De Beer v Sergeant

JurisdictionSouth Africa
Citation1976 (1) SA 246 (T)

De Beer v Sergeant
1976 (1) SA 246 (T)

1976 (1) SA p246


Citation

1976 (1) SA 246 (T)

Court

Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge

Hiemstra R en Van Reenen Wn

Heard

September 30, 1975

Judgment

October 17, 1975

Flynote : Sleutelwoorde

Delik — Wanneer vader vir die onregmatige dade van sy minderjarige kind aanspreeklik is — Ouer en kind — Delik gepleeg deur minder-jarige — Wanneer vader vir die onregmatige dade van sy minderjarige kind aanspreeklik is — Minderjarige — Delik deur — Wanneer vader vir onregmatige dade van sy kind aanspreeklik is.

Headnote : Kopnota

Daar is geen absolute aanspreeklikheid van 'n vader vir die onregmatige dade van sy minderjarige kind nie. Aanspreeklikheid kan voortvloei

(i)

uit 'n diensverhouding wanneer die skade binne die bestek van die kind se werkverrigting gedoen word;

(ii)

uit opset met die kind as middellike dader; en

Flynote : Sleutelwoorde

Delict — When father is liable for the unlawful acts of his minor child — Parent and child — Delict committed by minor — When a father liable for the unlawful acts of his minor child — Minor — Delict by — When father liable for his unlawful acts.

Headnote : Kopnota

There is no absolute liability of a father for the unlawful acts of his minor child. Liability can flow

(i)

from a relationship of employment when the damage is committed within the scope of the child's employment;

(ii)

from intent with the child as the vicarious doer; and

1976 (1) SA p247

(iii)

from negligence, i.e., in cases where the father was in the circumstances in a position to interfere and for inadequate reasons failed to do so. It is not necessary that the father should necessarily be present, because negligence can also lie in failure to prevent the child from foreseeably causing damage.

(iii)

uit nalatigheid, d.w.s. in gevalle waar die vader in die omstandighede in staat was om in te gryp en om ontoereikende redes versuim het om dit te doen. Dit is nie nodig dat die vader noodwendig teenwoordig hoef te wees nie, want nalatigheid kan ook lê in die versuim om voorsienbare veroorsaking van skade deur die kind te voorkom.

Case Information

Appèl teen 'n beslissing in 'n landdroshof. Die feite blyk uit die uitspraak.

C. J. Claasen, namens die appellant.

Geen verskyning namens die respondent.

Cur. adv. vult. B

Postea (Oktober 17).

Judgment

Hiemstra, R.:

Die appellant was respondent in 'n eksepsie in die hof benede. In die geding waaruit die eksepsie voortgevloei het was hy die eiser en ek sal na die partye verwys as eiser en C verweerder.

Die eiser vorder R100 skadevergoeding op grond van die verweerder se beweerde nalatigheid. In die dagvaarding word beweer dat die verweerder se minderjarige seun wederregtelik twee speelgoed-karretjies wat aan die eiser behoort het, uitmekaar gehaal het waardeur hulle waardeloos geword het. Die verweerder se aanspreeklikheid is in die dagvaarding gebaseer op 'n bewering dat hy die seun toegelaat het om die skade aan D te rig. Daarop het die verweerder verdere besonderhede gevra, nl. op grond waarvan daar beweer word dat hy die seun toegelaat het om die goed uitmekaar te haal.

Prima facie lyk dit na uitvissing van getuienis. Die besonderheid is nie nodig vir die opstelling van 'n pleit nie. Die verweerder weet of hy die seun se handelinge toegelaat het E of nie, en hy kan pleit op die bewering. Nietemin, die eiser het nie die besonderhede geweier nie, maar wel 'n wydlopige en betoogvoerende antwoord gegee, wat nie in pleitstukke tuishoort nie. Die antwoord was:

'Verweerder het aan eiser erken dat hy gesien het dat sy seun in besit van twee karre was. Hy het klaarblyklik sy seun daaromtrent uitgevra, waarna sy seun aan hom F verduidelik het dat hy die karre in ruil verkry het deurdat hy iemand toegelaat het om op sy Chopper-fiets te ry.'

Die landdros was van mening dat die eiser met dié besonderhede sy juridies suiwere oorspronklike stelling van 'toelating' gaan verduister het. Ons sien dit glad nie so in nie. Die paragraaf in die dagvaarding en die bostaande aanvulling daarvan moet G tesame gelees word. Die aanvulling vernietig nie die bewering van toelating of dié van wederregtelikheid nie. Inteendeel, dit bevestig dat verweerder geweet het die seun het die karre. Dat hy geweet het hulle word uitmekaar gemaak word nie herhaal nie maar word ook nie teruggetrek of gekwalifiseer nie. Daar word verder gesê dat die seun 'n uitleg van sy besit gegee het, maar die implikasie is duidelik dat die vader moes geweet het dit H kan nie waar wees nie. So lank die bedoeling duidelik blyk, moet pleitstukke, veral in die landdroshof, nie deur 'n vergrootglas bekyk word om tekortkominge uit fokus te vergroot en so wesenlike geregtigheid voor tegniese spitsvondighede te laat swig nie. Die

1976 (1) SA p248

Hiemstra R

landdros se slotsom dat die oorspronklike bewering van toelating vernietig geword is deur die aanvulling, kan ons nie ondersteun nie.

Die eksepsie was dat die dagvaarding plus besonderhede nie 'n skuldoorsaak openbaar nie en ons moet oorweeg of op die A beweerde feite die verweerder regtens aanspreeklik is. Is daar 'n regsfiguur waarvolgens 'n vader aanspreeklik is vir skade wat voortgevloei het uit die onregmatige daad van sy kind?

Om te begin by ons eie moderne regsbronne, raadpleeg ons in die eerste plaas McKerron, The Law of Delict. Hy sê in die sewende uitgawe, bl. 82:

'A parent cannot be made liable for a wrongful act committed by B his minor child unless (1) he expressly or impliedly authorised the act; or (2) the child was acting as his servant or agent; or (3) he was negligent in allowing or affording the child the opportunity of doing mischief.'

Die gesag waarop hy vir dié drie stellinge steun, word nie afsonderlik aangegee nie. Wanneer die bronne geraadpleeg word, C blyk dit dat die grondbeginsel nie vermeld word nie. Die bronne is:

Conradie v. Wiehahn, 1911 CPD 704. Die saak het uitsluitend met 'n diensverhouding te doen en staaf net...

To continue reading

Request your trial
4 practice notes
  • Dowling v Diocesan College and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Exception dismissed. Cases Considered Annotations Reported cases Boucher v Du Toit 1978 (3) SA 965 (O): compared De Beer v Sergeant 1976 (1) SA 246 (T): Hiltonian Society v Crofton 1952 (3) SA 130 (A): applied South African General Investment & D Trust Co Ltd v Mavaneni 1963 (4) SA 89 (D): ......
  • Wessels v Pretorius
    • South Africa
    • Supreme Court of Appeal
    • 20 September 2007
    ...to drive the vehicle and such negligence was causally connected to the injuries suffered by Benjamin (see, eg, De Beer v Sergeant 1976 (1) SA 246 (T) at 251D-G; Godfrey and Others v Campbell 1997 (1) SA 570 (C) at 577E-580I). Counsel for the appellant argued that both parents knew Albert to......
  • S v Excelsior Vervoerdiens (EDMS) Bpk en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...as 'ready to travel on a road'. Die vereiste omtrent die tarra skep ook nie 'n onoorkomelike probleem nie want indien die tarra nie van 1976 (1) SA p246 Boshoff die fabrikant verkry kan word nie kan 'n permit onder die bepalings van die Padverkeerordonnansie, 21 van 1966, verkry word om die......
  • Godfrey and Others v Campbell
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 18 September 1996
    ...my own.) The position in South African law, it being a civil law country, must then be investigated. In the case of De Beer v Sergeant 1976 (1) SA 246 (T), it was held by a Full Bench of the Transvaal Provincial Division that there is no absolute liability of a father for the unlawful acts ......
4 cases
  • Dowling v Diocesan College and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Exception dismissed. Cases Considered Annotations Reported cases Boucher v Du Toit 1978 (3) SA 965 (O): compared De Beer v Sergeant 1976 (1) SA 246 (T): Hiltonian Society v Crofton 1952 (3) SA 130 (A): applied South African General Investment & D Trust Co Ltd v Mavaneni 1963 (4) SA 89 (D): ......
  • Wessels v Pretorius
    • South Africa
    • Supreme Court of Appeal
    • 20 September 2007
    ...to drive the vehicle and such negligence was causally connected to the injuries suffered by Benjamin (see, eg, De Beer v Sergeant 1976 (1) SA 246 (T) at 251D-G; Godfrey and Others v Campbell 1997 (1) SA 570 (C) at 577E-580I). Counsel for the appellant argued that both parents knew Albert to......
  • S v Excelsior Vervoerdiens (EDMS) Bpk en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...as 'ready to travel on a road'. Die vereiste omtrent die tarra skep ook nie 'n onoorkomelike probleem nie want indien die tarra nie van 1976 (1) SA p246 Boshoff die fabrikant verkry kan word nie kan 'n permit onder die bepalings van die Padverkeerordonnansie, 21 van 1966, verkry word om die......
  • Godfrey and Others v Campbell
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 18 September 1996
    ...my own.) The position in South African law, it being a civil law country, must then be investigated. In the case of De Beer v Sergeant 1976 (1) SA 246 (T), it was held by a Full Bench of the Transvaal Provincial Division that there is no absolute liability of a father for the unlawful acts ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT