Botes v Van Deventer
Jurisdiction | South Africa |
Judge | van Blerk AR, Ogilvie Thompson AR, Rumpff AR, Botha AR en Williamson AR |
Judgment Date | 05 May 1966 |
Citation | 1966 (3) SA 182 (A) |
Hearing Date | 01 March 1966 |
Court | Appellate Division |
B van Blerk, A.R.:
Dit is 'n appèl en 'n teen-appèl teen 'n uitspraak van die Griekwalandwes Plaaslike Afdeling in 'n geding waarin respondent as eiser die bedrag van R2,000 skadevergoeding van appellant as verweerder eis ten opsigte van die verlies van drie stoetrenperde. Na appellant en die eiser word onderskeidelik verwys as verweerder en C eiser. Aan eiser is die bedrag van R600 skadevergoeding en gedeelte van die gedingkoste toegeken.
Eiser is 'n boer van die plaas Avondrust, distrik Vryburg. Die Kameel- Delareyville publieke pad gaan van oos na wes deur 'n weikamp op die plaas Avondrust. In die weikamp het eiser se trop stoetrenperde los D geloop sonder toesig. Die kamp is omhein, maar die pad waar dit deur die kamp gaan is nie afgespan nie, aan geen een van die twee kante daarvan nie. Waar die pad van die oostekant by die kampheining kom is daar slegs 'n opening vir 'n hek in die draadheining, maar geen hek nie. Dit was die posisie, toe op 24 Augustus 1963 in die vroeë oggendure, terwyl dit nog donker was, verweerder se swaar vragmotor bestuur deur sy E Bantoewerknemer, Mongale, daar in die pad naby die hekopening met drie van die stoetperde gebots het. Die diere is sodanig beseer dat hul van kant gemaak moes word. Dit is vir die verlies van dié perde wat eiser vergoeding van verweerder eis op grond daarvan dat die botsing veroorsaak is deur die nalatige bestuur van die vragmotor deur Mongale. F Verweerder voer aan dat eiser versuim het om te voorkom dat die perde, wat sonder wagter los geloop het in die kamp, gedurende die nag op die publieke pad gaan toe dit gevaarlik was om dit te doen inagnemende die heersende verkeersomstandighede.
Dieselfde oggend van die botsing, kort na sewe-uur, is aan konstabel Visser in die teenwoordigheid van die partye deur Mongale op die plek G van die botsing sekere punte aangedui. Na besigtiging van die toneel het Mongale in die teenwoordigheid van die partye aan konstabel Visser 'n verklaring gemaak wat daarop dui dat die botsing veroorsaak is deur sy nalatige bestuur van die voertuig. Die verklaring is deur Visser op skrif gestel en later weggebêre aangesien geen vervolging teen Mongale, soos aanvanklik bedoel, ingestel is nie. Visser het later uit die H polisiediens getree, maar is toegelaat om vóór die verhoor insae te kry tot die verklaring ten einde sy geheue te verfris.
Met die verhoor wou Mongale, wat by die Hof aanwesig was - eiser het hom gedagvaar as 'n getuie - nie 'n onderhoud aan eiser toestaan nie, met die gevolg dat laasgenoemde nie die risiko wou neem om hom as 'n getuie te roep nie. Eiser het toe getuienis by monde van Visser aangebied aangaande die inhoud van die verklaring wat Mongale aan hom gemaak het ten aanhore van die partye.
Namens verweerder is beswaar gemaak teen sodanige getuienis. Eiser
van Blerk AR
is egter toegelaat om middelerwyl die getuienis voor te lê hangende 'n latere beslissing oor die toelaatbaarheid daarvan. By die afsluiting van eiser se saak is beveel dat die getuienis ontoelaatbaar is. Geen redes vir dié beslissing is verstrek nie. Op dié stadium is 'n aansoek om A absolusie van die instansie van die hand gewys. Ook verweerder het verkies om nie vir Mongale as 'n getuie te roep nie, en geen getuienis aangaande die botsing self is namens hom aangevoer nie. Slegs deskundige getuienis aangaande die waarde van die perde is voorgelê. Eiser het egter daarin geslaag om sonder die omstrede verklaring die Verhoorhof te B oortuig dat die botsing te wyte is aan die nalatigheid van Mongale. Dit is egter bevind dat ook eiser nalatig was om in die nag waardevolle stoetperde in die weikamp te laat los loop, maar dat hierdie bevinding slegs betrekking het op die deelbaarheid van die skade. Dit is soos die Verhoorregter se redenering verstaan word. Later word na hierdie bevinding teruggekeer.
C Verweerder se betoog is dat die gewraakte getuienis van Mongale tereg ontoelaatbaar verklaar is, en dat die oorblywende getuienis geen prima facie bewys is van nalatigheid aan die kant van Mongale nie; hoogstens sou dit dui op 'n moontlikheid van soodanige nalatigheid.
D Na my mening is die geweerde getuienis toelaatbaar en wel vir die redes uiteengesit in die uitspraak van my Kollega WILLIAMSON waarmee ek my vereenselwig. Die getuienis ten aansien van Mongale se verklaring verskaf direkte bewys van sy nalatigheid en versterk eiser se saak dermate dat daar nouliks ruimte gelaat word vir 'n betoog daarteen. Maar, onafhanklik van hierdie getuienis, regverdig nogtans, myns E insiens, die aanvaarde bewyse die bevinding dat die botsing veroorsaak is deur Mongale se nalatigheid. Dié bevinding berus hoofsaaklik op afleidings van die aard van die botsing self en van waarnemings ter plaatse. Op die plek waar die botsing plaasgevind het, is die pad reguit en gelyk. Daar is geen bosse of ander versperrings aan die kante nie. F Volgens toetse wat uitgevoer is op dieselfde pad, maar op 'n ander plek, onder vergelykbare toestande as die wat geheers het ten tyde van die botsing, kon 'n donkergeklede persoon op 'n afstand van 148 tree ver gesien word. Dit sou nie onredelik wees om van Mongale te verwag dat hy dan die perde, wat donkerbruin van kleur is (indien hul voor hom in die pad was) betyds behoort te gesien het om 'n botsing te vermy. Volgens G die waarnemings deur Visser en eiser is geen remmerke op die toneel gesien nie. Daar is twee skuifmerke gesien, nege voet van mekaar af, en tussen die twee merke is twee stukkies bene afkomstig van 'n perd gevind. Die skuifmerke, volgens die waarnemings van Visser en eiser, is blykbaar veroorsaak deur die liggaam van die perd wat eerste deur die H vragmotor gestamp is. Die perd het daar naby gelê. Ook die verste skuifmerke kon gemaak gewees het deur die liggaam van een van die ander twee perde. Vanaf 'n plek digby die skuifmerke is die voertuig se spore sigbaar. Die spore toon dat die vragmotor daar links uit die pad geswaai het en vorentoe weer dwars oor die pad, waar die walle weerskante na skatting van 9' tot 18' hoog is, gegaan het, en dat dit 242' ver aan die noordekant buite die pad tot stilstand gekom het. Die prent wat eiser gee van hoe hy die perde daar aangetref het, is soos volg:
van Blerk AR
'Een perd het in die pad gelê, een perd het noord van die pad gestaan en een het so aan die suidwes kant van die pad gestaan . . . .Die perd in die pad was heeltemal vergruis gery, volgens ek die perd gesien het was sy bene en alles afgery gewees . . . .Die een suid was net die regter agterbeen af en sy het stampplekke aan die kop en skouers gehad . . . A En die eend noord van die pad . . . het 'n gat in die pens gehad . . '
Die getuienis is dat Mongale bekend is met die pad. Hy het dikwels met verweerder se vragmotor daar langs gery. Dit kan redelikerwys verwag word dat iedereen wat die pad gebruik kon sien dat daar loslopende perde in die weikamp is, en dan waarskynlik daarop bedag sou gewees het dat B perde te enige tyd vryelik in die onomheinde pad kan kom.
Die aard van die botsing, blykens die onbetwiste waarnemings deur Visser en eiser, gee as vanselfsprekend te kenne dat Mongale sonder die voertuig se remme te gebruik, of ander voorsorg te neem, teen so 'n C snelheid in die perde vasgery het dat hy eers 242 voet verder aan die voertuig tot stilstand gebring het. Die botsing onder hierdie omstandighede kan net te wyte wees aan Mongale se nalatige bestuur, tensy die perde skielik voor hom in die pad gespring het, wat onwaarskynlik is aangesien dit mak diere was wat aan motorverkeer gewoond was.
Hoe dit ook al sy, die mees bevoegde persoon wat 'n verduideliking kon D gee oor hoe die botsing plaasgevind het, is Mongale, en dis hoogs onwaarskynlik dat, as die perde wel skielik voor hom in die pad gespring het, die verweerder (sy werknemer) nie dié verduideliking van hom sou verneem het nie. So beskou is die rede nie, ver te soek waarom verweerder, van wie verwag kon word dat hy Mongale as 'n getuie moet E roep, met opset hom nie as 'n getuie geroep het nie. Al sou die getuienis tot 'n mate ewe vatbaar wees vir die verduideliking dat die perde skielik voor Mongale oor die pad gespring het, dan sal die Hof nogtans op gesag van Galante v Dickinson, 1950 (2) SA 460 (AA), by ontstentenis van verduidelikende getuienis deur verweerder oor hoe die botsing plaasgevind het geregtig wees om dié verklaring vir die oorsaak F van die botsing wat die eiser begunstig te aanvaar bo die een wat die verweerder verontskuldig. Te meer so aangesien, net soos in die geval van Die Minister van Justisie v Seametso, 1963 (3) SA 530 (AD), ook hier des te meer rede bestaan om die verklaring wat eiser voorstaan te aanvaar. Want afgesien van verweerder se versuim om die enigste getuie G te roep wat oor die ongeluk kon getuig, is daar hoegenaamd geen ander getuienis voorgelê waarop 'n alternatiewe verduideliking van die oorsaak van die botsing gebaseer kan word nie.
Dit is namens verweerder aangevoer dat eiser ook nalatig was deur die perde toe te laat om in die nag vrye toegang tot die pad te hê, terwyl H hy inderdaad die gevare daaraan verbonde voorsien het, maar niks daaromtrent gedoen het nie. Dit is nouliks nodig om te herhaal, wat bykans as vanselfsprekend volg, naamlik, dat ten einde vas te stel of eiser nalatig was of nie, al die omringende omstandighede inaggeneem moet word. Met betrekking tot die regte en pligte van 'n plaaseienaar, wat sy diere op sy plaas waaroor 'n onomheinde pad gaan laat losloop, het HOOFREGTER WESSELS in die saak van Moubray v Syfret, 1935 AD 199 op bl. 203, die volgende gesê:
'Prima facie the owner of a farm is entitled to allow his cattle to roam over his farm, so that at times they may be found straying on the public road. In a country where cattle ranching is an important industry we must see that we do
van Blerk AR
not make it intolerable for the owner by imposing upon him unnecessarily onerous...
To continue reading
Request your trial-
International Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley
...v Birt (Pty) Ltd 1963 (2) SA 508 (D) H ; Ocean Accident & Guarantee Corporation Ltd v Koch 1963 (4) SA 147 (A); Botes v Van Deventer 1966 (3) SA 182 (A); Union Government (Minister of Railways & Harbours) v Warneke 1911 AD 657; De Jager v Grunder 1964 (1) SA 446 (A); Vlotman v Landsberg (18......
-
Botha (Now Griessel) and Another v Finanscredit (Pty) Ltd
...(3) SA 701 (A); Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) B ; Galante v Dickinson 1950 (2) SA 460 (A); Botes v Van Deventer 1966 (3) SA 182 (A); Alberts v Bryson 1977 (1) SA 857 (RA); Knouwds v Administrateur, Kaap 1981 (1) SA 544 (C); Minister van Landbou-Tegniese Dienste v Scholt......
-
Jansen van Vuuren and Another NNO v Kruger
...not be H referred back to it for that purpose. There are good reasons for complying with this request. Compare Botes v Van Deventer 1966 (3) SA 182 (A) at 191G-192B. They are: only general damages are in issue, both parties have closed their case, there are no factual disputes which need to......
-
Vicarious liability: not simply a matter of legal policy
...seq; Van der Walt Risiko-Aanspreeklikheid uit Onregmatige Daad (1974) 346 n 1; Van der Walt "Vonnisbespreking: Botes v Van der Venter 1966 (3) SA 182 (A)" 1967 THRHR 70 75; Becker v Kellermann 1971 2 SA 172 (T). McKerron "Basis of Doctrine of Vicarious Liability: Two Views" 1956 SALJ 432 43......
-
International Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley
...v Birt (Pty) Ltd 1963 (2) SA 508 (D) H ; Ocean Accident & Guarantee Corporation Ltd v Koch 1963 (4) SA 147 (A); Botes v Van Deventer 1966 (3) SA 182 (A); Union Government (Minister of Railways & Harbours) v Warneke 1911 AD 657; De Jager v Grunder 1964 (1) SA 446 (A); Vlotman v Landsberg (18......
-
Botha (Now Griessel) and Another v Finanscredit (Pty) Ltd
...(3) SA 701 (A); Feinstein v Niggli and Another 1981 (2) SA 684 (A) B ; Galante v Dickinson 1950 (2) SA 460 (A); Botes v Van Deventer 1966 (3) SA 182 (A); Alberts v Bryson 1977 (1) SA 857 (RA); Knouwds v Administrateur, Kaap 1981 (1) SA 544 (C); Minister van Landbou-Tegniese Dienste v Scholt......
-
Jansen van Vuuren and Another NNO v Kruger
...not be H referred back to it for that purpose. There are good reasons for complying with this request. Compare Botes v Van Deventer 1966 (3) SA 182 (A) at 191G-192B. They are: only general damages are in issue, both parties have closed their case, there are no factual disputes which need to......
-
Apleni v Minister of Law and Order and Others; Lamani v Minister of Law and Order and Others
...of Law and Order 1985 (4) SA 147 (N); Durban City Council v SA Board Mills Ltd 1961 (3) SA 397 (A) at 405B - D G; Botes v Van Deventer 1966 (3) SA 182 (A) at 188D - G; Minister of Justice v Seametso 1963 (3) SA 530 (A) at 535C - H; Nordien v Minister of Law and Order 1986 (2) SA 511 (C) at ......
-
Vicarious liability: not simply a matter of legal policy
...seq; Van der Walt Risiko-Aanspreeklikheid uit Onregmatige Daad (1974) 346 n 1; Van der Walt "Vonnisbespreking: Botes v Van der Venter 1966 (3) SA 182 (A)" 1967 THRHR 70 75; Becker v Kellermann 1971 2 SA 172 (T). McKerron "Basis of Doctrine of Vicarious Liability: Two Views" 1956 SALJ 432 43......