Ongevallekommissaris v Santam Bpk

JurisdictionSouth Africa
JudgeHefer AR, Smalberger AR, Schutz AR, Plewman AR, Melunksy Wn AR
Judgment Date29 September 1998
Citation1999 (1) SA 251 (SCA)
Docket Number423/96
Hearing Date18 September 1998
CounselWH Olivier vir die appellant AF Jordaan vir die respondent
CourtSupreme Court of Appeal

Hefer AR:

Suid-Afrikaanse Howe pas reeds langer as 'n eeu die beginsel toe dat die moontlikheid van 'n weduwee se hertroue in ag geneem word by die bepaling van haar skadevergoeding weens die onregmatige dood C van haar man. In Constantia Versekeringsmaatskappy Bpk v Victor NO 1986 (1) SA 601 (A) op 616A--B is aangedui dat dieselfde beginsel toegepas word indien sy ten tye van die verhoor reeds weer getroud is. In die huidige appèl moet oorweeg word of die tyd nie ryp is vir 'n nuwe benadering nie. D

Die punt het ter sprake gekom in 'n eis wat die appellant ('die Kommissaris') in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling teen die respondent ('Santam') ingestel het onder art 8(1)(b) van die Ongevallewet 30 van 1941, soos gewysig. Hierdie bepaling magtig die Kommissaris om skadeloosstelling wat hy verplig is om aan 'n werksman of E sy afhanklikes te betaal, te verhaal van iemand ander dan die werkgewer - 'n sogenaamde derde party - wat regtens aanspreeklik is om skadevergoeding ten opsigte van die ongeval aan die werksman of sy afhanklikes te betaal. Volgens 'n voorbehoudsbepaling tot art 8(1)(b) mag die verhaalbare bedrag egter nie die bedrag oorskry wat, volgens die oordeel van die Hof, aan die werksman of sy afhanklikes toegeken sou gewees het indien die Wet F nie bestaan het nie. Die partye was dit eens dat Santam as derde party teenoor die Kommissaris aanspreeklik is vir skadeloosstelling wat laasgenoemde moet betaal aan die weduwee van 'n werksman wat in 'n motorbotsing gedood is. Die weduwee was reeds weer getroud en, omdat hulle verskil het oor die effek van haar hertroue by G die toepassing van die voorbehoudsbepaling, het hulle twee vrae aan die Hof a quo voorgelê by wyse van gestelde saak onder Reël 33 van die Eenvormige Hofreëls, naamlik:

'(a)

Verval die weduwee se gemeenregtelike aanspraak op skadevergoeding vir onderhoudsverlies, teen die nalatige doodsveroorsaker van haar oorlede eggenoot, by haar hertroue? H

(b)

Het 'n positiewe antwoord op (a) die effek en regswerking dat die eiser se vordering/verhaalsreg teen verweerder ingevolge art 8(1)(b) van die Wet, insgelyks en dienooreenkomstig beperk word?'

In 'n uitspraak gerapporteer as Ongevallekommissaris v Santam Bpk [1996] 2 B All SA 649 (O) het Lombard R I beide vrae bevestigend beantwoord en later verlof aan die Kommissaris verleen om na hierdie Hof te appelleer.

Dit blyk uit die uitspraak dat die geleerde Regter die eerste vraag aan die hand van die heersende reg beslis het omdat hy nie bereid was om 'n nuwe rigting in te slaan en die weduwee se hertroue buite rekening te laat J

Hefer AR

soos deur die Kommissaris versoek nie. Soos reeds aangedui, is die versoek in hierdie Hof herhaal. Of daaraan A gehoor gegee moet word, kan eers besluit word nadat vasgestel is hoe die huidige beginsel toegepas moet word in die geval van 'n weduwee wat reeds weer getroud is.

Ek sê dit omdat dit die eerste maal is wat hierdie Hof met so 'n geval te doen kry. Hoewel in uitsprake van B Provinsiale Howe sedert 1886, en van hierdie Hof sedert Hulley v Cox 1923 AD 234, herhaaldelik voorsiening gemaak is vir die moontlikheid van 'n tweede huwelik, was Glass v Santam Insurance Ltd and Another 1992 (1) SA 901 (W), sover bekend, die enigste Suid-Afrikaanse geval van 'n weduwee wat reeds weer getroud was. C In daardie saak het Flemming ARP beslis dat getuienis oor die verdienvermoë van die tweede eggenoot wat daarop gemik was om te bewys dat die weduwee geldelik slegter daaraan toe was as vantevore, nie ter sake was nie. Op 905B--C het die geleerde Regter te kenne gegee dat 'remarriage marks the end of the period of calculation of loss' - met ander woorde, dat die tydperk na haar hertroue buite rekening gelaat word by die D bepaling van die weduwee se vergoeding, asof sy vanaf datum daarvan geen verdere skade ly nie. Lombard R se positiewe antwoord op die eerste vraag in die onderhawige geval is hoofsaaklik op dieselfde redenasie gegrond. Indien dit die korrekte beskouing is, is sy antwoord ook korrek; indien nie, is dit verkeerd.

Myns insiens behels die opvatting 'n volkome miskenning van die aard en doel van die aksie wat aan afhanklikes E verleen word weens die dood van 'n broodwinner. Dit is algemeen bekend dat die Howe so 'n aksie as 'n uitbreiding van die lex Aquilia beskou, wat gerig is op die verhaal van materiële skade, deur die afhanklikes geldelik in die posisie te plaas waarin hulle sou gewees het indien die broodwinner nie gesterf het nie (Union F Government (Minister of Railways and Harbours) v Warneke 1911 AD 657 op 664--5; Legal Insurance Company Ltd v Botes 1963 (1) SA 608 (A) op 614B--F). Natuurlik moet toegesien word dat hulle nie oorgekompenseer word nie. Daarom word voordele wat hulle toegeval het, in berekening gebring in die vergelyking van hulle posisie voor en na die broodwinner se dood. In die geval van 'n weduwee word haar G hertroue, of die moontlikheid daarvan, as 'n verrekenbare voordeel beskou. Soos Innes HR dit gestel het in Hulley v Cox (supra op 244),

'. . . the object being to compensate them (die afhanklikes) for material loss, not to improve their material prospects, it follows that allowance must be made for such factors as the possibility of re-marriage'. H

'n Tweede huwelik herstel egter vanselfsprekend nie noodwendig 'n weduwee se vorige geldelike posisie nie. Dit mag byvoorbeeld wees dat die tweede eggenoot 'n kleiner inkomste het as wat die eerste een gehad het, of dat hy nie dieselfde verdienvermoë het nie, of dat hy meer kinders van sy eie het wat van sy onderhoud afhanklik is en in sy verdienste deel, of dat hy ouer is en haar waarskynlik nie so lank sal onderhou as die eerste eggenoot nie. Word I enige van hierdie gebeurlikhede bewaarheid, sal die weduwee slegter daaraan toe wees as wat sy gedurende haar eerste huwelik was en, indien dit nie in berekening gebring word nie, word sy nie ten volle vergoed nie. (Kyk Corbett en Gauntlett The Quantum of Damages 4de uitg (1995) op 71 n 126; Davel Skadevergoeding aan Afhanklikes op...

To continue reading

Request your trial
7 practice notes
  • Du Plessis v Road Accident Fund
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Co Ltd 1996 (3) SA 36 (C) at 40 Nkabinde v SA Motor & General Insurance Co Ltd 1961 (1) SA 302 (D) Ongevallekommissaris v Santam Bpk 1999 (1) SA 251 (SCA) at 259 D Pearl Assurance Co v Union Government 1934 AD 560 (PC) Pentz v Gross 1996 (2) SA 518 (C) Re Kane and Attorney General for Ontar......
  • Thompson v Scholtz
    • South Africa
    • Invalid date
    ...from 1 May 1992 to 17 September 1992); (b) defendant is granted judgment on his first claim in reconvention in the amount of R1 129; J 1999 (1) SA p251 Nienaber (c) plaintiff is granted judgment on defendant's second and third claims in reconvention; A (d) defendant is granted judgment on h......
  • Duty to Support and the Dependant's Claim: The Struggle of Women Married in Terms of Customary and Muslim Law
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...worse off than the deceased, is irrelevant. Thecorrectness of this approach was investigated in Ongevallekommissaris v Santam Bpk 1999 1 SA 251(A). If the action for loss of support is heard before she remarries, the chances of her remarrying arefactored into the calculation of the amount c......
  • Road Accident Fund v Cloete NO and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Corporation of South Africa Ltd ('Perskor') J 1992 (4) SA 791 (A): referred to 2010 (6) SA p121 Ongevallekommissaris v Santam Bpk 1999 (1) SA 251 (SCA): referred to A Standard General Insurance Company Ltd v Dugmore NO 1997 (1) SA 33 (A): Telcordia Technologies Inc v Telkom SA Ltd 2007 (3) ......
  • Request a trial to view additional results
6 cases
  • Du Plessis v Road Accident Fund
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Co Ltd 1996 (3) SA 36 (C) at 40 Nkabinde v SA Motor & General Insurance Co Ltd 1961 (1) SA 302 (D) Ongevallekommissaris v Santam Bpk 1999 (1) SA 251 (SCA) at 259 D Pearl Assurance Co v Union Government 1934 AD 560 (PC) Pentz v Gross 1996 (2) SA 518 (C) Re Kane and Attorney General for Ontar......
  • Thompson v Scholtz
    • South Africa
    • Invalid date
    ...from 1 May 1992 to 17 September 1992); (b) defendant is granted judgment on his first claim in reconvention in the amount of R1 129; J 1999 (1) SA p251 Nienaber (c) plaintiff is granted judgment on defendant's second and third claims in reconvention; A (d) defendant is granted judgment on h......
  • Road Accident Fund v Cloete NO and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Corporation of South Africa Ltd ('Perskor') J 1992 (4) SA 791 (A): referred to 2010 (6) SA p121 Ongevallekommissaris v Santam Bpk 1999 (1) SA 251 (SCA): referred to A Standard General Insurance Company Ltd v Dugmore NO 1997 (1) SA 33 (A): Telcordia Technologies Inc v Telkom SA Ltd 2007 (3) ......
  • Road Accident Fund v Cloete NO and Others
    • South Africa
    • Supreme Court of Appeal
    • 29 September 2009
    ...approval, including by this court: see Van Wyk v Santam Bpk 1998 (4) SA 731 (C) at 737C - 738G; Ongevallekommissaris v Santam Bpk 1999 (1) SA 251 (SCA) at 261H; D'Ambrosi v Bane and Others 2006 (5) SA 121 (C) paras 27 - [27] The arbitrator, it may be noted, was eminently qualified to deal w......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT