Case Note: R v Bartle (1995) 92 CCC 3d 289 (SCC)

JurisdictionSouth Africa
Published date28 August 2019
Date28 August 2019
Citation(1997) 10 SACJ 98
Pages98-101
AuthorJMT Labuschagne
98
SACJ •
(1997) 10 •
SAS
R v Bartle
(1995) 92 CCC (3d) 289
(Supreme Court of Canada)
Ingeligtheid as voorwaarde
vir 'n effektiewe reg op
regsverteenwoordiging
JMT Labuschagne
1
Inleiding
In
R v Bartle ((1995)
92 CCC (3d) 289 (SCC)) het die volgende feite voor die
hoogste Kanadese hof gedien: B is ongeveer 1 uur die oggend vir
dronkbestuur gearresteer. Ten tyde daarvan het die polisie horn meegedeel
dat hy die reg het om sonder versuim die hulp van 'n regsverteenwoordiger
in te roep en dat hy die reg het om 'n regsverteenwoordiger van sy eie keuse
telefonies te skakel. Hy is verder meegedeel dat hy die reg op gratis advies
van 'n regshulp-praktisyn het en dat, indien hy aangekla word, hy by die
Ontario Legal Aid Plan vir regsbystand aansoek kon doen. Alhoewel die
polisiebeampte bewus was van die 24 uur-beskikbaarheid van 'n
dienspraktisyn by 'n 1-800 nommer wat horn met regsadvies sou kon
voorsien, het hy B nie daaroor ingelig nie. Die polisiebeampte het B
vervolgens meegedeel dat hy horn wil onderwerp aan 'n asemtoets. B het
horn daarop meegedeel dat hy 5 of 6 biere die aand gedrink het. Hy is weer
gevra of hy in verbinding met 'n regspraktisyn wil tree. B het daarop 'nee'
geantwoord. Voordat die asemtoets gedoen is, is B nog 'n maal deur die
toetstegnikus gevra of hy eers 'n regspraktisyn wil spreek en ook dit is
afgewys. Weereens is geen melding van regsadvies beskikbaar by die 1-800
nommer gemaak nie. Die toets is afgeneem en hy is daarna aangekla van
'
over 80'. By sy verhoor het B, wat Saterdagoggend gearresteer is, getuig dat
hy onder die indruk was dat hy die volgende Maandag 'n praktisyn, indien
beskikbaar, kon spreek. Hy het verder getuig dat hy nie 'n praktisyn gebel
het nie omdat hy nie geweet het wie om te skakel nie. B is skuldig bevind en
hy beroep horn in finale instansie op die Supreme Court. Die beslissing van
laasgenoemde hof word kortliks hier onder die loep geneem. Daar word ook
na ander sake waarin dieselfde problematiek aanspreek is en wat in
dieselfde bundel hofverslae opgeneem is, verwys.
(1997) 10 SACJ 98
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT