Du Bois v Stompdrift- Kamanassie Besproeiingsraad

JurisdictionSouth Africa
JudgeGriesel R
Judgment Date13 September 2001
Docket NumberSaaknr 2415/01
Hearing Date10 September 2001
CounselJ-H Roux namens die applikant. A C Oosthuizen SC namens die respondent.
CourtCape Provincial Division

Griesel R:

Die respondent is 'n besproeiingsraad (die raad), ingestel ingevolge die bepalings van die nou herroepe Waterwet 54 van 1956. Gedurende Februarie 2001 het die raad tenders aangevra vir die verhuring van 'n piekniek- en C kampeerterrein sowel as 'n woonhuis (gesamentlik hierin 'die terrein' genoem), geleë by die Stompdriftdam naby De Rust, wat onder die beheer van die raad val. Drie tenders is ontvang, waarvan die applikant s'n een was. Op 'n vergadering van die raad, gehou op 15 Maart 2001, is egter besluit om geeneen van die drie tenders te aanvaar nie. Die applikant doen nou aansoek om daardie D besluit op hersiening tersyde te stel insoverre dit neerkom op 'n weiering om sy tender te aanvaar.

Agtergrond

Alhoewel lywige stukke van by die 500 bladsye hierin geliasseer is, is die tersaaklike feitelike agtergrond heel eenvoudig en kan dit E kortliks soos volg opgesom word. Die applikant se broer, Mnr Nico du Bois, handeldrywend as Meiringspoort Avonture, het gedurende 1997 'n skriftelike huurkontrak met die raad aangegaan ten opsigte van die betrokke terrein. Die huurtermyn was vir 'n aanvanklike periode van twee jaar vanaf 1 April 1997, met 'n opsie om dit vir 'n verdere termyn van twee jaar te hernu. Die opsie is wel uitgeoefen, F met die gevolg dat die kontrak tot aan die einde van Maart 2001 verleng is.

Vanaf die begin van 1999 het die applikant die besigheid op sy eie bedryf nadat sy broer en dié se gesin na Pretoria verhuis het. Geen formele sessie of delegasie van die huurkontrak het egter plaasgevind G nie. Heelwat gewag is in die stukke gemaak van die vraag of die raad van hierdie toedrag van sake bewus was al dan nie. Weens die aard van die uiteindelike geskilpunte is dit egter nie nodig om tans hieroor uitsluitsel te gee nie.

Die applikant het die raad in 'n sekere stadium genader met 'n voorstel dat 'n langtermyn huurkontrak met hom aangegaan word H ten einde hom in staat te stel om sekere beplande verbeterings aan die terrein aan te bring. Die raad was egter nie hiervoor te vinde nie, en het besluit om eerder die huurkontrak op tender uit te gee. Die nodige tenderadvertensies is gevolglik op 21 Februarie 2001 in sekere plaaslike koerante gepubliseer. Daarin is voornemende I tenderaars in kennis gestel onder andere dat tenders teen 14 Maart 2001 ingedien moes word en dat die raad op 7 Maart 2001 tussen 15h00 en 16h00 op die terrein beskikbaar sou wees om voornemende tenderaars te woord te staan. Die kennisgewing bepaal ook dat die raad nie gebonde was om die hoogste of enige tender te aanvaar nie. J

Griesel R

Die besluit van die raad

Soos reeds gemeld, is drie tenders ontvang en op 15 Maart 2001 A tydens 'n vergadering van die raad oorweeg. Voor die vergadering het 'n sub-komitee, bestaande uit vier lede van die raad, die terrein besoek en het tydens die vergadering daaromtrent aan die raad verslag gedoen. Volgens die notule het die sub-komitee onder andere 'kommer uitgespreek' oor die volgende aspekte voortspruitend uit hul besoek: B

1.

Riool afkomstig vanaf karavane, tydelike toilette asook die bosrestaurant mag moontlik in die dam kom opeindig.

2.

Kragdrade wat openlik en onveilig op die terrein voorkom.

3.

Besproeiingswater wat ten duurste na die reservoir gepomp word op die raad se koste, word vermors op die terrein deurdat dit nie benut word nie, maar terugloop in die dam in. C

4.

Bosrestaurant wat onder water is sodra die dam oorloop.

5.

Verkoop van alkoholiese drank sonder die nodige magtiging.

6.

Die swak toestand van die heining om die terrein.

7.

Die woonhuis en buitegeboue wat erg verniel en vuil is.

8.

Rommel wat rondlê op die terrein. D

In die lig van hierdie bevindinge was die sub-komitee van mening 'dat die algehele toestand van die geboue en terrein onaanvaarbaar is'.

Hierna het die raad die drie tenders afsonderlik bespreek. In verband met die applikant se tender lees die notule soos volg: E

'Mnr D F du Bois: Die voorsitter gee kortliks 'n beskrywing van wat die komitee waargeneem het tydens die besoek aan die terrein. 'n Verklaring vroeër deur die waterbeheerbeampte by Stompdriftdam, mnr J Claassen aan die raad voorgelê, vorm deel van die bespreking en word hierby aangeheg.'

Die verklaring van die waterbeheerbeampte waarna in die notule verwys word, is gedateer 8 Februarie 1999 en bevat 'n lys van F ongeveer 30 afsonderlike en wydlopende klagtes aangaande die applikant se bestuur van die terrein. Hierdie verklaring het waarskynlik die grondslag gevorm vir die bostaande bevindinge van die sub-komitee van die raad.

In die lig van die negatiewe verslae van die sub-komitee sowel as die waterbeheerbeampte het die raad eenparig besluit dat die applikant G se tender nie aanvaar kon word nie. Die ander twee tenders was eweneens (weens ander redes) nie vir die raad aanvaarbaar nie. Die raad het gevolglik besluit om die bestaande huurder (die applikant se voormelde broer) kennis te gee om die terrein by verstryking van die huurkontrak op 31 Maart 2001 te ontruim. Voorts is besluit 'dat daar voortgegaan sal word om 'n geskikte persoon te vind om die H woonhuis te benut en die piekniekterrein in 'n aanvaarbare toestand te hou tot voordeel van die gemeenskap'.

Nadat die applikant van die raad se besluit in kennis gestel is, het hy die raad versoek om redes vir hul besluit te verstrek. Die raad het egter geweier om aan hierdie versoek gehoor te gee. (Dit was eers in die antwoordende eedsverklarings in die huidige verrigtinge dat die I raad van hierdie houding afgesien het en redes vir hul besluit uiteengesit het.)

Op die getuienis voor die Hof staan dit vas dat die applikant nie 'n geleentheid gebied was om kommentaar te lewer of enigsins te handel met die inhoud van die bogenoemde twee verslae nie. Wat betref die J

Griesel R

verslag van die waterbeheerbeampte, is daar 'n feitegeskil op die stukke oor die vraag of die applikant destyds gedurende 1999 in besit A gestel is van 'n afskrif daarvan, soos wat die raad beweer. Die applikant se ontkenning dat hy dit ooit tevore gesien het, is myns insiens nie onwaarskynlik nie. Hoe dit ookal sy, daardie geskil staan nie in die weg van die beregting van die huidige aansoek nie; eerstens, aangesien die applikant nie meegedeel is dat die raad van voorneme was B om op die twee-jaar-oue verslag van die waterbeheerbeampte te steun nie; en tweedens, aangesien die inhoud van die sub-komitee se verslag in ieder geval, op die raad se eie weergawe, nooit aan die applikant oorgedra is nie.

Teen hierdie agtergrond beweer die applikant dat die raad inbreuk gemaak het op sy reg op administratiewe optrede wat regmatig, C redelik en prosedureel billik is deurdat hy nie vooraf in kennis gestel is van en geleentheid gebied is om kommentaar te lewer op die nadelige inligting wat in die raad se besit was en waarop hulle van voorneme was om te steun nie. Die aansoek wentel dus in wese om die vraag of die vereistes van die audi alteram D partem-leerstuk (die 'audi-reël') in die omstandighede van die huidige saak nagekom is al dan nie.

Regsposisie

Aangesien die raad se tersaaklike besluit op 15 Maart 2001 geneem is, moet die situasie beoordeel word aan die hand van die E bepalings van die Promotion of Administrative Justice Act 3 of 2000 (die Wet), wat op 30 November 2000 in werking getree het. [1]

Ongelukkig was hierdie aspek nie aanvanklik deur die partye of hul onderskeie regsverteenwoordigers so ingesien nie en was dit eers in aanvullende betoogpunte, wat na afloop van die argumente op versoek F van die Hof geliasseer is, dat daar hoegenaamd na die bepalings van die Wet verwys is.

Ek is nie deur die advokate na enige besliste sake verwys waarin die bepalings van die nuwe Wet bespreek is nie en ek het ook geen sodanige sake gevind nie. 'n Groot aantal publikasies met betrekking tot die Wet het egter in die onlangse verlede die lig gesien, of is in die G proses van publikasie. [2]

Dit was gemeensaak tussen die partye dat die raad se tenderproses waaroor dit hier gaan, administratiewe optrede daarstel. [3] Die vraag of H

Griesel R

hierdie uitgangspunt inderdaad korrek is in die lig van die definisie van 'administrative A action' in art 1, gelees met die bepalings van art 3(1) van die Wet, is geensins onproblematies nie (om dit nie hoër te stel nie). [4]

Ek is nietemin bereid om te aanvaar dat die Wet wel op die onderhawige situasie van toepassing is, nie alleen omdat die saak op daardie basis geargumenteer is nie, maar ook omdat ek prima facie van oordeel is dat die begrip 'rights' in die definisie in B art 1 'n wye interpretasie moet geniet om ook die reg op prosedureel billike...

To continue reading

Request your trial
6 practice notes
  • Gavric v Refugee Status Determination Officer and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...138 (CC) (2014 (3) BCLR 265; [2013] ZACC 48): dictum in paras [135] – [136] applied Du Bois v Stompdrift- Kamanassie Besproeiingsraad 2002 (5) SA 186 (C): E referred Du Preez and Another v Truth and Reconciliation Commission 1997 (3) SA 204 (A) (1997 (4) BCLR 531; [1997] 2 All SA 1): referr......
  • Nel and Another NNO v the Master (Absa Bank Ltd and Others Intervening)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 623 (A): referred to De Hart NO v The Master 1971 (3) SA 366 (O): referred to Du Bois v Stompdrift-Kamanassie Besproeiingsraad 2002 (5) SA 186 (C): referred Elliot Brothers (East London) (Pty) Ltd v The Master and Another NO 1988 (4) SA 183 (E): referred to D Ex parte Wells NO: In re......
  • Erf 16 Bryntirion v The Minister of Public Works
    • South Africa
    • North Gauteng High Court, Pretoria
    • 12 October 2010
    ...Authority of South Africa & Another [2002] 1 All SA 649 (E) at paras. 45 — 51; Du Bois v Stompdrift-Kamanassie Besproeiingsraad 2002 (5) SA 186 (C); RHI Joint Venture v Minister of Roads & Public Works & Others 2003 (5) BCLR 544 (CR) at paras 37 to [7] Farjas (Pty) Ltd & Another v Regional ......
  • Putco Limited v The Minister of Transport For The Republic of South Africa and Others
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • 11 August 2003
    ...is also required under section 3 of the Promotion of Administrative Justice Act. See du Bois v Stompdrift-Kamanassie Besproeiingsraad, 2002 (5) SA 186 (K) at [52] In the present case, the applicant was not given an opportunity to make representations before the decision to discontinue the c......
  • Request a trial to view additional results
6 cases
  • Gavric v Refugee Status Determination Officer and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...138 (CC) (2014 (3) BCLR 265; [2013] ZACC 48): dictum in paras [135] – [136] applied Du Bois v Stompdrift- Kamanassie Besproeiingsraad 2002 (5) SA 186 (C): E referred Du Preez and Another v Truth and Reconciliation Commission 1997 (3) SA 204 (A) (1997 (4) BCLR 531; [1997] 2 All SA 1): referr......
  • Nel and Another NNO v the Master (Absa Bank Ltd and Others Intervening)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 623 (A): referred to De Hart NO v The Master 1971 (3) SA 366 (O): referred to Du Bois v Stompdrift-Kamanassie Besproeiingsraad 2002 (5) SA 186 (C): referred Elliot Brothers (East London) (Pty) Ltd v The Master and Another NO 1988 (4) SA 183 (E): referred to D Ex parte Wells NO: In re......
  • Erf 16 Bryntirion v The Minister of Public Works
    • South Africa
    • North Gauteng High Court, Pretoria
    • 12 October 2010
    ...Authority of South Africa & Another [2002] 1 All SA 649 (E) at paras. 45 — 51; Du Bois v Stompdrift-Kamanassie Besproeiingsraad 2002 (5) SA 186 (C); RHI Joint Venture v Minister of Roads & Public Works & Others 2003 (5) BCLR 544 (CR) at paras 37 to [7] Farjas (Pty) Ltd & Another v Regional ......
  • Putco Limited v The Minister of Transport For The Republic of South Africa and Others
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • 11 August 2003
    ...is also required under section 3 of the Promotion of Administrative Justice Act. See du Bois v Stompdrift-Kamanassie Besproeiingsraad, 2002 (5) SA 186 (K) at [52] In the present case, the applicant was not given an opportunity to make representations before the decision to discontinue the c......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT