Book Review: The law of children and young persons

JurisdictionSouth Africa
Citation(1998) 9 Stell LR 374
Published date27 May 2019
Date27 May 2019
Pages374
AuthorSonia Human
374
STELL LR 1998 3
BOEKBESPREKINGS/BOOK REVIEWS
THE LAW OF CHILDREN AND YOUNG PERSONS
deur JA ROBINSON (red) Butterworths Durban Johannesburg
Kaapstad 1997 385 bl. Prys R165,30
Die publikasie kan veral om drie redes verwelkom word. In die eerste
plek is Spiro
Law of Parent and Child,
as toonaangewende werk oor
kinders, in sekere opsigte verouderd. Tweedens is daar die afgelope tyd
betekenisvolle inisiatiewe deur die wetgewer wat dit noodsaak om aandag
te skenk aan die impak van nuwe of beoogde wetgewing oor kinders.
Derdens is daar 'n behoefte om in een publikasie die reg ten opsigte van
kinders in die breë uiteen te sit.
Die redakteur is baie beskeie en stel dit in die voorwoord dat die werk
daarop gemik is om as eerste verwysingsbron vir studente en praktisyns te
dien. Daar word aan hierdie oogmerk en nog veel meer voldoen.
Hoofstuk ses wat oor kinderhowe handel en hoofstuk tien wat die
grondwetlike posisie ten opsigte van kinders uiteensit, is voorbeelde van
bydraes wat besonder omvattend en ryk aan inhoud is. Die hoofstukke
wat handel oor kinders en die strafreg, kinders in die inheemse reg en die
status van kinders in die internasionale privaatreg, bring mee dat daar
blootstelling aan die regsposisie van kinders oor 'n wye front is.
Die boek is tegnies goed versorg en dit is duidelik wat die inhoud en
omvang van elke outeur se bydrae is. Daar is 'n baie geringe mate van
oorvleueling ten opsigte van sekere dele van die inhoud—dit is
onvermydelik gegewe die aard van die publikasie.
Die waarde van die werk le daarin dat dit die reg vanuit die kind se
perspektief bespreek. Dit is 'n publikasie soos hierdie wat stelselmatig die
tradisionele regspersepsies oor kinders as ondergeskikte rolspelers begin
verander. In die opsig verteenwoordig
The Law of Children and Young
Persons
reeds 'n deurbraak in die Suid-Afrikaanse regsliteratuur. Die
redakteur en elkeen van die outeurs verdien dank vir hul bydraes wat
ongetwyfeld insigte en perspektiewe ten opsigte van die kind en die reg sal
verbreed.
Sonia Human
Senior Lektrise, Universiteit van Stellenbosch
(1998) 9 Stell LR 374
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT