Delport v Kopjes Irrigation Settlement Management Board

JurisdictionSouth Africa
JudgeDe Beer J
Judgment Date11 November 1947
Citation1948 (1) SA 258 (O)
CourtOrange Free State Provincial Division

De Beer, J.:

Applikante is die geregistreerde eienares van die plaas Middellyn No. 1094, distrik Vredefort, geleë aan die suidelike oewer van Rhenosterrivier; geleë aan die teenoorgestelde oewer is die plaas Fischer die eiendom van Die Kopjes Besproeiings Nedersetting Bestuursraad. Vir 'n geruime tyd het die bestaande grenslyn tussen Fischer en Middellyn reeds in behandeling gekom met die gevolg dat die Bestuursraad gedurende Februarie 1946 'n brief aan applikante gerig het waarin sy versoek word om 'n verteenwoordiger van die Bestuursraad te ontmoet,

De Beer J

'ten einde die kwessie van 'n billike akkoordlyn, wat as grenslyn ooreenkomstig die bepalings van die Omheiningswet omhein sal word, te oorweeg.'

Op die brief is geen antwoord ontvang nie waarop die Bestuursraad op die 8ste Maart 1946 haar in kennis stel dat hul verlang dat die saak, waarvoor die geskil gaan, besleg moet word deur 'n raad aangestel ooreenkomstig die Derde Bylae van die Omheiningswet, 17 van 1912, en dat tot die einde word Mnr. J. H. Serfontein benoem as hul verteenwoordiger. Applikante is terselfdertyd versoek om op haar beurt 'n lid te benoem. Mettertyd is die volgende antwoord deur die prokureur van die Bestuursraad ontvang:

'Waarde Heer,

Mevr. M. E. Delport het my u brief van die 8ste Maart 1946, aan haar gerig, aan my oorhandig om daarop te antwoord as volg:

1. Mevr. Delport is die eienares van die plaas Middellyn No. 1094 'n onderverdeling van die plaas Doorndraai No. 1073, distrik Vredefort.

2. In of omtrent 1913 het die eienaar van die plaas Doorndraai voormeld, destyds Mnr. M. H. Steyn, 'n ooreenkoms aangegaan in terme van sek. 32 van Wet 17 van 1912, met die eienaar van die plaas Fischer No. 580 en 'n billike akkoordlyn tussen die twee plase vasgestel.

3. Volgens die billike akkoordlyn grens die plaas Fischer wat die plaas Middellyn betref nie aan die Rhenosterrivier.

4. Sedert die oprig van die akkoordlyn wat al vir meer as dertig jaar deur die eienaars en hulle opvolgers in titel erken word is en sonder teenspraak as die lyn tussen die plase.

Mevr. Delport beweer derhalwe dat sover haar plaas Middellyn betref, die akkoordlyn die plek ingeneem het van die grenslyn in die middel van die rivier, en dat daar derhalwe geen geskil is om deur 'n raad onder die Wet te worde beslis.

Sonder enige vooroordeel teen haar regte hierbo genoem, indien u wens aan te gaan met die daarstelle van 'n Raad kragtens die voorsienings onder die bepalings van die derde bylae tot Wet 17 van 1912 benoem sy Mnr. A.P.I. de Villiers as lid van die Raad en die feit dat sy so 'n benoeming maak moet nie beskou word dat sy op enige wyse afstand doen van haar regte of die te laat wysig.

Die Uwe,

L. R. BOTHA.'

Uit die notule van verrigtinge blyk dat die arbitrasiehof in sitting was te Kopjes op die 15de November 1946 en dat applikante deur haar optrede geensins afstand gedoen het van haar bewering dat die arbitrasiehof geen jurisdiksie had om die saak in verhoor te neem nie. Desondanks is daar na 'n verhoor 'n bevinding uitgereik wat lui:

'Gevolglik is die bevinding van die meerderheid van die Raad dat die versoek van die eiser toegestaan word en dat daar so gou moontlik 'n nuwe billike akkoordlyn opgerig moet word.

Die koste van hierdie saak sal gelykop deur die partye gedra word.'

De Beer J

In die onderhawige petisie versoek applikante die Hof om die verrigtinge en beslissing van die arbitrasiehof in hersiening te neem en na oorweging as nietig te verklaar en wel op die volgende gronde: (a) Die arbitrasiehof had geen jurisdiksie om die saak in verhoor te neem nie weens die tans bestaande akkoordlyn soos aangedui op die aangehegte kaart. (b) Dat die grenslyn as 'n eenheid vasgestel is en bindend is op die partye en hul opvolgers tensy hulle daarmee eens is om die lyn in heroorweging te laat neem. (c) Dat daar geen geskilpunt tussen die partye bestaan het wat ooreenkomstig die bepalings van art. 26 van die Omheiningswet besleg kan word nie. (d) Dat die bevinding strydig is met die wet en onbestaanbaar met die ooreenkoms vrywilliglik en wettiglik tussen die onmiddellike voorgangers van die partye aangegaan. (e) Dat die bevinding mank gaan weens gebrek aan sekerheid en finaliteit. (f) Dat die arbitrasiehof nou functus officio is en derhalwe kan die saak nie terug verwys word nie. (g) Dat die beslissing en verrigtinge onregmatig, ongeldig en 'n growwe onreëlmatigheid gevorm het en ten slotte (h) Dat in die oorweging van bogenoemde bewerings is die Hof beperk tot die notule van die arbitrasiehof en dat geen nuwe of verdere getuienis in aanmerking mag geneem word nie.

Ek sal vereers die laaste vraag afhandel omdat dit wel 'n merkbare uitwerking mag hê op my beslissing van die vernaamste geskilpunte. In die verband is deur Mnr. Brink aangevoer dat ooreenkomstig die bepalings van art. 2 van die Omheiningswet was die onmiddellike voorganger van applikante nie die eienaar van die plase nie tydens die daarstelling van die grenslyn in 1913 en dat dit derhalwe nie bindend is nie of op sy opvolgers of op die opvolgers van die aangrensende plaas. Ter stawing hiervan is ek verwys na die beëdigde verklaring van prokureur de Wet. Teen die toelaatbaarheid van die verklaring asook teen gedeeltes van Mnr. du Toit se verklaring is beswaar geopper en dit word gepoog om die beswaar te stut deur sekere gesaghebbendes waarvan afgelei word dat Hof nie die hersiening in 'n nuwe verhoor sal omskep deur die inagneming van sulk getuienis nie. Van die aangehaalde gesaghebbendes sal ek my aandag slegs by die volgende bepaal. In Attorney-General for Manitoba v Kelly (L.R. 1922, 1 A.C. 268 te 275) sê Lord PARMOOR:

'The jurisdiction of the umpire is derived solely from the agreement of the parties contained in the consent judgment. The document is a written document, which cannot be explained, and much less varied, by extrinsic evidence, of subsequent facts.'

De Beer J

Maar die geleerde Lid van die Geheime Raad maak gebruik van die...

To continue reading

Request your trial
12 practice notes
  • Interciti Property Referrals CC v Sage Computing (Pty) Ltd and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1903 TH 306 at 310, Dickenson & Brown v Fisher's Executors 1915 AD 166 at 175 Delport v Kopjes Irrigation Settlement Management Board 1948 (1) SA 258 (O) at 271 and Joubert (ed) The Law of South Africa vol 1 E (1st re-issue) para Upon a proper construction of annexure 'E' to the applicant's......
  • Interciti Property Referrals CC v Sage Computing (Pty) Ltd and Another
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • 10 October 1993

  • Benjamin v Sobac South African Building and Construction (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...also the Roman-Dutch and early South African authorities cited by De Beer J in Delport v Kopjes Irrigation Settlement Management Board 1948 (1) SA 258 (O).) E The question of a claim in the alternative was highlighted at the outset of the argument in the principal application, albeit not in......
  • Photocircuit SA (Pty) Ltd v De Klerk NO and De Swardt NO and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...into account in determining whether the industrial court had jurisdiction. (Cf Delport v Kopjes Irrigation Settlement Management Board 1948 (1) SA 258 (O) at The legality of the strike Mr Van Reenen submitted that, as the strike was fourth to H fourteenth respondents' response to applicant'......
  • Request a trial to view additional results
12 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT