Caroluskraal Farms (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk; Red Head Boer Goat (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk; Sleutelfontein (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk

JurisdictionSouth Africa
JudgeHefer AR, E M Grosskopf AR, Goldstone AR, Van den Heever AR, Harms AR
Judgment Date24 March 1994
Docket Number326-8/92
Hearing Date18 February 1994
CourtAppellate Division

Hefer AR:

Hierdie drie appèlle is gelyktydig aangehoor en word in een uitspraak behandel omdat identiese geskilpunte daarin geopper en beredeneer is. Wesenlik gaan dit in elkeen om die korrekte vertolking van E art 23(1) van die Wet op Landboukrediet 28 van 1966, soos gewysig ('die Wet'). (Sedert 1983 word die Wet beskou as een wat op eie sake betrekking het en is dit deur die afsonderlike Huise van die Parlement gewysig. In hierdie uitspraak word bepalings aangehaal soos dit deur die Volksraad gewysig is.) Die advokate is egter versoek om die Hof ook toe te spreek F oor die vraag of die bevel waarteen geappelleer word vatbaar is vir appèl. Daarom is dit nodig om kortliks aan te dui hoe art 23(1) ter sprake gekom het in die Hof a quo en wat die bevel is waarteen geappelleer word.

Die appellante is lede van 'n groep maatskappye wat gesamentlik boerdery bedryf. Aanvanklik het die huidige respondent aansoek gedoen vir die G voorlopige likwidasie van 'n vierde lid van die groep - Stapleford Estates (Pty) Ltd ('Stapleford'). Dit was egter nadat Stapleford reeds 'n sertifikaat wat ooreenkomstig art 21(1) van die Wet uitgereik heet te gewees het, by die Hof ingehandig het. Op grond hiervan het Van Niekerk R die aansoek van die hand gewys. Die respondent het daarna aansoeke geliasseer vir die likwidasie van die appellante ten spyte daarvan dat H hulle reeds dergelike sertifikate ingehandig het. Laasgenoemde het hulle op die sertifikate beroep deur (1) in limine in hulle opponerende verklarings aan te voer dat die respondent se aansoeke nie ontvanklik was nie, en (2) substantiewe aansoeke gelyktydig met die opponerende verklarings in te handig vir die tersydestelling van die likwidasie-aansoeke as onreëlmatig ooreenkomstig Reël 30 van die I Eenvormige Reëls op grond onder andere van die inhandiging van die sertifikate. (Die kennisgewings van mosie opper ander gronde ook, maar al wat vir huidige doeleindes ter sake is, is die beroep op die sertifikate.) Na die inhandiging van hierdie dokumente, dws voordat die respondent 'n repliserende verklaring ingehandig het, het die partye ooreengekom om eers J uitsluitsel te verkry oor die effek van die

Hefer AR

A sertifikate. Dit het hulle bewerkstellig deur die likwidasie-aansoeke ter rolle te plaas maar argument by die verhoor te beperk tot die vraag waaroor uitsluitsel verlang is. Hierdie beperkte argument is deur Berman R aangehoor. Sy gevolgtrekking en die resultaat daarvan blyk uit die laaste paragraaf van sy uitspraak wat soos volg lui:

B 'It accordingly follows that the certificates filed in the Court do not constitute a bar to the liquidation proceedings being brought by the bank against each of the respondents and their application in each case is dismissed with costs.'

Nadat Berman R verlof aan die appellante verleen het om na hierdie Hof te appelleer, is kennisgewings van appèl ingehandig waarin daar in elke geval C appèl aangeteken is teen

'. . . die hele uitspraak en bevel . . . in welke uitspraak en bevel sy Edele Regter Berman die appellant se aansoek en/of beswaar in limine van die hand gewys het met koste'.

Ek behandel eers die vraag of die bevel vatbaar is vir appèl. Die antwoord D hang natuurlik daarvan af of dit 'n 'uitspraak of bevel' is soos bedoel in art 20(1) van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959. In hierdie verband dien aanvanklik opgemerk te word dat gelet moet word, nie op die vorm van Berman R se beslissing nie, maar wel op die effek daarvan (South African Motor Industry Employers' Association v South African Bank of Athens Ltd 1980 (3) SA 91 (A) op 96H-97A). Daarom is die feit dat die beslissing in E die vorm van 'n bevel gegiet is waarvolgens substantiewe aansoeke onder Reël 30 van die hand gewys is, nie deurslaggewend nie. Ek sal later meer te sê hê oor die effek van die beslissing.

Die uitdrukking 'uitspraak of bevel' ('judgment or order') in art 20(1) en F sy voorgangers het, soos bekend, aanleiding gegee tot 'n reeks uitsprake waarin gepoog is om prakties gestalte daaraan te gee. Ek ag dit nie nodig om al die regterlike uitlatings oor die onderwerp wat in die Hofverslae versamel is weer te ontleed of te probeer herlei tot algemeen geldende beginsels of selfs te konstateer nie. Daardie taak is grotendeels reeds verrig in Van Streepen & Germs (Pty) Ltd v Transvaal Provincial G Administration 1987 (4) SA 569 (A) op 580D-586E en Zweni v Minister of Law and Order 1993 (1) SA 523 (A) op 531B-536B. Vir huidige doeleindes is dit voldoende om die aandag te bepaal by punt 8 van die opsomming in Zweni op 532I-533A en in besonder by die vereiste dat die beslissing waarom dit gaan 'must have the effect of disposing of at least a substantial portion H of the relief claimed in the main proceedings'.

Indien hierdie vereiste behels dat daar slegs gelet word op die effek van die beslissing op die regshulp deur die eiser (of applikant in die geval van mosieverrigtinge) aangevra, kwalifiseer die beslissing in die onderhawige saak klaarblyklik nie as 'n 'uitspraak of bevel' nie, aangesien die regshulp deur die destydse applikant aangevra onaangeraak I was en dit hom steeds vry gestaan het om voort te gaan met die likwidasie-aansoeke. Uit die appellante se oogpunt is die posisie egter totaal anders. In wese was hulle beroep op die sertifikate 'n spesiale verweer wat, indien suksesvol, sou meebring dat die likwidasie-aansoeke op daardie stadium, en totdat die sertifikate ingevolge art 21(2) van die Wet sou verval, nie kon slaag nie. Dat Berman R bedoel het om finaal J uitsluitsel te gee oor die effek van die

Hefer AR

A sertifikate ly geen twyfel nie. (Vergelyk SA Eagle Versekeringsmaatskappy Bpk v Harford 1992 (2) SA 786 (A) op 792D-E.) Die effek van sy beslissing was dus dat 'n spesiale verweer wat die appellante pertinent geopper het finaal uitgeskakel is; in die Hof a quo kon hulle nie verder daarop steun nie.

B So beskou, is die onderhawige saak nie onderskeibaar van sake soos Labuschagne v Labuschagne; Labuschagne v Minister van Justisie 1967 (2) SA 575 (A), Smit v Oosthuizen 1979 (3) SA 1079 (A) en Constantia Insurance Co Ltd v Nohamba 1986 (3) SA 27 (A) nie. In die Labuschagne saak is die bevinding dat die afwysing van 'n spesiale verweer vatbaar is vir appèl soos volg gemotiveer: C

'Die eerste verweerder het in sy spesiale pleit 'n afdoende verweer geopper wat geheel en al los staan van sy verweer op die meriete wat hy voort gepleit het, en op grond daarvan het hy verligting aangevra, nl dat die eiser se eis teen hom met koste afgewys word . . . Die verhoor voor Regter Smuts het geskied ten aansien van hierdie geskilpunte, wat geensins betrekking het op die meriete van eiser se saak nie, en sy uitsluitsel was D dat, alhoewel eiser nie die beweerde afstanddoening bewys het nie, eerste verweerder se spesiale verweer nie gehandhaaf kon word nie, daar die betekening van 'n dagvaarding, en nie die uitreiking daarvan nie, vir die doeleindes van art 32 die instelling van die geding is . . .

Dit volg dus na my mening dat die uitspraak van Regter Smuts die geskilpunte wat deur die spesiale pleit geopper is finaal besleg het. Die verligting wat eerste verweerder na aanleiding van die bewerings in sy E spesiale pleit aangevra het, is hom geweier. Indien die verhoor voortgesit sou gewees het sou die Hof nie bevoeg gewees het om weer opnuut die vraag te oorweeg of die spesiale pleit gehandhaaf behoort te word, aldan nie. By die verdere verhoor en die daaropvolgende uitspraak sou slegs die geskilpunte betreffende die meriete van eiser se eis ter sprake gewees het. Die uitspraak waarteen eerste verweerder in hoër beroep is, is dus, F wat betref die Hof wat die uitspraak gegee het, 'n finale en onherstelbare afhandeling van 'n selfstandige en afdoende verweer wat eerste verweerder geopper het as grondslag vir die regshulp wat hy in die spesiale pleit aangevra het.'

(Per Wessels AR op 583A-F. Kyk ook Smit v Oosthuizen op 1089A-D en Constantia Insurance op 35E-F en 36F-H.)

G Ek moet daarop wys dat hierdie Hof in Heyman v Yorkshire Insurance Co Ltd 1964 (1) SA 487 (A) bevind het dat die afwysing van 'n alternatiewe verweer wat afsonderlik verhoor is, nie vatbaar is vir appèl nie. In daardie geval was die redenasie soos volg:

'In the present case, the relief claimed in the action is the payment of a sum of money, alternative relief and costs. The ruling given by the Court H a quo on the issue in question, does not decide whether or not any such relief is to be granted in any form. As indicated above, it left undecided a number of other issues which had been raised. No such relief could be granted until they had been determined by the Court or settled by the parties. If the appeal should fail, the matter would, as agreed by the parties, have to be reinstated on the roll of the Court below for the trial of those issues, and it is only on the conclusion of the resumed trial that the Court would be able to give judgment on the relief sought I in the action. The ruling already given would then become part of the reasons for the final judgment. (Compare Union Government & Registrar of Asiatics v Naidoo 1916 AD at 52.) It is, therefore, not a judgment or order against which an appeal lies at this stage in terms of s 20 of the Act.'

(Per Steyn HR op 490H-491B.) J

Hefer AR

A Word hierdie uitlatings vergelyk met dié bv in die aangehaalde gedeelte uit die uitspraak in die Labuschagne saak, blyk dit dat die verskillende resultate te wyte is aan 'n verskil in benadering: in Heyman is gelet op die regshulp deur die eiser aangevra en in die ander drie sake op die regshulp deur die verweerder aangevra. Die grondslag van beide benaderings is die bekende stelling in Dickinson and Another v Fisher's Executors 1914 B AD 424 op 427 tot die effek dat 'n 'bevel' slegs verleen kan word ten opsigte...

To continue reading

Request your trial
42 practice notes
  • A Comparative Analysis of Common-Law Presumptions of Statutory Interpretation
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...Ltd v Kr ugersdorp Municip al Council 1920 AD 530 562 and Sleute lfontein (Edms) Bpk v Eerste Nasiona le Bank van Suider -Afrika Bpk 1994 3 SA 407 (A) 422C.98 Du Plessis Re-int erpretation of S tatutes 229.99 See eg National Co alition for Gay an d Lesbian Equal ity v Minister of Ho me Affa......
  • Masuku and Another v Mdlalose and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Goat (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk; Sleutelfontein (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk 1994 (3) SA 407 (A): dictum at 416C--F applied B Constantia Insurance Co Ltd v Nohamba 1986 (3) SA 27 (A): dictum at 36F--I Dease v Minister of Justice 1962......
  • S v Van Rooyen
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Nasionale Bank van 2012 (2) SACR p143 Suider-Afrika Bpk; Sleutelfontein (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk A 1994 (3) SA 407 (A): Dadoo Ltd and Others v Krugersdorp Municipal Council 1920 AD 530: referred to Du Plessis v Joubert 1968 (1) SA 585 (A): dictum at 595A – B ......
  • Robbetze en 'n Ander v Garden Route Resort Services Bk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Goat (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk; Sleutelfontein (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk 1994 (3) SA 407 (A): onderskei/distinguished 2004 (4) SA p409 A Constantia Insurance Co Ltd v Nohamba 1986 (3) SA 27 (A): onderskei/distinguished Durban's W......
  • Request a trial to view additional results
41 cases

  • Wellington Court Shareblock v Johannesburg City Council; Agar Properties (Pty) Ltd v Johannesburg City Council
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van E Suider-Afrika Bpk; Sleutelfontein (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk 1994 (3) SA 407 (A) Constantia Insurance Co Ltd v Nohamba 1986 (3) SA 27 (E) Elgin Brown & Hamer (Pty) Ltd v Industrial Machinery Suppliers (Pty) Ltd 1993 (3) ......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • A Comparative Analysis of Common-Law Presumptions of Statutory Interpretation
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...Ltd v Kr ugersdorp Municip al Council 1920 AD 530 562 and Sleute lfontein (Edms) Bpk v Eerste Nasiona le Bank van Suider -Afrika Bpk 1994 3 SA 407 (A) 422C.98 Du Plessis Re-int erpretation of S tatutes 229.99 See eg National Co alition for Gay an d Lesbian Equal ity v Minister of Ho me Affa......
42 provisions
  • A Comparative Analysis of Common-Law Presumptions of Statutory Interpretation
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...Ltd v Kr ugersdorp Municip al Council 1920 AD 530 562 and Sleute lfontein (Edms) Bpk v Eerste Nasiona le Bank van Suider -Afrika Bpk 1994 3 SA 407 (A) 422C.98 Du Plessis Re-int erpretation of S tatutes 229.99 See eg National Co alition for Gay an d Lesbian Equal ity v Minister of Ho me Affa......
  • Masuku and Another v Mdlalose and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Goat (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk; Sleutelfontein (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk 1994 (3) SA 407 (A): dictum at 416C--F applied B Constantia Insurance Co Ltd v Nohamba 1986 (3) SA 27 (A): dictum at 36F--I Dease v Minister of Justice 1962......
  • S v Van Rooyen
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Nasionale Bank van 2012 (2) SACR p143 Suider-Afrika Bpk; Sleutelfontein (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk A 1994 (3) SA 407 (A): Dadoo Ltd and Others v Krugersdorp Municipal Council 1920 AD 530: referred to Du Plessis v Joubert 1968 (1) SA 585 (A): dictum at 595A – B ......
  • Robbetze en 'n Ander v Garden Route Resort Services Bk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Goat (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk; Sleutelfontein (Edms) Bpk v Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika Bpk 1994 (3) SA 407 (A): onderskei/distinguished 2004 (4) SA p409 A Constantia Insurance Co Ltd v Nohamba 1986 (3) SA 27 (A): onderskei/distinguished Durban's W......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT