Van Vuuren v Esterhuizen NO en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
Citation1996 (2) SACR 322 (A)

Van Vuuren v Esterhuizen NO en 'n Ander
1996 (2) SACR 322 (A)

1996 (2) SACR p322


Citation

1996 (2) SACR 322 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Howie AR

Heard

May 27, 1996

Judgment

May 31, 1996

Flynote : Sleutelwoorde

E Geregtelike doodsondersoek — Verhouding van tot strafregtelike vervolging — Verrigtinge ingevolge art 119 van Strafproseswet 51 van 1977 nie ingesluit by F begrip van 'strafgeding' soos beoog deur art 5(1) van Wet op Geregtelike Doodsondersoeke 58 van 1959 nie — Waar Prokureur-generaal na verrigtinge ingevolge art 119 van Strafproseswet besluit om nie beskuldigde te vervolg nie, kan beskuldigde nie daarna die hou van geregtelike doodsondersoek deur beroep op art 5(1) van Wet op Geregtelike Doodsondersoeke 58 van 1959 G voorkom nie — 'Strafgeding' in Wet 58 van 1959 beteken strafverhoor — Artikel 119 verrigtinge wat doodsondersoek voorafgaan dus nie strafgeding nie — Besluit van Prokureur-generaal om nie 'op dié stadium' te vervolg nie is nie staking van vervolging nie — Indien dit te eniger tyd daarna sou blyk dat suksesvolle verhoor wel ingestel kan word kan hy dit gelas — Beleid van H Prokureur-generaal om beslissing so te formuleer ten einde beskuldigde nie onder wanindruk te laat ten opsigte van enige vermeende finaliteit oor vervolging nie — In omstandighede nie nodig vir landdros om gebiedende I bepaling in art 21(2) van Wet te gehoorsaam en doodsondersoek te staak nie — Sodanige prosedure kom nie neer op misbruik van reg nie — Beskuldigde en sy getuies sou moet getuig tydens doodsondersoek en dan sou hulle privilegie teen selfbeskuldiging hê en dit kan uitoefen met behulp van regsverteenwoordiger — Indien voorsittende beampte op antwoord sou aandring wat privilegie sou skend, sou beskuldigde eers dan op regshulp geregtig wees óf by wyse van hersieningsverrigtinge óf, ingeval van uiteindelike vervolging, by wyse van beswaar teen toelating teen hom van getuienis by doodsondersoek — By ontstentenis J

1996 (2) SACR p323

A van hersieningsverrigtinge sal beweerde skending van reg op stilswye en reg op billike verhoor ingevolge art 25(3) van Grondwet 200 van 1993 eers geopper kan word as en wanneer beskuldigde vervolg word — Hierdie nie gepaste tyd of forum vir aanhoor daarvan nie — Plig van Verhoorregter om toe te sien dat verhoor, indien enige, billik verloop.

Headnote : Kopnota

Die appellant het geappelleer teen 'n beslissing van 'n Provinsiale Afdeling in 'n B hersieningsaansoek dat die hou van 'n geregtelike doodsondersoek in die omstandighede van die spesifieke geval regtens bevoeg was. Die appellant was die voormalige beskuldigde in 'n moordsaak. Ná afhandeling van die pleitverrigtinge ooreenkomstig art 119 van die Strafproseswet 51 van 1977, het die Prokureur-generaal van die provinsie (die tweede respondent) geweier om die appellant op daardie stadium verder te vervolg, en het hy die appellant en lede van C sy familie laat dagvaar om te getuig by 'n geregtelike doodsondersoek ('doodsondersoek'). By die aanvang van die verrigtinge voor die landdros (die eerste respondent) het die appellant versoek dat die doodsondersoek nie voortgesit word nie. Die hersieningsaansoek is deur die landdros en die Prokureur-generaal teengestaan. Die landdros het die aansoek afgewys, en die appellant het daarna aansoek gedoen om die hersiening van die verrigtinge. Die hersieningsaansoek is D deur die landdros en die Prokureur-generaal teengestaan. Die Hof a quo het bevind dat die hou van die doodsondersoek in die omstandighede bevoeg was. Verlof om te appelleer is verleen, en op appèl was die vraag of die geregtelike doodsondersoek in die omstandighede regtens bevoeg was, en indien wel, of dit nie E op misbruik van reg neergekom het nie.

Beslis, wat betref die appellant se eerste submissie naamlik dat, aan die hand van art 5 van die Wet op Geregtelike Doodsondersoeke 58 van 1959 ('die Wet'), 'n doodsondersoek slegs gemagtig word in die situasie waar 'n strafgeding nie ingestel F word nie, en dat aangesien 'n strafgeding in die onderhawige geval wel ingestel is in die vorm van die verrigtinge ingevolge art 119 van die Strafproseswet, die instel van 'n doodsondersoek daarná regtens onbevoeg was, dat 'n behoorlike uitleg van 'strafgeding' in arts 5 en 21 van die Wet geverg het dat die beoogde strafprosedure drie eienskappe in besonder moes hê, naamlik 'n ondersoek na die feite, 'n opweging van die voorgelegde getuienis en 'n bevinding met betrekking tot strafregtelike aanspreeklikheid. 'n Strafverhoor het klaarblyklik daardie eienskappe gehad, maar G die verrigtinge inge-volge art 119 van die Strafproseswet het nie. Die verrigtinge ingevolge art 119 was nie deel van die strafverhoor self nie, maar 'n voorverhoorproses. Dit het geen voorlegging van getuienis of ondersoek na die feite behels nie, en die beskuldigde kon nie op 'n uitspraak aandring by die afsluiting daarvan nie. 'Strafgeding' in die Wet het dus beteken 'n strafverhoor, en die art 119 H verrigtinge wat die onderhawige doodsondersoek voorafgegaan het was dus nie 'n strafgeding nie.

Beslis, verder, wat betref die appellant se tweede submissie, gegrond op art 21(2) van die Wet, naamlik dat die tweede respondent voornemens was om ná afhandeling van die doodsondersoek die appellant onverwyld te vervolg, en dat die eerste I respondent dus die kennis moes besit het dat 'n strafgeding ingestel staan te word, en dat hy die gebiedende bepaling van art 21(2) behoort te gehoorsaam het en die doodsondersoek te gestaak het, dat die tweede respondent se verduideliking dat, aangesien 'n besluit om nie te vervolg nie nie 'n staking van vervolging was nie, en dat indien dit te eniger tyd daarna sou blyk dat 'n suksesvolle vervolging wel ingestel kon word, sy beslissing bewoord is dat hy geweier het om die beskuldigde op die huidige stadium te vervolg, en dat dit die beleid was om sy beslissing so te formuleer ten einde 'n beskuldigde J

1996 (2) SACR p324

A nie onder 'n wanindruk te laat ten opsigte van enige vermeende finaliteit oor 'n vervolging nie, was oortuigend. In die lig daarvan en in die afwesigheid van enige verdere getuienis wat die betoogspunt gesteun het, kon nie bevind word dat 'n strafgeding te eniger tersaaklike tyd ingestel staan te gewees het nie.

Die appellant se derde submissie was dat die voortsetting van die doodsondersoek B sy privilegie teen selfbeskuldiging sou skend, asook sy reg op spoedige afhandeling van enige verhoor waarby hy die beskuldigde sou wees, en dat die prosedure wat die tweede respondent in die onderhawige situasie gevolg het op misbruik van reg neergekom het wat ernstige benadeling vir die appellant en potensiële verdedigingsgetuies ten gevolg sou hê. Die appellant se advokaat het daarop gewys C dat die appellant en ander potensiële verdedigingsgetuies wat gedagvaar is om by die doodsondersoek te getuig, dáár gekruisvra sou kon word, en dat die Staat nie daardie gevolg sou kon bereik het deur die appellant bloot net te vervolg nie; dit sou tot skending van nie net die gemelde privilegie lei nie, maar ook van appellant se reg D ingeval van vervolging om te swyg, en die voortsetting van die doodsondersoek sou dus indruis teen die appellant se regte tot 'n billike verhoor soos verleen deur art 25 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika Wet 200 van 1993.

Beslis, dat die beweerde benadeling van presies dieselfde aard en strekking sou E gewees het indien die tweede respondent die instelling van 'n doodsondersoek aan die gang gesit het sonder enige voorafgaande aanklag of art 119 verrigtinge; in laasgenoemde omstandighede sou die appellant die onderhawige submissie onmoontlik kon geopper het. Die beweerde nadele het eenvoudig gevloei uit die F prosedure wat die Wet neergelê het; hulle was nie aan die tweede respondent se optrede te wyte nie.

Beslis, verder, dat die prosedure in die onderhawige geval nie op 'n misbruik van reg neergekom het nie. Die appellant en die potensiële verdedigingsgetuies sou tydens die doodsondersoek moes getuig, en hulle sou dan die gemelde privilegie hê en dit G kon uitoefen met behulp van hul regsverteenwoordiger. Indien die voorsittende beampte op 'n antwoord sou aandring wat die privilegie sou skend, sou die appellant dan eers op regshulp geregtig geword het, óf by wyse van die gepaste hersieningsverrigtinge, óf by wyse van beswaar ingeval van sy uiteindelike vervolging, teen toelating teen hom van sy getuienis by die doodsondersoek.

Beslis, verder, dat by ontstentenis van hersieningsverrigtinge sou die beweerde skending van die privilegie van die reg op stilswye en die reg op 'n billike verhoor ingevolge art 25(3) van die Grondwet alles aangeleenthede wees wat eers geopper H sou kon word as en wanneer appellant vervolg word. Hierdie was nie die gepaste tyd of forum vir die aanhoor daarvan nie. Dit sou die Verhoorregter wees wat sou moes toesien dat die verhoor, indien enige, billik verloop het. Dus kon die appellant se finale submissie ook nie slaag nie.

Die beslissing in die Transvaalse Provinsiale Afdeling in Van Vuuren v Esterhuysen NO en 'n Ander 1994 (1) SACR 527 (T) (1994 (3) SA 395) bevestig. I

Flynote : Sleutelwoorde

Inquest — Relationship of to criminal prosecution — Proceedings in terms of s 119 of Criminal Procedure Act 51 of 1977 not included in concept of 'criminal proceedings' as intended by s 5(1) of Inquests Act 58 of 1959 — Where Attorney-General after proceedings in terms of s 119 decides not to prosecute accused, accused not entitled to prevent holding of inquest by relying on s 5(1) of Act 58 of 1959 — 'Criminal proceedings' in Act 58 of 1959 meaning criminal trial — Section 119 proceedings preceding inquest not criminal proceedings — Decision of Attorney-General not to prosecute 'at this stage' not stopping of J

1996 (2) SACR p325

A prosecution — If it appeared at any time thereafter that successful trial could...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • Defining the Limits of the Common-Law, South African and European Privilege against Self-Incrimination
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...basis by the witness or the 15 Masokanye v Ad ditional Magistrate , Stellenbosch 1994 1 SACR 21 (C); Van Vuuren v Esterhuiz en NO 1996 2 SACR 322 (A) E ngland: Rule 22(1) of the Coroner’s Rules 1984 Canada: R v Zurl o (1990) 57 CCC (3d) 407 Australia: s 33AA of the Coroner’s Act 1980 (NSW) ......
  • S v Nortjé
    • South Africa
    • Invalid date
    ...moet dit as't ware "met skoon hande" hof toe kom.' I am not satisfied that the State, as dominus litis , came to Court in this J 1996 (2) SACR p322 Foxcroft matter with 'clean hands'. There is no acceptable evidence that appellant, but for the shabby efforts of Steyn and Christie, would eve......
1 cases
  • S v Nortjé
    • South Africa
    • Invalid date
    ...moet dit as't ware "met skoon hande" hof toe kom.' I am not satisfied that the State, as dominus litis , came to Court in this J 1996 (2) SACR p322 Foxcroft matter with 'clean hands'. There is no acceptable evidence that appellant, but for the shabby efforts of Steyn and Christie, would eve......
1 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT