Bank of Lisbon International Ltd v Venter en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeJoubert AR, Botha AR, Hefer AR, Milne AR, Kumleben AR
Judgment Date28 November 1989
Citation1990 (4) SA 463 (A)
Hearing Date03 November 1989
CourtAppellate Division

Botha AR:

Die appellant en die eerste respondent het op 26 Junie 1983 'n skriftelike kontrak aangegaan, waarvolgens die appellant aan die eerste respondent 'n laaigraaf-masjien verkoop het. Terselfdertyd het die tweede respondent 'n skriftelike borgstelling onderteken, waarvolgens sy haar teenoor die appellant verbind het as borg en mede-hoofskuldenaar H vir die betaling aan die appellant van enige bedrag geld wat deur die eerste respondent aan die appellant verskuldig was of sou word.

Ingevolge die kontrak tussen die appellant en die eerste respondent het laasgenoemde onderneem om aan eersgenoemde 'n totale bedrag van R97 116 te betaal, bestaande uit 'n kontant-koopprys van R72 000, I verkoopsbelasting van R4 320, inkomsteseëls ten bedrae van R50,40 en finansieringskoste ten bedrae van R20 745,60. Die totale bedrag sou deur die eerste respondent betaal word by wyse van 'n deposito van R15 000 en daarna 36 maandelikse paaiemente van R2 281 elk. Die eiendomsreg van die laaigraaf sou van die appellant na die eerste respondent oorgaan eers J met die betaling van die laaste paaiement.

Botha AR

A Die eerste respondent het die deposito van R15 000 aan die appellant betaal, die besit van die laaigraaf ontvang, en die ooreengekome maandelikse paaiemente aan die appellant betaal tot in Maart 1984. Daarna het die eerste respondent in gebreke gebly om verdere betalings te maak, en sodoende kontrakbreuk gepleeg. Op 4 Desember 1984 het die appellant, soos hy volgens die bepalings van die kontrak geregtig was om B te doen, die kontrak gekanselleer weens die eerste respondent se kontrakbreuk, en herbesit van die laaigraaf verkry.

Die appellant het daarna 'n aksie teen die respondent ingestel in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling, waarin betaling gevorder is van 'n bedrag van R9 294,44 met rente en koste. Die wyse waarop die appellant C sy eis in sy besonderhede van vordering geformuleer het, sal later blyk. Die respondente het in hulle verweerskrif onder meer die kontrak, die eerste respondent se kontrakbreuk en die appellant se kansellasie van die kontrak erken, maar die appellant se bewerings met betrekking tot die gevorderde bedrag van R9 294,44 en die respondente se aanspreeklikheid ten opsigte daarvan in algemene terme in geskil D geplaas. Die eerste respondent het voorts 'n teeneis teen die appellant ingestel vir die betaling van 'n bedrag van R8 523,27, wat 'n bedrag van finansieringskoste verteenwoordig, op die terugbetaling waarvan die eerste respondent beweer het hy geregtig was.

Die verhoor van die aksie het plaasgevind voor Flemming R. Met die E aanvang van die verhoor het die appellant se advokaat aangedui dat die bedrag van die appellant se eis verminder word tot R8 643,37. Hoe hierdie bedrag saamgestel is, sal later blyk. Daarna is die getuienis van verskillende getuies (vyf namens die appellant en twee namens die respondente) aan die Verhoorregter voorgelê. Die getuienis het F betrekking gehad op besondere items wat deel gevorm het van die bedrag wat die appellant van die respondente geëis het.

Na die afsluiting van die getuienis en tydens die beredenering van die saak in die Hof a quo, het daar 'n ongelukkige wending in die saak gekom, wat veroorsaak het dat die verdere verloop daarvan verval het in 'n moeras van verwarring en irrelevanthede, wat voortgeduur het tot G tydens die beredenering van die appèl voor hierdie Hof. Dit het gekom omdat die Verhoorregter mero motu teenoor die advokate die vraag geopper het of die appellant se eis teen die respondente nie onafdwingbaar was nie vanweë die bepalings van art 2(1) van die Wet op Strafbedinge 15 van 1962 (dit word later hieronder aangehaal). Hierdie punt was geensins in H die pleitstukke aangeraak nie en die advokate was nie voorberei om die Verhoorregter daaroor toe te spreek nie. Hulle is toe die geleentheid gegee om later skriftelike betoë oor die aangeleentheid aan die Verhoorregter voor te lë. Dit is gedoen. In die appellant se skriftelike betoog (vir die opstelling waarvan die dienste van 'n senior advokaat bygebring is) is daar verskillende gronde aangevoer waarom art 2(1) van I die Wet op Strafbedinge nie op die appellant se eis van toepassing sou wees nie, en is daar verder aansoek gedoen om 'n wysiging van die appellant se besonderhede van vordering, in 'n oënskynlike poging om 'n vermeende probleem wat voortgespruit het uit die punt wat die Verhoorregter geopper het, te bowe te kom. In die respondente se skriftelike betoog het hulle die punt wat die Verhoorregter geopper het, J aangegryp en daarop

Botha AR

gesteun as 'n verweer teen die geheel van die appellant se vordering. A Hulle het egter geen aansoek gedoen om 'n wysiging van hulle verweerskrif nie, maar wel die appellant se aansoek om wysiging van sy besonderhede van vordering teengestaan.

In sy uitspraak het die Verhoorregter die verskillende argumente wat in die skriftelike betoë vervat was, breedvoerig behandel, en B uiteindelik die punt wat hy mero motu geopper het, teen die appellant en ten gunste van die respondente beslis, met die gevolg dat die appellant se eis (behalwe vir 'n bedrag van R50) van die hand gewys is, op grond van die bepalings van art 2(1) van die Wet op Strafbedinge. Ek sal na hierdie aspek van die saak verwys as die 'hoofpunt'. Afgesien van die hoofpunt, het die Verhoorregter in sy uitspraak ook breedvoerig aandag C geskenk aan die besondere items van die appellant se eis wat in die getuienis ondersoek was, en tot die slotsom geraak dat sommige van daardie items nie bewys is nie. Ek sal na hierdie aspek van die saak verwys as 'die ondergeskikte punte'. Volgens die Verhoorregter se bevindings en berekenings ten opsigte van die ondergeskikte punte, sou D die appellant in ieder geval, as dit nie vir die hoofpunt was nie, nie meer van die respondente kon verhaal het nie as 'n bedrag van nagenoeg R4 823.

Die bevel wat die Verhoorregter aan die einde van sy uitspraak uitgereik het, het hy soos volg bewoord:

'1.

The amendment sought after the conclusion of argument, is not E permitted.

2.

Plaintiff's claim is dismissed with costs except that defendant is ordered to pay R50 to plaintiff.

3.

Defendant's claim is dismissed with costs which will be taxed on the basis as if plaintiff successfully excepted to defendant's F counter-claim.'

Namens die appellant is daar by die Verhoorregter aansoek gedoen om verlof om te appelleer, met betrekking tot paras 1 en 2 van die bogenoemde bevel. Die respondente het die aansoek teengestaan. In sy uitspraak het die Verhoorregter aangedui dat na sy mening sy beslissing oor die uitleg en die toepassing van die Wet op Strafbedinge (die hoofpunt) deur die Appèlafdeling in oorweging geneem behoort te word, G maar dat die verlof om te appelleer nie tot daardie punt beperk sou word nie - die ondergeskikte punte sou ook in die appèl te berde gebring kon word, indien die beslissing op die hoofpunt die geleentheid daarvoor sou skep. Voorts het die Verhoorregter aangedui dat hy 'n klaarblyklike fout in para 2 van die oorspronklike bevel sou regstel. Die bevel wat hy H uitgereik het, lui soos volg:

'1.

Paragraaf 2 van die bevel wat voorheen gegee is word gewysig deur dit met die volgende te vervang:

"Plaintiff's claim is dismissed with costs, except that the I defendants, jointly and severally, are ordered to pay R50 to plaintiff."

2.

Verlof word verleen om teen hierdie uitspraak te appelleer.

3.

Die koste van hierdie aansoek word voorbehou vir beregting by die afhandeling van die appèl.'

Ek is nie seker wat die Verhoorregter in gedagte gehad het met sy J verwysing na 'hierdie uitspraak' in para 2 van die pas aangehaalde bevel

Botha AR

A nie. Dit is nie duidelik of die verleende verlof bedoel was om ook van toepassing te wees op para 1 van die oorspronklike bevel, ten aansien van die appellant se aansoek om wysiging, al dan nie. Soos later sal blyk, is dit egter van geen belang, met die oog op die beslissing van hierdie appèl, om hierdie vraag te probeer beantwoord nie, en ek laat B dit dus daar. Wat wel met veiligheid aanvaar kan word, is dat die Verhoorregter nie kon bedoel het dat sy verwysing na 'hierdie uitspraak' betrekking moes hê op para 3 van sy oorspronklike bevel nie, want die appellant het in sy aansoek om verlof geen beswaar geopper teen die beperking van die kostebevel in sy guns ten opsigte van die eerste respondent se teeneis nie (in die aansoek is daar trouens nie eens C verwys na para 3 van die oorspronklike bevel nie), en die eerste respondent het geen aansoek gedoen om verlof om te appelleer teen die afwysing van sy teeneis nie. Ek noem dit om dit duidelik te maak dat die eerste respondent se teeneis nie in die gedrang is in hierdie appèl nie en verder heeltemal buite rekening gelaat kan word.

Ek gaan nou oor tot 'n bespreking van die hoofpunt. Volgens my D beskouing blyk dit uit die skriftelike betoë wat in die Hof a quo aan die Verhoorregter voorgelê is nadat hy mero motu die hoofpunt geopper het, dat die benadering tot die hoofpunt deur die advokate van beide kante berus het op 'n paar fundamentele wanopvattings aangaande die strekking van sekere bepalings van die kontrak tussen die appellant en E die eerste respondent, die betekenis van die bepalings van die Wet op Strafbedinge, en die uitwerking van die bewerings wat vervat is in die appellant se besonderhede van vordering. Hierdie wanopvattings het, met eerbied gesê, weerklank gevind in die uitspraak van die Verhoorregter en word weerspieël in sy beredenering van, en beslissing oor, die hoofpunt. Om die bespreking van die aangeleentheid te probeer vergemaklik, sal ek F die tersaaklike gedeeltes van die kontrak, die Wet en die besonderhede van vordering agtereenvolgens aanhaal en eers my eie sienswyse daaroor weergee, en daarna terugkom op die wyse waarop dit benader is in die Hof a quo.

In die kontrak word daar na die appellant...

To continue reading

Request your trial
18 practice notes
  • Total South Africa (Pty) Ltd v Bekker NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 83 (D) at 88E; Chysafis and Others v Katsapas 1988 (4) SA 818 (A) at 828I; Bank of I Lisbon International Ltd v Venter en 'n Ander 1990 (4) SA 463 (A) at 474F-475B. P M Wulfsohn SC (with him J J Bett) for the respondent referred to the following authorities: South African Druggists Ltd v......
  • Total South Africa (Pty) Ltd v Bekker NO
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 28 November 1991
    ...SA 83 (D) at 88E; Chysafis and Others v Katsapas 1988 (4) SA 818 (A) at 828I; Bank of I Lisbon International Ltd v Venter en 'n Ander 1990 (4) SA 463 (A) at 474F-475B. P M Wulfsohn SC (with him J J Bett) for the respondent referred to the following authorities: South African Druggists Ltd v......
  • F & I Advisors (Edms) Bpk en 'n Ander v Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ltd v I W Blumberg and Wilkinson 1997 (3) SA 669 (SCA): E verwys na/referred to Bank of Lisbon International Ltd v Venter en 'n Ander 1990 ( 4) SA 463 (A): dictum op/at 474F-475D toegepas/applied Cape Dairy and General Livestock Auctioneers v Sim 1924 AD 167: verwys na/ref erred to Filta-Ma......
  • Solomon NO and Others v Spur Cool Corporation (Pty) Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ltd v The Master and Others 1987 (1) SA 276 (A): dictum at 249D - F applied D Bank of Lisbon International Ltd v Venter and Another 1990 (4) SA 463 (A): distinguished Beaufort West Municipality v Krummeck's Trustees 5 SC 5: applied Berlesell (Edms) Bpk v Lehae Development Corporation 1998 (......
  • Request a trial to view additional results
18 cases
  • Total South Africa (Pty) Ltd v Bekker NO
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 28 November 1991
    ...SA 83 (D) at 88E; Chysafis and Others v Katsapas 1988 (4) SA 818 (A) at 828I; Bank of I Lisbon International Ltd v Venter en 'n Ander 1990 (4) SA 463 (A) at 474F-475B. P M Wulfsohn SC (with him J J Bett) for the respondent referred to the following authorities: South African Druggists Ltd v......
  • Total South Africa (Pty) Ltd v Bekker NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 83 (D) at 88E; Chysafis and Others v Katsapas 1988 (4) SA 818 (A) at 828I; Bank of I Lisbon International Ltd v Venter en 'n Ander 1990 (4) SA 463 (A) at 474F-475B. P M Wulfsohn SC (with him J J Bett) for the respondent referred to the following authorities: South African Druggists Ltd v......
  • F & I Advisors (Edms) Bpk en 'n Ander v Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ltd v I W Blumberg and Wilkinson 1997 (3) SA 669 (SCA): E verwys na/referred to Bank of Lisbon International Ltd v Venter en 'n Ander 1990 ( 4) SA 463 (A): dictum op/at 474F-475D toegepas/applied Cape Dairy and General Livestock Auctioneers v Sim 1924 AD 167: verwys na/ref erred to Filta-Ma......
  • Solomon NO and Others v Spur Cool Corporation (Pty) Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ltd v The Master and Others 1987 (1) SA 276 (A): dictum at 249D - F applied D Bank of Lisbon International Ltd v Venter and Another 1990 (4) SA 463 (A): distinguished Beaufort West Municipality v Krummeck's Trustees 5 SC 5: applied Berlesell (Edms) Bpk v Lehae Development Corporation 1998 (......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT