Afrox Healthcare Bpk v Strydom

JurisdictionSouth Africa
Citation2002 (6) SA 21 (SCA)

Afrox Healthcare Bpk v Strydom
2002 (6) SA 21 (SCA)

2002 (6) SA p21

Citation

2002 (6) SA 21 (SCA)

Case No

Saaknr 172/2001

Court

Hoogste Hof van Appèl

Judge

Nienaber AR, Harms AR, Zulman AR, Mpati AR en Brand AR

Heard

May 13, 2002

Judgment

May 31, 2002

Counsel

G J Marcus SC (bygestaan deur R Stockwell) namens die appellant.
F du Toit SC (bygestaan deur J A Meyer) namens die respondent.

Flynote : Sleutelwoorde H

Kontrak — Wettigheid — Kontrakte teen openbare belang — Vrywaringsklousule — Uitsluiting van aanspreeklikheid vir nalatigheid — Kontrak met private hospitaal sluit aanspreeklikheid van hospitaal uit vir skade veroorsaak deur nalatigheid van sy verpleegpersoneel — Of sulke bepaling teen openbare belang was — Wat I uitsluitings- of vrywaringsklousules betref, algemene benadering dat sodanige klousules beperkend uitgelê moes word — Vraag was of handhawing van betrokke uitsluitingsklousule of ander kontraksbeding met belange van gemeenskap strydig sou wees weens uiterste onbillikheid of ander beleidsoorwegings — Elementêre en J

2002 (6) SA p22

grondliggende algemene beginsel dat kontrakte wat vryelik en in alle erns deur A bevoegde partye aangegaan is, in openbare belang afgedwing moes word — Standpunt dat kontraktuele beding waarvolgens hospitaal teen nalatige optrede van sy verpleegpersoneel gevrywaar word in beginsel strydig was met openbare belang, nie gehandhaaf nie — Vrywaringsklousules eerder reël as uitsondering — Geen rede om tussen private hospitale en ander verskaffers van dienste te onderskei nie. B

Kontrak — Terme van — Vrywaringskousule — Uitsluiting van aanspreeklikheid vir nalatigheid — Kontrak met private hospitaal sluit aanspreeklikheid van hospitaal uit vir skade veroorsaak deur nalatigheid van sy verpleegpersoneel — Of regsplig op opnameklerk rus om klousule tot aandag van pasiënte te bring tydens opname — Persoon wat skriftelike kontrak teken sonder om dit te lees doen so op eie risiko en is C gevolglik gebonde aan bepalings daarin vervat asof hy daarvan bewus was en uitdruklik daartoe ingestem het — Subjektiewe verwagtings van tekenaar oor wat kontrak tussen hom en hospitaal sou bevat speel geen rol by vraag of daar regsplig op opnameklerk was om inhoud van vrywaringsklousule uit te wys nie — Wat wel van belang was, was of bepaling soos betrokke vrywaringsklousule objektief gesproke D onverwags was — Vrywaringsklousules in standaard kontrakte eerder reël as uitsondering — Geen rede om privaathospitale in beginsel van ander verskaffers van dienste te onderskei nie — Betrokke klousule in toelatingsdokument nie objektief gesproke onverwags nie — Geen E regsplig op opnameklerk om dit onder pasiënt se aandag te bring nie en pasiënte aan terme van klousule gebonde asof hy dit gelees het en uitdruklik daartoe ingestem het.

Hof — Presedent en stare decisis — Rol van in grondwetlike konteks — Waar gemeneregtelike reël beslis is deur Hoogste Hof van Appèl in prekonstitusionele beslissing en sulke beslissing nie F direk in stryd is met enige spesifieke bepaling van Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996 nie, maar Hooggeregshof daarvan oortuig dat betrokke gemeneregtelike reël verander moet word om gees, strekking en oogmerk van Grondwet te bevorder, is beginsels van stare decisis van toepassing — Hooggeregshof in so 'n geval nie gemagtig deur bepalings van art 39(2) van Grondwet om van G beslissing van Hoogste Hof van Appèl af te wyk nie, of beslissing nou pre- of post-konstitusioneel was.

Headnote : Kopnota

Die appellant is die eienaar van 'n privaat hospitaal. Die respondent is in die hospitaal opgeneem vir 'n operasie en post-operatiewe mediese behandeling. By opname het daar 'n H ooreenkoms tussen die partye tot stand gekom. Volgens die respondent was dit 'n stilswyende bepaling van hierdie ooreenkoms dat die appellant se verpleegpersoneel hom op 'n professionele wyse en met redelike sorg sou behandel. Na die operasie het sekere nalatige optrede deur 'n verpleegster daartoe gely dat komplikasies ingetree het, wat aan die respondent skade veroorsaak het. Die respondent het, in 'n aksie vir skadevergoeding weens I kontrakbreuk, beweer dat die nalatige optrede van die verpleegster kontrakbreuk aan die kant van die appellant daargestel het en het 'n aksie ingestel waarin hy die appellant vir die skade aangespreek het. Die toelatingsdokument wat die respondent tydens sy opname in die hospitaal onderteken het, het 'n vrywaringsklousule bevat, wat soos volg bepaal het: 'Ek onthef die hospitaal en/of sy werknemers en/of agente van alle aanspreeklikheid en ek vrywaar hulle hiermee teen enige eis wat ingestel J

2002 (6) SA p23

word deur enige persoon (insluitende 'n afhanklike van die pasiënt) weens skade of verlies van watter aard ookal A (insluitende gevolgskade of spesiale skade van enige aard) wat direk of indirek spruit uit enige besering (insluitende noodlottige besering) opgedoen deur of skade berokken aan die pasiënt of enige siekte (insluitende terminale siekte) opgedoen deur die pasiënt wat ook al die oorsaak/oorsake is, net met die uitsluiting van opsetlike versuim deur die hospitaal, werknemers of agente.' Die appellant het op B hierdie klousule gesteun om aanspreeklikheid vry te spring. Die respondent het verskeie redes aangevoer waarom die bepalings van die klousule nie teenoor hom afdwingbaar was nie.

Die respondent het betoog dat die betrokke klousule teen die openbare belang was, dat dit in stryd met die beginsels van goeie trou of bona fides was en dat die opnameklerk 'n regsplig gehad het om die respondent se aandag op die klousule te vestig, iets wat hy nie gedoen het nie. Die gronde waarop die respondent sy beroep C op openbare belang gesteun het was die beweerde ongelyke bedingingsposisie tussen die partye by die aangaan van die ooreenkoms, sowel as die aard en omvang van die handelinge van die hospitaalpersoneel waarteen die appellant gevrywaar word en die feit dat die appellant die verskaffer van mediese dienste is. Die respondent het beweer dat, terwyl dit die appellant se plig as D hospitaal was om mediese behandeling op 'n professionele en sorgsame wyse te verskaf, die betrokke klousule so ver gaan as om die appellant selfs teen die growwe nalatigheid van sy verpleegpersoneel te vrywaar. Dit was in stryd met die openbare belang.

Die respondent het verder betoog dat art 39(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996 elke hof verplig om by die E ontwikkeling van die gemenereg, die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte te bevorder. Die effek van art 39(2) was dus dat daar by die oorweging van die vraag of 'n bepaalde kontraksbepaling met die openbare belang in stryd was, ag geslaan moes word op die fundamentele regte wat in die Grondwet onderskryf word. Dit is betoog dat die betrokke klousule in stryd was met die gees, strekking en F oogmerk van art 27(1)(a) van die Grondwet, waarin elke persoon se reg op mediese sorg onderskryf word, en as sulks gevolglik in stryd was met die openbare belang.

As 'n alternatief het die respondent aangevoer dat selfs al sou die klousule nie met die openbare belang in stryd wees nie, dit steeds onafdwingbaar was omrede dit onredelik, onbillik en strydig met die beginsel van bona fides of goeie trou was. As 'n verdere G alternatief is betoog dat die respondent by die ondertekening van die toelatingsdokument onbewus was van die bepalings van die klousule. Die getuienis was dat die respondent die dokument geteken het sonder om dit te lees, alhoewel hy 'n geleentheid gehad het om dit te doen. Die respondent het aangevoer dat die opnameklerk 'n regsplig gehad het om hom oor die inhoud van die klousule in te lig en dat hy versuim het om dit te doen. Die rede waarom die respondent H aangevoer het dat sodanige regsplig bestaan het was omdat die respondent nie 'n bepaling soos die betrokke klousule in 'n ooreenkoms met 'n hospitaal verwag het nie. 'n Provinsiale Afdeling het in die respondent se guns besluit. In hoër beroep,

Beslis, dat, wat uitsluitings- of vrywaringsklousules betref, die algemene benadering in die Suid-Afrikaanse reg was dat I sodanige klousules beperkend uitgelê moes word. Die feit dat uitsluitingsklousules as 'n spesie afgedwing word, beteken nie dat 'n bepaalde uitsluitingsklousule nie deur die Hof as strydig met die openbare belang en dus onafdwingbaar verklaar kon word nie. Die maatstaf wat aangewend word met betrekking tot uitsluitingsklousules verskil nie van dié wat geld vir ander kontraksbedinge, wat, na J

2002 (6) SA p24

bewering, weens oorwegings van openbare belang ongeldig was nie. Die vraag is of die handhawing van die betrokke A uitsluitingsklousule of ander kontraksbeding met die belange van die gemeenskap strydig sou wees weens uiterste onbillikheid of ander beleidsoorwegings. (Paragrawe [9] en [10] op 34D - D/E, G en H - I.)

Beslis, verder, dat daar geen getuienis was wat daarop gedui het dat die respondent tydens kontraksluiting inderdaad in 'n swakker bedingingsposisie as die appellant verkeer het nie. B (Paragraaf [12] op 35C - D.)

Beslis, verder, dat die respondent nie in sy pleitstukke op growwe nalatigheid aan die kant van die appellant se verpleegpersoneel gesteun het nie. Die vraag of die kontraktuele uitsluiting van 'n hospitaal se aanspreeklikheid vir skade wat deur die growwe nalatigheid van sy verpleegpersoneel veroorsaak is met die openbare belang in stryd sou wees, het dus nie in die huidige saak ter C sprake gekom nie. Selfs al was dit wel die geval, sou dit nie outomaties die ongeldigheid van die betrokke klousule meebring nie. Die bepalings sou waarskynlik eerder beperk gewees het om growwe nalatigheid uit te sluit. (Paragraaf [13] op 35F - H.)

Beslis, verder, dat, wat die grondwetlike argument betref, dit eers bevind moes word of art 39(2) van die Grondwet...

To continue reading

Request your trial
154 practice notes
  • S v Thebus and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...such that his guilt had been proved beyond a reasonable doubt. Annotations: Cases cited Reported cases Afrox Healthcare Bpk v Strydom 2002 (6) SA 21 (SCA): referred Amod v Multilateral Motor Vehicle Accidents Fund 1998 (4) SA 753 (CC) (1998 (10) BCLR 1207): dictum in para [22] applied F Ave......
  • S v Thebus and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SACR 566 confirmed on appeal but certain reasons varied. B Cases Considered Annotations Reported cases Afrox Healthcare Bpk v Strydom 2002 (6) SA 21 (SCA): referred Amod v Multilateral Motor Vehicle Accidents Fund 1998 (4) SA 753 (CC) (1998 (10) BCLR 1207): dictum in para [22] applied Averi......
  • Minister of Education and Another v Syfrets Trust Ltd NO and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...granted. I 2006 (4) SA p209 Cases Considered Annotations Reported cases A Southern African cases Afrox Healthcare Bpk v Strydom 2002 (6) SA 21 (SCA): compared and dictum in para [18] applied Aronson v Estate Hart and Others 1950 (1) SA 539 (A): compared B Braun v Blann and Botha NNO and Ano......
  • Human Dignity in Comparative Perspective
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , September 2019
    • 16 August 2019
    ...which transcends national bounda ries, yet resonates closely 157 Minister of Home Affa irs v Watchenuka 2004 4 SA 326 (SCA), 2004 2 BCLR 120 (SCA) paras 27, 32 The respondent s, who were asylum seekers, could not rely directly on s 22, which reserves the right to freedo m of occupation to S......
  • Request a trial to view additional results
97 cases

  • Barkhuizen v Napier
    • South Africa
    • Invalid date
    ...cases Administrator, Transvaal, and Others v Traub and Others 1989 (4) SA 731 (A): referred to D Afrox Healthcare Bpk v Strydom 2002 (6) SA 21 (SCA) ([2002] 4 All SA 125): referred Alexkor Ltd and Another v The Richtersveld Community and Others 2004 (5) SA 460 (CC) (2003 (12) BCLR 1301): di......
  • Request a trial to view additional results
57 books & journal articles
  • Human Dignity in Comparative Perspective
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , September 2019
    • 16 August 2019
    ...which transcends national bounda ries, yet resonates closely 157 Minister of Home Affa irs v Watchenuka 2004 4 SA 326 (SCA), 2004 2 BCLR 120 (SCA) paras 27, 32 The respondent s, who were asylum seekers, could not rely directly on s 22, which reserves the right to freedo m of occupation to S......
  • The Development of a Basic Approach for the Constitutionalisation of our Common Law of Contract
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...LR 50-73; Woolman (2007) SALJ 762-794; see also Br isley v Drots ky 2002 4 SA 1 (SCA) paras 8 8-95; Afrox Healthcare Bpk v S trydom 2002 6 SA 21 (SCA) paras 8, 14-24, 32; Johann esburg Country Clu b v Stott 2004 5 SA 511 (SCA) para 12; South African For estry Co Ltd v York Timbe rs 2005 3 S......
  • 'What's past is prologue': An historical overview of judicial review in South Africa – part 1
    • South Africa
    • Juta Fundamina No. , January 2021
    • 17 January 2021
    ...was Justinian’s 4 Brickhill 2010; Devenish 2007; Kotzé 1917; Kovalsky 1935; McGregor 1946; Wallis 2018; Afrox Healthcare Bpk v Strydom 2002 (6) SA 21 (SCA) paras 26–30; Department of Transport v Tasima (Pty) Ltd 2017 (2) SA 622 (CC) para 221 ff; Genesis Medical Aid Scheme v Registrar, Medic......
  • Ensuring Contractual Fairness in Consumer Contracts after Barkhuizen v Napier 2007 5 SA 323 (CC) – part 1
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...30.31 See text before n 17 above.32 Paras 24-27.33 Para 26.34 Paras 28-30, 36.35 Para 30.36 See also Af rox Healthcare Bpk v Stry dom 2002 6 SA 21 (SCA) para 27; Pharmace utical Manufa cturers Associatio n of SA: In re Ex parte President of the Republic of South Afric a 2000 2 SA 674 (CC) p......
  • Request a trial to view additional results
154 provisions
  • S v Thebus and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...such that his guilt had been proved beyond a reasonable doubt. Annotations: Cases cited Reported cases Afrox Healthcare Bpk v Strydom 2002 (6) SA 21 (SCA): referred Amod v Multilateral Motor Vehicle Accidents Fund 1998 (4) SA 753 (CC) (1998 (10) BCLR 1207): dictum in para [22] applied F Ave......
  • Minister of Education and Another v Syfrets Trust Ltd NO and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...granted. I 2006 (4) SA p209 Cases Considered Annotations Reported cases A Southern African cases Afrox Healthcare Bpk v Strydom 2002 (6) SA 21 (SCA): compared and dictum in para [18] applied Aronson v Estate Hart and Others 1950 (1) SA 539 (A): compared B Braun v Blann and Botha NNO and Ano......
  • S v Thebus and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SACR 566 confirmed on appeal but certain reasons varied. B Cases Considered Annotations Reported cases Afrox Healthcare Bpk v Strydom 2002 (6) SA 21 (SCA): referred Amod v Multilateral Motor Vehicle Accidents Fund 1998 (4) SA 753 (CC) (1998 (10) BCLR 1207): dictum in para [22] applied Averi......
  • Human Dignity in Comparative Perspective
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , September 2019
    • 16 August 2019
    ...which transcends national bounda ries, yet resonates closely 157 Minister of Home Affa irs v Watchenuka 2004 4 SA 326 (SCA), 2004 2 BCLR 120 (SCA) paras 27, 32 The respondent s, who were asylum seekers, could not rely directly on s 22, which reserves the right to freedo m of occupation to S......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT