Wolhuterskop Beleggings (Edms) Bpk v Bloemfontein Engineering Works (Pty), Ltd
Jurisdiction | South Africa |
Judge | De Villiers R en Erasmus R |
Judgment Date | 10 September 1964 |
Citation | 1965 (2) SA 122 (O) |
Hearing Date | 03 September 1964 |
Court | Orange Free State Provincial Division |
E Erasmus, R.:
Die respondent, die eiser in die laerhof, het die appellant as verweerder in die landdroshof te Bethlehem gedagvaar vir 'n bedrag van R518.47 en die saakmakende besonderhede van sy dagvaarding lees soos volg:
'Eiser se eis is . . . vir betaling van 'n getakseerde kosterekening vir die bedrag van R518.47 behoorlik toegeken en toegelaat deur die F takseermeester van die Hooggeregshof van Suid-Afrika, . . . van welke kosterekening eiser tans die houer is en wat deur die verweerder betaalbaar is.'
Die appellant het verskyning aangeteken om die geding te verdedig maar daarna het die respondent op hom die volgende kennisgewing van aansoek by die landdroshof om summiere vonnis bestel.
'Neem kennis dat aansoek by hierdie hof gedoen sal word op Vrydag 26 Junie 1964, om 10 uur voormiddag om verlof om in hierdie aksie vonnis G teen u aan te teken vir R518.47 met koste.
Neem verder kennis dat die likwiede dokumente waarvan 'n afskrif hierby gedien word dan gebruik sal word ter stawing van die aansoek en dat u daarop by wyse van 'n beëdigde verklaring kan antwoord.'
By hierdie kennisgewing is dan ook 'n kosterekening aangeheg wat aantoon H hoe die bedrag saamgestel is wat in die dagvaarding genoem word.
Erasmus R
Die landdros het die respondent se aansoek nieteenstaande dit bestry was met koste toegestaan en die appellant het hom voorts in hoër beroep na hierdie Hof gewend.
Die sinsnede 'van welke kosterekening eiser tans die houer is' in die A respondent se nadere besonderhede dui daarop dat hy van oordeel was dat hy sy eis op 'n likwiede dokument gefundeer het en hierdie mening word uitdruklik deur die bewoording in die tweede paragraaf van die kennisgewing hierbo aangehaal, gestaaf. Aangesien egter Reël 21 (2) van die Reëls uitgevaardig onder die Magistraatshowewet, 32 van 1944 (sien B Goewermentskennisgewing 814 van 15 Mei 1945) 'n bepaalde prosedure vir doeleindes van aansoeke om summiere vonnis voorskryf na gelang die eis o.a. vir 'n 'gelikwideerde geldsom' is of gebaseer is op 'n 'likwiede dokument', ontstaan die vraag of die kosterekening 'n likwiede dokument is en of die landdros nie gedwaal het nie deur 'n prosedure toe C te laat wat slegs op likwiede dokumente van toepassing is.
In Martens v Rand Share and Broking Finance Corporation (Pty.) Ltd., 1939 W.L.D. 159, het RAMSBOTTOM, R., soos hy destyds was, op ooreenstemmende feite summiere vonnis geweier aangesien daar niks was om aan te toon waarom...
To continue reading
Request your trial-
Blakes Maphanga Inc v Outsurance Insurance Co Ltd
...v Pienaar en Andere 1967 (3) SA 677 (O): referred to Wolhuterskop Beleggings (Edms) Bpk v Bloemfontein Engineering Works (Pty) Ltd 1965 (2) SA 122 (O): referred to. J 2010 (4) SA p234 Unreported cases A Melamed & Hurwitz Inc v Goldberg (SCA case No 686/2007, 19 March 2009): referred to. Cas......
-
Blakes Maphanga Inc v Outsurance Insurance Co Ltd
...v Pienaar en Andere 1967 (3) SA 677 (O): referred to Wolhuterskop Beleggings (Edms) Bpk v Bloemfontein Engineering Works (Pty) Ltd 1965 (2) SA 122 (O): referred to. J 2010 (4) SA p234 Unreported cases A Melamed & Hurwitz Inc v Goldberg (SCA case No 686/2007, 19 March 2009): referred to. Cas......