Argus Printing and Publishing Co Ltd v Die Perskorporasie van Suid-Afrika Bpk; Argus Printing and Publishing Co Ltd v Rapport Uitgewers (Edms) Bpk

JurisdictionSouth Africa
JudgeHolmes AR, Wessels AR, Trollip AR, Rabie AR en Galgut Wn AR
Judgment Date19 September 1975
Citation1975 (4) SA 814 (A)
Hearing Date02 September 1975
CourtAppellate Division

Rabie, A.R.:

Daar is twee appèlle voor ons. Die appellant in albei gevalle (The Argus Printing and Publishing Co. Ltd.) eis G in afsonderlike aksies in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling skadevergoeding van Die Perskorporasie Van Suid-Afrika Bpk. (die respondent in die een appèl) en Rapport Uitgewers (Edms.) Bpk. (die respondent in die ander appèl) op grond daarvan dat sy outeursreg in 'n foto deur eersgenoemde verweerder geskend is in 'n uitgawe van die dagblad Die H Transvaler op 28 Mei 1973 en deur laasgenoemde verweerder in 'n uitgawe van die weekblad Rapport op 27 Mei 1973. Behalwe vir verskille wat meegebring word deur die feit dat daar verskillende verweerders is en dat die skending van appellant se beweerde outeursreg op verskillende datums in verskillende koerante sou geskied het, is die besonderhede van appellant se eis in die twee sake eners bewoord. Dieselfde geld ook vir die verweerskrif in die twee sake: behalwe vir verskille soos so pas genoem, is hulle enersluidend. Appellant het dieselfde eksepsie teen elk van die verweerskrifte opgewerp en in die alternatief daartoe het hy in die twee sake 'n enersbewoorde aansoek om die deurhaling

Rabie AR

van sekere paragrawe in die verweerskrifte gedoen. Die eksepsie en aansoek om deurhaling in die twee sake is saam beredeneer in die Hof a quo. COLMAN, R., het dit afgewys maar het aan appellant verlof verleen om na hierdie Hof teen sy bevel te appelleer. Die twee appèlle is ook voor ons saam beredeneer; A dieselfde twee advokate het namens appellant in albei appèlle opgetree, terwyl die twee respondente deur dieselfde twee advokate verteenwoordig is. Ek sal hierna verwys na, en aanhaal uit, die pleitstukke in die saak tussen appellant en Die Perskorporasie Van Suid-Afrika Bpk., maar, soos reeds gesê is, dieselfde bewerings word, behoudens verskille soos hierbo genoem, ook in die pleitstukke in die ander saak gemaak.

B In besonderhede van appellant se eis word onder meer die volgende beweer:

"3.

The defendant is die proprietor and printer and publisher and distributor of a daily newspaper Die Transvaler, which newspaper it distributes on the Witwatersrand and throughout South Africa.

4.

The plaintiff is and has at all material times hereto C and in particular on 28 May 1973, been the owner in the Republic of South Africa by valid assignment of the sole right of publishing and reproducing in any material form certain photographs, including the photograph annexed hereto marked 'A', in which copyright subsists by virtue of the Copyright Act, 63 of 1965.

5. (a)

D On 28 May 1973 the defendant, not being the owner of the copyright in the said photograph, annexure 'A', and without the plaintiff's consent, wrongfully and unlawfully reproduced the said photograph in material form by publishing it in the said newspaper Die Transvaler.

(b)

In the premises the defendant has E infringed the plaintiff's right aforesaid and the plaintiff has suffered damages in the sum of R1 000."

In para. 6 beweer appellant dat die skending van sy outeursreg van 'n flagrante aard was en op grond daarvan eis hy kragtens die bepalings van art. 18 (3) van die Wet op Outeursreg, 63 van F 1965 (hierna "die Wet" genoem), 'n verdere bedrag van R4 000 as skadevergoeding van elk van die respondente.

In antwoord op 'n versoek om nadere besonderhede met betrekking tot para. 4 van die uiteensetting van sy eis, het appellant o.m. gesê dat die oorspronklike eienaar van die outeursreg in G die foto dit in die Verenigde Koninkryk skriftelik aan Associated Newspapers Group Ltd. oorgedra het, dat laasgenoemde dit weer skriftelik aan appellant oorgedra het, en dat appellant op 25 Mei 1973 die eienaar van die outeursreg in Suid-Afrika geword het. Verder het appellant geantwoord dat hy ook steun op Prok. R.73 van 18 Maart 1966, wat deur die Staatspresident kragtens die bepalings van art. 32 van die Wet H uitgevaardig is. In hierdie Proklamasie word die bepalings van die Wet aangaande o.a. artistieke werke (waaronder foto's val) van toepassing verklaar op lande (o.a. die Verenigde Koninkryk) wat lede van die Berne-outeursregunie is. Met betrekking tot werke wat vir die eerste keer in so 'n land gepubliseer word, word die Wet van toepassing verklaar net soos dit van toepassing is met betrekking tot sodanige werke wat vir die eerste keer in die Republiek gepubliseer word; en, met betrekking tot persone wat op 'n ter sake dienende tydstip burgers of onderdane van so 'n land is, of daarin gedomisilieer of woonagtig is, word die Wet van toepassing

Rabie AR

verklaar net soos dit van toepassing is met betrekking tot persone wat op so 'n tydstip burgers van die Republiek is, of in die Republiek gedomisilieer of woonagtig is.

Para. 3 van appellant se uiteensetting van eis word deur die A respondent erken. Op paras. 4 en 5 daarvan word soos volg gepleit:

"2.

Ad para. 4

Die verweerder dra geen kennis van die beweringe in hierdie paragraaf vervat, erken dit nie en verg bewys daarvan.

3.

Ad para. 5 (a)

(a)

Op 28 Mei 1973 het verweerder in Die Transvaler ' n nuusberig onder die opskrif 'Lords se dinge erger op lappe' gepubliseer. ('n Foto-afdruk van die nuusberig verskyn as aanhangsel 'C' tot die eiser se nadere besonderhede).

(b)

Die berig voormeld is met 'n foto geïllustreer, wat 'n foto van gedeelte van die voorblad van die Britse C dagblad Daily Mail is. (Na genoemde foto word hierna verwys as foto 'B').

(c)

Foto 'B' en aanhangsel 'A' tot eiser se besonderhede van vordering (foto 'A') is wesenlik dieselfde en het waarskynlik dieselfde oorsprong.

(d)

Op 28 Mei 1973 en in die tydperk wat daardie datum D voorafgegaan het, was:

(i)

die feit dat twee Britse Ministers as gevolg van 'n seksskandaal moes bedank het; en

(ii)

die feit dat Britse koerante wye voorblad publisiteit aan genoemde skandaal en betrokkenes gegee het

van aktuele belang en een van die sake van die dag.

(e)

E Die foto wat op foto 'B' voorkom is:

(i)

'n foto soos omskryf in art. 1 van die Wet op Outeursreg, 63 van 1965 (hierna 'die Wet');

(ii)

'n foto vir doeleindes van die omskrywing van 'artistieke werk' in laasgenoemde artikel.

(f)

F Die voorblad van die genoemde uitgawe van die genoemde Daily Mail van 25 Mei 1973 was op openbare plekke in die Verenigde Koninkryk vertoon en/of in persele wat vir die publiek toeganklik was.

(g)

Die verweerder het foto 'B' in sy genoemde uitgawe geplaas met die doel om verslag te doen oor sake van G die dag en die nuusberig waarvan foto 'B' 'n integrale deel gevorm het, was 'n verslag oor sake van die dag.

(h)

Die verweerder erken die eiendomsreg op die outeursreg in foto 'A' (aanhangsel 'A' tot eiser se besonderhede van vordering) nie in die verweerder gesetel het nie en erken dat dit geen toestemming verkry het om foto 'A' te reproduseer nie.

(i)

Behoudens soos voormeld word iedere en elke verdere bewering in para. 5 (a) van eiser se besonderhede van vordering ontken en verg die verweerder bewys...

To continue reading

Request your trial
5 practice notes
  • Navidas (Pty) Ltd v Essop; Metha v Essop
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Publishing Co Ltd v Die Perskorporasie van Suid-Afrika Bpk; Argus Printing and Publishing Co Ltd v Rapport Uitgewers (Edms) Bpk 1975 (4) SA 814 (A) at 823E-H, the Court has a discretion to deprive a successful appellant of D his costs or part thereof where a point which could have been ......
  • Greathead v SA Commercial Catering & Allied Workers Union
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Publishing Co Ltd v Die Perskorporasie van Suid-Afrika Bpk; Argus Printing and Publishing Co Ltd v Rapport Uitgewers Edms Bpk 1975 (4) SA 814 (A): dictum at 823E - 824D applied Borstlap v Spangenberg en Andere 1974 (3) SA 695 (A): referred to J 2001 (3) SA p466 Cole v Government of the ......
  • Commissioner for Inland Revenue v Dunlop South Africa Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Stemmet en Andere 1965 (3) SA 215 (O) at 217C - E; Argus Printing and Publishing Co Ltd v Die Perskorporaste van Suid-Afrika Bpk 1975 (4) SA 814 (A) at 822C - E. The appeal should accordingly be upheld in respect of the whole of the B relevant A J Swersky SC (with him M Tselentis) for the......
  • Mokholwane v Pro Honda
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Publishing Co Ltd v Die Perskorporasie van Suid-Afrika Bpk; Argus Printing and Publishing Co Ltd v Rapport Uitgewers (Edms) Bpk 1975 (4) SA 814 (A): dictum at 823E–H Aris Enterprises (Finance) (Pty) Ltd v Waterberg Koelkamers (Pty) Ltd 1977 (2) SA 425 (A): dictum at 435A–C applied I Dur......
  • Request a trial to view additional results
5 cases

5 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT