A-Team Drankwinkel Bk en 'n Ander v Botha en 'n Ander NNO
Jurisdiction | South Africa |
Judge | Botha AR, Milne AR, Nienaber AR, Van Coller Wn AR, Harms Wn AR |
Judgment Date | 30 August 1993 |
Docket Number | 659/91 |
Court | Appellate Division |
Hearing Date | 11 May 1993 |
Citation | 1994 (1) SA 1 (A) |
G Harms Wn AR:
Die tweede appellant is die likwidateur van die eerste appellant, 'n beslote korporasie ('die beslote korporasie') wat op 12 November 1990 gelikwideer is. Die respondente is die mede-trustees van die Botha & Faurie Trust. Die appèl is teen 'n bevel van Spoelstra R gerig wat in die Transvaalse Provinsiale Afdeling op aansoek van die huidige H respondente 'n verklarende bevel met koste uitgereik het waarin verklaar is dat:
''n hipoteek oor die bates, insluitende die dranklisensie, wat die onderwerp was van die koopkontrak van 28 April 1989, aangegaan deur die Botha & Faurie Trust en eerste respondent (die beslote korporasie), by die likwidasie van eerste respondent ingevolge die bepalings van art 84 I van die Insolvensiewet 24 van 1936 ten gunste van die Botha & Faurie Trust gevestig het'.
Die Verhoorregter het die nodige verlof tot appèl toegestaan.
Die respondente, as trustees van die trust, was die houers van 'n drankwinkellisensie ten aansien van 'n perseel te Brits en het as sodanig 'n drankwinkelbesigheid sedert ongeveer Maart 1988 aldaar onder die naam J A-Team Drankwinkel bedryf. Gedurende Februarie 1989 het ene Van der
Harms Wn AR
A Merwe belang begin stel om die besigheid te bekom. Skynbaar is 'n mondelinge ooreenkoms bereik waarvolgens 'n te stigte beslote korporasie die besigheid sou koop. Van der Merwe het 'n deposito van R375 000 betaal en op 4 Maart 1989 die besigheid oorgeneem. Op daardie stadium was die dranklisensie nog in die naam van die respondente, was die beslote korporasie nog nie gestig nie en was 'n skriftelike kontrak nie gesluit B nie. Die terme van die mondelinge ooreenkoms waarkragtens die deposito betaal en die besigheid oorgeneem is, blyk nie uit die stukke nie.
Nadat die beslote korporasie met Van der Merwe as enigste lid opgerig is, is 'n skriftelike koopkontrak tussen die beslote korporasie (deur Van der Merwe verteenwoordig) en die trust gesluit. Dit was op 28 April 1989. Die C drankwinkel is as lopende saak vir R735 000 verkoop. Ten spyte van die datum van ondertekening, bepaal die kontrak dat die gemelde deposito van R375 000 'sal in kontant na aanvaarding en ondertekening hiervan deur die verkoper, op 3 Maart 1989' in trust aan 'n agent betaal word vir oorbetaling aan die verkoper op die effektiewe datum van die kontrak, D naamlik 4 Maart 1989. Hieruit, en uit wat volg, kan geredelik afgelei word dat die skriftelike stuk reeds (ten dele) voor 3 Maart opgestel was en dat die partye gehandel het asof die kontrak toe reeds geteken was. Hoe dit ook al sy, die balans koopsom moes in 60 gelyke paaiemente betaal word.
Die koopsaak is, volgens die aanhef tot die koopkontrak: die drankwinkel E as lopende saak tesame met alle lisensies, klandisiewaarde, toerusting, toebehore en handelsvoorraad. (Die handelsvoorraad se prys was egter apart beding en apart betaalbaar.) In klousule 2 is genotuleer dat die besigheid kragtens 'n geldige dranklisensie en handelslisensie bedryf is, is die toerusting en toebehore gelys, is gemeld dat die boekskulde nie by die koop ingesluit is nie en is gestel dat vir die doeleindes van die res van F die ooreenkoms 'n verwysing na die drankwinkel ook alle lisensies en klandisiewaarde insluit.
Van besondere belang vir die trustees se aanspraak is klousule 8 wat bepaal dat ten spyte van lewering aan die koper die eiendomsreg 'in die besigheid en sy bates' in die verkoper gevestig bly totdat alle bedrae wat G ingevolge die ooreenkoms verskuldig is, vereffen is. Hierdie klousule het dus beoog dat die eiendomsreg van ook die klandisiewaarde en die dranklisensie voorbehou word. Ook van belang is klousule 16.1. Dit bevat 'n sogenaamde 'spesiale voorwaarde' en verg dat voor die effektiewe datum (soos reeds gesê, 4 Maart 1989) H
'moet voldoen word aan die bepalings soos vereis deur enige beheerliggaam, watter onderafdeling of paragraaf van hierdie ooreenkoms ook van toepassing is, om wetlike gesag te verleen aan die behoorlike oordrag van eienaarskap'.
Toe die kontrak byna twee maande later onderteken is, was die partye daarvan bewus dat die oordrag van die dranklisensie nog nie bewerkstellig I was nie. Inderdaad het die trustees, op wie die plig om aansoek om oordrag te doen statutêr gerus het (vgl art 45 van die Drankwet 87 van 1977), nie eens 'n aansoek in dier voege gerig nie. 'n Tydelike lisensie is aan die koper gedurende Junie 1989 uitgereik terwyl die sertifikaat van oordrag van die trust se dranklisenie 14 September 1989 gedateer is.
J Soos gemeld, is die koper 14 maande later gelikwideer. Op daardie
Harms Wn AR
A stadium was R282 000 ten aansien van die koopsom van die besigheid nog uitstaande. Die trustees het die besigheid ingevolge hulle voorbehoue eiendomsreg opgeëis. Hoewel dit nie uitdruklik gesê is nie, is dit duidelik dat die kontrak gekanselleer is. Die partye het toe heel verstandig ooreengekom dat ten spyte van die trustees se aanspraak die besigheid ten beste verkoop sou word, die opbrengs deur die likwidateur in B trust gehou sou word hangende die beslegting van die geskil en dat, indien ten gunste van die trustees beslis word, hul regte beperk sou word tot die volle betaling van die balans koopsom met rente en dat enige oorskot aan die beslote korporasie sou toeval asof art 84 van die Insolvensiewet 24 van 1936 daarop van toepassing was. Die besigheid is, met uitsluiting van C die voorraad, vir R369 000 verkoop.
Waarskynlik die belangrikste gevolg van 'n sekwestrasie of likwidasie is dat die insolvent se boedel ophou om aan hom te behoort en op die kurator of likwidateur oorgaan (art 20(1)(a) van die Insolvensiewet). Indien 'n insolvent die besit van enige goed verkry het, en die kurator of D likwidateur dit opeis, word daardie goed geag aan die boedel te behoort tensy die teendeel bewys word (art 24(2)). Wat dus bepaal moet word, is waar ten tye van die likwidasie van die beslote korporasie die eiendomsreg in die drankbesigheid gesetel het.
Namens die appellante is betoog dat klousule 16.1 'n opskortende voorwaarde is, dat die voorwaarde nie vervul is nie omdat die lisensie nie E vóór die effektiewe datum oorgedra is nie en dat die ooreenkoms derhalwe verval het. Omdat geen kontrak tot stand gekom het nie, moet restitusie, volgens die betoog, plaasvind, maar omdat die besigheid reeds verkoop is vir minder as wat klaar aan die verkoper betaal is, moet die trustees die verskil aan die likwidateur terugbetaal. Aangesien daar geen teenaansoek F vir 'n terugbetaling is nie, kan die appellante natuurlik nie die regshulp wat op hierdie betoog moet volg, kry nie. Spoelstra R het veronderstel dat die bepaling 'n opskortende voorwaarde daarstel maar het bevind dat, aangesien die beslote korporasie die besigheid oorgeneem het voor die vervulling van die voorwaarde en die partye die aangeleentheid later in die reine gestel het, die beslote korporasie van die voorwaarde afstand G gedoen het. Namens die appellante is die uitspraak op hierdie aspek aangeveg met 'n beroep op klousule 13.2 van die kontrak wat bepaal dat 'n vergunning of tegemoetkoming van 'n party 'ten opsigte van die nakoming deur daardie ander party van enige van sy verpligtinge ingevolge hierdie ooreenkoms' nie op 'n afstanddoening van eersgenoemde party se H kontraksregte neerkom nie. Hierdie klousule staan myns insiens nie in die weg van die resultaat van die Verhoorhof nie. Die vervulling van 'n opskortende voorwaarde is per definisie nie 'n nakoming van 'n kontraksverpligting nie omdat dit die ontstaan van die kontrak voorafgaan. Sien Jurgens Eiendomsagente v Share 1990 (4) SA 664 (A) op 674E-675B. So I ook het 'n afstanddoening daarvan geen effek op die kontraksregte van die
eerste party nie. Dit volg dus dat ek van oordeel is dat Spoelstra R korrek was in sy beoordeling van hierdie deel van die saak.
Dit is ook namens die appellante betoog dat die trust sy aanspraak op teruglewering van die koopsaak verbeur het vanweë die toepassing van leerstukke van ex turpi causa non oritur actio en in pari delicto potior J est conditio possidentis. (Sien oor die algemeen De Wet en Van Wyk Kontrak
Harms Wn AR
tereg en Handelsreg 5de uitg band 1 op 89-92.) Dit is naamlik voorgehou dat die ooreenkoms tussen die partye in stryd was met die bepalings van art 69 en art 191 van die Drankwet van 1977 of met art 148 van die Drankwet 27 van 1989 (wat ook op kontrakte van toepassing is wat voor die inwerkingtreding van dié Wet gesluit is). Artikel 69 het die bedryf van 'n dranksaak deur iemand anders as die lisensiehouer vir langer as een maand B sonder magtiging asook die beheer of winsdeling daarvan deur so 'n persoon sonder skriftelike magtiging van die Minister verbied. Dat die kontrakspartye hierdie verbod oortree het, staan vas. So 'n oortreding vernietig egter nie die kontrak nie. 'n Kontrak kan alleen vanweë hierdie bepaling nietig wees indien die kontrak 'n oortreding van die verbod beoog het. So 'n uitleg van die kontrak is nie te regverdig nie. Om saam te vat: C dit was die uitvoering en nie die bepalings van die kontrak nie wat art 69 oortree het. Hierdie beweerde nietigheidsgrond gaan dus nie op nie. Dieselfde antwoord geld ten aansien van die betoog betreffende art 191 van die 1977-Wet en art 148 van die 1989-Wet. Beide is teen 'n bepaling gerig waarkragtens iemand voorgee om onder andere 'n reg of verpligting ingevolge die Wet af te staan of prys te gee. Weereens het die kontrak nie D 'n afstanddoening of prysgewing van 'n reg of verpligting beoog nie en hierdie artikels is ook nie op 'n beding wat 'n party verplig om 'n dranklisensie oor te dra, van toepassing nie. Sien Aquatur (Pty) Ltd v Sacks and Others 1989 (1) SA 56 (A) op 64D. A
E Die volgende vraag wat oorweging verdien, is of die oogmerk wat die partye deur hulle ooreenkoms wou bereik het, naamlik om 'eiendomsreg' in die dranklisensie voor te behou, ten spyte van die...
To continue reading
Request your trial-
Oilwell (Pty) Ltd v Protec International Ltd and Others
...CC and Another v Watson NO and Another 2009 (2) SA 127 (SCA): referred to A-Team Drankwinkel BK en 'n Ander v Botha en 'n Ander NNO 1994 (1) SA 1 (A): referred to C Barclays National Bank Ltd v Brownlee 1981 (3) SA 579 (D): Barclays National Bank Ltd v Thompson 1985 (3) SA 778 (A): referred......
-
Phillips v Botha
...CC v Minister of Law and Order and Another 1994 (1) SACR 362 (E) G A-Team Drankwinkel BK en 'n Ander v Botha en 'n Ander NNO 1994 (1) SA 1 (A) at 11C Barclays Zimbabwe Nominees (Pvt) Ltd v Black 1990 (4) SA 720 (A) at 722G—I, 726D—G Commissioner for Inland Revenue v Insolvent Estate Botha t......
-
Developments in the Law of Insolvency
...includes reservation-of-ownership credit sales of incorporeal property (see A-Team Drankwinkel BK en 'n Ander v Botha en 'n Ander NNO 1994 (1) SA 1 (A) and vol 1 of the Explanatory Memorandum to Discussion Paper 86 at 80). In the Explanatory Memorandum (at 81) the Law Commission points out ......
-
Nedcor Investment Bank v Pretoria Belgrave Hotel (Pty) Ltd
...the judgment of the Court, counsel for the parties referred to the following: A-Team Drankwinkel BK en 'n Ander v Botha en 'n Ander NNO 1994 (1) SA 1 (A) at 11, 15C - Bank of Lisbon and South Africa Ltd v The Master and Others 1987 (1) SA 276 (A) at 287G - H H Crest Enterprises (Pty) Ltd v ......
-
Oilwell (Pty) Ltd v Protec International Ltd and Others
...CC and Another v Watson NO and Another 2009 (2) SA 127 (SCA): referred to A-Team Drankwinkel BK en 'n Ander v Botha en 'n Ander NNO 1994 (1) SA 1 (A): referred to C Barclays National Bank Ltd v Brownlee 1981 (3) SA 579 (D): Barclays National Bank Ltd v Thompson 1985 (3) SA 778 (A): referred......
-
Phillips v Botha
...CC v Minister of Law and Order and Another 1994 (1) SACR 362 (E) G A-Team Drankwinkel BK en 'n Ander v Botha en 'n Ander NNO 1994 (1) SA 1 (A) at 11C Barclays Zimbabwe Nominees (Pvt) Ltd v Black 1990 (4) SA 720 (A) at 722G—I, 726D—G Commissioner for Inland Revenue v Insolvent Estate Botha t......
-
Nedcor Investment Bank v Pretoria Belgrave Hotel (Pty) Ltd
...the judgment of the Court, counsel for the parties referred to the following: A-Team Drankwinkel BK en 'n Ander v Botha en 'n Ander NNO 1994 (1) SA 1 (A) at 11, 15C - Bank of Lisbon and South Africa Ltd v The Master and Others 1987 (1) SA 276 (A) at 287G - H H Crest Enterprises (Pty) Ltd v ......
-
Gowar Investments (Pty) Ltd v Section 3, Dolphin Coast Medical Centre CC and Another
...cited by the Court, counsel for the parties referred to the following: I A-Team Drankwinkel Bpk en 'n Ander v Botha en 'n Ander NNO 1994 (1) SA 1 (A) Hochfeld (Pty) Ltd v Carmeldine Investments (Pty) Ltd 1955 (4) SA 296 (W) Johnson v Leal 1980 (3) SA 927 (A) Jones v Wykland Properties 1998 ......
-
Developments in the Law of Insolvency
...includes reservation-of-ownership credit sales of incorporeal property (see A-Team Drankwinkel BK en 'n Ander v Botha en 'n Ander NNO 1994 (1) SA 1 (A) and vol 1 of the Explanatory Memorandum to Discussion Paper 86 at 80). In the Explanatory Memorandum (at 81) the Law Commission points out ......