Strauss v Strauss

JurisdictionSouth Africa
Judgment Date19 March 1974
Citation1974 (3) SA 79 (A)

Strauss v Strauss
1974 (3) SA 79 (A)

1974 (3) SA p79

Citation

1974 (3) SA 79 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

van Blerk AR, Wessels AR, Rabie AR, Muller AR en Hofmeyr Wn AR

Heard

February 15, 1974

Judgment

March 19, 1974

Flynote : Sleutelwoorde

Man en vrou — Egskeiding — Onderhoud — Ooreenkoms deur onskuldige eggenoot om onderhoud aan skuldige te betaal — Sodanige ooreenkoms kan 'n bevel van die Hof ingevolge art. 10 (1) (b) van Wet 37 van 1953 gemaak word — Wysiging van ingevolge art. 10 (2) — Toestemming van onskuldige eggenoot onnodig — Feit dat onskuldige eggenoot nie verplig was om te onderneem om onderhoud te betaal nie — Gewig wat daaraan geheg moet word.

Headnote : Kopnota

In artikel 10 (b) van Wet 37 van 1953 word, anders as in artikel 10 (1) (a), nie van 'n skuldige of onskuldige eggenoot gepraat nie, maar bloot van "'n ooreenkoms tussen eggenote vir die onderhoud van een van hulle". Hierdie woorde is duidelik en ondubbelsinnig en dit slaan op 'n ooreenkoms vir die onderhoud van enige van die eggenote.

Toestemming deur die onskuldige eggenoot is nie 'n voorvereiste vir die wysiging, ingevolge artikel 10 (2) van die Wet, van 'n bevel wat uitgereik is ingevolge 'n ooreenkoms waarin hy onderneem het om aan die skuldige eggenoot onderhoud te betaal nie, alhoewel die feit dat hy onderneem het om onderhoud te betaal terwyl hy regtens nie verplig was om dit te doen nie 'n faktor is wat uit hoofde van regverdigheid en billikheid noodwendig swaar moet weeg by die beoordeling van 'n aansoek om die bevel op so 'n wyse te wysig dat hy 'n swaarder las sal moet dra as wat hy ten tyde van die egskeiding op hom geneem het. Presies welke gewig aan hierdie faktor geheg moet word, sal in die lig van die omstandighede van elke besondere geval bepaal moet word.

Die beslissing in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling in Strauss v Strauss, 1971 (1) SA 585, bevestig.

Flynote : Sleutelwoorde

Husband and wife — Divorce — Maintenance — Agreement by innocent spouse to pay maintenance to guilty spouse — Such agreement can be made an order of Court under sec. 10 (1) (b) of Act 37 of 1953 — Variation of under sec. 10 (2) — Consent of innocent spouse unnecessary — Fact that innocent spouse not obliged to undertake to pay maintenance — Weight to be attached thereto.

Headnote : Kopnota

In section 10 (1) (b) of Act 37 of 1953, otherwise than in section 10 (1) (a), there is no mention of a guilty or innocent spouse, but merely of "any agreement between the spouses for the maintenance of one of them". These words are clear and unambiguous and it applies to an agreement for the maintenance of either of the spouses.

Consent of the innocent spouse is not a pre-requisite for the variation, in terms of section 10 (2) of the Act, of an order made in pursuance of an agreement whereunder he undertook to pay maintenance to the guilty spouse, although the fact that he undertook to pay maintenance while in law he was not obliged to do so is a factor which, on the grounds of justice and fairness, must necessarily weigh heavily in the adjudication of an application to vary the order in such a manner that he would have to carry a heavier burden than that which he took upon himself at the time of the divorce. Precisely what weight should be attached to this factor will have to be determined in the light of the circumstances of each particular case.

The decision in the Orange Free State Provincial Division in Strauss v Strauss, 1971 (1) SA 585, confirmed.

Case Information

Appèl teen 'n beslissing in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling (SMUTS, R.). Die feite blyk uit die uitspraak van RABIE, A.R.

H. J. O. van Heerden, S.C., namens die appellante: In die onderhawige F

1974 (3) SA p80

hawige geval duik die volgende vrae op: (a) Is art. 10 (2) van Wet 37 van 1953 van toepassing op 'n geval waarin 'n formeel skuldige party tot 'n egskeidingsaksie 'n kontraktuele reg tot onderhoud teen die formeel onskuldige party verkry het, en die A ooreenkoms 'n bevel van die Hof gemaak is? (b) Of die appellante 'n goeie rede aangetoon het waarom haar onderhoud verhoog moet word (aangenome dat die respondent 'n verhoging kan bekostig)? (c) Of die respondent inderdaad die verhoging kan bekostig? (d) Of, aangenome dat die aansoek tereg van die hand gewys is, die korrekte kostebevele gemaak is?

Ad (a): 'n Mindere of meerdere mate van steun vir die stelling B dat die appellante regtens nie aanspraak kon maak op 'n verhoging van die ooreengekome onderhoud nie, is te vind in die volgende beslissings gegee na die inwerkingtreding van die genoemde Wet: R. v Bell, 1960 (3) SA 716; S. v Loubser, 1969 (2) S.A., 652; Copelowitz v Copelowitz and Others, N.O., 1969 C (4) SA 64. Hierteenoor is in 'n aantal sake 'n teenoorgestelde mening uitgespreek: Ex parte Stein and Another, 1960 (1) SA 782; S. v Stoep, 1965 (1) SA 347. Die verwarring wat aldus geskep is, word vererger deur die feit dat in die Loubser- saak 'n Volbank van die Kaapse Provinsiale Afdeling beslis het dat 'n ooreenkoms waarvolgens die skuldige D party aan die onskuldige onderhoud moet betaal, nie ingevolge art. 10 (1) (b) van die genoemde Wet 'n bevel van die Hof gemaak kan word nie, terwyl kort daarna 'n enkele Regter van dieselfde Afdeling in die Copelowitz- saak tot 'n ander gevolgtrekking gekom het. Gerieflikheidshalwe word die argumente wat in eersgenoemde groep sake gebruik is, agtereenvolgens uiteengesit en behandel: (i) Die woord E "onderhoud" in art. 10 (1) (b) dra die betekenis wat voor die inwerkingtreding van die 1953 Wet geheg is aan dieselfde woord in art. 110 (1) van Wet 46 van 1935. Die woord "onderhoud" het 'n geykte betekenis. "(It) means the act of maintaining, and denotes the regular supply of food, clothing and lodging, the provision of the necessaries and of the conveniences of life". F Kallin v Kallin, (1944) S.A.S.R. 73, aangehaal in Words and Phrases Legally Defined, 2de uitg., bl. 194. Volgens bedoelde betekenis slaan art. 10 (1) (b) dus ten duidelikste op enige ooreenkoms tussen eggenotes wat daarop gerig is om voorsiening te maak vir die betaling van 'n bedrag deur die een aan die ander vir sy of haar lewensbehoeftes, ongeag of die persoon wat op onderhoud aanspraak het, 'n reg daartoe sou gehad het indien G die ooreenkoms nie aangegaan is nie. Hierdie vertolking word nog verder versterk deur die feit dat in art. 10 (1) (a) slegs voorsiening gemaak word vir 'n bevel teen die skuldige eggenoot, terwyl in sub-art. (b) die woorde "een van hulle" en nie die woorde "die onskuldige eggenoot" gebruik word nie. Dit is ook erkende reg dat duidelike woorde met 'n wye betekenis H nie beperkend vertolk moet word nie tensy daar dwingende redes daarvoor bestaan. R. v Venter, 1907 T.S. te bl. 924; Ndhlovu v Mathega, 1960 (2) SA 618; Shenker v The Master and Another, 1936 AD te bl. 142. Daar is geen algemene reël dat indien die Howe 'n woord in 'n Wet op 'n bepaalde wyse vertolk het, en dieselfde woord weer deur die Wetgewer in 'n latere Wet gebruik word, dieselfde betekenis aan die woord in die latere Wet gegee moet word nie. Die samehang waarin die woord in verskillende Wette gebruik word is van die grootste belang, en so ook die

1974 (3) SA p81

geldende regsreëls op die datums van inwerkingtreding van die verskillende Wette. Kydd v Liverpool Watch Committee, (1908) A.C. te bl. 331; Consolidated Diamond Mines of S.W.A., Ltd. v Administrator, S.W.A., 1958 (4) SA te bl. 599. Voor die inwerkingtreding van die 1953 Wet was dit twyfelagtig of 'n Hof A kon beveel het dat na datum van ontbinding van die huwelik die skuldige eggenoot aan die onskuldige onderhoud moet betaal, en of 'n ooreenkoms tussen partye tot 'n egskeidingsaksie 'n bevel van die Hof gemaak kon word. Loubser- saak, supra te bl. 656 - 657. Dit is dus te verstane dat toe die woord "onderhoud" in die 1935 Wet vertolk is, tot die gevolgtrekking geraak is dat die Wetgewer in gedagte gehad het slegs 'n verpligting tot B betaling van onderhoud wat gemeenregtelik bestaan het. Waar die 1953 Wet voorsiening maak vir die bekragtiging van 'n ooreenkoms tot betaling van onderhoud deur 'n Hofbevel, is daar egter geen rede om te aanvaar dat die Wetgewer aan die woord "onderhoud" in die 1953 Wet dieselfde betekenis wou heg as wat C die Howe geheg het aan die woord in die 1935 Wet nie. Trouens, dit was klaarblyklik die bedoeling van die Wetgewer om die gemenereg ingrypend te wysig. (ii) Die vermoede dat die Wetgewer die bestaande reg nie meer as nodig wil wysig nie, bring mee dat aan die woord "onderhoud" in art. 10 (1) (b) 'n beperkte betekenis toegeken moet word. In eerste instansie dien D daarop gewys te word dat hierdie vermoede slegs van toepassing is indien die woorde van 'n statutêre bepaling twyfelagtig is. Indien die woorde dus duidelik is, kom die vermoede hoegenaamd nie ter sprake nie. Johannesbirg Municipality v Cohen's Trustees, 1909 T.S. te bl. 811, 818 en 823; Seluka v Sisken and Salkow, 1912 T.P.D. te bl. 258 en 265. In tweede instansie wysig die sub-artikel hoegenaamd nie die gemenereg nie. Voor E die inwerkingtreding van die Wet het niks partye tot 'n egskeidingsaksie belet om 'n ooreenkoms te bereik waarvolgens die onskuldige party onderhoud aan die skuldige party sou betaal nie. Die kontrakuele verpligting wat aldus ontstaan het, kon in effek deur 'n Hofbevel afgedwing word indien die onskuldige party sou versuim het om sy pligte na te kom. Die F sub-artikel maak dit nou slegs duidelik dat sodanige ooreenkoms in 'n egskeidingsbevel geïnkorporeer mag word. Die enigste werklike wysiging van die gemenereg is te vind in art. 10 (2) waarvolgens die verpligting tot betaling van onderhoud gewysig mag word. In hierdie sub-artikel wou die Wetgewer egter klaarblyklik die gemenereg wysig, want voor die G inwerkingtreding van die Wet kon 'n onderhoudsplig ten gunste van die onskuldige party ook nie deur 'n Hof...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

19 practice notes
  • PL v YL
    • South Africa
    • 1 August 2013
    ...1984 (4) SA 467 (A): referred to Shields v Shields 1946 CPD 242: referred to Smith v Smith 1925 WLD 183: referred to Strauss v Strauss 1974 (3) SA 79 (A): referred Swadif (Pty) Ltd v Dyke NO 1978 (1) SA 928 (A): referred to B Swart v Swart 1960 (4) SA 621 (C): referred to Thutha v Thutha 20......
  • ST v CT
    • South Africa
    • 30 May 2018
    ...Schierhout v Minister of Justice 1925 AD 417: referred to D Schutte v Schutte 1986 (1) SA 872 (A): referred to Strauss v Strauss 1974 (3) SA 79 (A): referred Van Zyl NO v Kiln Non-Marine Syndicate No 510 of Lloyds of London 2003 (2) SA 440 (SCA) ([2002] 4 All SA 355): referred to W v H 2017......
  • Schutte v Schutte
    • South Africa
    • 29 November 1985
    ...powers, or that the Court itself may surrender them, is contrary to the letter and spirit of s 10." Soos aangetoon in Strauss v Strauss 1974 (3) SA 79 (A) op 93 - 4, was die heersende opvatting voor die inwerkingtreding van die 1953 Wet dat 'n Hof nie bevoeg was nie om die skuldige eggenoot......
  • PL v YL
    • South Africa
    • Eastern Cape Division
    • 1 August 2013
    ...Law of Husband and Wife 2 ed at 15 fn 29. [46] Act 37 of 1953. [47] 1928 OPD 155. [48] Schutte supra n23 at 880; and Strauss v Strauss 1974 (3) SA 79 (A) at [49] At 204 – 205. [50] It is explained as follows by Jacob & Goldrein Pleadings: Principles and Practice at 8 – 9, quoted with approv......
  • Get Started for Free
19 cases