Bevray Investments (Edms) Bpk v Boland Bank Bpk en Andere

JurisdictionSouth Africa

Bevray Investments (Edms) Bpk v Boland Bank Bpk en Andere
1993 (3) SA 597 (A)

1993 (3) SA p597


Citation

1993 (3) SA 597 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Botha AR, E M Grosskopf AR, Eksteen AR, Nicholas Wn AR, Van Coller Wn AR

Heard

March 4, 1993

Judgment

May 14, 1993

Flynote : Sleutelwoorde B

Maatskappy — Direkteure en amptenare — Lenings deur maatskappy aan en voorsiening van sekuriteit aan persoon in verband met verpligtings van — Verbod op kragtens art 226 van Maatskappywet 61 van 1973 — Bepalings in C art 226(1)(a) en (2)(a) — Posisie waar persoon terselfdertyd direkteur van maatskappy self (filiaal) en van houermaatskappy is — Of sodanige persoon as direkteur van houermaatskappy getref word deur absolute verbod in subart (1)(a)(ii) en of hy as direkteur van filiaal voorwaardelike voordeel kry wat deur subart (2)(a)(i) aan maatskappy se eie direkteure D verleen word — Vraag kan beantwoord word na aanleiding van gewone, grammatikale betekenis van woorde gebruik in tersaaklike bepalings — Subartikel (2) bepaal duidelik dat transaksie waar maatskappy gemagtigde lening aan eie direkteur maak (of sekuriteit verskaf in verband met 'n verpligting van sodanige direkteur) nie geraak word deur enige E verbodsbepaling in subart (1) nie — Gevolglik word sodanige lening (of verskaffing van sekuriteit) nie verbied bloot omdat persoon wat lening ontvang (of vir wie daar sekuriteit verskaf word), toevallig ook 'n direkteur van die houermaatskappy (subart (1)(a)(ii)) of 'n ander filiaal van die houermaatskappy (subart (1)(a)(iii)) is nie. F

Headnote : Kopnota

Artikel 226(1) van die Maatskappywet 61 van 1973 verbied 'n maatskappy onvoorwaardelik om, onder andere, 'n lening te maak aan 'n direkteur van sy houermaatskappy (subart (1)(a)(ii)) of om sekuriteit aan 'n ander persoon in verband met 'n verpligting van so 'n direkteur te voorsien. Subartikel (2)(a)(i) en (ii), daarenteen, magtig 'n maatskappy om, mits al die lede van die maatskappy daartoe toestem, 'n lening aan sy eie G direkteur te maak of om sekuriteit te voorsien in verband met

1993 (3) SA p598

A 'n verpligting van sy eie direkteur. Die vraag wat die Hof in die huidige saak moes beantwoord was wat die posisie was van 'n persoon wat terselfdertyd 'n direkteur was van beide 'n filiaalmaatskappy en daardie maatskappy se houermaatskappy: word hy, as direkteur van die houermaatskappy, getref deur die absolute verbod in subart (1)(a)(ii), of kry hy, as direkteur van die filiaal, die voorwaardelike voordeel wat aan die filiaalmaatskappy se eie direkteure verleen word deur subart (2)(a)(i) en (ii)? 'n Meerderheid van die Hof het beslis dat die gewone, letterlike B en grammatikale betekenis van die woorde wat die Wetgewer in art 226 gebruik het 'n duidelike antwoord op hierdie vraag bied. Subartikel (2) bepaal naamlik dat die verbodsbepalings in subart (1) 'nie van toepassing (is) nie' ten opsigte van, onder andere, 'die maak van 'n lening deur 'n maatskappy aan sy eie direkteur' en 'die voorsiening van sekuriteit deur 'n maatskappy in verband met 'n verpligting van sy eie direkteur': dit beteken eenvoudig dat waar 'n maatskappy 'n gemagtigde lening aan sy eie C direkteur maak (of sekuriteit verskaf in verband met 'n verpligting van sy eie direkteur), sodanige transaksie nie geraak word deur enige van die verbodsbepalings in subart (1) nie. So 'n lening (of verskaffing van sekuriteit) word gevolglik nie verbied bloot omdat die persoon wat die lening ontvang (of ten opsigte van wie daar sekuriteit verskaf word), toevallig ook 'n direkteur van die houermaatskappy (subart (1)(a)(ii)) of 'n direkteur van 'n ander filiaal van die houermaatskappy (subart (1)(a)(iii)) is nie.

Die eerste respondent ('die bank') het 'n aksie in 'n Provinsiale Afdeling D ingestel teen vier verweerders, onder andere teen die tweede respondent (ene V, die eerste verweerder a quo) vir die terugbetaling van geld wat V aan hom verskuldig was. Die bank se eise teen die drie ander verweerders (die appellant, V (Edms) Bpk en T (Edms) Bpk) was gebaseer op aparte borgaktes wat elk van hulle aangegaan het ter versekering van V se skuld teenoor die eiser bank. Die appellant en T (Edms) Bpk se verweer was dat hul sekerheidstellings nietig was ingevolge die bepalings van art 226 van die Maatskappywet 61 van 1973, en beide het ook 'n teeneis ingestel vir 'n E verklarende bevel tot dien effekte. Die Verhoorhof het (1) die verweer verwerp en die bank se eis teen die appellant, V en V (Edms) Bpk toegestaan; (2) die appellant se teeneis afgewys en (3) T (Edms) Bpk se teeneis toegestaan. Die appellant het teen bevele (1) en (2) geappelleer (die appèl), terwyl die bank op sy beurt teen bevel (3) geappelleer het (die teenappèl). Die appellant se hoofbetoog was, soos voor die Hof a quo, dat sy en T (Edms) Bpk se borgstellings in stryd met subart (1)(a)(i) en F (ii) van art 226 was omdat V terselfdertyd 'n direkteur van die appellant self en van sy houermaatskappy, T (Edms) Bpk, was. Verder het die appellant onder andere betoog dat sy borgstelling neergekom het op onregstreekse voorsiening van sekuriteit deur T (Edms) Bpk, en derhalwe verbied is deur subart (1) omdat die toestemming van T (Edms) Bpk se aandeelhouers nie verkry is nie. Die bank se teenappèl het voortgespruit uit die Hof a quo se bevinding dat T (Edms) Bpk se borgstelling aan die G bank ongeldig was vanweë die verbodsbepaling in subart (1)(a)(i). Die bank se saak was gegrond op die argument (verwerp deur die Hof a quo) dat V, toe hy as direkteur van T (Edms) Bpk daardie maatskappy se borgstelling gemagtig en aangegaan het, terselfdertyd toestemming verleen het tot die transaksie in sy hoedanigheid as vader en natuurlike voog van sy minderjarige kinders, die aandeelhouers van T (Edms) Bpk, en dat die uitsonderingsbepaling van subart (2)(a)(ii) gevolglik van toepassing was.

Beslis (per E M Grosskopf AR, Eksteen AR en Van Coller Wn AR samestemmend; H Botha AR en Nicholas Wn AR afwykend), dat die appellant se hoofbetoog in die lig van die bogenoemde vertolking van die bepalings van art 226 verwerp moes word.

Beslis, verder, dat die appellant se verdere betoog ook verwerp moes word aangesien die appellant en T (Edms) Bpk twee afsonderlike regspersone was, en die feit dat die appellant T (Edms) Bpk se volfiliaal was nie daaraan afgedoen het nie: alhoewel dit so was dat T (Edms) Bpk benadeel kon word deur die sekuriteit wat deur die appellant verleen is, beteken dit nie dat I sodanige sekuriteit onregstreeks deur T (Edms) Bpk verleen is nie.

Beslis, derhalwe, dat die appèl van die hand gewys moes word.

Beslis, verder (per Botha AR; E M Grosskopf AR, Eksteen AR, Nicholas Wn AR en Van Coller Wn AR samestemmend), dat die teenappèl ook van die hand gewys moes word omdat V nie tydens die onderhandelings met die bank in verband met T (Edms) Bpk se borgstelling bewus van die bepalings van art 226 was nie, en dus geen bedoeling gehad het nie om as sy kinders (die J aandeelhouers van T (Edms) Bpk) se

1993 (3) SA p599

A verteenwoordiger tot die borgstelling van T (Edms) Bpk toe te stem nie.

Die beslissing in die Kaapse Provinsiale Afdeling in Boland Bank Bpk v Voges en Andere bevestig.

Flynote : Sleutelwoorde

Company — Directors and officers — Loans by company to and provision of B security in connection with obligations of — Prohibition of in s 226 of Companies Act 61 of 1973 — Provisions of s 226(1)(a) and (2)(a) — Person who is at same time director of company itself (subsidiary) and of holding company — Whether such person, as director of holding company, falling under absolute prohibition in ss (1)(a)(ii) or qualifying, as director of subsidiary, for conditional concession provided for in ss (2)(a)(i) — C Question can be answered on basis of ordinary, grammatical meaning of words used in relevant provisions — Subsection (2) providing clearly that where company makes authorised loan to own director (or provides security in connection with an obligation of such director) such transaction not affected by any prohibitory clause in ss (1) — Accordingly such loan (or provision of security) not forbidden merely because person who receives loan (or in respect of whom security is provided) happens also to be a director of the holding company (ss (1)(a)(ii)) or a director of another D subsidiary of the holding company (ss (1)(a)(iii)).

Headnote : Kopnota

In terms of s 226(1) of the Companies Act 61 of 1973 a company is unconditionally prohibited from, inter alia, making loans to a director of its holding company (see ss (1)(a)(ii)) or providing security to any person in connection with an obligation of such a director. Section 226(2)(a)(i) and (ii), on the other hand, authorises a company to make a loan to its own director and to provide security in connection with an obligation of its own director provided, inter alia, that the prior E consent of all the members of the company is obtained. The question the Court had to answer in the present case was what the position was where a person was at the same time a director of both the subsidiary and its holding company: did he, as director of the holding company, fall under the absolute prohibition in ss (1)(a)(ii) or did he, as director of the subsidiary, qualify for the conditional concession provided for in ss F (2)(a)(i) and (ii) in the case of the companies' own directors? A majority of the Court held that the ordinary, literal and grammatical meaning of the words used by the Legislature in s 226 provided a clear answer to this question. Subsection (2) clearly provided that the prohibitory clauses in ss (1) did not 'apply . . . in respect of', inter alia, 'the making of a loan by a company to its own director' and 'the provision of security by a company in connection with an obligation of its own director': this meant simply that if a company made an authorised loan to its own...

To continue reading

Request your trial
11 practice notes
  • S v Dlamini; S v Dladla and Others; S v Joubert; S v Schietekat
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Justice Intervening) 1996 (4) SA 331 (CC) (1996 (6) BCLR 745): referred to Bevray Investments (Edms) Bpk v Boland Bank Bpk en Andere 1993 (3) SA 597 (A): followed Carlson v Landon; Butterfield v Zydok 342 US 524 (1952): referred to De Lange v Smuts NO and Others 1998 (3) SA 785 (CC) (1998 (......
  • Rosherville Vehicle Services (Edms) Bpk v Bloemfonteinse Plaaslike Oorgangsraad
    • South Africa
    • Invalid date
    ...wat 'n vertolking soos deur mnr Jordaan voorgestaan, regverdig nie. Sien ook Bevray Investments (Bdms) Bpk v Boland Bank Bpk en Andere 1993 (3) SA 597 (A) op 622D-623D en vergelyk Commissioner for Inland Revenue v Delfos 1933 AD 242 op 254. Ek kan derhalwe nie met die bevinding van die Hof ......
  • S v Dlamini; S v Dladla and Others; S v Joubert; S v Schietekat
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and the authorities there cited. [78] See eg R v Venter 1907 TS 910 at 915; Bevray Investments (Edms) Bpk v Boland Bank Bpk en Andere 1993 (3) SA 597 (A) at 622D - [79] See eg S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A), explaining the triad of sentencing interests to be observed, the third of which is 't......
  • S v Dlamini; S v Dladla and Others; S v Joubert; S v Schietekat
    • South Africa
    • Constitutional Court
    • 3 June 1999
    ...and the authorities there cited. [78] See eg R v Venter 1907 TS 910 at 915; Bevray Investments (Edms) Bpk v Boland Bank Bpk en Andere 1993 (3) SA 597 (A) at 622D - [79] See eg S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A), explaining the triad of sentencing interests to be observed, the third of which is 't......
  • Request a trial to view additional results
9 cases
  • S v Dlamini; S v Dladla and Others; S v Joubert; S v Schietekat
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Justice Intervening) 1996 (4) SA 331 (CC) (1996 (6) BCLR 745): referred to Bevray Investments (Edms) Bpk v Boland Bank Bpk en Andere 1993 (3) SA 597 (A): followed Carlson v Landon; Butterfield v Zydok 342 US 524 (1952): referred to De Lange v Smuts NO and Others 1998 (3) SA 785 (CC) (1998 (......
  • Rosherville Vehicle Services (Edms) Bpk v Bloemfonteinse Plaaslike Oorgangsraad
    • South Africa
    • Invalid date
    ...wat 'n vertolking soos deur mnr Jordaan voorgestaan, regverdig nie. Sien ook Bevray Investments (Bdms) Bpk v Boland Bank Bpk en Andere 1993 (3) SA 597 (A) op 622D-623D en vergelyk Commissioner for Inland Revenue v Delfos 1933 AD 242 op 254. Ek kan derhalwe nie met die bevinding van die Hof ......
  • S v Dlamini; S v Dladla and Others; S v Joubert; S v Schietekat
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and the authorities there cited. [78] See eg R v Venter 1907 TS 910 at 915; Bevray Investments (Edms) Bpk v Boland Bank Bpk en Andere 1993 (3) SA 597 (A) at 622D - [79] See eg S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A), explaining the triad of sentencing interests to be observed, the third of which is 't......
  • S v Dlamini; S v Dladla and Others; S v Joubert; S v Schietekat
    • South Africa
    • Constitutional Court
    • 3 June 1999
    ...and the authorities there cited. [78] See eg R v Venter 1907 TS 910 at 915; Bevray Investments (Edms) Bpk v Boland Bank Bpk en Andere 1993 (3) SA 597 (A) at 622D - [79] See eg S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A), explaining the triad of sentencing interests to be observed, the third of which is 't......
  • Request a trial to view additional results
2 books & journal articles
  • The Company Law Implications of Conferring a Power on a Subsidiary to Acquire the Shares of its Holding Company
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...terms of s 311: see Re Hellenic & General Trust Ltd 1975 3 All ER 382 (Ch).17See, eg, Bevray Investments (Edms) Bpk v Boland Bank Bpk 1993 3 SA 597 (A).18Eg, in the context of loans made by a subsidiary company, compare the differing approaches of ss 37and 226. The respective approaches are......
  • Loans to Directors—An Analysis of Section 226 of the Companies Act
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • 25 May 2019
    ...position that these people hold can be abused to the detriment of the lending company. So including these people is appropriate. 11 1993 (3) SA 597 (A). 12 At 623E—J. 13 Section 1 sv 'director' of the Act. © Juta and Company (Pty) LOANS TO DIRECTORS — ANALYSIS OF SECTION 226 OF THE COMPANIE......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT