Visser en 'n Ander v Rousseau en Andere NNO

JurisdictionSouth Africa
CourtAppellate Division
JudgeBotha AR, Smalberger AR, Nestadt AR, Milne AR, F H Grosskopf AR
Judgment Date29 September 1989
Citation1990 (1) SA 139 (A)
Hearing Date22 August 1989

Botha AR:

Hierdie appèl is 'n uitvloeisel van die berugte bedrywighede C van die maatskappy Kubus Kwekery (Edms) Bpk ('die maatskappy'). Die respondente is die likwidateurs van die maatskappy ('die likwidateurs'). Hulle het as eisers in die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop twee afsonderlike aksies ingestel teen die twee appellante as verweerders onderskeidelik. Die eerste appellant ('Visser') is die hoof-aandeelhouer van 'n maatskappy wat die tweede appellant is ('Clutch & Brake'). Ek sal na die twee appellante gesamentlik verwys as 'die verweerders'. Die twee D aksies is tesame verhoor deur Munnik RP. Die uitslag van die verhoor was dat daar ten gunste van die likwidateurs vonnis toegestaan is teen die verweerders: teen Visser, ten bedrae van R41 000, en teen Clutch & Brake, ten bedrae van R29 000, in albei gevalle met rente teen 15 % per jaar vanaf die datum van die vonnis. Teen hierdie vonnisse kom die verweerders na hierdie Hof in hoër beroep, ingevolge verlof daartoe wat E die Verhoorregter aan hulle verleen het.

Die uitspraak van Munnik RP is gerapporteer: sien Rousseau and Others NNO v Visser and Another 1989 (2) SA 289 (C). Die uitspraak bevat 'n volledige uiteensetting van die feite van die saak. Dit is onnodig om die besonderhede daarvan hier te herhaal. Ek sal volstaan met 'n kort F samevatting van sodanige feite as wat wesenlik is vir 'n begrip van die geskilpunte wat in hierdie appèl besleg moet word, met die oog op die gronde waarop die uitspraak van die Hof a quo in hierdie Hof aangeveg is.

Die maatskappy het 'n skema bedryf wat die volgende behels het. Lede G van die publiek het van die maatskappy 'n stof, genoem 'n 'aktiveerder', aangekoop teen 'n prys van R30 per eenheid. Deur die aktiveerder op 'n sekere manier (wat geen vernuf geverg het nie) in 'n glas melk te plaas en dit daar te laat vir 'n week lank, is 'n substansie bo-op die melk 'gekweek', wat dan 'geoes' is en uitgedroog is. Die sogenaamde 'droë produk' wat 'kwekers' aldus verkry het, het hulle in koeverte verpak en H aan die maatskappy gelewer teen betaling van R10 per eenheid. Met een eenheid aktiveerder kon 'n kweker elke week 'n eenheid droë produk voortbring, vir 'n onbepaalde tyd lank. Die maatskappy het onderneem om vir elke eenheid van die droë produk wat gelewer is R10 te betaal, maar elke kweker was beperk tot die lewering van vier eenhede droë produk per I maand ten opsigte van elke aktiveerder wat hy aangekoop het. Vir droë produk wat gelewer is voor die 25ste dag van enige maand, het die maatskappy op die 25ste dag van die volgende maand betaal. 'n Kweker kon dus uit die R30 wat hy vir 'n aktiveerder betaal het, R40 per maand verdien, oor 'n tydperk wat begin het twee maande na sy aankoop van die J aktiveerder en wat, op die oog af altans, onbepaald sou voortduur.

Botha AR

A Uit 'n kommersiële oogpunt was die skema wat die maatskappy bedryf het 'n volslae klug. Die aktiveerders en die droë produk was waardelose gemors. Die maatskappy het die gelewerde droë produk slegs gebruik deur dit fyn te maal (met die koeverte en al) en opnuut te verkoop as aktiveerders aan nuwe kwekers of bestaande kwekers wat hulle deelname aan die skema wou uitbrei. Dit was vir niks anders bruikbaar nie. B Gevolglik is dit duidelik dat die skema aan die gang gehou sou kon word slegs vir solank as wat die maatskappy daarin kon slaag om meer en meer nuwe kwekers te verwerf aan wie aktiveerders verkoop kon word, want dit was slegs uit die opbrengs van sulke steeds toenemende verkope dat die maatskappy sou kon voorbly om kwekers te betaal wat die droë produk aan C die maatskappy gelewer het. Terselfdertyd is dit duidelik dat, heel uit die staanspoor uit, reeds vanaf die oomblik toe die skema 'n aanvang geneem het, dit gedoem was om vroeër of later in duie te stort. Die ineenstorting sou kom sodra die verkope van verdere aktiveerders aan bykomende kwekers gedaal het tot 'n vlak waarna die maatskappy nie meer D in staat sou wees om uit die opbrengs daarvan te voldoen aan die eise van kwekers vir die betaling van die prys van die droë produk wat aan die maatskappy gelewer is nie. Wanneer daardie dag sou aanbreek, was nie moontlik om te voorspel terwyl die skema nog aan die gang was nie.

Uit die voorgaande blyk dit dat dit van geluk afhanklik was of 'n E bepaalde kweker wat 'n aktiveerder gekoop het en die droë produk aan die maatskappy gelewer het, die betaling van die prys vir laasgenoemde sou ontvang al dan nie, na gelang van of die skema die punt van ineenstorting verbygegaan het of nie. Op hierdie grondslag is dit gemeensaak tussen die partye in die huidige geding dat die skema 'n onwettige lotery uitgemaak het soos beoog word in art 2(1) van die Wet op Dobbelary 51 van 1965, saamgelees met die toepaslike woordomskrywings F in art 1 van die Wet. Daaruit volg dit dat die deelnemers aan die skema, die maatskappy en die kwekers, hulle skuldig gemaak het aan misdrywe ingevolge die Wet, as daar by hulle die vereiste mens rea aanwesig was. Word dit veronderstel, dan was die maatskappy skuldig aan 'n oortreding van art 2(1)(a) of (b) van die Wet en strafbaar volgens die bepalings van art 8(i), terwyl die kwekers art 2(1)(d) oortree het en strafbaar G was volgens art 8(ii).

Die maatskappy het die skema bedryf van April tot Oktober 1984. Gedurende daardie tydperk het die maatskappy van lede van die publiek wat as kwekers aktiveerders teen R30 stuk aangekoop het, altesaam die verstommende bedrag van bykans R150 miljoen ingesamel. Aan kwekers wat H die droë produk aan die maatskappy gelewer het, is altesaam ietwat minder as R70 miljoen uitbetaal. Van die fondse van die maatskappy, het 'n bedrag van meer as R6 miljoen beland in die persoonlike bankrekening van mnr Adriaan Nieuwoudt. Hy was die ontwerper van die skema, die stigter van die maatskappy, en prakties gesproke die alleen-belanghebbende in die maatskappy.

I Die maatskappy se bedrywighede het tot 'n einde gekom nadat daar op 15 Oktober 1984 aansoek by die Hof gedoen is om 'n likwidasie-bevel. Uiteindelik is die maatskappy onder finale likwidasie geplaas kragtens 'n Hofbevel wat uitgereik is op 17 April 1985. Die likwidateurs het bereken dat die bates van die maatskappy hoogstens 'n bedrag van R73 miljoen beloop het. Ten tyde van die likwidasie was daar duisende J kwekers wat

Botha AR

A aktiveerders van die maatskappy aangekoop en daarvoor betaal het, maar wat nog niks in ruil daarvoor ontvang het nie, òf omdat hulle nie betaal is vir die droë produk wat hulle reeds gelewer het aan die maatskappy nie, òf omdat hulle nog nie die geleentheid gehad het om die droë produk te lewer nie. Hulle was die 'verloorders' in die dobbelspel. Aan die B ander kant was daar 'n groot aantal kwekers wat betaling ontvang het van die maatskappy vir droë produk wat gelewer is, in groter bedrae as dié wat hulle as die koopprys van aktiveerders aan die maatskappy betaal het. Hulle was die 'wenners' in die lotery. Gekonfronteer met hierdie toestand van sake, het die likwidateurs besluit om op te tree soos volg. Vanweë die onwettigheid van die skema, is alle eise van die verloorders C vir die betaling van die prys van droë produk wat reeds gelewer was, of vir betaling van die prys teen 'n aanbod van lewering, of op enige ander kontraktuele grondslag, verwerp. Eise van die verloorders vir die terugbetaling van bedrae wat hulle ten opsigte van die aankoop van aktiveerders betaal het in soverre dit enige bedrae oorskry het wat van die maatskappy ontvang was, is egter erken. Op hierdie grondslag is eise van 51 670 kwekers bewys wat deur die Meester aanvaar is. Die totale D bedrag van hierdie eise, ten tyde van die verhoor in die Hof a quo, het 'n bedrag van nagenoeg R89 miljoen beloop. Wat die wenners betref, sou hulle aangespreek word vir die terugbetaling aan die likwidateurs van die bedrae wat die maatskappy aan hulle uitbetaal het, na aftrekking van die bedrae wat hulle by wyse van die koopprys van aktiveerders aan die E maatskappy betaal het. Om doelmatigheidsredes sou eise egter slegs ingestel word teen wenners wat meer as R5 000 'profyt' elk gemaak het. Ten tyde van die verhoor in die Hof a quo was ongeveer 1 000 dagvaardings reeds deur die likwidateurs uitgereik, en 'n verdere ongeveer 600 is beoog. Indien hierdie eise sou slaag, het die likwidateurs beraam dat hulle 'n totale bedrag van nagenoeg R15 miljoen F sou kon invorder. Dit sou die bates van die maatskappy opstoot tot omtrent R88 miljoen, maar daarby moet in verrekening gebring word 'n bedrag van ongeveer R5 miljoen wat na verwagting bestee sou word aan die koste van die likwidasie, insluitende regskoste en administratiewe koste en uitgawes. Volgens die likwidateurs se benadering het die laste van G die maatskappy dus sy bates oorskry.

Die verweerders was onder dié deelnamers aan die spel wat as wenners daaruit getree het. Visser het aktiveerders van die maatskappy aangekoop ten bedrae van altesaam R18 000, en het vir gelewerde droë produk in totaal uitbetalings van R59 000 van die maatskappy ontvang. Clutch & H Brake het R9 000 bestee en R38 000 ontvang. Die verweerders het dus winste behaal van R41 000 en R29 000 onderskeidelik. Dit is hierdie bedrae wat die Hof a quo verweerders gelas het om aan die likwidateurs te betaal. Die likwidateurs het die betaling daarvan geëis as deel van die uitvoering van hulle besluit oor hoe om op te tree ten opsigte van die bereddering van die maatskappy se sake, soos hierbo vermeld. Die I eise teen die verweerders was die eerste eise teen wenners in die skema, wat op verhoor gekom het, en die saak in die Hof a quo is beskou as 'n toetssaak om te bepaal of die standpunte wat die likwidateurs ingeneem het korrek was. Die partye het ooreengekom dat wedersyds geen kostebevel aangevra sou word in die Hof a quo nie, en ook dat geen kostebevel in hierdie appèl uitgereik sou word nie, wat ook al die...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

22 practice notes
  • Some thoughts on the consequences of illegal contracts
    • South Africa
    • Juta Acta Juridica No. , August 2021
    • 23 August 2021
    ...Departmental Store (Pty) Ltd v Dork lerk Investments (Pty) Ltd 1975 (4) SA 881 (A) 88 6). But see Visse r v Rousseau en Ande re NNO 1990 (1) SA 139 (A) 152 on comparin g degrees of turpit ude on the side of the partie s. 46 Afrisure CC v Watson NO (n 1) par as 46–7; Du Plessis (n 21) 206; S......
  • National Credit Regulator v Opperman and Others
    • South Africa
    • 10 December 2012
    ...and Another H 2012 (2) SACR 331 (CC) (2012 (8) BCLR 881; [2012] ZACC 12): referred to Visser en 'n Ander v Rousseau en Andere NNO 1990 (1) SA 139 (A): referred to Wary Holdings (Pty) Ltd v Stalwo (Pty) Ltd and Another 2009 (1) SA 337 (CC) (2008 (11) BCLR 1123; [2008] ZACC 12): referred to I......
  • Challenging pre-bankruptcy dispositions: An Australian-South African comparison
    • South Africa
    • Juta South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • 25 May 2019
    ...(2) SA 424 (N); Rousseau en andere v Malan en 'n ander 1989 (2) SA 451 (C). Compare, however, Visser en 'n ander v Rousseau en andere 1990 (1) SA 139 (A) and CHJ Badenhorst Wervreemding van Goed sonder Teenwaarde ingevolge Artikel 26 van die Insolvensiewet 24 van 1936 en Ongeldige Borgstell......
  • Commissioner for Inland Revenue v Bowman NO
    • South Africa
    • 27 March 1990
    ...in answer to a statutory claim such as that created by s 26 of the Insolvency Act: Visser en 'n Ander v Rousseau en Andere NNO 1990 (1) SA 139 (A) at 159E - H. So, too, he is not bound by a judgment against the company to which he is not a party: a plea of res judicata cannot be raised agai......
  • Get Started for Free
19 cases

  • Commissioner for Inland Revenue v Insolvent Estate Botha t/a 'Trio Kulture'
    • South Africa
    • 26 February 1990
    ...first ground of appeal the respondent relied upon the decision of this Court in Visser en 'n Ander v Rousseau en Andere NNO 1990 (1) SA 139 (A). To this decision reference will be made hereafter as 'the Visser case'. For the respondent it was F contended that the decision in the Visser case......
  • Afrisure CC and Another v Watson NO and Another
    • South Africa
    • 11 September 2008
    ...SA 146 (A): referred to Sasfin (Pty) Ltd v Beukes 1989 (1) SA 1 (A): dictum at 16A applied Visser en 'n Ander v Rousseau en Andere NNO 1990 (1) SA 139 (A): dictum H at 153E - 154D Watson NO and Another v Shaw NO and Others 2008 (1) SA 350 (C): upheld on appeal Wilken v Kohler 1913 AD 135: d......
  • Get Started for Free
3 books & journal articles
  • Some thoughts on the consequences of illegal contracts
    • South Africa
    • Juta Acta Juridica No. , August 2021
    • 23 August 2021
    ...Departmental Store (Pty) Ltd v Dork lerk Investments (Pty) Ltd 1975 (4) SA 881 (A) 88 6). But see Visse r v Rousseau en Ande re NNO 1990 (1) SA 139 (A) 152 on comparin g degrees of turpit ude on the side of the partie s. 46 Afrisure CC v Watson NO (n 1) par as 46–7; Du Plessis (n 21) 206; S......
  • Challenging pre-bankruptcy dispositions: An Australian-South African comparison
    • South Africa
    • Juta South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • 25 May 2019
    ...(2) SA 424 (N); Rousseau en andere v Malan en 'n ander 1989 (2) SA 451 (C). Compare, however, Visser en 'n ander v Rousseau en andere 1990 (1) SA 139 (A) and CHJ Badenhorst Wervreemding van Goed sonder Teenwaarde ingevolge Artikel 26 van die Insolvensiewet 24 van 1936 en Ongeldige Borgstell......
  • What is wrong with modern unjustified enrichment law in South Africa?
    • South Africa
    • Sabinet De Jure No. 48-2, January 2015
    • 1 January 2015
    ...12 De Wet & Van Wyk Die Suid-Afrikaanse Kontraktereg en Handelsreg (1978)81.13 Jajbhay v Cassim 1939 AD 537; Visser v Rousseau 1990 (1) SA 139 (A);Klokow v Sullivan 2006 (1) SA259 (SCA). 14 The relaxation was not allowed in Mamoojee v Akoo 1947 (4) 733 (N); Henryv Banfield 1996 (1) SA 244 (......