Smith en 'n Ander v Santam Bpk
Jurisdiction | South Africa |
Judge | Malherbe R |
Judgment Date | 17 August 1995 |
Citation | 1996 (2) SA 334 (O) |
Docket Number | 3378/93 |
Counsel | A H Burger namens die eisers. F W A Danzfuss namens die verweerder. |
Court | Orange Free State Provincial Division |
Malherbe R:
Eiser en eiseres is met mekaar getroud in gemeenskap van goedere. D Die inhoud van hulle gemeenskaplike woonhuis was by ver-weerder verseker gedurende die tersake periode. Verweerder weier om hulle beweerde skade in terme van die betrokke polis te betaal. Ek is tans slegs geroepe om te beslis of die eisers voldoen het aan die bepalings van klousule 9(a) van die versekeringsooreenkoms wat soos volg lui:
'In geval Santam aanspreeklikheid ten opsigte van enige eis ontken en 'n aksie of geding nie binne drie maande na sodanige ontkenning ingestel word E nie, word alle voordeel ingevolge hierdie polis ten opsigte van sodanige eis verbeur.'
Die advokate is dit met mekaar eens dat indien hierdie vraag teen eisers beslis word, die eis afgewys moet word.
Die volgende feite is óf gemenesaak óf nie geskil nie:
Die beweerde skade of verlies het op 21 April 1993 plaasgevind.
F Op 22 of 23 April 1993 dien eiser sy eisvorm, gerugsteun deur kwotasies, by verweerder se plaaslike kantoor in. Die totaal van die bedrae wat in die kolom onder die opskrif 'Bedrag geëis' ingeskryf is, beloop R34 050,85.
Op 23 April 1993 besoek eiser se destydse takbestuurder, mnr G Markram, eisers se woonhuis waar hy 'n inspeksie doen.
Op 6 Mei 1993 vind daar 'n gesprek plaas tussen eiser, die assessor van verweerder wat hierdie eis ondersoek het, mnr Roode, en mnr Markram in laasgenoemde se kantoor. (Bewysstuk A is 'n verbatim weergawe van hierdie gesprek.)
Markram was gemagtig om enige eis teen verweerder tot op 'n H bedrag van R200 000 te oorweeg, te betaal of te weier.
Tydens die gesprek waarna in (iv) hierbo verwys word, weier Markram die eis deur, onder andere, die volgende woorde aan eiser te rig:
'Ons sal definitief die eis nie betaal nie.'
I 'Goed, ek dink die uiteinde van die saak is dat ons nie 'n sent van die eis uitbetaal nie. Dis, dis die punt, so ek weet nie.'
'. . . (D)is die enkel rede ons jou eis afwys. Die ander is bydraend.'
Op 13 Mei 1993 skryf Markram namens verweerder soos volg aan eiser:
'Bogenoemde eis en die gesprek met uself op 6 Mei 1993 verwys. J
Malherbe R
A Tydens hierdie gesprek het u sekere feite aan ons openbaar wat ons noodsaak om alle aanspreeklikheid vir u verlies te ontken. Dit is dan ook so aan u meegedeel op 6 Mei 1993.
Ons het dan ook u polis vanaf 6 Mei 1993 gekanselleer en heg 'n tjek ten bedrae...
To continue reading
Request your trial-
Ensuring Contractual Fairness in Consumer Contracts after Barkhuizen v Napier 2007 5 SA 323 (CC) – part 1
...5 IGI Insurance Co Ltd v Madasa 1995 1 SA 144 (Tk A); Pereira v Marine and Trade insurance Co Ltd 1975 4 SA 745 (A); Smith v Santam Bpk 1996 2 SA 334 (O). See also the discussion in Cape Town Mun icipality v Allianz Insura nce Co Ltd 1990 1 SA 311 (C).6 Hopkins “Insu rance Policies and the ......
-
Cargo Africa CC v Gilbeys Distillers and Vintners
...together with an appropriate tender as to costs, Mr Louw correctly conceded that the plaintiff is J entitled to some of its costs and 1996 (2) SA p334 Van Zyl A also to interest on the amount of R4 400 from the date of judgment in the Court a quo, namely 17 June 1994. In my view the appropr......
-
Van Rensburg v First National Insurance Co. Ltd
...AND TRADE INSURANCE CO LTD 1975 (4) SA 745 (A). My aandag is ook, benewens voorafgaande verwysings, op SMIT EN 'N ANDER v SANTAM 1996 (2) SA 334 (O) [13] Die volgende passasie in die dictum van Corbett AR, soos hy toe nog was, in PEREIRA v MARINE AND TRADE (supra) wat ook deels in die SMITH......