Absa Bank Bpk v Coetzee

JurisdictionSouth Africa
JudgeEksteen AR
Judgment Date26 September 1997
Docket Number317/96
Hearing Date22 August 1997
CourtAppellate Division

Eksteen AR:

Die respondent ("Coetzee") en sy gewese wou het gedurende 1990 en vir 'n aantal jare voor dit, afsonderlike bankrekeninge by die Arcadia-tak van Volkskas Bank gehad. Hulle was geskei en mev Coetzee het blykbaar die beheer en toesig oor die minderjarige kinders gebore uit die huwelik gehad. Een van die bepalinge van die akte van dading was dat Coetzee 'n Diners Club kredietkaart in sy naam sou bekom, maar dit aan mev Coetzee sou gee vir haar uitsluitlike gebruik. Die doel hiermee was dat sy dit sou gebruik vir "noodsaaklike aankope, sou sy geld nodig gehad het vir die kinders." Diners Club moes dan die maandelikse rekeningstate aan haar, by haar adres stuur, en sy moes die verskuldigde bedrae vereffen.

Alles het skynbaar goed verloop en Coetzee het geen rede

1997 JDR 0702 p3

Eksteen AR

gehad om te kla oor die manier waarop sy vrou die kaart gebruik het nie. Op 14 Desember 1990, egter, is 'n tjek van R18 000 deur Diners Club aan Coetzee as begunstigde uitgemaak, en òf regstreeks aan mev Coetzee gegee òf na haar adres gestuur. Daar sy die tjek op dieselfde dag, nl 14 Desember 1990, in haar bankrekening inbetaal het, blyk eersgenoemde moontlikheid die mees waarskynlike te wees. Hoe dit gekom het dat Diners Club so 'n tjek uitgemaak het blyk nie uit die getuienis nie. Coetzee kon geen verduideliking hiervoor bied nie.

Die tjek is uitgemaak aan "mnr C O Coetzee", gekruis en gemerk "nie verhandelbaar nie: Rek. begunstigde alleenlik". Agterop verskyn daar 'n endossement wat aanvaar word "C O Coetzee" is. Coetzee ontken dat dit sy handtekening is, en hy ontken ook dat hy ooit die tjek geëndoseer het. Daarna is die tjek

1997 JDR 0702 p4

Eksteen AR

by die Arcadia-tak van Volkskas Bank aangebied vir betaling en die bedrag van R18 000 is in die rekening van mev Coetzee betaal. Coetzee was geheel en al onbewus van die bestaan van hierdie tjek asook van die inbetaling van die bedrag in mev Coetzee se rekening totdat Diners Club hom gedurende Januarie of Februarie 1991 gebel het en verwittig het dat sy rekening by hulle nie betaal is nie. By verdere navraag het hy te wete gekom van die transaksie. Mev Coetzee is intussen insolvent verklaar en gesekwestreer. Gevolglik kon sy nie vir Diners Club betaal nie en kon Coetzee ook niks van haar verhaal nie. Hy was verplig om die hele verskuldige bedrag plus rente aan Diners Club te betaal.

Met ingang 1 Augustus 1992 het appellant ingevolge die bepalinge van Artikel 54 van die Bankwet 94 van 1990 al die bases, laste, regte en verpligtinge van Volkskas Bank oorgeneem.

1997 JDR 0702 p5

Eksteen AR

Op 3 Augustus 1993 het Coetzee dagvaarding in die landdroshof vir die distrik van Pretoria teen appellant uitgereik waarin hy betaling van die...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT