Santam Bpk v Henery

JurisdictionSouth Africa
JudgeHefer AR, Vivier AR, Nienaber AR, Plewman AR, Streicher AR
Judgment Date30 March 1999
Citation1999 (3) SA 421 (SCA)
Docket Number333/97
Hearing Date23 March 1999
CounselLJ Bekker namens die appellant MJ Botha (bygestaan deur C V Jaarsveld) namens die respondente
CourtSupreme Court of Appeal

Nienaber AR:

Waar 'n broodwinner op nalatige wyse gedood word, het sy afhanklikes 'n aksie teen die B persoon wat sy dood veroorsaak het (Boberg The Law of Persons and the Family op 302 - 3). Is die afhanklike 'n weduwee, is daar regtens nie 'n probleem nie. Maar wat nou as sy van haar man geskei is en ingevolge art 7(2) van die Wet op Egskeiding 70 van 1979, kragtens 'n Hofbevel op 'n bepaalde bedrag aan onderhoud geregtig was? Is sy C dan teenoor die dader (of teenoor die derdeparty-versekeraar indien sy dood deur die nalatige bestuur van 'n motorvoertuig veroorsaak is) op skadevergoeding geregtig? Dit is die primêre vraag. En wat as sy en die broodwinner na die egskeiding steeds as man en vrou saamgeleef het en hy haar, ten tyde van sy dood, ten volle onderhou het? Is sy dan, ondanks die bestaande onderhoudsbevel, as 'n party tot 'n sogenaamde D 'gebruiklike verbinding' op skadevergoeding geregtig selfs al oorskry dit die bedrag van die onderhoudsbevel? Dit is die tweede vraag. En wat nou as die partye, na die egskeiding, 'n formele skikkingsooreenkoms aangegaan het waarin hy onderneem om haar ten volle te onderhou en sy instem om, solank as wat die partye saamwoon, nie op nakoming van die E Hofbevel aan te dring nie? Het sy dan, afgesien van die bestaan van die onderhoudsbevel en bloot op grond van die inmenging met haar kontraktuele reg op onderhoud, 'n eis teen die derdeparty-versekeraar? Dit is die derde vraag. Al drie hierdie vrae, wat as alternatiewe eise ingeklee is, het in 'n aksie in die Transvaalse Provinsiale Afdeling ter sprake gekom waarin die respondent as eiseres skadevergoeding F gevorder het van die appellant as die derdeparty-versekeraar van 'n voertuig wat op 'n nalatige wyse bestuur is as gevolg waarvan die eiseres se gewese man sy lewe verloor het. In 'n gestelde saak ooreenkomstig Hofreël 33(4) beantwoord Du Plessis R die eerste vraag bevestigend en die tweede en derde ontkennend. Met verlof van die Hof a quo dien al drie vrae tans voor hierdie Hof, die eerste by G wyse van 'n appèl, die tweede en derde by wyse van 'n kruis-appèl.

Die eiseres is op 22 Januarie 1983 binne gemeenskap van goed met haar man, na wie ek voortaan as die oorledene verwys, getroud. Twee kinders is uit die huwelik gebore.

Op 20 September 1991 is hulle geskei. Ingevolge die Hofbevel wat H kragtens art 7(2) van die Wet op Egskeiding 70 van 1979 verleen is, was die eiseres op onderhoud vir haarself teen 'n koers van R1 000 per maand geregtig. (Onderhoud vir die kinders is op R800 per maand per kind bepaal.)

Op 2 Oktober 1991, 12 dae na die egskeiding, gaan die eiseres en die oorledene 'n skriftelike ooreenkoms aan wat vir die verdeling van I hul gemeenskaplike boedel voorsiening maak en wat voorts bepaal dat die onderhoudsbevel opgeskort word vir solank as wat die eiseres en die kinders in die gemeenskaplike woning te Flamboyantstraat 24, Witkoppies, Klerksdorp, bly woon.

Vir doeleindes van die gestelde saak is aanvaar dat die eiseres en die oorledene na die egskeiding ooreengekom het dat hulle J

Nienaber AR

'ongeag die egskeidingsbevel . . . en sonder onderbreking in A tydsverloop . . . hul huweliksverhouding en gemeenskaplike huishouding voortgesit en ten minste in die vorm van 'n gebruiklike verbinding as man en vrou saamgeleef het tot en met die oorledene se dood, en die eiseres en die oorledene voortgegaan om mekaar as eggenote te ondersteun, te voldoen aan hulle pligte as eggenote en om hul pligte met betrekking tot die gemeenskaplike huishouding na te kom, en die oorledene voortgegaan om die eiseres en die minderjariges tot die dag B van sy dood te onderhou en te versorg ooreenkomstig dieselfde lewenstandaard as voor die datum van egskeiding, tot so 'n mate dat sy onderhoud aan en versorging van die eiseres en die minderjariges sy verpligtinge kragtens die egskeidingsbevel te bowe gegaan het'.

Die ooreengekome feite meld egter nie dat die eiseres en die kinders C by die gegewe adres bly woon het nie.

Amper 'n jaar later, op 6 Oktober 1992, is die oorledene in 'n motorbotsing oorlede. Die botsing was te wyte aan die nalatigheid van die bestuurder van die versekerde voertuig.

Die verweerder was 'n 'benoemde agent' vir doeleindes van die destyds geldende Multilaterale Motorvoertuigongelukkefondswet 93 van D 1989 wat as sodanig kragtens art 40 van die Ooreenkoms (soos omskryf)

'verplig [was] om enigeen wie ook al (in hierdie Ooreenkoms die derde partye genoem) te vergoed vir verlies of skade wat die derde party gely het as gevolg van -

(1)

. . .

(2)

die dood of liggaamlike besering van iemand anders, wat . . . E veroorsaak is deur of voortvloei uit die bestuur van 'n motorvoertuig . . . indien die . . . dood te wyte is aan die nalatigheid of . . . van die persoon wat die motorvoertuig bestuur het . . .'.

Ingevolge art 48(a) is die benoemde agent egter

' . . . nie verplig om iemand . . . vir enige verlies of skade F te vergoed nie -

(1)

waarvoor nòg die bestuurder nòg die eienaar van die betrokke motorvoertuig aanspreeklik sou gewees het indien Hoofstuk XVI nie by hierdie Ooreenkoms ingesluit was nie'.

Die pertinente regsvraag is dus of die bestuurder, was dit nie vir die bepalings van die Wet nie, teenoor die eiseres aanspreeklik sou G wees omdat hy vir die dood van haar gewese man wat kragtens 'n Hofbevel onderhoud aan haar verskuldig was, verantwoordelik was.

Die kinders se eis teen die appellant is geskik; die eiseres s'n nie. Ingevolge die gestelde saak staan die kwantum van die eis vir latere beslegting oor.

Die aanloop tot die aksie wat hedendaags vir bepaalde afhanklikes H beskikbaar is om teen die dader op te tree wat die dood van hul broodwinner veroorsaak het, is meermale al beskryf en is vir huidige doeleindes nie omstrede nie. Daar kan volstaan word met die opsomming in Joubert (red) The Law of South Africa band 8 (eerste heruitgawe) para 11: I

'The action of dependants for the recovery of loss suffered as a result of the wrongful killing of their breadwinner was unknown to Roman law. An action for the recovery of compensation for loss occasioned by the wrongful killing of a breadwinner was, however, available to the dependants in Roman-Dutch law. The exact origins of the action are uncertain. It probably evolved under the influence of the indigenous Germanic law concerning the institution of zoengeld J

Nienaber AR

and the concepts of natural law as formulated by A medieval and sixteenth century theologians.'

Presies wat die ontstaansbron van die onderhoudsplig was en watter afhanklikes volgens die ou skrywers daarby betrek is, is kwessies waaroor daar nie volkome duidelikheid bestaan nie. B

In sy De Jure Belli ac Pacis (2.17.13) skryf De Groot dat die aksie toekom '. . . iis quos occisus alere ex officio solebat, puta parentibus uxoribus liberis . . .' (wat deur Feenstra 1972 Acta Juridica 234 vertaal is as '. . . those whom the deceased was accustomed to aliment ex officio, for...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

26 practice notes
  • Private Contract or Automatic Court Discretion? Current Trends in Legal Regulation of Permanent Life Partnerships
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...Mar ried by Islam ic Rites Victi ms of Unfair Discrim ination?” (1999) 116 SALJ 20 23 citing SANTA M v Fondo 1960 2 SA 467 (A)115 1999 3 SA 421 (SCA)116 Santam Bp k v Henery 1999 3 SA 421 (SCA) 427H-J; 429C-D; 430D-I Here the court is applying t he general pri nciples for delictual liabi li......
  • Brooks v Minister of Safety and Security
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(2001 (8) BCLR 779): referred to Plotkin v Western Assurance Co Ltd and Another 1955 (2) SA 385 (W): referred to Santam Bank v Henery 1999 (3) SA 421 (SCA) ([1999] 2 All SA 312): F referred to Suid-Afrikaanse Nasionale Trust en Assuransie Maatskappy Bpk v Fondo 1960 (2) SA 467 (A): referred......
  • Hlomza v Minister of Safety and Security and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 55 (SCA): applied H Rondalia Assurance Corporation of South Africa Ltd v Britz 1976 (3) SA 243 (T): applied Santam Bpk v Henery 1999 (3) SA 421 (SCA) ([1999] 2 All SA 312): referred to Smit v Abrahams 1994 (4) SA 1 (A): referred to Standard Chartered Bank of Canada v Nedperm Bank Ltd 199......
  • Du Plessis v Road Accident Fund
    • South Africa
    • Invalid date
    ...compared Rondalia Assurance Corporation of SA Ltd v Britz 1976 (3) SA 243 (T): dictum at 245H - 246E applied Santam Bpk v Henery 1999 (3) SA 421 (SCA): compared and Satchwell v President of the Republic of South Africa 2002 (6) SA 1 (CC): applied C Union Government (Minister of Railways and......
  • Get Started for Free
23 cases

    • Cape Provincial Division
    • 20 September 2007
    ...Plotkin v Western Assurance Co Ltd and Another 1955 (2) SA 385 (W); and Erdmann v Santam Insurance Co Ltd 1985 (3) SA 402 (C). I [10] 1999 (3) SA 421 (SCA) [also reported at [1999] 2 All SA 312 - [11] 1999 (4) SA 1319 (SCA) [also reported at [1999] 4 All SA 421 - Eds]. [12] 2004 (1) SA 359 ......
  • Get Started for Free
3 books & journal articles
  • Private Contract or Automatic Court Discretion? Current Trends in Legal Regulation of Permanent Life Partnerships
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...Mar ried by Islam ic Rites Victi ms of Unfair Discrim ination?” (1999) 116 SALJ 20 23 citing SANTA M v Fondo 1960 2 SA 467 (A)115 1999 3 SA 421 (SCA)116 Santam Bp k v Henery 1999 3 SA 421 (SCA) 427H-J; 429C-D; 430D-I Here the court is applying t he general pri nciples for delictual liabi li......
  • Die ontwikkeling van die aksie van afhanklikes
    • South Africa
    • Juta Acta Juridica No. , August 2019
    • 29 May 2019
    ...334, 345; P Q R Boberg The Law of Delict; vol 1 Aquilian Liability (1985) 728; Davel (n 3) 404. 13 So onlangs as in Santam Bpk v Henery 1999 (3) SA 421 (HHA) op 429E. 14 Noot 11, 345. 15 Vergelyk ook Davel (n 3) 399-406; Boberg (n 12) 728; Neethling, Potgieter en Visser (n 11) 277-8 vir kri......
  • Duty to Support and the Dependant's Claim: The Struggle of Women Married in Terms of Customary and Muslim Law
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...Amod v Multilateral Motor Vehicle Accident Fund (Commission for Gender Equity Intervening)supra par [10]; Santam Bpk v Henery 1999 3 SA 421 (SCA) 1326A-B.316 STELL LR 2006 2© Juta and Company (Pty) of the requirements have to be met.15A contractual basis alone will notconstitute a duty to s......