Van Heerden v Minister van Veiligheid en Sekuriteit en 'n Ander
Jurisdiction | South Africa |
Judge | Olivier R |
Judgment Date | 20 September 2011 |
Citation | 2014 (2) SACR 346 (NCK) |
Docket Number | 858/2009 |
Hearing Date | 22 August 2011 |
Counsel | SL Erasmus for the plaintiff. SE Motloung for the first defendant ND Khokho for the second defendant. |
Court | Northern Cape Division |
Olivier R: I
[1] Die eiser, mnr Johannes van Heerden, eis van die eerste verweerder, die Minister van Veiligheid en Sekuriteit, en die tweede verweerder, die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, skadevergoeding op grond van kwaadwillige vervolging en kwaadwillige, alternatiewelik onregmatige, arrestasie. J
Olivier R
Inleiding A
[2] Die eiser het in 1986 aangesluit by die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Hy het vanaf 1989 gedien as die stasiebevelvoerder van die Delportshoop Polisiestasie. Ten tye van hierdie gebeure en tot en met sy bedanking uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het hy die rang van kaptein beklee.
B [3] Gedurende Desember 2006, volgende op beweringe [1] dat 'n arbeider gedood is by 'n myn van 'n sekere mnr Visser en dat ander arbeiders van Visser aangerand is, is 'n polisietaakspan saamgestel om klagtes te ondersoek dat die polisie versuim het om sulke beweringe en sake te ondersoek. Kolonel Perumal was die leier van die taakspan en adjudant C offisier Mogalie was een van die polisielede wat daarop gedien het. Verskeie polisiebeamptes van verskillende polisiestasies in areas waar Visser mynbedrywighede gevoer het, is toe hetsy gearresteer of gedagvaar en voor howe gebring. Sover dit die Delportshoop Polisiestasie aangaan, het die taakspan, onder andere, ondersoek ingestel na die eiser se D betrokkenheid in polisiedossiere rakende beweerde aanrandings op mnr Samuel Mokgabi en mnr Peter Segame.
[4] Die eiser is aangesê om by die provinsiale hoofkwartier in Kimberley te rapporteer, waar hy op 1 Februarie 2007 deur Kol Perumal te woord gestaan is. Hy is by daardie geleentheid gekonfronteer oor sy betrokkenheid E in 'n polisiedossier oor die beweerde aanranding deur Visser en sy seun op mnr Segame. Volgende op hierdie konfrontasie het die eiser sy amptelike selfoon ingehandig by die polisiestasie te Delportshoop. Hy was daarna met verlof, aanvanklik siekverlof en later gewone verlof, tot sy bedanking.
F [5] Op 28 Mei 2007 het die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgingsgesag (die DOV) [2] vir hierdie afdeling 'n opdrag uitgereik dat die eiser vervolg moes word op 'n aanklagte van statutêre meineed [3] en regsverydeling. Die besluit is geneem deur twee advokate van die DOV, mnr Tshweu, wat die adjunk-DOV was, en sy junior, mnr Mashuga. Die getuienis was dat die werkswyse was dat die junior en die senior lid in sulke G gevalle gesamentlik 'n beslissing maak.
[6] Op 31 Mei 2007 was Perumal en Mogalie by die Delportshoop Polisiestasie. Gedurende 'n telefoongesprek tussen Perumal en die eiser [4] is daar tussen hulle ooreengekom dat die eiser vir Perumal en Mogalie H sou ontmoet op 'n grondpad buite Barkly-Wes. Toe die eiser vir Perumal en Mogalie ontmoet het soos afgespreek, was hulle reeds gewapen met 'n lasbrief vir sy arrestasie. Die eiser, wat daar aangekom het met 'n bakkie en 'n sleepwa met 'n siek of beseerde bees daarop, is toe gearresteer. Mogalie het die eiser in sy eie voertuig vergesel tot by die eiser se huis in
Olivier R
Barkly-Wes, waar die sleepwa en die dier gelaat is. Die eiser is toe deur A hulle geneem na die Delportshoop Polisiestasie. Daar is sy waarskuwingsverklaring en sy vingerafdrukke geneem.
[7] Die eiser is toe in 'n polisievoertuig vervoer na die Barkly-Wes Landdroskantoor, [5] waar die eiser op borg van R100 vrygelaat is. B
[8] Op 20 Junie 2008, aan die einde van die vervolging se saak in die vervolging van die eiser, is hy ingevolge die bepalings van art 174 van die Strafproseswet [6] op beide die aanklagte onskuldig bevind.
[9] Dit is op die basis van hierdie gebeure dat die eiser die voormelde eise teen die twee verweerders ingestel het. Die verhoor van die quantum is C geskei en wat dus op hierdie stadium bereg moet word, is of enige van die verweerders aanspreeklik is om op enige van die eise skadevergoeding aan die eiser te betaal.
Pleitstukke
[10] Wat die kwaadwillige vervolging betref, is die eiser se saak dat lede D van die eerste verweerder en/of die tweede verweerder vals aanklagte van —
regsverydeling na bewering gepleeg gedurende ongeveer September en/of Oktober 2001 (die Segame-geval); en
regsverydeling en/of meineed na bewering gepleeg gedurende Augustus 1999 (die Mokgabi-geval) teen hom aanhangig E gemaak het en dat hulle geen redelike gronde en/of redelike vermoede en geen redelike en bona fide geloof gehad het in die waarheid van die bewerings nie.
[11] Die eerste verweerder het hierdie beweringe aanvanklik bloot F ontken. Op 'n baie laat stadium, inteendeel op die eerste dag van die betoë en baie lank na die afsluiting van die getuienis, is aansoek gedoen om 'n wysiging van die verweerskrif. Ek het dit toegestaan omdat dit, gegewe ook die getuienis, geen nadeel vir enige van die ander partye kon inhou nie. Die effek daarvan was steeds so 'n ontkenning. Bykomstig daartoe is egter van die kant van die eerste verweerder gepleit — G
dat die eiser op 16 Augustus 1999 die misdaad van regsverydeling gepleeg het toe hy 'attested to an affidavit';
dat Mogalie 'n vredesbeampte soos bedoel in die Strafproseswet was;
dat die eerste verweerder op die basis van daardie 'affidavit' 'n lasbrief bekom het vir die eiser se arrestasie; H
dat die eiser toe op 31 Mei 2007 behoorlik voor 'n hof te Barkly-Wes gebring is; en
dat die eerste verweerder opgetree het ooreenkomstig die voorskrifte van art 50 van die Strafproseswet. I
[12] Ek moet sê dat ek die gewysigde pleit in hierdie verband vreemd vind. Die feit dat glad nie gemeld is watter lid of werknemer dit was wat namens die eerste verweerder die lasbrief bekom het nie, maak dit
Olivier R
A onduidelik waarom dit dan nodig was om in 'n oënskynlik nie-verbandhoudende subparagraaf te verwys na Mogalie en na die feit dat hy 'n vredesbeampte was. Die bewering dat die eerste verweerder ooreenkomstig die bepalings van art 50 van die Strafproseswet opgetree het, lyk ook vreemd. Artikel 50 is getiteld 'Prosedure na 'n inhegtenisneming' en B dit blyk glad nie uit die gewysigde verweerskrif van die tweede verweerder hoe hierdie bewering betrekking kan hê op die eiser se bewering van kwaadwillige vervolging nie. Verder vreemd wat die gewysigde verweerskrif betref, is die herhaalde verwysings daarin na die eiser se verklaring as synde 'n beëdigde verklaring, terwyl dit duidelik geblyk het uit alle getuienis, en inderdaad gemene saak was, dat die betrokke verklaring C nooit beëdig is nie.
[13] Die tweede verweerder het in sy verweerskrif erken dat alle betrokkenes in die diens van, onderskeidelik, die eerste en tweede verweerder was, maar het alle ander beweringe van die eiser rondom die D eis van kwaadwillige vervolging ontken. Bykomstig hiertoe het die tweede verweerder gepleit dat 'n klagte van Segame gelei het tot 'n ondersoek deur werknemers van die eerste verweerder, welke ondersoek aan die lig gebring het dat die eiser die misdade gepleeg het van meineed en regsverydeling.
[14] Wat betref die eis van kwaadwillige arrestasie is die saak vir die eiser, E op die pleitstukke, dat die instel van die vervolging kwaadwillig was en dat op 31 Mei 2007 lede van die tweede verweerder op versoek van lede van die eerste verweerder onregmatiglik en kwaadwilliglik aansoek gedoen het om 'n lasbrief vir die eiser se arrestasie. Daar is gepleit dat die betrokke optrede kwaadwillig was omdat die arrestasie van die eiser 'nie F redelikerwys noodsaaklik was ten einde sy aanwesigheid in 'n geregshof te verseker of om enige van die ander regtens erkende doeleindes van arrestasie te dien nie'.
[15] Verder is gepleit dat die eiser as gevolg van hierdie optrede op 31 Mei 2007 gearresteer is, daarna aangehou is in die teenwoordigheid G van ondergeskiktes by die Delportshoop Polisiestasie en vandaar onder polisiebegeleiding vervoer is na Barkly-Wes, waar hy aangehou is in die selle by die landdroskantoor totdat hy in die hof verskyn het en borg vir hom vasgestel is.
[16] In die aanvanklike verweerskrif het die eerste verweerder, afgesien H daarvan om bloot te erken dat die eiser gearresteer is op 31 Mei 2007, alle ander beweringe in hierdie verband ontken. Met die voormelde wysiging het die eerste verweerder die beweringe ten aansien van Mogalie, die beweerde pleeg van die regsverydeling deur die eiser op 16 Augustus 1999, die verkryging van die lasbrief en die optrede ingevolge art 50 van die Strafproseswet geïnkorporeer by 'n algehele I ontkenning van die eiser se beweringe van 'n kwaadwillige arrestasie. Die effek van hierdie deel van die wysiging was ook vreemd, naamlik om ook die bewering dat die eiser op 31 Mei 2007 gearresteer is, te ontken, want dit was nooit in geskil nie.
[17] Die tweede verweerder het rondom die eis van kwaadwillige J arrestasie, afgesien daarvan om te verwys na dit wat reeds gepleit was ten
Olivier R
aansien van die beweringe van kwaadwillige vervolging, al die eiser se A beweringe van 'n kwaadwillige arrestasie ontken. Bykomstig daartoe het die tweede verweerder gepleit —
dat die eiser om 12h45 [7] gearresteer is deur Perumal en Mogalie;
dat die eiser se waarskuwingsverklaring en sy vingerafdrukke B geneem is by die Delportshoop Polisiestasie in, onderskeidelik, die kantoor van die waarnemende stasiebevelvoerder, Insp Sey, en in die aanklagkantoor;
dat om ongeveer 13h00 die eiser deur Sey geneem is na die landdroshof te Barkly-Wes; en
dat die eiser te alle tye in die teenwoordigheid van Sey was C totdat hy om ongeveer 15h00 op borg vrygelaat is.
[18] Die eiser het in sy besonderhede van vordering, in die alternatief tot die beweringe van kwaadwillige arrestasie, gepleit dat die betrokke arrestasie onregmatig was, omdat dit 'nie redelikerwys noodsaaklik was ten einde sy aanwesigheid in 'n...
To continue reading
Request your trial