Absa Bank v De Klerk

JurisdictionSouth Africa
JudgeKruger R
Judgment Date01 March 2007
Docket Number4203/2005
CourtOrange Free State Provincial Division
Hearing Date20 February 2007
Citation2007 JDR 0779 (O)

Kruger R:

[1]

Hierdie uitspraak handel met 'n spesiale pleit van verjaring en die repliek daarop. Ingevolge Reël 33(4) is gelas dat dit die enigste huidige geskilpunt is. Geen getuienis is gelei nie. By die voor-verhoor konferensie het die partye soos volg ooreengekom:

"6.

Die partye kom ooreen op die volgende feite vir doeleindes van beregting van voormelde geskilpunt:

2007 JDR 0779 p2

Kruger R

6.1

Dat Verweerder haar op 8 Maart 1982 teenoor Eiser as borg verbind het vir die verpligtinge van SEPTIMUS DE KLERK BOERDERY (EDMS) BPK soos meer volledig blyk uit aanhangsel "A" tot Verweerder se verweerskrif.

6.2

Dat gemelde borgakte behoorlik verly en die inhoud daarvan eg, korrek en waar is.

6.3

Dat Verweerder 'n prokurasie op 23 Desember 1993 onderteken het met inhoud soos vervat in verbandakte nommer 1613/1993 soos meer volledig blyk uit aanhangsel "A" tot Eiser se besonderhede van vordering.

6.4

Dat gemelde verbandakte behoorlik verly en op 9 Februarie 1993 registreer is en die inhoud van gemelde verbandakte eg, korrek en waar is.

6.5

Dat SEPTIMUS DE KLERK BOERDERY (EDMS) BPK op 20 Maart 1998 likwideer is.

6.6

Dat Eiser nie 'n eis teen die boedel van die betrokke maatskappy in Iikwidasie bewys het nie.

6.7

Dat Eiser in saaknommer 734/2003 vir dieselfde bedrag 'n saak teen Verweerder ingestel het, maar die saak teruggetrek het.

6.8

Dat Eiser se huidige dagvaarding in saaknommer 4203/2005 met skuldoorsaak soos uiteengesit in Eiser se besonderhede van vordering op 22 November 2005 op Verweerderes beteken is.

6.9

[Deurgehaal]

2007 JDR 0779 p3

Kruger R

6.10

Dat Verweerder van oordeel is dat Eiser se eis binne drie jaar vanaf 20 Maart 1998 verjaar het en is Eiser se standpunt dat die toepaslike verjaringstermyn dertig jaar is."

[3]

In sy Besonderhede van Eis beweer eiser dat verweerderes 'n verbandakte gepasseer het oor 'n plaas "as sekuriteit vir geld geleen en voorgeskiet aan eiser deur verweerderes". Hierdie klaarblyklik verkeerde bewering word deur verweerderes in haar verweerskrif erken. Eiser se bewering dat sy R144 112,14 aan eiser verskuldig is in terme van die verbandakte word in die verweerskrif ontken en verweerderes herhaal haar bewerings in die spesiale pleit met betrekking tot die likwidasie van die maatskappy.

[4]

In die spesiale pleit sê verweerderes:

"1.

1.1

Eiser se eis teen verweerderes spruit voort uit 'n borgakte gedateer 8 Maart 1982 waarkragtens verweerderes haar as borg teenoor Eiser verbind het vir die behoorlike nakoming van Septimus De Klerk Boerdery (EDMS) BPK

2007 JDR 0779 p4

Kruger R

se verpligtinge teenoor Eiser. 'n Afskrif van die borgakte word hierby aangeheg as aanhangsel "A";

1.2

Septimus De Klerk Boerdery (EDMS) BPK is gelikwideer op 20 Maart 1998.

1.3

Eiser het op geen stadium enige eis teen die boedel van die betrokke maatskappy bewys nie.

1.4

Sedert die Iikwidasiedatum en datum van dagvaarding hierin het eiser onder saaknommer 734/2003 dieselfde bedrag van verweerderes gevorder maar die saak teruggetrek;

1.5

Eiser se dagvaarding in hierdie aksie is beteken op verweerderes meer as drie jaar vanaf datum waarop die eis ontstaan het;

1.6

In die vooropstelling het eiser se eis verjaar soos bedoel in Artikel 11 van Wet 68 van 1969."

[5]

In sy repliek beweer eiser:

"AD PARAGRAAF 1 DAARVAN:

1.1

Eiser pleit dat Eiser se eis voortspruit en baseer is op 'n skriftelike erkenning van aanspreeklikheid van...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT