Boland Bank Bpk v Steele

JurisdictionSouth Africa
Judgevan Dijkhorst R
Judgment Date27 February 1992
Docket Number21639/90
Hearing Date14 January 1991
CourtTransvaal Provincial Division
Citation1994 (1) SA 259 (T)

Van Dijkhorst R:

Die eiser dagvaar die verweerder vir die balans verskuldig onder 'n afbetalingsverkoopooreenkoms van 7 Augustus 1981, te wete R75 628,54 met rente daarop. Die koopsaak was 'n spilpunt besproeiingstelsel. H

Die verweer soos aangevul deur 'n wysiging wat aangevra is met die aanvang van die verhoor en waarop by ooreenkoms uitspraak voorbehou is tot na afhandeling van betoog, is 'n ontkenning dat die verweerder agterstallig is. Die verweerder pleit dat dit 'n uitdruklike alternatiewelike stilswyende term van die ooreenkoms was dat die eiser te alle tye verplig I was om 'n tender deur die verweerder om die volle agterstallige balans op die datum van tender aan die eiser ten opsigte van kapitaal en rente verskuldig te aanvaar; alternatiewelik, om betaling van die volle bedrag ten aansien van die kapitaal en rente op enige gegewe stadium na sluiting van die ooreenkoms aan die eiser verskuldig te aanvaar. Die verweerder J pleit dat hy op 31 Maart 1988 skriftelik aangebied het om die bedrag van

Van Dijkhorst R

A R40 493,43 as die bedrag uitstaande ingevolge die ooreenkoms aan die eiser te betaal. Dit was 'n bona fide tender en die eiser was verplig om dit te aanvaar. Die verweerder pleit dat die eiser wederregtelik geweier het om die tender te aanvaar of om betaling van die verskuldigde bedrag van die B verweerder te aanvaar. Die verweerder beweer dat die werklike bedrag deur hom aan die eiser verskuldig onder hierdie ooreenkoms minder beloop het as die bedrag wat aangebied is, naamlik R38 368,14, alternatiewelik R36 080,70. Dit is die bedrae waarop die eiser op 31 Maart 1989 geregtig was. Om dié rede is die verweerder nie aanspreeklik vir enige rente en/of koste na datum van tender nie.

In die alternatief pleit die verweerder dat hy 'n teeneis het wat die C eiser se eis oorskry.

Die teeneis, wat ook onderhewig is aan 'n aansoek om wysiging wat op dieselfde basis onbeslis gelaat is, is vir betaling van 'n bedrag van R1 669 083 wat die verweerder na bewering skade gely het as gevolg van die D eiser se beweerde kontrakbreuk. Die kontrakbreuk sou daaruit bestaan het dat die eiser geweier het om verweerder se aanbod van betaling van R516 289,95 plus rente ter aflossing van 'n verband te aanvaar waardeur verweerder nie in staat was om kansellasie van die verband te verkry nie behalwe na 'n lang vertraging en na die voer van 'n regsgeding teen die eiser. Dit het die rasionalisering van verweerder se boerdery en sy koste-effektiwiteit belemmer omdat hy nie 'n lening teen 'n laer E rentekoers kon bekom nie wat onder andere na bewering tot die skade gelei het. Die ooreenkoms wat verbreek sou wees is na bewering deels skriftelik en deels mondeling. Die skriftelike deel is aanhangsel TKS1 tot die pleitstukke. Dit is 'n brief van 1 Desember 1980 waarin die eiser die verweerder meedeel dat sy aansoek om 'n lening goedgekeur is op F voorwaardes wat daarin uiteengesit word. Dit is deur die verweerder onderteken ter aanvaarding. Die sekuriteit vir die lening van R557 400 was 'n dekkingsverband in die vorm van die eiser se standaard verbandakte aanhangsel TKS2 oor sekere eiendomme van die verweerder.

Die rede waarom die eiser later geweier het om die verband te kanselleer, G is omdat die partye verskil het oor die bedrag uitstaande en die eiser beweer het dat die verweerder se aanbod onvoldoende was om die skuld met rente te delg.

Die geskil het aanleiding gegee daartoe dat die verweerder die eiser gedagvaar het in hierdie Hof in September 1988 onder saaknommer 13627/88 H vir 'n verklarende bevel onder andere dat op 31 Desember 1987 die uitstaande bedrag R450 909,44 beloop het. Die eiser het in 'n teeneis onder andere betaling van R1 301 162,42 met rente daarop teen 16,75% vanaf 13 September 1988 geëis.

Hierdie saak is geskik op 2 Mei 1990 en 'n skikkingsooreenkoms is onderteken. Daarin erken die verweerder dat hy R1 009 065,22 op 12 April I 1990 aan die eiser verskuldig was ten aansien van hierdie skuldoorsaak met verdere rente daarop teen 21% per jaar vanaf daardie datum. Hy verkry uitstel vir betaling tot 31 Augustus 1990 en indien hy dan 'n aanvaarbare waarborg lewer ook afslag sodat hy slegs R750 000 met rente daarop teen 21% per jaar vanaf 1 Mei 1990 hoef te betaal.

In die onderhawige saak word die ou twis by wyse van teeneis weer opgeraap J en moet die vraag beslis word of die eiser se weiering om die

Van Dijkhorst R

A verbandakte te kanselleer geregverdig was. Die antwoord hang af van die berekeningsmetode van die rente.

By die aanvang van die verhoor het ek op versoek van die partye beslis dat die quantum van die teeneis oorgelaat word vir latere beslissing en dat sekere vrae wat geformuleer is in 'n memorandum wat aan my voorgelê is apart bereg word. Die vrae raak wesenlike aspekte van die verwere op eis B en teeneis en het die potensiaal om die saak afdoende te beslis. Ek sal hulle in soverre hul hier ter sake is agtereenvolgens behandel.

Ek het na oorweging besluit om die aansoek om wysiging van pleit en teeneis gedateer 28 Januarie 1992, wat by die verhoor gebring is, toe te staan. Die saak sal dus op die gewysigde pleitstukke beslis word. C

Daar is geen getuienis voorgelê nie. 'n Aantal dokumente is by ooreenkoms voor die Hof geplaas en daar is sekere erkennings vervat in die voorverhoornotule.

Ek behandel vervolgens die geskilpunte wat apart bereg moet word.

D 1. Die eiser se eis en die verweer daarop

Die eiser eis van die verweerder betaling van die bedrag R75 628,54 tesame met rente daarop vanaf 12 Oktober 1990. In wese is die verweerder se verweer dat hy op 31 Maart 1988 'n bedrag van R40 493,43 as synde die volle uitstaande bedrag aan die eiser getender het en dat die eiser E derhalwe sedert daardie datum nie geregtig is op enige verdere rente of koste nie.

Die geskil is nie of iets verskuldig is nie, maar wat verskuldig is - want die bedrag wat aangebied is, is nooit betaal nie.

Die agtergrond tot die geskil blyk uit korrespondensie tussen die partye in die tydperk Desember 1987 tot Maart 1988. In 'n brief van 18 Desember F 1987 deel die eiser die verweerder mee dat hy bereid is om hom tegemoet te kom as gevolg van sy besondere probleem (wat nie gespesifiseer word nie) en dat sy verskeie rekeninge by die eiser herbereken is. Die toegewing was onderhewig daaraan dat die volle kapitaal en rente soos deur die eiser bereken voor of op 31 Maart 1988 vereffen word.

Die verweerder het die berekening van die huurkoop- en huurrekeninge in G orde gevind en die bedrag wat die eiser daarop geëis het betaal op 31 Maart 1988. Die berekeninge ten opsigte van die verbandlening was nie aanvaarbaar nie. Wat betref die rekening ten opsigte van die besproeiingstelsel, die onderhawige eis, het die verweerder se prokureurs op 31 Maart 1988 soos volg aan die eiser geskryf:

H 'Ten opsigte van rekeningnommer 1030480004 synde die besproeiingstelsel, word die bedrag tans as volg bereken:


Kapitaal

R39 285,88

plus rente vanaf 1/1/88-31/3/88

R 1 207,55

Totaal

R40 493,43


Die laasgenoemde bedrag sal betaal word teen registrasie van gedeelte 9 I ('n gedeelte van gedeelte 4) van die plaas Erfdeel 446, registrasie afdeling JS, Transvaal, in die naam van Driekant Boerdery (Edms) Bpk.'

Die syfers genoem het ooreengestem met die eiser se berekenings en destydse eis. Die vraag wat beslis moet word is of die aanbod 'n tender daarstel wat eiser by nie-aanvaarding in mora stel en op grond waarvan die J verweerder nie-betaling van latere rente kan regverdig.

Van Dijkhorst R

A Dit is duidelik dat die beweerde aanbod om te betaal nie 'n onvoorwaardelike aanbod was nie omdat die verweerder slegs aangebied het om te betaal na die plaasvind van 'n verdere gebeurtenis, naamlik die registrasie van 'n sekere eiendom in die naam van Driekant Boerdery (Edms) B Bpk. 'n Tender is slegs effektief ten einde verdere rente en koste te verhoed indien dit gemaak is 'met opene beurse en klinkende gelde', onvoorwaardelik en van die hele betaalbare bedrag. Odendaal v Du Plessis 1918 AD 470 op 475, 478; Wessels Law of Contract in South Africa 2de uitg para 2341; B & R Investments (Pty) Ltd v Laubscher 1951 (2) SA 567 (T) op 570E-F. Die bedrag was verskuldig en betaalbaar. Om 'n geldige tender daar C te stel sou die aanbod een van onmiddellike betaling moes gewees het. Dit was dit nie.

Die sogenaamde tender is bloot 'n mededeling dat die verweerder in die toekoms sal betaal. Dit kan geensins geld as 'n aanbod om te betaal wat die eiser kan aanvaar en waardeur die skuld onmiddellik gedelg word nie. Die verweer faal.

D Tydens die voorverhoorkonferensie het die partye ooreengekom

'dat die eiser geregtig sal wees op vonnis teen die verweerder in die bedrag soos deur eiser gevorder indien die verweerder se verweer soos in para 3 van die verweerskrif uiteengesit nie gehandhaaf word nie'.

Hoewel para 3 van die gewysigde pleit heelwat wyer is as die verweer E gebaseer op die tender omdat dit ook ontkennings bevat van die stellings in die besonderhede van eis dat die verweerder in gebreke gebly het om te betaal en dat die verweerder op 12 Oktober 1990 R75 628,54 verskuldig was soos bereken op aanhangsel C daarby aangeheg, begryp ek die ooreenkoms tussen die partye so dat indien die verweerder onsuksesvol is met sy verweer gebaseer op die tender die eiser moet slaag vir sy volle eis. Dit F is ook soos ek die betoog begryp het.

Dit volg dus dat die eiser suksesvol is met sy eis.

Dit bring my by die teeneis.

2. Die effek van die skikking in saak 13627/88

G Die eiser voer aan dat die verweerder nie geregtig is om die teeneis in te stel of voort te sit nie as gevolg van die skikkingsooreenkoms wat hierdie partye op 2 Mei 1990 gesluit het in bogemelde saak en wat 'n bevel van die Hof gemaak is.

Ten einde te kan slaag in die teeneis sal die verweerder onder andere moet ...

To continue reading

Request your trial
26 practice notes
  • Trakman NO v Livshitz and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Osman (No ]) [1992] 1 All ER 108 (QB) at 118-21; Zweni v Minister of Law and Order 1993 (1) SA 523 (A) at 5321; Boland Bank v Steele 1994 (1) SA 259 (T) at 269-70; Voet Commentarius ad Pandectas 44.2.3; Joubert (ed) Law of South Africa vol 9 paras 363-5; Schmidt Bewysreg 3rd ed at 557; Zeff......
  • NBS Boland Bank Ltd v One Berg River Drive CC and Others; Deeb and Another v Absa Bank Ltd; Friedman v Standard Bank of SA Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...at 591G-H applied Benlou Properties (Pty) Ltd v Vector Graphics (Pty) Ltd 1993 (1) SA 179 (A): B considered Boland Bank Bpk v Steele 1994 (1) SA 259 (T): approved Dharumpal Transport (Pty) Ltd v Dharumpal 1956 (1) SA 700 (A): dictum at 707 A-B applied Diners Club SA (Pty) Ltd v Thorburn 199......
  • NBS Boland Bank Ltd v One Berg River Drive CC and Others; Deeb and Another v Absa Bank Ltd; Friedman v Standard Bank of SA Ltd
    • South Africa
    • Supreme Court of Appeal
    • 10 September 1999
    ...at 591G-H applied Benlou Properties (Pty) Ltd v Vector Graphics (Pty) Ltd 1993 (1) SA 179 (A): B considered Boland Bank Bpk v Steele 1994 (1) SA 259 (T): approved Dharumpal Transport (Pty) Ltd v Dharumpal 1956 (1) SA 700 (A): dictum at 707 A-B applied Diners Club SA (Pty) Ltd v Thorburn 199......
  • Trakman NO v Livshitz and Others
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 26 September 1994
    ...Osman (No ]) [1992] 1 All ER 108 (QB) at 118-21; Zweni v Minister of Law and Order 1993 (1) SA 523 (A) at 5321; Boland Bank v Steele 1994 (1) SA 259 (T) at 269-70; Voet Commentarius ad Pandectas 44.2.3; Joubert (ed) Law of South Africa vol 9 paras 363-5; Schmidt Bewysreg 3rd ed at 557; Zeff......
  • Request a trial to view additional results
24 cases
  • Trakman NO v Livshitz and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Osman (No ]) [1992] 1 All ER 108 (QB) at 118-21; Zweni v Minister of Law and Order 1993 (1) SA 523 (A) at 5321; Boland Bank v Steele 1994 (1) SA 259 (T) at 269-70; Voet Commentarius ad Pandectas 44.2.3; Joubert (ed) Law of South Africa vol 9 paras 363-5; Schmidt Bewysreg 3rd ed at 557; Zeff......
  • NBS Boland Bank Ltd v One Berg River Drive CC and Others; Deeb and Another v Absa Bank Ltd; Friedman v Standard Bank of SA Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...at 591G-H applied Benlou Properties (Pty) Ltd v Vector Graphics (Pty) Ltd 1993 (1) SA 179 (A): B considered Boland Bank Bpk v Steele 1994 (1) SA 259 (T): approved Dharumpal Transport (Pty) Ltd v Dharumpal 1956 (1) SA 700 (A): dictum at 707 A-B applied Diners Club SA (Pty) Ltd v Thorburn 199......
  • NBS Boland Bank Ltd v One Berg River Drive CC and Others; Deeb and Another v Absa Bank Ltd; Friedman v Standard Bank of SA Ltd
    • South Africa
    • Supreme Court of Appeal
    • 10 September 1999
    ...at 591G-H applied Benlou Properties (Pty) Ltd v Vector Graphics (Pty) Ltd 1993 (1) SA 179 (A): B considered Boland Bank Bpk v Steele 1994 (1) SA 259 (T): approved Dharumpal Transport (Pty) Ltd v Dharumpal 1956 (1) SA 700 (A): dictum at 707 A-B applied Diners Club SA (Pty) Ltd v Thorburn 199......
  • Trakman NO v Livshitz and Others
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 26 September 1994
    ...Osman (No ]) [1992] 1 All ER 108 (QB) at 118-21; Zweni v Minister of Law and Order 1993 (1) SA 523 (A) at 5321; Boland Bank v Steele 1994 (1) SA 259 (T) at 269-70; Voet Commentarius ad Pandectas 44.2.3; Joubert (ed) Law of South Africa vol 9 paras 363-5; Schmidt Bewysreg 3rd ed at 557; Zeff......
  • Request a trial to view additional results
2 books & journal articles
  • Reflections on finality in arbitration
    • South Africa
    • De Jure No. 45-3, January 2012
    • 1 January 2012
    ...the implementation of this91Liley v Johannesburg Turf Club 1983 4 SA 548 (W); Horowitz v Brock 1988(2) SA 160 (A); Boland Bank v Steel 1994 1 SA 259 (T); Kommisaris vanBinnelandse Inkomste v Absa Bank Bpk 1995 1 SA 653 (A). Also Salant.92Bafokeng Tribe v Impala Platinum Ltd 1999 3 SA 517 (B......
  • Higher Interest Rates and Over-Indebtedness: A Comparison of Conventional and Islamic Banking
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • 25 May 2019
    ...of risk between the creditor and credit receiver in relation to the39Section 48(1)(a).40Emphasis supplied.41Boland Bank v Steele 1994 (1) SA 259 (T).42Supra note 23.43Supra note 8.44Section 76(2)(a) of the CPA.(2010) 22 SA Merc LJ412© Juta and Company (Pty) specif‌ic issue of variable inter......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT