    • South Africa
    • Invalid date
    ...or by necessary implication indicates the contrary'. B In Cassem en 'n Ander v Oos-Kaapse Komitee van die Groepsgebiederaad en Andere, 1959 (3) SA 651 (AA), verklaar STEYN, H.R., op bl. 'Voordat die funksie van 'n statutêr gemagtigde uit die aard daarvan as kwasigeregtelik in bedoelde sin b......
  • Request a trial to view additional results
29 cases
  • Administrator, Cape, and Another v Ikapa Town Council
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of Town and Country Planning [1948] AC 87 (HL) at 105 - 6; Cassem en 'n Ander v Oos-Kaapse Komitee van die Groepsgebiederaad en Andere 1959 (3) SA 651 (A) at 660A - B, 663A - E; Modimola's case supra; Strydom v Staatspresident, RSA, en 'n Ander 1987 (3) SA 74 (A); SA Defence and Aid G Fund ......
  • Sidumo and Another v Rustenburg Platinum Mines Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...19 ILJ 1425; [1998] 11 BLLR 1093): discussed and qualified Cassem en 'n Ander v Oos-Kaapse Komitee van die Groepsgebiederaad en Andere 1959 (3) SA 651 (A): Chemical Workers Industrial Union and Others v Algorax (Pty) Ltd (2003) 24 ILJ 1917 (LAC): considered F Consolidated Employers Medical ......
  • Knop v Johannesburg City Council
    • South Africa
    • Invalid date
    ...had not performed a quasi-judicial act in doing so. See also per F Steyn CJ in Cassem v Oos-Kaapse Komitee van die Groepsgebiede Raad 1959 (3) SA 651 (A) at 660C-F, in which it was held that the proceedings of a group areas board at an inquiry and its recommendations in connection with the ......
  • Le Roux v Minister van Bantoe-Administrasie en - Ontwikkeling
    • South Africa
    • Invalid date
    ...or by necessary implication indicates the contrary'. B In Cassem en 'n Ander v Oos-Kaapse Komitee van die Groepsgebiederaad en Andere, 1959 (3) SA 651 (AA), verklaar STEYN, H.R., op bl. 'Voordat die funksie van 'n statutêr gemagtigde uit die aard daarvan as kwasigeregtelik in bedoelde sin b......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT