Testeerbevoegdheid, Herroeping van 'n Testament en Kuratele sorg

JurisdictionSouth Africa
Citation(2004) 15 Stell LR 450
Published date27 May 2019
Date27 May 2019
AuthorJC Sonnekus
Pages450-463
TESTEERBEVOEGDHEID, HERROEPING VAN ’N
TESTAMENT EN KURATELE SORG
JC Sonnekus
BA LLB LLM Drs Iur LLD
Professor in Privaatreg, Randse Afrikaanse Universiteit
1 Testeer- en handelingsbevoegdheid — raakpunte en verskille
Testeerbevoegdheid word van oudsher in die gemenereg onderskei van
handelingsbevoegdheid nieteenstaande die oe
¨nskynlik duidelike raak-
punte wat tussen die twee kompetensies bestaan.
1
Beide kompetensies
onderskei dit van inhoudsbevoegdhede van subjektiewe regte daarin dat
dit direk ontleen word aan die norme van die objektiewe reg en nie
betrekking het op ’n regsobjek nie.
2
Terwyl handelingsbevoegdheid
omskryf word as die bevoegdheid (kompetensie) om regshandelinge te
verrig en gewoonlik minstens verbind word met voljarigheid, het ’n
minderjarige wat sestien jaar of ouer is
3
en nie verstandelik onbekwaam is
om die aard en uitwerking van sy testeerhandeling te begryp nie,
4
in
beginsel ook reeds die bevoegdheid om ’n geldige testament te verly.
5
Die
´
verskil in formele minimum ouderdomskwalifikasie word gewoonlik
‘‘verduidelik’’ met verwysing na die feit dat die testateur se testament eers
1
Nie alle regstelsels hanteer die aangeleentheid gelykvormig nie. In menige stelsel word voljarigheid vir
beide as vereiste gestel en dan verskil die ouderdomsgrens daarvoor ook nog — vgl die bespreking van
die verskillende posisies in die bespreekte regstelsels in Law Reform Commission of British Columbia
Report on the Making and Revocation of Wills (1981) 18-23.
2
Sien oor die tersake begrippe oa Joubert ‘‘Die realiteit van die subjektiewe reg en die betekenis van ’n
realistiese begrip daarvan in die privaatreg’’ 1958 THRHR 12 en 98; Van der Vyver The Doctrine of
Private-Law Rights in Strauss (red) Huldigingsbundel vir WA Joubert (1988) 201 en die gesag daar
aangehaal.
3
Sien oor die moontlik lukrake wyse waarop die wetgewer op hierdie ouderdomsgrens besluit het,
Beinart ‘‘Testamentary form and capacity and the Wills Act, 1953’’ 1953 SALJ 159, 280 282; Van der
Merwe, Rowland & Cronje
´Die Suid-Afrikaanse Erfreg (1990) 210 ev; Corbett, Hofmeyr & Kahn The
Law of Succession (2001) 77 ev. Die ouderdomskwalifikasie vir testeerbevoegdheid verskil wesenlik in
andersins vergelykbare regstelsels — sien Gra
¨ler ‘‘Testeervryheid van minderjarigen’’ 6567 WPNR 156
157.
4
Sien vir die inhoud wat deur die howe aan die kwalifikasie geheg word Executors of Cerfonteyn v
O’Haire 1873 Buch 47 74; Kirsten v Bailey 1976 4 SA 108 (K); Thomas v Clover NO 2002 3 SA 85 (N)
89A-G. Dat nie alles altyd pluis is met die premis dat almal bo 16 tot die teendeel bewys word,
testeerbevoeg is e
´n bly nie, is reeds elders aangeraak. Daar is betoog ten gunste van versigtigheid by
testamenteˆ re geskrifte verly deur senior burgers wat moontlik minder suksesvol wilsonderskuiwing kan
deurstaan — sien die feite en bevinding van die hof in Harlow v Becker NO 1998 4 SA 639 (D) 648G en
Sonnekus ‘‘Testamentsvervalsing en wilsonderskuiwing van verswakte bejaardes’’ 2001 TSAR 357-370.
Sien ook nav die jongste Engelse regspraak waaruit blyk dat die probleem onrusbarende afmetings
aanneem, die voorstelle van Kerridge ‘‘A case of a ‘suspicious’ will’’ 2003 LQR 39-43; Kerridge Parry &
Clark The Law of Succession (2002) 81-82; Kerridge ‘‘Wills made in suspicious circumstances: The
problem of the vulnerable testator’’ 2000 Cambr Law Journal 310-335. Sien vir ’n bespreking van
dieselfde onderliggende probleem van wilsonderskuiwing mbt die Duitse reg Bartsch ‘‘Die postmortale
Schweigepflicht des Arztes beim Streit um die Testierfa
¨higkeit des Patienten’’ 2001 NJW 861-863.
5
Sien art 4 van die Wet op Testamente 7 van 1953.
450
(2004) 15 Stell LR 450
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT