Assosiasie van Welsynsorganisasies en Organisasies Sonder Winsoogmerk v Die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling van die Provinsie Vrystaat en Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeHancke R
Judgment Date07 August 2002
Docket Number1843/2002
CourtOrange Free State Provincial Division
Hearing Date25 July 2002
Citation2003 JDR 0112 (O)

Hancke R:

Applikant doen aansoek om 'n bevel, onder andere, met die volgende strekking:

(a)

Dat die administratiewe optrede van die respondente om die betaling van subsidies aan die lede van die applikant sedert 1 April 2002 te staak, hersien, vernietig en tersyde gestel word; alternatiewelik dat verklaar word dat die respondente nie geregtig is om die ondertekening van

2003 JDR 0112 p2

Hancke R

kontrakte as voorvereiste te stel vir die uitbetaling van subsidies aan welsynsorganisasies nie en nie geregtig is om 'n voorwaarde te stel soos wat vervat is in klousule 5.16 van aanhangsel "WJB13" tot die funderende eedsverklaring nie;

(b)

Dat respondente gelas word om, teen lewering van die toepaslike sertifikaat in terme van die bepalings van artikel 38(1)(j) van Wet 1 van 1999, aan die lede van die applikant soos uiteengesit op aanhangsel "WJB2" die subsidies te betaal wat reeds goedgekeur is ten aansien van elke sodanige lid vir die fiskale jaar 2002/2003; alternatiewelik om voort te gaan met betaling van dieselfde maandelikse bedrae ten aansien van subsidies as wat vir die fiskale jaar 2001/2002 aan elke sodanige lid betaal is.

Daar is ook ander regshulp vervat in die kennisgewing van mosie, maar het mnr Raath, advokaat namens applikant, te kenne gegee dat hy nie langer daarvoor vra nie.

Mnr Van der Merwe, advokaat namens die respondente, het by die aanvang van die verrigtinge dit op rekord geplaas dat die respondente tender om die bepalings van klousule 5.16 van die ooreenkoms terug te trek, ten einde applikant in staat te stel om die balans van die ooreenkoms te onderteken. In

2003 JDR 0112 p3

Hancke R

wese kom mnr Van der Merwe se betoog daarop neer, indien ek hom korrek verstaan het, dat die Wet op Maatskaplike Bystand, nr 59 van 1992 voorsiening daarvoor maak dat die eerste respondent finansiële toekennings aan sekere organisasies kon maak, onderhewig aan sekere terme en/of voorwaardes. Hy het verder betoog dat daar geen spesifieke besluit of resolusie was wat aanleiding gegee het tot die administratiewe optrede nie. Hy het ook aangevoer dat die eerste respondent in die algemeen statutêr gemagtig was om uitbetalings te maak onderhewig aan die nakoming van sekere voorwaardes, insluitende die voorwaardes vervat in die voorgestelde kontrak.

Ten opsigte van die alternatiewe regshulp, het hy aangevoer dat applikant sy aanspraak baseer op 'n legitieme verwagting ("legitimate expectation") dat die kontrak nie geïmplimenteer sou word alvorens verdere onderhandelinge plaasvind nie en dat die ooreenkoms waarop die legitieme verwagting gebaseer sou wees, ernstig betwis word deur die respondente, welke feitegeskil nie op die stukke besleg kan word nie. In die lig van die eerste respondent se aanduiding dat verdere onderhandelinge kan plaasvind, het hy aan die hand gedoen dat 'n verklarende bevel ten opsigte van die afdwingbaarheid van klousule 5.16 onvanpas en onnodig is. Ten opsigte van die inmenging van die eerste respondent se diskresie, het hy daarop gewys dat 'n hof nie ligtelik daarmee sal inmeng, selfs al sou dit daarmee verskil. DURBSINVEST (PTY) LTD v TOWN AND REGIONAL PLANNIG COMMISSION, KWAZULU-NATAL, AND

2003 JDR 0112 p4

Hancke R

OTHERS :2000 (4) SA 103 (N) te 107H.

Applikant in hierdie saak verteenwoordig verskeie welsynsorganisasies wat kragtens artikel 13(1) van die Nasionale Welsynswet, 1978 (Wet nr 100 van 1978) geregistreer is, of organisasies wat nie so geregistreer is nie wat dan maatskaplike welsynsdienste sonder winsoogmerk lewer, soos gedefinieer in artikel 1 van die Wet op Maatskaplike Bystand, Nr 59 van 1992 (soos gewysig).

Dit is gemenesaak dat die lede van die applikant sowat 1 700 maatskaplike en ander werknemers in diens het en in die afgelope fiskale jaar welsynsdienste en sogenaamde "statutêre dienste" gelewer het aan ongeveer 100 000 inwoners van die Vrystaat, waarvan verreweg die oorgrote meerderheid uit die voorheen benadeelde gemeenskappe is. Elkeen van die lede van die applikant het finansiële toekennings ("financial awards") vanaf die respondente ontvang vir die verrigting van welsynsdienste tot en met 31 Maart 2002, betaalbaar voor/op 21 April 2002, op welke datum die respondente betaling van sodanige subsidies gestaak het.

Applikant steun daarop dat, volgens bestaande praktyk oor etlike dekades heen, hierdie subsidies maandeliks betaalbaar was voor of op die 21 ste dag van elke maand gedurende die loop van elke fiskale jaar. Eerste respondent antwoord hierop soos volg:

2003 JDR 0112 p5

Hancke R

"By reason of the refusal by the members of applicant to enter into the required service level agreements with second respondent, payment of financial awards for the fiscal year 1 April 2002 until 31 March 2003 were not made. ........ It is also by reason of the aforegoing not correct or true to state that financial awards for the months of April and May 2002 were already payable by date of launching of the application."

Later verklaar sy:

"In terms of this agreement ("WJB13") the Department undertakes to transfer in the financial year 2002/2003 a fixed amount for stated purposes, which amount will be paid in twelve monthly payments from 30 April 2002." (My beklemtoning)

Die omvang van die welsynsdienste waarby applikant se lede betrokke is, blyk uit die feit dat 4 van die 6 kinderhuise in die Vrystaat (40% van hierdie kinders ander 18 jaar), uit voorheen benadeelde gemeenskappe is; 519 van die kinders wat deur die NG Maatskaplike Dienste (hierinlater na verwys as "NGMD") versorg word, is kinders wat deur hawe ander verskillende statutêre bepalings vir versorging na kinderhuise verwys is. Verder blyk dit dat 96 kinders deur die NGMD in verskeie jeugsentrums versorg – word, almal waarvan deur hawe na hierdie sentra verwys is. Daar is ook 'n tehuis vir ongehude moeders. Die NGMD en Oranje Vrouevereniging (afgekort as "OVV") bedryf gesamentlik 31 ouetehuise.

2003 JDR 0112 p6

Hancke R

Die NGMD en OVV bedryf gesamentlik 30 gemeenskapsprojekte vir bejaardes, asook 33 sub-ekonomiese behuisingskemas vir bejaardes. Die OVV bedryf 10 preprimêre skole met altesame 595 kinders, 11 speelgroepe met 476 kinders, 'n versorgingsoord vir 14 kinders, en 2 naskoolse studentesentrums met 44 kinders. Dit is bloot 'n aanduiding van die omvang van die welsynsdienste wat deur lede van die applikant verskaf word. Dit blyk dat die primêre bron van befondsing van hierdie verenigings bestaan uit vrywilligers wat byvoorbeeld pannekoeke en koeksisters bak en dit verkoop, terwyl die balans verkry word deur subsidies vanaf die Staat wat Sowat 1/3 van die jaarlikse begroting uitmaak.

In applikant se funderende eedsverklaring word beweer dat lede van die applikant hulle aansoeke om finansiële bystand ingedien het voor of op 15 Januarie 2002. Sommige van die lede het gedurende Februarie kennis gekry van die toestaan van die subsidies, en andere gedurende Maart 2002. Die nodige fondse vir die finansiële toekennings aan lede van die applikant was alreeds begroot en goedgekeur gewees. Daarna, ongeveer aan die begin van April 2002, is die kontrak aan lede van die applikant gestuur waarteen die applikant huidiglik beswaar maak. Die brief wat dit vergesel het, is ongedateerd maar lui in die laaste paragraaf soos volg:

"Please peruse the document, sign it if you agree and return it to your Departmental provincial office not later than 9 April 2002. Should you need a discussion on this document a date can be made with the provincial offices'

2003 JDR 0112 p7

Hancke R

officials."

Applikant beweer dat soortgelyke briewe eers op 10 April 2002 deur van sy lede ontvang is met die versoek dat dit teen 14 April 2002 aan die respondent teruggestuur moes word. Daarna het applikant 'n skrywe gedateer 18 April 2002 aan respondente gerig, as gevolg waarvan 'n samespreking plaasgevind het op 17 April 2002, waarna tweede respondent te kenne sou gegee het dat sekere aspekte, spesifiek die...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT