Bartlett v Munisipaliteit van Kimberley

JurisdictionSouth Africa
JudgeJacobs Wn AR
Judgment Date22 October 1965
Citation1966 (2) SA 95 (GW)
CourtGriqualand-West Local Division

Jacobs, Wn R.:

Applikant beweer in sy aansoek dat hy vir die afgelope aantal jare die houer was van 'n huurmotorlisensie, 'n huurmotorbestuurderslisensie en 'n openbare bestuurpermit wat ingevolge Ord. 19 van 1955 (K) deur respondent aan hom uitgereik is en wat in die verlede van jaar tot jaar hernu is sonder moeilikheid. Hy beweer

Jacobs Wn R

voorts dat gedurende Januarie 1965 hy weer respondent se verkeersafdeling genader het vir die nodige hernuwings van sy bestuurpermit maar dat, vir redes wat nie nodig is om te bespreek nie, die verantwoordelike beampte geweier het om die nodige magtiging te A verleen vir die hernuwing van die betrokke permit. Volgens applikant het hy op die oggend van 29 Maart 1965, nadat sy prokureur die hoofverkeersbeampte getelefoneer en beswaar gemaak het teen die behandeling wat hy voorheen ontvang het, hom weer by die verkeersafdeling aangemeld met die doel om 'n openbare bestuurpermit te B bekom. Volgens hom het hy die nodige aansoekvorm behoorlik voltooi, asook al die ander vereiste dokumente in sy besit gehad en was hy bereid om hom aan enige toetse wat vereis mag word te onderwerp en die voorgeskrewe fooie te betaal. Dit is gemene saak dat op die gemelde datum die volgende dokumente reeds aan applikant uitgereik was deur respondent se verkeersdepartement:

(i)

C 'n Geskiktheidsertifikaat ten opsigte van sy huurmotor uitgereik op 3.3.65.

(ii)

Huurmotorlisensie uitgereik op 27.3.65.

(iii)

Huurmotorbestuurderslisensie uitgereik op 27.3.65.

D Voordat 'n openbare bestuurpermit aan applikant uitgereik kon word moes hy egter die plaaslike owerheid ook tevrede stel dat hy bekwaam is om 'n openbare motorvoertuig te bestuur en dit was teneinde hom hiervoor te laat toets wat, volgens applikant, hy hom op die oggend van 29 Maart by respondent se verkeersafdeling aangemeld het. Applikant beweer dat, toe E hy hom om 9 uur die oggend aanmeld hy deur die hoofverkeersbeampte meegedeel is, hy tot 2 uur moes wag. Hy beweer voorts dat om 2 uur hy deur die Assistent-hoofverkeersbeampte, mnr. Taylor, meegedeel is dat hy nie vir 'n openbare bestuurpermit getoets gaan word nie en dat hy nie langer 'n huurmotorbestuurder is nie. Hy beweer dat, ten spyte van navrae deur hom, geen rede vir sodanige weiering deur die beamptes aan hom verstrek is nie.

F Applikant beweer dat hy daarna na sy prokureur is en dit is gemene saak dat sy prokureur die volgende dag, d.i. op 30 Maart 1965, 'n brief aan die Stadsklerk geskryf het waarin applikant se bewerings omtrent die gebeure die vorige dag soos hierbo geskets in breë trekke herhaal word en waarin die prokureur ook as volg skryf:

'Once again he has asked us to tender the necessary requirements to G enable him to undergo the necessary test for his public driving permit, and such tender is hereby made.'

Op 8 April 1965 antwoord die Stadsklerk:

'I have to advise you that the matter was investigated whereafter the chief traffic officer was instructed not to renew Mr. J. R. Bartlett's public driving permit and to cancel his taxi licence issued by the City Council.'

H Dit is gemene saak dat die opdrag waarna die Stadsklerk verwys reeds op 31 Maart aan die hoofverkeersbeampte gegee is.

Daarna het applikant se prokureurs aan die Stadsklerk geskryf en gevra om welke rede die bestuurpermit geweier en die huurmotorlisensie gekanselleer is en onder andere ook gevra vir:

'a copy of the minutes of the Council's decision'.

Hierop het die Stadsklerk geantwoord:

'the City Council has nothing further to add to the information conveyed under cover of my letter dated 8th April 1965'.

Applikant voer nou aan dat respondent sonder enige wettige rede

Jacobs Wn R

sy huurmotorlisensie gekanselleer het en geweier het om 'n openbare bestuurpermit aan hom uit te reik of sy aansoek vir so 'n permit te oorweeg of dat respondent op inligting wat tot sy nadeel strek gehandel het sonder om hom daarvan te verwittig of hom 'n geleentheid te bied om A daarop te antwoord of verduidelikings te verstrek. Applikant vra dan vir 'n bevel wat respondent se weiering om sy aansoek om 'n openbare bestuurpermit te oorweeg en respondent se kansellering van sy huurmotorlisensie tersyde stel.

Namens respondent het die Stadsklerk, behoorlik deur 'n raadsbesluit daartoe gemagtig, op applikant se aansoek geantwoord en 'n hele reeks B verklarings van lede van die verkeersafdeling aangeheg. In breë trekke word in die antwoordende verklarings ontken dat applikant ooit in Januarie of Maart aansoek gedoen het vir 'n openbare bestuurpermit. Die hoofverkeersbeampte erken egter dat applikant se prokureur hom op die oggend van 29 Maart getelefoneer het en gekla het dat hy deur sekere C lede van die verkeersafdeling veronreg word en erken dat toe applikant later by sy kantore opdaag hy aan applikant laat weet dat hy hom nie voor 2 uur die middag kon sien nie. Hy beweer dat hy onder die indruk verkeer het dat applikant daar was vir hernuwing van sy bestuurpermit. Volgens die hoofverkeersbeampte het hy die oggend van 29 Maart sekere D besprekings gehad met senior inspekteur Geldenhuys en die assistent hoofverkeersbeampte Taylor in verband met applikant en dat, na 'n verdere bespreking met Taylor om 2 uur die middag, sonder om applikant tewoord te staan soos skynbaar vroeër beoog was, - hy Taylor meegedeel het dat hy saamstem met Taylor se aanbeveling dat applikant se bestuurpermit nie hernu moet word nie en dat alle ander dokumente, wat E applikant magtig om 'n huurmotor te huur aan te bied, gekanselleer moet word. Hy het toe instruksies gegee dat applikant nie getoets moet word vir 'n openbare bestuurpermit indien hy hom vir sodanige toets sou aanmeld nie.

Taylor beweer dat hy op 27 Maart 1965, saam met 'n ander inspekteur, F applikant se huurmotor gestop het en gevind het dat applikant geen geldige openbare bestuurpermit het nie (sy bestuurpermit het toe reeds verstryk), dat applikant se persoon en sy voertuig in 'n vuil toestand was en dat hy nie minder as vyf volwassenes en nege kinders in sy huurmotor gehad her terwyl applikant slegs geoorloof was om vyf persone te vervoer. Hy beweer dat hy daar-en-dan vir die...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • Global Pact Trading 207 (Pty) Ltd v The Minister of Minerals and Energy
    • South Africa
    • Orange Free State Provincial Division
    • 14 June 2007
    ...Edition, Volume 1, para 101, p. 81 – 82. This principle is also illustrated in. the judgment BARTLETT v MUNISIPALITEIT VAN KIMBERLEY 1966 (2) -SA 95 (GW) at 100 E - 102 F, where it was decided that where the exercise by a town clerk of a power delegated to him by the municipal council is at......
  • Naidoo and Others v Johannesburg City Council and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...that body or that person is necessarily a party to the litigation. Reference was made to Bartlett v Munisipaliteit van Kimberley 1966 (2) SA 95 (GW) at 100 - 103 where the authorities in this respect were collected. Mr Kuper for the applicants submits that once there is the delegation to th......
2 cases
  • Global Pact Trading 207 (Pty) Ltd v The Minister of Minerals and Energy
    • South Africa
    • Orange Free State Provincial Division
    • 14 June 2007
    ...Edition, Volume 1, para 101, p. 81 – 82. This principle is also illustrated in. the judgment BARTLETT v MUNISIPALITEIT VAN KIMBERLEY 1966 (2) -SA 95 (GW) at 100 E - 102 F, where it was decided that where the exercise by a town clerk of a power delegated to him by the municipal council is at......
  • Naidoo and Others v Johannesburg City Council and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...that body or that person is necessarily a party to the litigation. Reference was made to Bartlett v Munisipaliteit van Kimberley 1966 (2) SA 95 (GW) at 100 - 103 where the authorities in this respect were collected. Mr Kuper for the applicants submits that once there is the delegation to th......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT