Van den Berg v OVS Landbou Ingenieurs (Edms) Bpk

JurisdictionSouth Africa
Citation1956 (4) SA 391 (O)

Van den Berg v OVS Landbou Ingenieurs (Edms) Bpk
1956 (4) SA 391 (O)

1956 (4) SA p391


Citation

1956 (4) SA 391 (O)

Court

Orange Free State Provincial Division

Judge

Grobler J

Heard

July 12, 1956

Judgment

August 2, 1956

Flynote : Sleutelwoorde

InterdictPendente lite — Degree of proof required — When to be granted — When conditions to be imposed.

Headnote : Kopnota

The degree of proof required for success in an application for a temporary interdict in cases where irretrievable loss is concerned is as B follows: (1) The applicant cannot succeed unless the Court is convinced, after weighing all the evidence and on a balance of probabilities, that the right which the applicant wishes to protect is at least 'apparent' in accordance with the requirement postulated in van der Linden's Judicieel Practycq, 2.19.1, or at least that prima facie proof has been adduced of such right. Proof that the applicant has a reasonable prospect of success in the main action is normally to be C regarded as constituting prima facie proof. (2) But even if the applicant adduces prima facie proof of his right or a reasonable prospect of success in the main action, it does not necessarily follow that he must succeed, although such evidence is normally sufficient. (3) If such minimum requirement as regards evidence is satisfied, the Court must, after it has weighed the prejudice or damage which the applicant may suffer from the refusal of the interdict against the prejudice or damage which the respondent may suffer from the granting of it, be convinced that the evidence adduced is sufficient and strong enough to D justify the interdict asked for. (4) The Court must consider, whether the application succeeds or not, whether the grant or refusal thereof should not be subject to the imposition of conditions for the protection of one party or the other, and impose any conditions it deems to be appropriate.

Case Information

Application for an interdict. The facts appear from the reasons for judgment.

M. T. Steyn, for the applicant. E

J. P. G. Eksteen, for the respondent.

Cur adv vult.

Postea (August 2nd).

Judgment

F Grobler, J.:

Die petisionaris, Daniel Adriaan van den Berg, 'n kafee-eienaar, is die geregistreerde eienaar en bewoner van erf nommer 512, geleë op die hoek van Botha - en Hendrik Potgieterstrate, Bothaville, 'n plattelandse dorp in die Oranje-Vrystaat, en respondent die eienaar van 'n fabriek wat sestig tot sewentig treë van genoemde G woonhuis geleë is in laasgenoemde straat in dieselfde dorp, waar die maatskappy landbouimplimente en sleepwaens fabriseer. Die betrokke persele lê aan weerskante van genoemde Hendrik Potgieterstraat. Respondent se gewone werksure was tot omtrent 21 Mei 1956 vanaf 7 vm. H tot 5.30 nm., maar vanaf ongeveer 21 Mei 1956 het respondent twee skofte begin werk en aangehou met sy werksaamhede tot omtrent drie-uur in die môre en dit word names respondent beweer dat alleen agtien werksmense vanaf 5.30 nm. tot 3 vm. in genoemde fabriek werk.

Applikant beweer in sy petisie dat respondent in sy fabriek gebruik maak van

1956 (4) SA p392

Grobler J

'alle tipes yster, blaaslampe en menigte elektriese masjinerie wat veroorsaak dat die proses 'n geweldige geraas veroorsaak en daardeur 'n stoornis veroorsaak. Hierdie geraas maak dit onmoontlik vir u petisionaris om sy normale nagrus te geniet en het ook die gevolg dat sy gesondheid asook die van sy familie agteruitgaan. Die geraas verhinder ook u petisionaris om die gerief van sy draadloos en die geselskap van sy vriende te kan geniet.'

A Respondent se besturende direkteur se antwoord op hierdie paragraaf is dat hy nie verstaan nie wat bedoel word deur die woorde 'alle tipes yster, blaaslampe en menigte elektriese masjinerie', maar hy erken

'dat hy wel in die loop van sy werksaamhede met stukke yster werk en ook met gassnytoestelle en elektriese masjinerie, maar ontken dat hierdie werksaamhede enige oormatige geraas veroorsaak'

B - hy ontken dus nie die gebruik van die beweerde implimente of dat hulle wel 'n geraas maak nie. Respondent ontken verder dat enige geraas van die fabriek afkomstig ooit die petisionaris of sy vrou kan verstoor of ongerief kan veroorsaak, 'soos beweer'.

Verder beweer applikant dat hy deur die nag verstoor word deur die C geraas van hamerslae, geskuur van yster deur masjinerie, vallende ysterplate op 'n betonvloer, en opmekaar, en die geraas van respondent se werksmense.

'Gedurende die nag word implemente en ysters en masjinerie ook gelaai op sleepwaens en vragmotors. Die geraas van die elektriese skuurmasjiene is oorverdowend en u petisionaris vind dit onmoontlik om in die nag te slaap as gevolg van genoemde geraas.'

D Respondent se antwoord hierop is dat die werksaamhede wat in die dag plaasvind, van dieselfde aard is as die wat snags tot vroeg in die oggend gedoen word, behalwe dat heelwat minder werkers bedags geëmployeer word. Respondent sê dat daar 'n kantoor op die betrokke perseel is, en dat aangeleenthede soos die dikteer van briewe, E onderhoude met kliënte en telefoongesprekke geensins verstoor of bemoeilik word as gevolg van die werksaamhede nie. Die maatskappy erken dat daar soms met hamers geslaan word en dat ysters geskuur word, maar ontken dat enige ysterplate snags op betonvloers val of dat yster of masjinerie dan gelaai word of dat sy werksmense 'n geraas maak, 'soos beweer'.

F Applikant voer voorts aan dat hy as gevolg van sy swak gesondheid wat aan die beweerde stoornis te wyte is, verplig was om mediese hulp in te roep en heg 'n verklaring van sy geneesheer, ene dr. Wium, aan wat sertifiseer dat hy 'applikant besoek het weens slaaploosheid weens lawaai' en dat hy slaappille voorgeskryf het. Applikant beweer egter dat G hy as gevolg van die geweldige geraas geen baat vind by die pille nie, dat hy verplig was om in te trek in 'n ander slaapkamer in sy genoemde woonhuis wat verder van respondent se fabriek geleë is, maar dat dit ook geen vermindering van die geraas aangebring het nie. Respondent ontken dat sy werksaamhede enige stoornis hoegenaamd veroorsaak, of applikant enige ongerief besorg of uit sy slaap hou. Applikant voer eindelik aan H dat sy klagtes by respondent en die stadsraad oor genoemde stoornis geen uitwerking gehad het nie. Respondent beweer egter dat applikant alleen op een geleentheid om 9.30 nm. na die fabriek gekom het toe sleepwaens gelaai is in April 1956 en gevra het wanneer die werksaamhede sou stop.

Daar is ook 'n brief van die stadsraad van Bothaville aan die stukke geheg waaruit blyk dat applikant op 22 Mei 1956 by die raad gekla het oor die beweerde stoornis, asook 'n beëdigde verklaring van 'n

1956 (4) SA p393

Grobler J

geneesheer, gedateer 7 Julie 1956, dat hy en sy vennoot applikant se vrou vir die laaste paar maande behandel het vir anaemia, en dat hy op 1 Julie 1956 haar in 'n toestand van senuspanning gevind het. Respondent ontken dat applikant of sy vrou se swak gesondheidstoestand toe te skryf is aan geluide in sy fabriek.

A Applikant se bewerings dat die beweerde geraas 'n stoornis is, word gestaaf deur ses ander inwoners van Bothaville wat vanaf omtrent negentig tot driehonderd-en-vyftig treë van die fabriek af woon, en verklaar dat hulle nagrus asook die van hulle families deur die geraas in respondent se fabriek ernstig verstoor word.

B Respondent word gesteun deur die verklarings van sekere M. Meyburgh en B. Viljoen wat beweer dat hulle omtrent sestig treë vanaf genoemde fabriek en nader daaraan woon as applikant, en verklaar dat hulle geen geraas snags of smôrens vroeg hoor wat van die fabriek afkomstig is nie en hulle ontken dat die fabriek snags of vroeg in die môre enige C stoornis veroorsaak. Applikant beweer egter dat sy woning nader aan die fabriek is. Verder is daar omtrent twintig verklarings van persone wat vyf-en-negentig tot vyfhonderd-en-vyftig treë van respondent se fabriek woon, en wat die verklarings van Meyburgh en Viljoen bekragtig, en getuig dat hulle gedurende die betrokke ure geen geluide hoor wat vanaf die fabriek afkomstig is nie. Sommige van die getuies, o.m. die assistent-magistraat wat op erf 531, aangetoon op die aangehegte plan, D woon, verklaar dat die fabriek geleë is tussen hulle woonhuise en die spoorwegstasie van Bothaville en dat die geluide wat veroorsaak word as gevolg van die rangeer, vertrek en aankoms van treine groter geraas veroorsaak as enige wat veroorsaak mag word in genoemde fabriek. E Respondent wys ook daarop dat sy fabriek geleë is in 'n erkende nywerheidsgebied en dat daar ander nywerhede in die onmiddellike omgewing van die fabriek is. Applikant ontken dat die perseel van die fabriek tot nywerheidsgebied verklaar is en voeg by dat daar net twee ander nywerhede in die omgewing van genoemde fabriek is, maar dat die werksaamhede van die genoemde sakeandernemings, nl., F Sentraalwes-Koöperasie en sekere graanstore, smiddags ophou.

Applikant het die Hof na kennisgewing van mosie versoek om 'n bevel wat respondent verbied om sy werksaamhede op genoemde perseel voort te sit tussen ses-uur namiddag en sewe-uur voormiddag. In die alternatief versoek applikant 'n bevel wat respondent verbied om tussen 6 nm. en 7 G vm. sy werksaamhede so te verrig op die genoemde erf dat die geraas daarvan 'n stoornis veroorsaak.

Aangesien ons hier 'n geskil het op die beweerde feite waarop 'n finale interdik versoek word, kan ek sodanige bevel op die stukke nie toestaan nie. In die verband het GREENBERG, R.A., in sy uitspraak in Nienaber v Stuckey, 1946 A.A. 1049 op bl. 1054, gesê:

H '. . . appellant must satisfy the Court on the admitted or undisputed facts by the same balance of probabilities as is required in every civil suit, of the facts necessary for his success in his application.'

Dieselfde geleerde Regter het in Hilleke v Levy, 1946 A.A. 214 op bl. 219, verklaar dat dit 'n algemene...

To continue reading

Request your trial
11 practice notes
  • Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...- 8 Van de Venter v Vorster's Executors and Others 1912 CPD 946 op/at 952 - 3, 954 E Van den Berg v OVS Landbou Ingenieurs (Edms) Bpk 1956 (4) SA 391 (O) op/at 397C - Van der Merwe v Uys 1957 (4) SA 574 (T) op/at 575D Van Dyk v Du Toit en 'n Ander 1993 (2) SA 781 (O) op/at 783D - E Volkskas......
  • Ferreira v Levin NO and Others; Vryenhoek and Others v Powell NO and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...mind such cases as Webster v Mitchell (supra), Gool v Minister of Justice (supra) and Van den Berg v OVS Landbou Ingenieurs (Edms) Bpk 1956 (4) SA 391 (O). In Eriksen Motors (Welkom) Ltd v Protea Motors, Warrenton, and Another D 1973 (3) SA 685 (A) the Appellate Division delivered one of it......
  • Van Wyk v Steyn en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die onderhawige aansoek ook nie geregtig is op 'n interim interdik nie. (Vgl. van den Berg v O.V.S. Landbou Ingenieurs (Edms.) Bpk., 1956 (4) SA 391 (O) op bl. 399; Gool v Minister of Justice and Another, 1955 (2) SA 682 (C) op bl. 688; Kibe v Mphoko and Another, 1958 (1) SA 364 (O) op bl. ......
  • Wezel v Kimberley Municipality
    • South Africa
    • Invalid date
    ...He is F therefore not entitled to the interim relief sought by him. (Cf. van den Berg v O.V.S. Landbou Ingenieurs (Edms.) Bpk., 1956 (4) SA 391 (O) at p. 399); Gool v Minister of Justice and Another, 1955 (2) SA 682 (C) at p. 688; Kibe v Mphoko and Another, 1958 (1) SA 364 (O) at p. G The r......
  • Request a trial to view additional results
11 cases
  • Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...- 8 Van de Venter v Vorster's Executors and Others 1912 CPD 946 op/at 952 - 3, 954 E Van den Berg v OVS Landbou Ingenieurs (Edms) Bpk 1956 (4) SA 391 (O) op/at 397C - Van der Merwe v Uys 1957 (4) SA 574 (T) op/at 575D Van Dyk v Du Toit en 'n Ander 1993 (2) SA 781 (O) op/at 783D - E Volkskas......
  • Ferreira v Levin NO and Others; Vryenhoek and Others v Powell NO and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...mind such cases as Webster v Mitchell (supra), Gool v Minister of Justice (supra) and Van den Berg v OVS Landbou Ingenieurs (Edms) Bpk 1956 (4) SA 391 (O). In Eriksen Motors (Welkom) Ltd v Protea Motors, Warrenton, and Another D 1973 (3) SA 685 (A) the Appellate Division delivered one of it......
  • Van Wyk v Steyn en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die onderhawige aansoek ook nie geregtig is op 'n interim interdik nie. (Vgl. van den Berg v O.V.S. Landbou Ingenieurs (Edms.) Bpk., 1956 (4) SA 391 (O) op bl. 399; Gool v Minister of Justice and Another, 1955 (2) SA 682 (C) op bl. 688; Kibe v Mphoko and Another, 1958 (1) SA 364 (O) op bl. ......
  • Wezel v Kimberley Municipality
    • South Africa
    • Invalid date
    ...He is F therefore not entitled to the interim relief sought by him. (Cf. van den Berg v O.V.S. Landbou Ingenieurs (Edms.) Bpk., 1956 (4) SA 391 (O) at p. 399); Gool v Minister of Justice and Another, 1955 (2) SA 682 (C) at p. 688; Kibe v Mphoko and Another, 1958 (1) SA 364 (O) at p. G The r......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT