Transvaalse Raad vir Die Ontwikkeling van Buite-Stedelike Gebiede v Steyn Uitzicht Beleggings (Edms) Bpk
Judge | Van Reenen R |
Judgment Date | 15 March 1977 |
Citation | 1977 (3) SA 351 (T) |
Hearing Date | 01 June 1976 |
Court | Transvaal Provincial Division |
Van Reenen, R.:
Die applikant, die Transvaalse Raad vir die Ontwikdeling van Buitestedelike Gebiede het 'n aansoek geloods vir bevele wat die respondent
sou belet om die resterende gedeelte van gedeelte 4 A ('n gedeelte van gedeelte 2) van die plaas Uitzicht nr. 314, J.R. distrik Pretoria, of enige gedeelte daarvan te gebruik vir die uitgrawe van sand;
sou gelas om enige sodanige bedrywighede onmiddellik by betekening van die bevel op respondent te staak; en
sou gelas om die bestaande uitgrawings op die perseel B onmiddellik te herstel en op te vul tot goedkeuring van die applikant se hoofingenieur.
Alhoewel lywige stukke voorgelê is, is die tersaaklike feite nie juis in geskil nie. Applikant is 'n plaaslike bestuur spesiaal ingestel deur Ord. 20 van 1943 (T) en die betrokke perseel val binne sy regsgebied en is onderhewig aan die C bepalings van die Pretoria streek dorpsaanlegskema, 1 van 1960, geproklameer deur die Administrateur op 9 Desember 1960. Die applikant is verantwoordelik vir die toepassing van die bepalings van hierdie Skema. Soos gebruiklik maak hierdie Skema voorsiening vir die doeleindes waarvoor grond wat onderhewig is aan die Skema gebruik mag word. So bepaal onder andere klousule D 16 (c) as volg: (Die enigste volledige afskrif van die Skema wat aan my voorgelê is, is 'n Engelse eksemplaar en ek haal dan aan uit die Engelse teks):
"The removal of soil, sand, clay, gravel or stone from any piece of land is prohibited, unless the local authority grants its permission in accordance with the provisions of clause 17 hereof and a guarantee is given that the ground will be restored in accordance with the conditions imposed."
E Die applikant berus sy saak op die feit dat die respondent gedurende Maart 1972 wel vergunning van die applikant verkry het om sand op die perseel te grawe en daarvan te verwyder maar onderhewig aan sekere voorwaardes, welke voorwaardes nie deur die respondent nagekom is nie. Gevolglik en steunende op die F beslissing in die saak van De Vroeg en 'n Ander v Stadsraad van Randburg, 1970 (2) SA 132 (W), het die applikant besluit om die vergunde gebruik te kanselleer en is die respondent gelas om die sandbedryf te staak. Hierdie aansoek is 'n poging om daardie opdrag op respondent af te dwing. Die respondent het 'n aantal verwere op die stukke geopper maar voor my is net met twee aangegaan. Dit is uitdruklik deur mnr. McCreath, namens G die respondent, toegegee dat die respondent sekere van die opgelegde voorwaardes nie nagekom het nie. Die twee verwere was:
Dat die respondent 'n "bestaande gebruik" het en dus nie gebonde is aan die voorwaardes wat aan die vergunningsgebruik kleef nie.
Dat die applikant regtens nie die vergunningsgebruik kan terugtrek nie.
H Dit is nodig om 'n bietjie in die geskiedenis van die betrokke perseel te delf.
Dit is gemene saak dat daar reeds voor 1960 sand op die perseel gegrawe is en dat daar dus toe die betrokke dorpsaanlegskema in werking getree het 'n "bestaande gebruik" was. Die uitwerking daarvan was dat met daardie gebruik voortgegaan kon word al was dit strydig met die bepalings van die Skema. So 'n "bestaande gebruik" was onderhewig aan sekere beperkings maar kon aanvanklik vir 'n onbepaalde tydperk uitgeoefen
Van Reenen R
word. Hierdie reg is met die inwerkingtreding van die huidige Ord. 25 van 1965 aansienlik ingekort. Art. 41 van die Ordonnansie het die tydperk waarin so 'n bestaande gebruik kon voortduur beperk tot 15 jaar vanaf óf die inwerkingtreding van die Ordonnansie (1 Januarie 1966) (waar so 'n gebruik reeds A bestaan het) óf in die geval van 'n nuwe skema wat daarna afgekondig is die datum van sodanige afkondiging. 'n Plaaslike bestuur word gemagtig om so 'n gebruik vir 'n veirdere tydperk van hoogstens 15 jaar in totaal toe te laat. Die gevolg is dat, tensy verlenging deur applikant toegestaan word, sal enige bestaande reg wat die respondent het teen die einde van 1980 verdwyn.
Gedurende 1971 het 'n sekere mnr. Van Eeden en mnr. Roux die B aandele in respondent maatskappy van 'n sekere Van Rensburg gekoop. Van Eeden sê in sy verklaring dat hulle dit duidelik aan Van Rensburg gestel het dat hulle slegs belang stel in die aandele indien daar geen moeilikheid sou wees omtrent die respondent se reg om sand te verwyder en te verkoop nie. Daarop het Van Rensburg onderneem om met die applikant C hieroor te onderhandel. Dit is gemene saak dat Van Rensburg toe by die applikant aansoek gedoen het om vergunning om die perseel vir die uitgrawe en verwydering van sand te gebruik. Die aansoek, behoorlik op die voorgeskrewe vorm, is op 17 September 1971 gedoen en Van Rensburg was op 9 Maart 1972 D verwittig dat die applikant sy toestemming verleen vir die gebruik onderhewig aan sekere voorwaardes.
Mnr. Van Eeden erken dat Van Rensburg hom meegedeel het dat die vergunning verkry is en dat hy 'n afskrif van die voorwaardes ontvang het.
Daar word nêrens beweer dat Van Rensburg nie magtiging gehad het om die aansoek te loods of om die respondent te bind in die opsig nie. Daar is geen verklaring van Van Rensburg self nie en E Van Eeden sê net dat hy of sy mede aandeelhouers nooit op daardie stadium ondersoek het tot watter mate dit nodig was om hierdie toestemming te verkry nie.
Die respondent beweer nou dat hy geregtig is om sy gebruik uit te oefen sonder die toestemming van die applikant op grond van die bestaande gebruik ten tye van die inwerkingtreding van die F Skema.
Vir hierdie deel van sy saak het mnr. McCreath hom verlaat op die welbekende reël dat 'n persoon nie geag sal word afstand van sy regte te gedoen het nie as hy nie ten volle bewus was van daardie regte nie. Dit mag so wees, maar ek kan nie insien hoe die respondent hom in hierdie saak op die reël kan beroep G nie. Dit mag wees dat mnr. Van Eeden of van die ander aandeelhouers nie van die besondere regte bewus was nie, maar die persoon wat namens die respondent opgetree het was Van Rensburg wat klaarblyklik die nodige bevoegdheid besit het. Hy het gaan navraag doen en, op die inligting wat hy verkry het, besluit om namens die respondent aansoek te doens. Ons weet nie wat Van Rensburg geweet het of wat hom oorreed het om die H aansoek te doen nie. Dit mag wees dat hy die mening toegedaan was dat die bestaande gebruik met sy beperkte tydsduur nie gewens was nie en beste vervang behoort te word met 'n vergunningsgebruik wat groter bestendigheid sou meebring.
Dit is duidelik dat waar die respondent hom op hierdie verweer wou beroep hy die nodige feite moet bewys wat hom daarop geregtig maak.
Die feitlike gronde vir dié verweer bestaan myns insiens nie. Daarenteen het ons die erkende feit dat die respondent aansoek gedoen het om vergunningsgebruik
Van Reenen R
en te alle tye bewus was van die voorwaardes waaronder die vergunning toegestaan is.
Tydens die bespreking van hierdie aspek het ek die indruk gekry A dat die huidige uitoefening van die gebruik in elk geval wyer strek as wat dit was toe die Skema in werking getree het. Gedagtig aan sekere gewysdes beide hier te lande en elders waarin die houding ingeneem is dat 'n bestaande reg slegs binne die perke waarin dit werklik uitgeoefen is toe dit dié status verkry het, uitgeoefen mag word, en enige uitbreiding strydig met die beplanningsstatute sou wees, het ek die aangeleentheid B by die advokate aanhangig gemaak. Hulle was nie voorbereid om daarop te redeneer nie, en ek het hulle geleentheid gegee om verdere vertoë te rig indien hulle wou.
Beide advokate het nout te kenne gegee dat aangesien die volledige feite hieromtrent nie uit die stukke blyk nie, hulle liewer die aangeleentheid nie verder wil voer nie.
C Gesien die slotsom waartoe ek alreeds geraak het, naamlik dat die respondent nie kan staatmaak op 'n "bestaande gebruik" nie, is dit nie nodig om verder te ondersoek of daardie bestaande gebruik wettiglik uitgeoefen word of nie.
Vir sy optrede om die vergunning terug te trek, het die applikant staatgemaak op die beslissing in die De Vroeg saak, D supra. Hierdie saak het ook gegaan oor 'n vergunde gebruik onderhewig aan voorwaardes welke voorwaardes ook nie nagekom is nie. Die plaaslike owerheid het gedreig om die vergunning terug te trek en die Hof het beslis dat dit regtens gedoen kon word. Daar is beslis dat die toestaan van die vergunde gebruik die gevolg is van...
To continue reading
Request your trial-
Intercape Ferreira Mainliner (Pty) Ltd and Others v Minister of Home Affairs and Others
...(4) SA 765 (A): referred to Transvaalse Raad vir die Ontwikkeling van Buitestedelike Gebiede v Steyn Uitzicht Beleggings (Edms) Bpk 1977 (3) SA 351 (T): referred to Union Government v Rosenberg (Pty) Ltd 1946 AD 120: considered Union Government v Tonkin 1918 AD 533: considered J 2010 (5) SA......
-
Intercape Ferreira Mainliner (Pty) Ltd and Others v Minister of Home Affairs and Others
...must be satisfied (cf Transvaalse Raad vir die Ontwikkeling van Buitestedelike Gebiede v Steyn Uitzicht Beleggings (Edms) Bpk 1977 (3) SA 351 (T) at 358H - 360E). If the conditions are not satisfied the use is unlawful. If the conditions are E at first satisfied and later not, the use will ......
-
Cullinan Properties Ltd v Transvaal Board for the Development of Peri-Urban Areas
...523 (AD) at pp. 525 and 532; Transvaalse Raad vir Ontwikkeling van Buite Stedelike Gebiede v Steyn Uitzicht Beleggings (Edms.) Bpk., 1977 (3) SA 351 (T) at p. 359. 1978 (1) SA p285 Melamet J It is necessary for the decision of the application, therefore, to construe condition 9 set out abov......