Botha v Die Ongevallekommissaris

JurisdictionSouth Africa
Citation1969 (2) SA 610 (T)

Botha v Die Ongevallekommissaris
1969 (2) SA 610 (T)

1969 (2) SA p610

Citation

1969 (2) SA 610 (T)

Court

Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge

Boshoff R en Galgut R

Heard

March 5, 1969

Judgment

March 26, 1969

Flynote : Sleutelwoorde E

Heer en dienaar — Ongevallewet, 30 van 1941, soos gewysig — Beserings wat nie in Bylae voorkom nie deur werksman opgedoen — F Vasstelling van persentasie van arbeidsongeskiktheid — Stappe wat geneem moet word — Plig van Ongevallekommissaris.

Headnote : Kopnota

As die beserings wat 'n werksman opgedoen het nie in die Bylae van Wet 30 van 1941, soos gewysig, voorkom nie, moet die Ongevallekommissaris 'n arbeidsongeskiktheid op 'n persentasie vasstel wat volgens sy mening nie strydig met die bepalings van die Bylae is nie en waar die beserings nie in verband gebring kan word nie met die beserings in die Bylae nie en G die arbeidsongeskiktheid suiwer bestaan uit ongeskiktheid vir diens, dan word deur ongeskiktheid vir diens beoog diens in die ope arbeidsmark in die algemeen en nie noodwendig diens in die werk waarin die werksman werksaam was ten tye van die ongeval nie.

Flynote : Sleutelwoorde

Master and servant — Workmen's Compensation Act, 30 of 1941, as amended — Injuries to workman not provided for in Schedules — Fixing the percentage of disablement — Steps to be taken — Duty H of Workmen's Compensation Commissioner.

Headnote : Kopnota

If the injuries sustained by a workman do not appear in the Schedule to Act 30 of 1941, as amended, then the Workmen's Compensation Commissioner must fix a percentage of disablement which in his view is not in conflict with the provisions of the Schedule and where the injuries cannot be compared with the injuries in the Schedule and the disablement consists solely of disablement for employment, then by disablement is meant disablement for employment in the open market in general and not necessarily for employment in the work which the workman was performing at the time the accident occurred.

1969 (2) SA p611

Case Information

Appèl teen 'n beslissing van die Assistent-Ongevallekommissaris. Feite wat nie van belang is nie is weggelaat.

J. G. Kriegler, namens die appellant.

L. L. Esselen, namens die respondent.

Cur adv vult. A

Postea (Maart 26).

Judgment

Boshoff, R.:

Die appellant, 'n werksman ingevolge die Ongevallewet, 30 B van 1941, soos gewysig, kom n hoër beroep onder die bepalings van art. 25 (7) (b) (iii) van die genoemde Wet teen die beslissing van die Assistent-Ongevallekommissaris, bygestaan deur twee assessore, wat die appellant se arbeidsongeskiktheid op 20 persent bepaal.

Die appellant is 62 jaar oud en het vanaf 11 April 1956 tot 29 Januarie C 1965, toe hy afgedank is, by Sasol, sy werkgewer se fabriek, gewerk. Hy het daar as 'n skrynwerker begin en naderhand 'n steierbouer geword, in welke hoedanigheid hy grootliks toesig gehou het oor Bantoes wat die steiers opgerig het. As steierbouer word dit van hom verwag om soms ook op die steiers te klim vir die behoorlike uitoefening van sy pligte. Die D ongeval waaroor hierdie saak gaan het hom op 28 Desember 1961 oorgekom; terwyl Bantoes besig was om steiers teen die skoorsteen van die kragstasie op te rig het 'n stuk beton wat tussen 30 en 35 lb. weeg van 'n hoogte van minstens 35 voet onder op hom geval en hom teen sy veiligheidshoed op sy kop en sy linkerskouer getref.

E Dit is gemene saak dat die appellant 'n besering opgedoen het wat hom blywende arbeidsongeskiktheid veroorsaak het. In terme van art. 39 (1) van die Ongevallewet word skadeloosstelling weens blywende arbeidsongeskiktheid ooreenkomstig 'n graad van arbeidsongeskiktheid vasgestel. Wanneer 'n werksman 'n besering opgedoen het wat in die eerste bylae voorkom, word hy onder sub-art. (3) geag blywend F arbeidsongeskik te wees tot die graad wat in die bylae daarvoor aangedui word. Wanneer die besering egter nie in die bylae voorkom nie, moet die Ongevallekommissaris, na wie ek geriefshalwe sal verwys as die Kommissaris, 'n arbeidsongeskiktheid aanneem wat volgens sy mening nie teenstrydig met die bepalings van die bylae is nie. Verder wanneer die G besering buitengewoon ernstige gevolge het met die oog op die besondere aard van die werksman se werk en die Kommissaris van mening is dat die persentasie arbeidsongeskiktheid wat hy anders sou aangeneem het klaarblyklik onvoldoende is, kan hy so 'n hoër persentasie aanneem as wat hy billik ag.

H Die appellant se besering word nie in die bylae genoem nie, met die gevolg dat die Kommissaris self 'n persentasie arbeidsongeskiktheid moes vasstel. Hierdie hele saak gaan oor die graad van die arbeidsongeskiktheid wat die appellant se besering op 28 Desember 1961 tot gevolg gehad het.

In September 1965 het die Kommissaris aan die appellant skadeloosstelling toegeken op 'n arbeidsongeskiktheid van 70 persent. Dit volg op 'n beslissing wat hy onder en kragtens art. 14 (1) (f) gemaak het. As gevolg van vertoë van die appellant waarin hy aangedring het op

1969 (2) SA p612

Boshoff R

gehele arbeidsongeskiktheid, het die Kommissaris op 1 en 3 Februarie 1966 briewe aan hom gerig waarin hy hom in kennis gestel het dat daar besluit is om hom deur 'n mediese raad bestaande uit drie geneeshere te A laat ondersoek en dat ingeval hy daarvan gebruik wil maak hy geregtig is om op eie koste 'n geneesheer aan te wys om by die ondersoek teenwoordig te wees. Na die ondersoek gehou is het die Kommissaris op 28 April 1966 'n brief aan die appellant gerig en hom meegedeel dat, met die oog op die mediese verslag, sy eis kragtens art. 24 hersien is en sy arbeidsongeskiktheid na 20 persent verminder is, dat sy pensioen vanaf 1 B Mei 1966 gestaak word en 'n enkele geldsom van R853.40 aan hom betaal sal...

To continue reading

Request your trial
4 practice notes
  • Basson v Die Ongevallekommissaris
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 4 November 1999
    ...insiggewend, en dit strook volkome met die gevolgtrekking wat ek in hierdie saak bereik het. In Botha v. Die Ongevallekommissaris, 1969 (2) SA 610 (T) het Boshoff, R., soos hy destyds was, op 615 A-B "Die enigste vereiste is die oorsaaklike verband. Die oorsaaklike verband moet dus ononderb......
  • Schoeman v Die Ongevallekommissaris
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 21 September 1981
    ...die persentasie blywende arbeidsongeskiktheid. Sien in die algemeen die beslissing in die saak van Botha v Die Ongevallekommissaris 1969 (2) SA 610 (T) te 615A - Vanweë die respondent se foutiewe benadering, soos hierbo aangedui, het C die respondent nie die appellant se persentasie blywend......
  • Jordaan v Oosthuizen
    • South Africa
    • Invalid date
    ...appear that only the employee or employer concerned is a person affected by a decision in terms of sec. 25 (2) (a) and (7) (b) and (d).' 1969 (2) SA p610 De Villiers In die tweede plek, al sou die Ongevallekommissaris die reg hê om te appelleer omdat hy in beheer is van die Ongevallefonds, ......

4 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT