Van der Merwe Burger v Munisipaliteit van Warrenton

JurisdictionSouth Africa
JudgeSteenkamp Rand Erasmus Wn R
Judgment Date19 May 1986
Citation1987 (1) SA 899 (NC)
Hearing Date25 April 1986
CourtNorthern Cape Division

Van der Merwe Burger v Munisipaliteit van Warrenton
1987 (1) SA 899 (NC)

1987 (1) SA p899

Citation

1987 (1) SA 899 (NC)

Court

Noord-Kaapse Afdeling

Judge

Steenkamp Rand Erasmus Wn R

Heard

April 25, 1986

Judgment

May 19, 1986

Flynote : Sleutelwoorde

Nalatigheid — Deur munisipaliteite — Munisipaliteit het G stormwaterpyp wat na voor gelei het nie skoon gehou nie — Eiser se eiendom deur vloedwater beskadig — Landdros het absolusie van instansie toegestaan omdat verweerder 'n munisipaliteit was en nie aanspreeklik sou wees nie aangesien dit nie 'n nuwe gevaar of bron van gevaar geskep het nie — H Hof bevind op appèl dat bevoorregte posisie van munisipaliteite onhoudbaar in moderne samelewing en geen rede waarom munisipaliteit beskerm behoort te word teen eis gebaseer op late — Voldoende getuienis voor hof a quo waaruit dit afgelei kon word dat verweerder nalatig was — Appèl gehandhaaf.

Headnote : Kopnota

Appellant het in 'n landdroshof aksie vir skadevergoeding teen I die verweerder, 'n munisipaliteit, ingestel. Die skade is na bewering veroorsaak deur water wat uit 'n stormwaterpyp gekom het en 'n voor oorstroom het aangesien die voor nie deur die munisipaliteit (wat die stormwaterpyp gebou het) skoongehou is nie. Met die sluiting van die appellant se saak in die landdroshof het die landdros absolusie van die instansie toegestaan en bevind dat die verweerder, synde 'n munisipaliteit, nie aanspreeklik was nie aangesien dit nie 'n nuwe gevaar of bron van gevaar geskep het nie. Op appèl teen J hierdie beslissing,

1987 (1) SA p900

A Beslis, dat in die moderne samelewing waar munisipaliteite wye bevoegdhede en verpligtinge gehad het en goeie en vaste bronne van inkomste gehad het en ook versekering vir hulle aanspreeklikheid kon uitneem, was daar geen rede waarom 'n munisipaliteit beskerm moes word teen eise gebaseer op late.

Beslis, verder, dat die respondent redelikerwys moes voorsien het dat deur stormwater te konsentreer in 'n stormwaterpyp wat B uitgemond het in 'n voor wat nie skoon gehou is nie, skade aan aangrensende eiendomme veroorsaak kon word.

Beslis, verder, dat daar voldoende getuienis voor die hof a quo was waaruit dit afgelei kon word dat die respondent versuim het om die voor skoon te hou en moes voorsien het dat sodanige late skade aan die appellant se eiendom kon veroorsaak het.

Beslis, gevolglik, dat die landdros fouteer het deur absolusie van die instansie toe te staan. Appèl gehandhaaf. C

Flynote : Sleutelwoorde

Negligence — By municipalities — Municipality failing to keep furrow clean which carried water from a stormwater pipe which it had installed — Plaintiff's property damaged by floodwater — Magistrate granting absolution from the instance as defendant a municipality and not liable as it had not created a new danger or source of danger — Court finding on appeal that privileged position of municipalities untenable in modern world and no reason why municipality ought to be D protected from claim based on omission — Sufficient evidence before court a quo from which it could be inferred that defendant negligent — Appeal upheld.

Headnote : Kopnota

Appellant instituted action for damages in a magistrate's court against the defendant, a municipality. The damage had allegedly been caused by water coming out of a stormwater pipe into a furrow which overflowed as the furrow had not been kept clean by the municipality which had installed the stormwater pipe. At E the closing of the appellant's case in the magistrate's court, the magistrate granted absolution from the instance and held that the respondent, being a municipality, was not liable as it had not created a new danger or source of danger. On appeal against this decision,

Held, that in the modern world, where municipalities had wide powers and obligations and had good and fixed sources of income and were also able to insure against their liability, there was no reason why a municipality ought to be protected against F claims based on omissions.

Held, further, that the respondent ought reasonably to have foreseen that by concentrating stormwater in a stormwater pipe which flowed into a furrow which was not kept clean, damage could be caused to the neighbouring properties.

Held, further, that there was sufficient evidence before the court a quo from which it could be inferred that the respondent G had failed to keep the furrow clean and ought to have foreseen that such omission could have caused damage to appellant's property.

Held, accordingly, that the magistrate had erred in granting absolution from the instance. Appeal upheld. H

Case Information

Appèl teen 'n beslissing in 'n landdroshof. Die feite blyk uit die uitspraak.

J J de Bruin SC namens die appellant.

C Edeling namens die respondent.

Cur adv vult.

I Postea (Mei 19).

Judgment

Steenkamp R:

Op 24 Oktober 1984 het daar op die dorp Warrenton 'n buitengewone stortbui reën van ongeveer 75mm binne 'n bestek van 35 tot 45 minute geval. Die appellant het die spesifieke J dag vanaf Pretoria in die stortbui reën by sy woning, te erf 371, Langstraat, aangekom. Hy het

1987 (1) SA p901

Steenkamp R

waargeneem hoe water, wat uit 'n stormwaterpyp kom, wat deur A die respondent op die naburige erf aangebring was, sekere skade aan sy eiendom aangerig het, Die appellant het 'n eis vir skadevergoeding teen die respondent aanhangig gemaak. Die saak is deur die landdros van Warrenton verhoor en na die sluiting van die appellant se saak is daar deur die respondent vir B absolusie van die instansie aansoek gedoen welke aansoek deur die landdros, met koste, toegestaan is.

Die appellant kom nou in hoër beroep teen die uitspraak van die landdroshof wat op 23 Augustus 1985 gelewer is. Die vraag of daar skade bewys is en die bedrag daarvan is nie in hierdie appèl ter sake nie omdat die appèl bloot gaan oor die vraag of die appellant enige aanspreeklikheid aan die kant van die C respondent bewys het. Daar sal derhalwe slegs met die getuienis wat met die respondent se aanspreeklikheid te doen het, gehandel word.

Volgens die getuienis van die appellant en ene mnr Bosman het die respondent 'n serwituut van waterleiding oor die erf van laasgenoemde geregistreer en op grond hiervan is daar 'n D stormwaterpyp, met 'n deursnee van ongeveer 1,20 m op mnr Bosman se erf gedurende 1980 gelê. Die pyp loop vir ongeveer 60 m vanaf die pad deur die erwe, maar loop slegs vir 20 m langs en op die erf van mnr Bosman. Die pyp het sy oorsprong by die pad aan die oostekant van die appellant se erf waar die respondent die stormwater, wat van die oostekant van die pad afkomstig is, tot 'n mate uit sy natuurlike vloei geneem het en E die water deur twee kasduikers onder die pad in die 1,20 m stormwaterpyp konsentreer het. Die pyp loop op die noordekant van die appellant se erf in 'n voor in. Die voor loop al langs die appellant se noordelike grens tot in die rivier.

Die betrokke dag was die stormwatersloot met 1,2 m deursnee vol en dit het in die voor op die appellant se erf uitgemond. Die F appellant het die loop van die water waargeneem en getuig dat die water uit die pyp nie sy normale vloei in die grondvoor kon neem nie omdat die voor met palmiete, riete en opdrifsels verstop was en weinig, indien enige water wat uit die pyp gekom het, kon wegvoer. Die voor word deur die respondent instand gehou alhoewel dit nie duidelik op die getuienis is wie die voor oorspronklik gemaak het nie. Die waarskynlikhede dui egter G daarop dat dit die respondent moes gewees het, want laasgenoemde het die pyp gelê en moes derhalwe ook vir die wegloop van die water wat uit die pyp kom, voorsiening gemaak het. Die water het oor die walle van die sloot gespoel en skade aan die appellant se eiendom aangerig. Met kruisondervraging is daar gepoog om aan te toon dat die stortbui so hewig en vinnig H water laat neerdaal het dat daar orals water was en die betrokke dreineringstelsel, al sou dit ook hoe effektief en skoon gewees het, die stormwater daardie dag nie kon hanteer het nie.

Die volgende vrae is aan die appellant in hierdie verband gevra:

'V. Hoeveel water loop oor Bosman se erf? - Baie, meer as I oor my erf.

V. Was die pyp langs die tennisbaan vol? - Ja.

V. As hy vol was en daar is nog groter stroom in Bosman se erf dan lyk dit of daar meer water was as wat dreineringstelsel kon hanteer? - Dit is so, maar water wat my skade berokken is deur die blokkasie in voor.'

Die appellant het ook briewe ingehandig waarin hy die respondent versoek het om die voor met sement uit te voer ten J einde te verhoed dat

1987 (1) SA p902

Steenkamp R

A van sy grond wegspoel. Die respondent het aangetoon dat die saak ondersoek word. Daar is ook aan die appellant 'n besluit van die respondent gestuur wat soos volg lees:

'dat weens die dringendheid daarvan magtiging verleen word dat die nodige ongeveer 40 m vloedwaterpype onverwyld bestel word B en dat dit gelê word tot waar dit nodig mag wees om die probleem die hoof te probeer bied, met inagneming van die bepalings van art 172(6) van Ord 20 van 1974.'

Die appellant se getuienis word ook gestaaf deur mnr Bosman wat onder andere getuig het:

'Ek het alles gaan besigtig en gevind dat die serwituutvoor was verstop en dat die water uit die pyp dus op die eiser se grond loop.'

C Mnr Bosman se erf is laer liggend en water wat op eersgenoemde se erf vloei kon nie op die appellant se erf kom nie. Die getuie het ontken dat die respondent die voor gedurende Junie of Julie 1984 skoongemaak het.

Die appellant het ook getuig dat die riete in die betrokke voor so hoog as ses tot agt voet en die palmiete so hoog as vyf - D ses voet was. Hy het ook 'n fotograaf, ene mnr Steenkamp, as 'n getuie geroep wat op 26 Oktober 1984 van die voor 'n aantal foto's geneem het wat by die hof ingehandig is. Daarvolgens blyk dit dat die betrokke voor redelik met riete en...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

10 practice notes
  • Cape Town Municipality v Bakkerud
    • South Africa
    • Invalid date
    ...considered I Sutherland Shire Council v Heyman (1985) 157 CLR 424: considered Van der Merwe Burger v Munisipaliteit van Warrenton 1987 (1) SA 899 (NC): applied. Case Information Appeal from a decision in the Cape Provincial Division (Fagan DJP, Brand J and Hlope J). The facts appear from th......
  • Cape Town Municipality v Bakkerud
    • South Africa
    • Supreme Court of Appeal
    • 29 Mayo 2000

  • Mostert v Cape Town City Council
    • South Africa
    • Invalid date
    ...3 All ER 801 (HL) at 812-16 Valk£n v Daggafonte£n M£nes Ltd 1960 (2) SA 507 (W) at 520 Van der Merwe Burger v Mun£sipal£teit Warrenton 1987 (1) SA 899 (NC) at 908A-D Corbett 'Aspects of the Role of Policy in the Evolution of our Common Law' (1987) 104 SALJ 52 Donges and Van Winsen Mun£c£pal......
  • Cape Town Municipality v Butters
    • South Africa
    • Invalid date
    ...en 'n Ander 1991 (4) SA 243 (NC) Skinner v Johannesburg Turf Club 1907 TS 852 Van der Merwe Burger v Munisipaliteit van Warrenton 1987 (1) SA 899 (NC) G Case Appeal from a decision of a single Judge (Thring J), reported at 1993 (3) SA 521 (C). The facts appear from the judgment of Ackermann......
  • Get Started for Free
9 cases

1 books & journal articles
  • Actio ad exibendum: Deliksaksie sui generis of actio legis Aquiliae?
    • South Africa
    • Juta Acta Juridica No. , August 2019
    • 29 Mayo 2019
    ...van die regsplig — en dus onregmatigheid - by aanspreeklikheid weens 'n late (bv Van der Merwe Burger v Munisipaliteit van Warrenton 1987 (1) SA 899 (NC) 908; Langley Fox Building Partnership (Pty) Ltd v De Valence 1991 (1) SA 1 (A) 16-20; Neethling, Potgieter en Visser (n 11) 61 vn 119, 62......