Book Review: Inleiding tot die familiereg/Introduction to family law

JurisdictionSouth Africa
Pages373
Citation(1998) 9 Stell LR 373
AuthorSonia Human
Published date27 May 2019
Date27 May 2019
BOEKBESPREKINGS/BOOK REVIEWS
INLEIDING TOT DIE FAMILIEREG/INTRODUCTION TO FAMILY
LAW—deur
PJ VISSER en JM POTGIETER. Tweede uitgawe.
Juta & Kie Bpk Kaapstad 1998 230/229 bl. Prys R135,00
Die tweede uitgawe van hierdie studentehandboek bou voort op die
sukses wat reeds met die eerste uitgawe behaal is.
Daar het sedert die inwerkingtreding van die Grondwet van die
Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996 'n behoefte bestaan om studente
in familiereg reeds in hul eerste jaar van die effek van die Handves van
Regte, soos vervat in die Grondwet, bewus te maak. Hoofstuk een
voldoen aan hierdie behoefte en studente ontvang 'n stewige kennis
making met die familiereg en die werking van fundamentele regte.
Aspekte soos homoseksuele en lesbiese verhoudings en aborsie geniet
aandag en die toepassing van fundamentele regte word op 'n basiese en
sinvolle wyse verduidelik. Sekere fundamentele regte word selfs volledig
aangehaal Die omvang van familiereg as studieveld word verder
geïllustreer deur die bespreking van die huwelik en regspluralisme.
Die inhoudsopgawe, vonnisregister en lys van wetgewing is volledig en
gebruikersvriendelik. Voetnotas bied 'n verdere bron van inligting met
verwysings na ander bronne soos handboeke en tydskrifartikels. Daar
word ryklik van kruisverwysings in die teks gebruik gemaak en die
duidelike opskrifte en taalgebruik bring alles mee dat die publikasie
besonder toeganklik vir studente is. Waar nodig, word van tabelle gebruik
gemaak as 'n vorm van opsomming en ook van grafiese voorstellings om
byvoorbeeld die verskillende huweliksbedelings te illustreer.
Die handboek getuig van outeurs wat duidelik van hul teikengroep se
behoeftes en vermoëns bewus is en is 'n waardevolle toevoeging tot die
literatuur oor die familiereg. Die publikasie is weliswaar gerig op studente
wat hul eerste blootstelling aan die familiereg ontvang maar enigeen wat
met familiereg te doen het kan met groot vrug die werk raadpleeg om hul
basiese kennis oor die vakgebied op te knap.
Sonia Human
Senior Lektrise, Universiteit van Stellenbosch
373
(1998) 9 Stell LR 373
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT