Van Wyk v Steyn en 'n Ander
Jurisdiction | South Africa |
Citation | 1963 (4) SA 814 (GW) |
Van Wyk v Steyn en 'n Ander
1963 (4) SA 814 (GW)
1963 (4) SA p814
Citation |
1963 (4) SA 814 (GW) |
Court |
Griekwaland-Wes Plaaslike Afdeling |
Judge |
De Wet R |
Heard |
May 3, 1963; May 14, 1963 |
Judgment |
May 15, 1963 |
Flynote : Sleutelwoorde
Huur en Huurder — Plakaat van 26 Desember, 1658, art. 9 — Bedoeling van — Wanneer artikel van toepassing is.
Headnote : Kopnota
G Dit is alleenlik in gevalle waar die huurder afstand doen van sy huurregte deur 'n bindende ooreenkoms dat artikel 9 van die Plakaat van 26 Desember, 1658, wat verklaar dat die huurder nie by wyse van verkoop, ruil, skending of ander ooreenkoms huur mag 'oversetten' nie behalwe met die voorafgaande skriftelike toestemming van die verhuurder, van H toepassing is. Dit het geen betrekking op gevalle waar alleenlik 'n vergunning aan derde partye verleen word en waar hulle slegs die regte van prekarisse verkry.
Flynote : Sleutelwoorde
Landlord and tenant — Placaat of 26th December, 1658 sec. 9 — Object of — When section applicable.
Headnote : Kopnota
It is only in cases where the lessee renounces his rights to the lease by a binding agreement that section 9 of the Placaat of 26th December, 1658, which provides that the lessee may not transfer ('oversetten') the lease ('huur') except with the prior written consent of the lessor, is applicable. It has no application in cases where a favour is accorded to third parties and where they only obtain precarious rights.
1963 (4) SA p815
Case Information
Keerdatum van 'n bevel nisi. Feite wat nie van belang tot hierdie rapport is nie is weggelaat.
W. Witepski, namens die applikant, doen aansoek om die bevel nisi te bekragtig.
J. J. Basson, namens die respondente: In ex parte aansoeke behoort die applikant alle feite wat van belang mag wees by die oorweging daarvan door die Hof te lê. Versuim om dit te doen, verleen aan die Hof 'n diskresie om die bevel tersyde te stel op grond van verswyging (non-disclosure). Mauerberger v Mauerberger, 1948 (3) SA 562; Spilg v Walker, 1947 (3) SA 485; de Jager v Heilbron, 1947 (2) SA 415. B Dit word betoog dat die grondbewaringsplan aanhangsel 'E' tot petisie bindend is op die partye. Sien art. 19 van Wet 45 van 1946 soos gewysig. Dit word voorts betoog dat om oorbeweiding te voorkom die komitee by magte is om die drakrag van die veld te bepaal. Sover dit vee van ander persone betref beweer applikant slegs dat die respondente nie C geregtig is om sodanige vee op die plaas te laat wei nie en gee geen redes of besonderhede waarom respondente nie geregtig is om dit te doen nie. Dit word toegegee dat onderverhuring verbied is. Sien Spies v Lombard, 1950 (3) SA 469. 'n Onderhuur inderdaad is 'n nuwe huurkontrak tussen die huurder en die onderhuurder: Rheeders en Wepener v Johannesburg Town Council, 1907 T.S. 647 op bl. 652; Nieuwoudt v. D Slavin en Jowell, (1896) 13 S.C. 63; Wille Landlord and Tenant, 5de uitg., bl. 114; Wessels Law of Contract, 2de uitg., band 2, bl. 504. Vir 'n huurkontrak word 'n huurgeld vereis betaalbaar in geld of deel van die oes. Sien Crous v Crous, 1937 CPD 250; de Jager v Sisana, 1930 AD 71. Waar daar dus geen huurgeld gevra word nie, is dit geen E onderhuur nie. Die onderhuurder is blykbaar prekarisse. Theron, N.O v Joint, 1951 (1) SA 498; McGilvray v Reis, 1945 W.L.D. 11; Parago v Ragha, 1949 (3) SA 363; R v Sandler, 1949 (3) SA 289; sed contra Ahoon v Jhavary, 1934 NPD 282. Vgl. ook R v Moosa, 1955 (3) SA 442; R v Lombard, 1948 (2) SA 31. Die applikant moet by die keerdag F op 'n oorwig van waarskynlikhede bewys dat hy geregtig is op 'n interdik. Vgl. Fourie v Uys, 1957 (2) SA 125, waar al die tersaaklike beslissings behandel word. Skadevergoeding is genoegsame vergoeding en die applikant is aangewys op 'n aksie vir skadevergoeding. Hy moes nie die Hof genader het vir 'n interdik nie. Vgl. Meyer v Administrateur, Transvaal, 1961 (4) SA 55. A
Witepski, in repliek: Dit was kontrakbreuk aan die kant van respondente as hulle ander persone weiding op die plaas gegee het. (a) Afgesien van enige reëls van die gemenereg was die huurkontrak met respondente persoonlik en dit was deur die partye beoog dat alleenlik die diere van respondente sou wie op die plaas. G
Cur adv. vult. H
Postea (Mei 15).
Judgment
De Wet, R.:
Op die 3de Mei 1963 is 'n bevel nisi deur hierdie Hof uitgereik waarvolgens die respondente opgeroep word om redes aan te voer in hierdie Hof op die 3de Junie 1963 waarom (a) respondente
1963 (4) SA p816
De Wet R
nie belet sal word nie om meer as 5,000 kleinvee-eenhede op die plaas Gous, distrik Gordonia, te laat wei met dien verstande dat een stuk grootvee (bees, perd of donkie) as vyf kleinvee-eenhede bereken sal A word; (b) respondente nie belet sal word nie om enige ander persoon toe te laat om hulle lewende hawe op die gemelde plaas Gous te laat wei; (c) respondente nie verplig is nie om enige lewende hawe wat die getal vermeld in sub-para. (a) hiervan oorskry, dadelik van genoemde plaas Gous te verwyder en (d) waarom respondente nie die koste van die aansoek sal betaal nie. Dit is ook gelas dat para. (a), (b) en (c) voormeld as B 'n interim interdik sou dien. Die respondente is verlof verleen om die keerdatum van hierdie bevel te vervroeg deur vier dae kennis te gee aan applikant se prokureurs en die Griffier van hierdie Hof. Die respondente het ingevolge hierdie bevel kennis gegee van die vervroeging van die keerdag ingevolge die verlof wat aan hulle verleen is deur die C bevel. Die respondente vra vandag dat die bevel nisi opgehef moet word en dat die interim interdik verleen deur die Hof ter syde gestel moet word.
Luidens die feite wat gemene saak is in hierdie aansoek, is die applikant 'n mede-fidusiêre eienaar van die plaas Gous geleë in die distrik Gordonia. Daar is dertien ander sulke eienaars wie almal die D applikant gelas het om die onderhawige aansoek te doen. Op die 22ste Mei 1960 het die applikant en die ander mede-fidusiêre eienaars van die voormelde plaas Gous 'n huurkontrak aangegaan met respondente ten opsigte van 'n gedeelte groot nagenoeg 20,000 morge van die gemelde plaas. Ingevolge para. 10 van gemelde huurkontrak word respondente as E huurders alleenlik magtiging verleen om die eiendom te laat bewei volgens grondbewaringsvoorskrifte en volgens para. 1 daarvan verstryk die huurtermyn op die 25ste Mei 1963. Die applikant beweer in sy versoekskrif dat die enigste grondbewaringsvoorskrifte wat bestaan het toe die huurkontrak met respondente aangegaan was, bevat was in 'n algemene plan opgestel kragtens art. 19 van die Grondbewaringswet, 45 F van 1946, soos gewysig en gedateer 3 Augustus 1954. 'n Afskrif van gemelde grondbewaringsvoorskrifte is aangeheg tot die applikant se versoekskrif.
Dit blyk dat hierdie plan opgestel is deur die Distrikskomitee van die Langklip-Cnydas grondbewaringsdistrik in welke gebied die plaas Gous G geleë is en dat dit die enigste is wat vandag nog bestaan en betrekking het op die voormelde plaas. Die applikant beweer dat gemelde grondbewaringsvoorskrifte voorskrifte bevat waarna verwys word in die huurkontrak aangegaan tussen die applikant en die respondente. Die applikant beweer voorts dat ingevolge gemelde grondbewaringsvoorskrifte word as algemene leidraad bepaal dat die gemiddelde drakrag van die H betrokke grond vier morge per een kleinvee-eenheid is. Hy beweer in elk geval dat vertrapping en vernieling van veld veroorsaak word indien gemelde drakrag oorskry word. Die applikant beweer nou in sy versoekskrif dat die respondente teenstrydig met die huurkontrak en die grondbewaringsvoorskrifte waarna in gemelde kontrak verwys word gemelde plaas Gous oorbewei deur 'n groter aantal vee op gemelde plaas te laat wei as waarvoor gemelde grondbewaringsvoorskrifte voorsiening maak. Hy beweer dat ingevolge gemelde grondbewaringsvoorskrifte die betrokke gedeelte van die plaas slegs diere wat
1963 (4) SA p817
De Wet R
gelykstaan aan 5,000 kleinvee-eenhede kan dra en dat daar tydens die aansoek diere wat gelykstaande is aan 9,255 kleinvee-eenhede toegelaat is om gemelde plaas te bewei. Hy beweer derhalwe dat die respondente teenstrydig met die huurkontrak gehandel het en dat hy derhalwe op A gemelde grond geregtig is op die regshulp wat hy aanvra. Hy beweer in elk geval dat 'n beweiding van meer as een kleinvee-eenheid per vier morge op gemelde plaas oorbeweiding en vernieling van gemelde plaas veroorsaak en dat hy ook op gemelde grond geregtig is op die regshulp wat hy aanvra. Die applikant beweer voorts dat die respondente B teenstrydig met die bepalings van die huurkontrak ander persone toegelaat het om hulle vee op gemelde plaas te laat wei. Hy beweer...
To continue reading
Request your trial-
S v Ntshangase; S v Skeyi
...omskep is en waarna interessantheidshalwe verwys kan word is die byna algehele omskepping van die burgerregtelike verpligting om 1963 (4) SA p814 De Vos Hugo onderhoud te betaal in 'n misdaad - vide art. 110 van Wet 46 van 1935 soos herverorden in art. 11 van Wet 23 van 1963. Die gemeenskap......
-
S v Ntshangase; S v Skeyi
...omskep is en waarna interessantheidshalwe verwys kan word is die byna algehele omskepping van die burgerregtelike verpligting om 1963 (4) SA p814 De Vos Hugo onderhoud te betaal in 'n misdaad - vide art. 110 van Wet 46 van 1935 soos herverorden in art. 11 van Wet 23 van 1963. Die gemeenskap......