General Accident Insurance Co SA Ltd v Summers; Southern Versekeringsassosiasie Bpk v Carstens NO; General Accident Insurance Co SA Ltd v Nhlumayo

JurisdictionSouth Africa
JudgeRabie Wn HR, Jansen AR, Viljoen AR, Hoexter AR en Botha AR
Judgment Date02 June 1987
Citation1987 (3) SA 577 (A)
CourtAppellate Division

Rabie Wn HR:

In hierdie uitspraak word drie appèlle behandel. Die uitsprake waarteen geappelleer word, is gerapporteer: kyk (1) Summers v General Accident Insurance Co South Africa Ltd 1985 (3) SA 418 (K); (2) Carstens NO v Southern Insurance H Association Ltd 1985 (3) SA 1010 (K) en (3) Nhlumayo v General Accident Insurance Co of SA Ltd 1986 (3) SA 859 (D). Die appellant in elk van die drie sake is 'n bevoegde versekeraar ingevolge die bepalings van die Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering 56 van 1972, en die appèl in elk van die gevalle is gerig teen die bedrag wat die betrokke appellant deur die Verhoorhof gelas is om as skadevergoeding aan die I eiser in die saak te betaal. Volgens die appellante se betoë het al drie die Verhoorhowe dieselfde foutiewe metode, of benadering, gevolg toe hulle die bedrag van skadevergoeding moes bepaal en het hulle as gevolg daarvan 'n te hoë bedrag vasgestel. Dieselfde vrae duik in die drie gevalle op en die J appelle kan gerieflik saam behandel word.

Rabie Wn HR

A Ek gee hieronder eers 'n kort uiteensetting van die belangrikste feite van die sake en van die getuienis wat die partye in verband met die vraag van die berekening van skadevergoeding voorgelê het. Daarna bespreek ek die vraag of die Kowe by die berekening van skadevergoeding 'n verkeerde metode gevolg het.

B In die Summers -saak was die feite soos volg. Die aksie is ingestel deur Naomi Gloria Summers, die moeder en natuurlike voog van Tracy Lee Martin (hierna 'Tracy' genoem), wat op 10 Augustus 1976 gebore is. Haar vader was Paul Jonathan Martin, wat op 5 September 1982 gedood is in 'n botsing tussen 'n motorfiets waarop hy gery het en 'n motorkar wat die verweerder-maatskappy (nou die appellant) ingevolge die C bepalings van die bogemelde Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering verseker was. Die Verhoorhof het bevind dat die bestuurder van die motorkar vir die botsing verantwoordelik was en hierdie bevinding is nie op appèl aangeveg nie. Martin, wat nie met Tracy se moeder getroud was nie, was 28 jaar oud toe hy gedood is. Hy het ten tyde van sy D dood ongeveer R450 per maand verdien en dit was gemene saak dat hy in daardie tyd elke maand R45 tot die onderhoud van Tracy bygedra het en dat hy sou voortgaan om dit te doen as hy nie gedood is nie.

Tracy se moeder het op 8 Februarie 1984 'n aksie ingestel waarin sy R7 052,67 weens die verlies aan onderhoud wat Tracy E as gevolg van haar vader se dood gely het, van die appellant geëis het.

By die verhoor het mnr H W Beets, 'n aktuaris van Kaapstad, ten behoewe van die eiseres getuig. Hy het die skade wat Tracy gely het soos volg bereken. Hy het aangevoer dat Tracy se vader ten tyde van sy dood R45 per maand tot haar onderhoud bygedra het en dat daardie bedrag elke jaar daarna, tot op Tracy se 18de F verjaardag (wanneer sy selfstandig sou word), groter sou geword het - net soos Martin se salaris - om met die inflasiekoers tred te hou. Daarna het hy die maandelikse bedrae wat Martin gedurende die tydperk 5 September 1982 (die datum van Martin se dood) en 1 April 1985 (wat byna met die datum van die verhoor - 20 Maart 1985 - saamval) aan onderhoud sou G betaal het, bymekaar getel. Die totaal was R1 597. Wat Tracy se verlies ná 1 April 1985 betref, het Beets eers uitgewerk wat Martin vanaf daardie datum tot op Tracy se 18de verjaardag by wyse van maandelikse betalings aan haar onderhoud sou bestee het en toe het hy deur 'n verdiskonteringsproses die waarde van al daardie betalings, soos op 1 April 1985 bereken, bepaal. Die H bedrag wat aldus bepaal is, was R6 330. Daarna het Beets die totaal van die bedrae R1 597 en R6 330, dws R7 927, met die oog op gebeurlikhede ('contingencies') wat daartoe kon bygedra het om die bedrae te verminder, met 5% verminder. Dit het hom toe 'n bedrag van R7 531 gegee, wat hy as Tracy se skade beskou het. By 'n vóórverhoorkonferensie is ooreengekom dat indien dit I veroorloof was om, soos Beets gedoen het, Tracy se verlies gedurende twee tydperke te bereken (tw (1) die periode tussen Martin se dood en 1 April 1985, en (2) die periode tussen 1 April 1985 en Tracy se 18de verjaardag), Tracy se totale verlies R7 000 bedra het. (Kyk 1985 (3) SA op420B.)

Die appellant het ook 'n aktuaris, mnr R J Koch, as getuie J opgeroep om oor die vraag van die bepaling van skadevergoeding te getuig. Sy

Rabie Wn HR

benadering wat dié aangeleentheid betref, word soos volg A uiteengesit in die verslag wat hy vir die doel van sy getuienis by die verhoor opgestel het:

'A lump-sum award for loss of expectations of support is understood to represent the market value of the chance which has been lost of receiving such support. Because there is no market trading in lost support it is necessary to estimate a market value by means of a financial model which incoporates expected average rates of interest, inflation and mortality. As a first step an estimate is made of the yearly losses which are B expected as the reasonable and probable consequences of the death. This series of yearly amounts is then reduced to present value by means of discounting techniques.'

Die getuie het, soos Beets, uitgewerk welke bedrae Martin waarskynlik gedurende elk van die bogemelde twee tydperke as onderhoud sou betaal het, maar hy het, anders as Beets, die totaal van die bedrae wat gedurende elk van die tydperke betaal C sou gewees het, verdiskonteer om te bepaal wat die waarde daarvan op die dag van Martin se dood (die datum van die delik) sou gewees het. Die bedrae wat hy op dié wyse bepaal het, was R1 272 in die geval van die eerste tydperk en R3 916 in die geval van die tweede tydperk. Die totaal van hierdie twee bedrae (R5 188) het hy met 5% verminder om vir gebeurlikhede D voorsiening te maak, wat meegebring het dat hy Tracy se skade op R4 929 vasgestel het. By die vóórverhoorkonferensie is ooreengekom dat indien Koch se berekeningsmetode as die korrekte aanvaar sou word, skadevergoeding ten bedrae van R5 000 aan Tracy toegeken moes word. (Kyk 1985(3) SA op 420B.)

Koch se standpunt was dat iemand wat vanweë 'n delik skade ly, E se skuldoorsaak op die datum van die delik ontstaan en dat die vergoeding waarop hy geregtig is gevolglik vasgestel moet word op die waarde wat dit op daardie datum gehad het. Verliese wat uit 'n delik voortvloei, moet dus, volgens die getuie, tot op die datum van die delik verdiskonteer word en nie, soos Beets ten opsigte van die tweede tydperk, hierbo genoem, gedoen het, F tot op die datum van die verhoor nie. Wat betref Beets se standpunt dat verliese wat by die verhoor reeds gely is onverminderd toegeken moet word (dws sonder dat dit aan verdiskontering onderwerp word), was Koch se mening dat dit eintlik daarop sou neerkom dat rente op 'n ongelikwideerde skadevergoedingsbedrag toegeken word, wat regtens ongeoorloof is. Die rente wat toegeken word, is, volgens hierdie siening van die saak, daardie bedrag wat die reeds gelede skade (soos G deur Beets bereken) groter is as die verdiskonteerde waarde daarvan soos op die datum van die delik. Volgens Koch se benadering laat 'n mens rente op 'n ongelikwideerde skadevergoedingsbedrag toe as jy vergoeding vir toekomstige skade tot op die datum van die verhoor verdiskonteer in plaas H van tot op die datum van die delik.

Die Verhoorhof was van mening dat daar 'n genoegsame ooreenkoms tussen die feite van hierdie saak en dié van Wigham v British Traders Insurance Co Ltd 1963 (3) SA 151 (W) bestaan om die toepassing van die benadering wat in daardie saak gevolg is, te regverdig, en het R7 000 as skadevergoeding toegeken. Hieruit blyk dat die Hof Beets se berekening van die skadevergoeding I aanvaar het.

In die Carstens -saak is 'n sestienjarige seun, Clive Cornelius (hierna 'Clive' genoem), op 15 Desember 1979 in 'n motorbotsing beseer. Die botsing is veroorsaak deur die nalatige bestuur van die bestuurder van 'n motorkar wat ingevolge die bepalings van die gemelde Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering by die J appellant verseker was. Clive, wat

Rabie Wn HR

A destyds gewerk het, is so ernstig beseer dat hy nooit weer enige werk sou kon doen nie. Sy vader (Eric Cornelius) het in Julie 1983 'n aksie ingestel om skadevergoeding te eis vir die skade wat Clive gely het. In 'n later stadium is 'n curator ad litem vir Clive aangestel. Hierdie curator ad litem is die respondent in die appèl. Die verhoor het op 22 November 1984 begin, dws byna vyf jaar nadat Clive beseer is.

B Die partye het by 'n vóórverhoorkonferensie oor 'n hele paar aangeleenthede tot 'n ooreenkoms met mekaar geraak, onder andere dat Clive se algemene skade R30 000 beloop het; dat hy as gevolg van sy beserings totaal arbeidsongeskik was; dat hy vóór sy beserings R112 per week verdien het; dat hy daarna C dieselfde salaris, soos van tyd tot tyd aangepas om met die inflasiekoers tred te hou, sou verdien het, en dat hy, indien hy nie beseer is nie, waarskynlik tot sy 65ste jaar sou aanhou werk het.

Die vernaamste geskil tussen die twee partye by die verhoor was oor die vraag hoe die skadevergoeding wat aan Clive toegeken moes word, bereken moes word. Albei partye het 'n aktuaris as D getuie opgeroep. Mnr J de Bruyn het ten behoewe van Clive getuig, en mnr Koch, wat ook in die Summers -saak getuig het, was die verweerder-maatskappy se getuie.

Mnr De Bruyn se benadering tot die aangeleentheid was dieselfde as dié van Beets in die Summers -saak. Hy het die vergoeding ten opsigte van twee tydperke bereken. Die eerste was die tydperk E tussen die datum waarop Clive beseer is (15 Desember 1979) en die datum van die verhoor (wat as 1 Desember 1984 geneem is), en die tweede was die tydperk vanaf die datum van die verhoor tot die datum waarop Clive sou gewerk het indien hy nie beseer is nie. Hy het aan die Hof gesê dat sy oogmerk met die berekening wat hy gemaak het soos...

To continue reading

Request your trial
23 practice notes
  • SA Eagle Insurance Co Ltd v Hartley
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Insurance Co SA Ltd v Summers; Southern Versekeringsassosiasie Bpk v Carstens NO; General Accident Insurance Co SA Ltd v Nhlumayo 1987 (3) SA 577 (A). As to the concept of interest on damages, see Victoria Falls & Transvaal E Power Co Ltd v Consolidated Langlaagte Mines Ltd 1915 AD 1 at 31 ......
  • Sasfin (Pty) Ltd v Jessop and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Insurance Co SA Ltd v Summers; Southern B Versekeringsassosiasie Bpk v Carstens NO; General Accident Insurance Co SA Ltd v Nhlumayo 1987 (3) SA 577 (A) Holland v Yates Building Co Ltd The Times December 5, 1989 Re Hurst [1892] 67 LT 96 (CA) International Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley 1990......
  • Ngubane v South African Transport Services
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Southern Insurance H Association Ltd 1985 (3) SA 1010 (C) at 1023D - F, approved in Southern Insurance Association Ltd v Carstens NO 1987 (3) SA 577 (A) at 616J - 617A. The appellant's witnesses conceded that the medical expenses and adaptive aids could be obtained from provincial hospita......
  • General Accident Versekeringsmaatskappy SA Bpk v Uijs NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...I04G-H; Southern InsuranceAssociationLtdvBaileyNO 1984 (1) SA 98 (A) op 116G-117A; Southern Versekeringsassosiasie Bpk v Carstens NO 1987 (3) SA 577 (A) op 618B-E; Vorster and Another v AA Mutual Association Ltd 1982 (1) SA 145 (T) op 148G, I65C; Minister van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590......
  • Request a trial to view additional results
23 cases

23 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT