Absa Bank Bpk h/a Volkskas Bank v Retief

JurisdictionSouth Africa

Absa Bank Bpk h/a Volkskas Bank v Retief
1999 (3) SA 322 (NC)

1999 (3) SA p322


Citation

1999 (3) SA 322 (NC)

Case No

1273/94

Court

Noord-Kaapse Afdeling

Judge

Buys R

Heard

August 11, 1998

Judgment

October 2, 1998

Counsel

J Olivier namens die eiser
C Botha namens die respondent

Flynote : Sleutelwoorde

Bankier — Verhouding tussen bankier en kliënt — Oortrokke rekening — Rente op — Hof kan geregtelik kennis neem van feit dat banke rente hef op oortrokke rekenings — Bestaan van beslissings van ander Howe tot dien effekte nie voorvereiste vir sodanige kennisname nie — Algemene kennis dat geldleners rente C hef op bedrag van geleende geld — Bank egter nie geregtig om rente te hef in afwesigheid van ooreenkoms rakende rente nie.

Bankier — Verhouding tussen bankier en kliënt — Oortrokke rekening — Rente op — Handelsgebruik by banke waarvolgens amptenare van banke in eie diskresie koers bepaal waarteen rente op oortrokke rekening gehef word — Sodanige gebruik D nie so universeel, eenvormig, welbekend en seker dat Hof geregtelik daarvan kan kennis neem nie.

Bankier — Verhouding tussen bankier en kliënt — Aard van — Kontraktuele verhouding — Kliënt nie mero motu in afwesigheid van enige vorm van ooreenkoms gebonde aan handelspraktyke van bank nie — As kliënt van fasiliteite van bank gebruik maak is daar ooreenkoms tussen hulle — Gebondenheid van kliënt E aan handelsgebruike van bank vloei voort uit ooreenkoms tussen hulle — Ooreenkoms sowel as terme daarvan hoef nie uitdruklik te wees nie maar kan stilswyend of inbegrepe wees — Voordat bank kan steun op handelspraktyk moet bank handelspraktyk bewys — Bank moet vervolgens bewys dat dit inbegrepe term van kontrak was dat kliënt aan handelsgebruik gebonde is. F

Getuienis — Geregtelike kennis van — Van handelsgebruike — Voordat Hof geregtelik kennis kan neem van handelsgebruik moet eers vasgestel word dat gebruik voldoen aan vereistes vir bestaan van handelspraktyk — Handelsgebruik bestaan waar dit blyk dat gebruik universeel en eenvormig in betrokke handelsfeer nagekom word, dat dit lank-bestaande, welbekend, redelik en seker is, en dat dit nie bots met G positiewe reg nie — Hof kan slegs van praktyk kennis neem as dit so welbekend is dat getuienis oor bestaan en inhoud daarvan oorbodig sou wees.

Headnote : Kopnota

In 'n aansoek tydens 'n aksie vir die betaling van rente verskuldig op 'n oortrokke rekening, moes daar beslis word of die Hof geregtelik kennis kon H neem van die bestaan van sekere handelsgebruike by handelsbanke soos bevind in die uitsprake van ander Howe. Die handelsgebruike wat ter sprake was was dat banke, in die afwesigheid van 'n ooreenkoms, geregtig was om onder meer (1) rente te hef op 'n oortrokke bankrekening, en (2) sodanige rentekoerse in eie diskresie te bepaal en van tyd tot tyd aan te pas. Die eiser het aangevoer dat die Hof moes kennis neem van sodanige bankpraktyke op grond van 'n vorige I beslissing in dieselfde Afdeling, waarin getuienis omtrent die bestaan van sodanige praktyke voorgelê is.

Beslis, dat daar geen basis was waarop 'n hof, in die afwesigheid van 'n bevinding van 'n ander hof, geregtelik kon kennis neem van getuienis in daardie hof oor die bestaan van 'n bankpraktyk nie. 'n Hof het bevindings gemaak ten opsigte van getuienis wat hy self aanhoor, nie ten opsigte van getuienis wat in 'n ander hofsaak gelewer is nie. (Op 331C - C/D.) J

1999 (3) SA p323

Beslis, verder, dat 'n hof geregtelik kon kennis neem van die A bestaan van 'n feit waar die feit so welbekend of so onmiddellik en akkuraat vasstelbaar was dat dit onsinnig sou wees om van die partye te vereis dat hulle getuienis daaromtrent moes voorlê. (Op 332F - G.)

Beslis, verder, dat die Hof geregtelik kennis kon neem van die feit dat banke rente hef op oortrokke rekenings: vir sodanige kennisname was die bestaan van beslissings van ander Howe tot dien effekte nie 'n voorvereiste B nie. Dit was algemene kennis dat geldleners rente hef op die bedrag van die geleende geld. (Op 332G/H - H en 332B/C - C.)

Beslis, verder, wat betref handelsgebruike in die algemeen, dat waar 'n Regter keer op keer getuienis van 'n handelsgebruik aangehoor het en beslis het dat so 'n handelsgebruik bestaan, hy geregtelik kennis kon neem van so 'n handelsgebruik, onderworpe daaraan dat sodanige handelsgebruik voldoen aan die C vereistes gestel vir die bestaan van 'n handelsgebruik. (Op 333J - 334B.)

Beslis, verder, dat 'n handelsgebruik bestaan het waar dit geblyk het dat die gebruik universeel en eenvormig in die betrokke handelsfeer nagekom is, dat dit lank-bestaande, welbekend, redelik en seker was, en dat dit nie D gebots het met positiewe reg of met die duidelike bepalings van die kontrak nie. (Op 334B - C.)

Beslis, verder, dat eers as 'n handelspraktyk voldoen het aan die vereistes hierbo genoem kon daar oorweeg word of die hof geregtelik kennis daarvan kon neem. 'n Hof kon slegs van die praktyk kennis neem as dit so welbekend was dat getuienis omtrent die bestaan en inhoud daarvan oorbodig sou E wees. 'n Uitspraak van 'n hof ten opsigte van die bestaan van 'n handelsgebruik het nie in 'n spesiale kategorie geval nie. Die blote feit dat 'n hof bevind het dat 'n handelspraktyk bestaan het nie 'n ander hof gebind nie. Die beginsel van stare decisis het nie by feitebevindings gegeld nie. Geregtelike kennisname kon by wyse van twee moontlikhede geskied: (1) Die hof wat die bevinding gemaak het ten opsigte van die bestaan van die handelsgebruik kon al so dikwels getuienis ten opsigte daarvan aangehoor dat hy F sonder getuienis kennis kon neem van die gebruik. Daardie vorm van geregtelike kennisname het nie die eiser in die onderhawige saak gehelp nie. (2) Die hof kon getuienis aanhoor en bevind dat daar so 'n handelsgebruik bestaan. 'n Ander hof, soos byvoorbeeld ook 'n Hof van appèl, kon slegs geregtelik kennis neem van die beslissing van die eerste hof ten opsigte van die bestaan van die handelsgebruik as die gebruik so welbekend was dat die ander Hof ook van G die handelsgebruik geweet het en kennis daarvan kon neem. (Op 337D - G/H.)

Beslis, verder, dat die Hof nie uit eie ondervinding geweet het dat die amptenare van banke in eie diskresie die koers kon bepaal waarteen rente op 'n oortrokke rekening gehef word nie. Die Hof het nie geweet dat dit universeel en eenvormig was by alle banke nie, dat dit welbekend, redelik en seker was en nie gebots het met die positiewe reg nie. Die Hof het nie geweet of die H geldigheid van die handelspraktyk by oortrokke rekenings al ooit deur 'n Hof beslis is nie. Die bogenoemde handelsgebruik was dus nie so welbekend dat die Hof geregtelik daarvan kon kennis neem nie. (Op 337H/I - I/J, 338B/C - C en D.)

Beslis, verder, dat hoewel die Hof bevind het dat daar 'n handelsgebruik was dat banke rente kon hef op die verskuldigde balans van 'n I oortrokke rekening, was 'n bank nie geregtig om rente te hef in die afwesigheid van 'n ooreenkoms rakende die rente nie. (Op 338E/F - F.)

Beslis, verder, dat geen kliënt by 'n bank, mero motu en in die afwesigheid van enige vorm van ooreenkoms, gebonde was aan die handelspraktyke van 'n bank nie. As 'n kliënt van die fasiliteite van 'n bank gebruik gemaak het was daar 'n ooreenkoms tussen hulle. Die gebondenheid van 'n kliënt aan die J

1999 (3) SA p324

handelsgebruike van 'n bank het voortgevloei uit die ooreenkoms tussen die bank A en sy kliënt. Dit kon op geen ander manier as by ooreenkoms ontstaan nie. Die ooreenkoms, of die terme daarvan, hoef natuurlik nie uitdruklik te wees nie, maar kon stilswyend of inbegrepe (implisiet) wees. (Op 339A/B - C/D.)

Beslis, verder, dat 'n bank sou moes bewys dat daar 'n kontrak bestaan het tussen hom en sy kliënt ingevolge waarvan die kliënt oortrokke B fasiliteite by die bank gehad het. Voordat die bank kon steun op 'n handelspraktyk, moes die bank daardie handelspraktyk bewys. Die bank moes vervolgens bewys dat dit 'n inbegrepe ('implied') term van die kontrak was dat die kliënt aan die handelsgebruik gebonde was. (Op 340D - E.) Aansoek gevolglik afgewys.

Flynote : Sleutelwoorde

Banker — Relationship between banker and client — Overdrawn C account — Interest on — Court can take judicial notice of fact that banks charge interest on overdrawn account — Existence of decisions of other Courts to such effect not prerequisite for such notice — Bank not entitled, however, to charge interest in absence of agreement regarding such interest.

Banker — Relationship between banker and client — Overdrawn account — Interest D on — Trade usage by banks according to which officials of banks at their own discretion determine rate at which interest charged on overdrawn accounts — Such usage not so universal, uniform, notorious and certain that Court can take judicial notice thereof.

Banker — Relationship between banker and client — Nature of — Contractual E relationship — Client not bound mero motu, in absence of any form of agreement, by trade usages of bank — If client making use of facilities of bank, agreement existing between them — Client bound by trade usages of bank on basis of agreement between them — Agreement, or terms thereof, not having to be express, but can be tacit or implied — Before bank can rely on trade usage, having to prove usage — Bank thereupon to prove that implied term of agreement F that client bound by trade usage.

Evidence — Judicial notice — Of trade usage — Before Court can take judicial notice of trade usage, it first has to be ascertained whether usage complying with requirements for existence of trade usage — Trade usage existing where apparent that usage universally and uniformly observed within particular trade concerned, is long-established, notorious, reasonable and certain, and not conflicting with G positive law — Court can only take notice of usage if it is so notorious that...

To continue reading

Request your trial
1 practice notes
  • The South African Banking Adjudicator — A Brief Overview
    • South Africa
    • Juta South Africa Mercantile Law Journal No. , September 2019
    • 3 September 2019
    ...of the Northern Cape High Court. In ABSA Bank Bpk v Saunders (1997 (2) SA 192 (NC)) and ABSA Bank h/a Volkskas Bank v Retief (1999 (3) SA 322 (NC)) the Court listed, without any discussion, the requirements of a trade usage in the banking sphere. In both these cases the Court referred with ......
1 books & journal articles
  • The South African Banking Adjudicator — A Brief Overview
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , September 2019
    • 3 September 2019
    ...of the Northern Cape High Court. In ABSA Bank Bpk v Saunders (1997 (2) SA 192 (NC)) and ABSA Bank h/a Volkskas Bank v Retief (1999 (3) SA 322 (NC)) the Court listed, without any discussion, the requirements of a trade usage in the banking sphere. In both these cases the Court referred with ......
1 provisions
  • The South African Banking Adjudicator — A Brief Overview
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , September 2019
    • 3 September 2019
    ...of the Northern Cape High Court. In ABSA Bank Bpk v Saunders (1997 (2) SA 192 (NC)) and ABSA Bank h/a Volkskas Bank v Retief (1999 (3) SA 322 (NC)) the Court listed, without any discussion, the requirements of a trade usage in the banking sphere. In both these cases the Court referred with ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT