Wiese v Joubert en Andere

JurisdictionSouth Africa
CourtOrange Free State Provincial Division
JudgeMT Steyn R
Judgment Date31 March 1983
Citation1983 (4) SA 182 (O)
Hearing Date24 February 1983

M T Steyn R:

Hierdie is die uitgestelde keerdag van 'n bevel nisi ge-

M T Steyn R

dateer 23 Desember 1982, uitgereik deur hierdie Hof op dringende versoek van applikant. Die aangeleentheid gaan oor broodverskaffing in Bultfontein deur applikant wat ten tye van die bevel 'n bakker aldaar was. Na bewering het respondente die A gehalte van sy produk beswadder, het eerste respondent 'n ongegronde klagte aangaande daardie gehalte by die Koringraad aanhangig gemaak en het derde respondent, wat deur tweede respondent beheer word, begin met die lewering van brood en ander bakkersprodukte te Bultfontein ter verbreking van ooreenkomste tussen applikant en tweede respondent. Die gewraakte optrede het applikant na sy bewering onherstelbare B skade berokken en om dit stop te sit het hy dringend die voormelde bevel aangevra. Dié bevel lui onder andere soos volg:

"1.

'n Bevel nisi " (word) "hiermee uitgereik wat die respondente oproep om redes, indien enige, om 10h00 op 10 Februarie 1983 by hierdie Hof aan te voer, waarom:

(a)

eerste respondent nie verbied sal word om voort te C gaan met die verspreiding van neerhalende en onware bewerings ten aansien van applikant se onderneming en/of die prestasie daarvan nie;

(b)

tweede respondent, enige werknemer of verteenwoordiger, 'n maatskappy of firma beheer deur tweede respondent, en werknemer of verteenwoordiger D van 'n firma of maatskappy waarvan tweede respondent die houermaatskappy is, enige beheerde of filiaal maatskappy van tweede respondent, enige firma of vennootskap beheer deur tweede respondent (nie) verbied sal word om voort te gaan met die verspreiding van neerhalende en onware bewerings ten aansien van applikant se onderneming en/of prestasie nie;

(c)

E derde respondent en/of enige ander verskaffer wat beheer word deur tweede respondent nie verbied sal word om brood en/of ander bakkerprodukte in die landdrosdistrik van Bultfontein af te lewer nie;

(d)

eerste, tweede en derde respondente nie gelas sal word F om die koste van die aansoek te betaal nie.

2.

Bogenoemde bevele sal dien as 'n tussentydse interdik."

Op 13 Januarie 1983 het applikant egter ingevolge 'n ooreenkoms aangegaan met tweede, derde, vierde en vyfde respondente sy voormelde bakkersbesigheid gestaak en is dit deur tweede respondent oorgeneem. Op 20 Januarie 1983 is die bevel nisi G teen hierdie respondente opgehef en het hulle as deel van die opheffingsbevel onderneem om 50% van applikant se koste te betaal. Al wat toe oorgebly het was die kwessie van koste wat tussen applikant en eerste respondent besleg moes word. Op 10 Februarie 1983 is die keerdatum van die bevel vir 'n week H uitgestel na 17 Februarie, op welke datum dit weer eens vir 'n week uitgestel is tot 24 Februarie. Op laasgenoemde datum is die aangeleentheid beredeneer maar was daar ook 'n aansoek deur eerste respondent om deurhaling van sekere passasies in applikant se steunende en repliserende eedsverklarings. Na afhandeling van die onderskeie betoë is verlof aan die partye verleen om aanvullende betoë in skrif ten aansien van die aansoek om deurhaling betreffende die steunende verklaring voor te lê. Daardie aanvullende betoë is nou ter hand.

M T Steyn R

Om te slaag in sy eis om koste moet die applikant bewys dat sy aansoek op die meriete daarvan toegestaan sou gewees het, maw dat hy op die aangevraagde hoof regshulp teen eerste respondent geregtig sou gewees het as die aansoek sy volle gang gegaan het. Die meriete van daardie aansoek moet gevolglik oorweeg A word.

Uit applikant se verklaring ter steuning van sy aansoek blyk dit dat hy in Bultfontein as bakker begin handel dryf het op 22 Maart 1982 onder die naam van Bultfontein Bakkery. In paras (9), (10) en (14) van daardie verklaring beweer applikant voorts soos volg:

"9. My onderneming het sodanig uitgebrei dat ek tot onmiddellik voor die inbreukmaking op my reg op werfkrag deur B die respondente, brood aan agt verspreiders te Bultfontein verskaf het en wel soos volg:

9.1

Aandster:

ongeveer 15 tot 20 dosyn brood per dag;

9.2

Thabang:

ongeveer 22 dosyn brood per dag en ongeveer 45 dosyn gedurende naweke;

9.3

Merinda:

ongeveer 15 tot 18 dosyn brood per dag;

9.4

Isabelles:

ongeveer 10 dosyn brood per dag;

9.5

Corner Cafe:

ongeveer 10 tot 20 dosyn brood per dag;

9.6

Engson:

ongeveer vyf tot 15 dosyn brood per dag;

9.7

Zorba:

ongeveer vyf dosyn brood per dag en naweke ongeveer 15 dosyn;

9.8

Take Away:

ongeveer 18 tot 25 dosyn brood per dag.

10. Dit het egter tot my kennis gekom dat eerste respondent verantwoordelik was vir die sirkulasie van 'n petisie in Bultfontein dorp waarin ontevredenheid in verband met my produkte as sulks uiteengesit word. Hierdie petisie, die D volledige inhoud waarvan nie aan my bekendis nie, was oorhandig aan die Koringraad en het inspekteur Attie Mulder vanaf Bloemfontein op 11 Desember 1982 by my onderneming besoek afgelê en my meegedeel dat die doel van sy besoek was om onder andere klagtes te ondersoek wat ingedien was by die Koringraad in verband met my onderneming wat onder andere die volgende behels het:

10.1

E Klagtes in verband met 'n vuil bakhuis;

10.2

Dat my werknemers mandjies met brood in op die sypaadjies en in die straat rondsleep;

10.3

Dat die brood soos geproduseer deur my onderneming oneetbaar is;

10.4

Dat die brood die dag nadat dit gebak is reeds suur is.

Hierdie klagtes asook nog ander klagtes, die besonderhede waarvan nie aan my geopenbaar was nie, was onder die aandag van die Koringraad gebring deur middel van 'n petisie onder leiding F van eerste respondent waarin te kenne gegee word dat die afnemers te Bultfontein nie tevrede is met my onderneming se produkte nie en nie belangstel daarin nie.

Tydens hierdie inspeksie het mnr Mulder teenoor my opgemerk dat die bogenoemde klagtes vir hom onverklaarbaar is aangesien my bakkery een van die skoonstes in die Vrystaat is, my werknemers in sy teenwoordigheid die mandjies na die afleweringsvoertuig gedra het en dat die enigste verklaring vir die klagtes aldus G hom kan wees dat die een of ander persoon nie tevrede was met my teenwoordigheid in Bultfontein nie en daarvoor wou sorg dat ek Bultfontein moet verlaat.

Gedurende 'n roetine inspeksie van die Koringraad op 18 November 1982 het inspekteur Mulder sekere broodmonsters van my geneem welke hy laat toets het die uitslag waarvan blyk uit bylae 'A' hieraan geheg welke getuig van 'n besonderse goeie en H hoë kwaliteit.

Ek ontken ten sterkste die klagtes soos aan my geopenbaar en voer aan dat hierdie klagtes onwaar en neerhalend ten aansien van my besigheid is. Inderdaad het ek te alle tye 'n goeie en bevredigende diens en kwaliteit produk gelewer soos blyk uit bylae 'A' hieraan geheg.

Op 11 Desember 1982 het inspekteur Mulder weer brood soos geproduseer deur my onderneming geneem vir doeleindes van ontleding. Die uitslag van hierdie ontleding is tans nog nie aan my bekend gemaak nie alhoewel ek weer eens navraag in daardie verband tot die Koringraad gerig het. Inspekteur Mulder het egter tydens die neem van die monsters die mening uitgespreek

M T Steyn R

dat die brood wat hy geneem het self beter sal toets as die brood wat getoets was tydens die roetine inspeksie op 18 November soos vermeld.............

14. Ek voer eerbiediglik aan dat die optrede van eerste, tweede en derde respondente 'n onregmatige inbreukmaking op my reg van A werfkrag is waardeur ek benadeel word, die presiese omvang van benadeling wat ek tans nog nie kan bepaal nie welke egter tot gevolg sal hê dat my totale onderneming ondergaan deur dat ek met die omset wat ek tans handhaaf nie in staat is om die lopende bedryfuitgawes en koste van my onderneming effektief te dek nie en kan ek dus nie effektief my onderneming bedryf nie. Die benadeling en bedreiging het inderdaad sodanige afmetings B aangeneem dat ek nie in staat is om die nodige meel vir produkte ten aansien van die eerskomende naweek aan te koop nie en kon ek tot op datum nie daarin slaag om fondse vir hierdie doel te verkry nie.

Uit hoofde van die voorgaande voer ek eerbiediglik aan dat die enigste effektiwee wyse waarop my regte beskerm kan word sal wees indien die agbare Hof 'n bevel ooreenkomstig die kennisgewing van mosie verleen."

C Uit eerste respondent se opponerende verklaring en die stukke daaraan geheg blyk dit dat die gewraakte petisie kort en saaklik was. Dit het soos volg gelui:

"Ons, die ondergetekendes, wens hiermee ons ontevredenheid te kenne te gee met die gehalte van die brood wat op Bultfontein te koop is en wat ons genoodsaak is om te koop aangesien slegs een leweransier se brood plaaslik beskikbaar is."

D Die rede vir die beroep op die Koringraad is dat applikant, soos hy in sy repliserende verklaring erken, "onder die beheer van die Koringraad was" en dat hy as bakker, "soos enige ondernemer, verplig was om goeie prestasie te lewer".

Die huidige Koringraad is een van die Beheerrade wat geskep kon word kragtens art 25 van die Bemarkingswet 59 van 1968, en is E ingestel deur reg 6 (1) van die regulasies afgekondig by Prok R162 van 1974 vervat in Staatskoerant 4366 van 23 Augustus 1974. Ingevolge reg 36 (1) van daardie regulasies mag niemand

"in die Republiek met wintergraanprodukte as 'n besigheid handel nie, tensy hy by die Raad geregistreer is,"

en is 'n "wintergraanproduk" in reg (1) omskryf as synde "'n F garshawer-, rog-of koringproduk". Applikant moes gevolglik aldus geregistreer word en het die Raad kragtens reg 36 (2) die bevoegdheid om 'n aansoek om so 'n registrasie toe te staan op voorwaardes deur die Raad bepaal, of dit te weier, en kan die Raad 'n registrasie intrek weens òf 'n oortreding van die geldende voorwaardes òf 'n versuim om hulle na te kom. G ...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

20 practice notes
  • Van der Westhuizen NO v United Democratic Front
    • South Africa
    • 30 November 1988
    ...v Mistry 1979 (1) SA 626 (A); Skjelbreds Rederi A/S and Others v Heartless (Pty) Ltd 1982 (2) SA 739 (W); Wiese v Joubert en Andere 1983 (4) SA 182 (O); Shepherd v Mitchell Cotts Seafreight SA (Pty) Ltd 1984 (3) SA 202 (T); Castel NO v Metal and Allied Workers Union 1987 (4) SA 795 (A) G ; ......
  • Administrator, Transvaal, and Others v Theletsane and Others
    • South Africa
    • 30 November 1990
    ...In each case the proper approach to adopt will needs depend upon the peculiar circumstances of such case (cf Wiese v Joubert en Andere 1983 (4) SA 182 (O) at 203C). Ultimately, it seems to me, the test is whether an opposing party's affidavits (bearing in mind the possible effect of viva vo......
  • Howard v Herrigel and Another NNO
    • South Africa
    • 8 March 1991
    ...at 819A - C and 820E - F; Trust Bank van Afrika Bpk v Western Bank en Andere 1978 (4) SA 281 (A) at 371A; Wiese v Joubert en Andere 1983 (4) SA 182 (O) D at 202E - 203C; Da Matta v Otto NO 1972 (3) SA 858 (A) at 868G - 869; S v Parsons and Another 1980 (2) SA 397 (T) at 400G; Fisheries Deve......
  • Atkinson v Rare Earth Extraction Co Ltd
    • South Africa
    • 13 September 2001
    ...considered J 2002 (2) SA p551 Weinder Properties (Pty) Ltd v Gutstein 1952 (4) SA 265 (C): referred to A Wiese v Joubert en Andere 1983 (4) SA 182 (O): referred Case Information Appeal from a refusal to refer for the hearing of oral evidence a dispute of fact in an application for winding-u......
  • Get Started for Free
20 cases