S v Theron

JurisdictionSouth Africa
JudgeCorbett AR, Botha AR, Van Heerden AR, Boshoff AR en Nicholas Wn AR
Judgment Date29 November 1985
Citation1986 (1) SA 884 (A)
Hearing Date12 November 1985
CourtAppellate Division

Botha AR:

Hierdie appèl opper buitengewone probleme in verband met vonnisoplegging, wat voortspruit uit die hoogs uitsonderlike omstandighede van die saak.

Die vonnis waarom dit gaan, is een van 10 jaar gevangenisstraf H wat die appellant opgelê is weens verkragting. Die misdaad is gepleeg op 10 Januarie 1966. Die appellant was toe nagenoeg 15 en 'n half jaar oud. Die slagoffer van die verkragting was 'n jong meisie van 12 jaar. Die appellant is 18 jaar later eers aangekla van die oortreding. Tydens sy verhoor, gedurende I Augustus 1984, was hy 34 jaar oud.

Die verhoor van die appellant het plaasgevind in die Rondgaande Hof op Odendaalsrus, voor SMUTS R en een assessor. Die appellant het skuldig gepleit en 'n skriftelike verklaring van hom is ingevolge art 112 (2) van Wet 51 van 1977 aan die Verhoorhof voorgelê. Dit lui soos volg:

"1.

Ek is die beskuldigde in bogemelde saak. Ek erken dat ek gebore is op 13 Junie 1950 en dat die aangehegte J geboortesertifikaat op my betrekking het.

Botha AR

2.

A Ek erken dat ek op of omtrent 10 Januarie 1966 met Magrieta Fourie, die meisie genoem in die aanklagte teen my, vleeslike gemeenskap gehad het, teen haar sin en wil.

3.

Ek erken dat ten tyde van gemelde gemeenskap ek opsetlik gehandel het, en terwyl ek besef het dat ek wederregtelik optree, en dat ek haar dus verkrag het.

4.

B Ek erken die feite vermeld in die opsomming van wesenlike feite in die Staatsaak en ek stem in en versoek dat die gemelde opsomming by die Hof ingehandig word, as deel van hierdie verklaring.

5.

Ek erken die feite en omstandighede soos genoem in 'n skriftelike verklaring welke ek self uitgeskryf het en hiermee saam by die Hof inhandig, as deel van hierdie verklaring."

C Die geboortedatum van die appellant soos vermeld in para 1 van die verklaring hierbo is deur die Staat as korrek aanvaar. Die Staat se opsomming van wesenlike feite, wat die appellant in para 4 van die verklaring hierbo erken het, lui soos volg:

"1.

Petronella Nel het saam met haar ouers op Odendaalsrus gewoon. Sy was 12 jaar oud. Haar niggie, Magrieta Fourie, ook 12 jaar oud, het ten tye van hierdie voorval by Petronella Nel gekuier. Haar tuiste was in Zambië.

2.

D Maandagmiddag, 10 Januarie 1966, het die niggies die Nel-woning verlaat om by die munisipale swembad te gaan swem.

3.

Beskuldigde en sy broer, Barend, het op dieselfde Maandag hulle huis in Elsburg, Oos-Rand, verlaat op pad na Kimberley. Gedurende die middag het hulle in hulle motor deur Odendaalsrus gery.

4.

Die Theron-broers het die niggies opgelaai en na 'n ou E verlate dubbelverdiepinggebou geneem. Die gebou is ongeveer 1,2 km van die swembad af. Hulle is al vier die gebou in.

5.

Die niggies is versoek om tot seks toe te stem, maar hulle het geweier. Barend Theron het toe 'n rewolwer te voorskyn gebring en die niggies beveel om hulle klere uit te trek. Hulle wou nie.

6.

Beskuldigde het Magrieta Fourie kaal uitgetrek en haar hande met elektriese draad agter haar rug vasgebind.

7.

F Barend Theron het Petronella Nel na die eerste verdieping toe geneem. Hy het Magrieta Fourie se klere, skoene, swemklere en handdoek saamgeneem.

8.

Beskuldigde het Magrieta Fourie - wat nog 'n maagd was - in 'n kluis op die grondvloer verkrag.

9.

Daarna het Barend Theron vir Magrieta Fourie G doodgeskiet. Hy het Petronella Nel, wie se hande en voete vasgebind was, ook doodgeskiet.

10.

Die Theron-broers het die toneel verlaat, hulle plan om Kimberley toe te ry laat vaar en na Elsburg vertrek.

11.

Die niggies se lyke is die volgende dag gevind.

12.

Barend Theron het sedertdien selfmoord gepleeg.

13.

Beskuldigde is in Maart 1984 in hegtenis geneem.

14.

H Op 'n stadium het beskuldigde ene Diederick Nicolaas Steenkamp valslik by die voorval betrek."

Die verklaring wat die appellant self uitgeskryf het en waarna verwys word na in para 5 van die verklaring hierbo aangehaal, bevat eers 'n verduideliking dat Steenkamp, die persoon genoem I in para 14 van die Staat se opsomming van wesenlike feite, valslik deur die appellant by die oortreding betrek is, terwyl hy in der waarheid geen rol daarby gespeel het nie, en lui dan verder soos volg (ek haal uit die verklaring aan net soos dit in die oorkonde voorkom):

"Op 11 Januarie 1966 het ek en my ouer broer vanaf Elsburg Tvl gereis na Kimberley in grys en wit motor die model kan ek nie onthou nie maar dit was 'n Vauxhall-motor. Ons is omstreeks 7 J uur uit Elsburg ons het vroeg die môre reeds begin drink, ons het baie sterk drank in die motor gehad asook dagga, ons het omstreeks 3 uur die middag op Odendaalsrus aangekom waar ons verby 'n

Botha AR

swembad gery het, ongeveer 'n half kilometer daarvandaan in A die rigting van Vreddies het twee meisies geloop, my broer het by hul gestop en vir hulle gevra kon hy hul nie huistoe vat nie, waarop hulle ingewillig het hulle het agter in die voertuig geklim en ons het agter in die voertuig geklim en ons het begin ry nog in die rigting van die myn my broer het toe van die hoofpad afgedraai in 'n grondpad waar ons toe by 'n klomp bome verby gery het en by 'n ou verlate twee verdieping gekom het waarop die grootste van die twee meisies gesê het ons B bly nie hier nie en my broer het gesê ons vat jul nou huistoe ons ry net 'n entjie. By die gebou het ons gestop aan die voorkant het ons uitgeklim ek my broer en die grootste meisie. waarop hy die deur vir die kleiner een oopgemaak het en haar aan die hand uitgetrek het ons is met hul in die gebou in waar ons toe tot by 'n brandkluis geloop het, op die grondverdieping waar my broer hul beveel het om uit te trek, hul wou nie en hy het 'n rewolwer uit sy broek getrek en gesê hul moet uittrek die kleintjie het by die kluis se deur gestaan C en hy het my beveel om haar uit te trek, ek het waarop sy toe gaan sit het en nadat ek haar uitgetrek het het sy net gehuil en hy het gesê ek moet haar hande vasmaak en het dit gedoen op daardie stadium het die ander een ook gehuil, hy het aan hul genoem dat ons met hul seks wil pleeg hy het toe vir my gesê sy is joune en het die groter een met die trappe op gevat ek het daardie meisie nie weer gesien nie en was ook nie bo om te sê wat hy haar aangedoen het nie. ek het haar hande ook onder D vasgebind, ek het toe die meisie onder verkrag onderwyl hy met die een bo besig was terwyl ek my broek vasgemaak het, toe ek klaar is, het die meisie regop gesit ek het gedink dat ons hul nou gaan laat loop die volgende oomblik het hy agter my gestaan en gesê gee pad hy het my uit die kluis getrek en die rewolwer op daardie kind gerig ek het so geskrik toe ek sien dat hy van plan is om hierdie kind te skiet dat ek omgevlieg het uit die gebou gehardloop het. Toe ek omgedraai het het 'n skoot geklap ek het nie gekyk want ek kon nie, ek het net pad gegee uit die E gebou en in die motor gaan sit ek was bang want ek het nie gedink hy gaan haar skiet nie op 'n mate het ek hom ook gevrees en sou dit nie waag om hom te keer nie 'n paar 'n paar minute het ek nog skote gehoor op daardie oomblik het ek besef dat my broer hierdie twee kinders geskiet het daarna het hy uit die gebou gekom en in die motor geklim ek het vir hom gevra waar is hulle en hy het gesê ek moet my bek hou ons is daarna reguit terug Tvl toe ons het op Kroonstad petrol ingegooi ons het toe F ook al baie gedrink en dagga gerook ek het op die agterste sitplek gaan lê en slaap ongeveer 3 uur die môre het ek gestaan op Parys ons het toe weer gedrink en gerook en toe is ons terug na Elsburg waar ons omstreeks 5 uur die oggend aangekom het, wat hy daardie dag met die meisies gedoen het, het hy geweet ek het en sou dit nooit goedkeur nie en dit was ook die gevolg dat ons al verder van mekaar af weggedryf het, ek het skuld van daardie verkragting maar as ek 'n moord sou kon verhoed sou ek dit gedoen het maar ek was self 'n kind en was 15 jaar en 'n G paar maande my broer was 18 maar het reeds die harde kant van die lewe geken ek was onder sy invloed al het ek net soveel skuld van hierdie verkragting. Daar is nie weer oor hierdie moord gepraat nie behalwe een keer het hy vir my gesê dat ek nooit aan enigiemand hiervan moet vertel nie."

Ter opheldering van hierdie verklaring het die Verhoorregter sekere vrae aan die appellant gestel. Die tersaaklike vrae en H die antwoorde van die appellant daarop blyk uit die volgende uittreksel uit die oorkonde:

"Hof: Mnr Theron, sal u opstaan asseblief? Kyk ek wil net duidelikheid hê. In hierdie eerste verklaring het u vir my gesê dat u erken dat u ten tye van die gemelde gemeenskap opsetlik gehandel het en terwyl ek besef het dat ek wederregftelik opgetree het en haar dus verkrag het. Nou wil ek duidelikheid hê. Ek verstaan die gedeelte, ek verstaan die gedeelte van die I tweede verklaring waarin u sê dat wat die moord betref het u niks daarmee te doen gehad nie, maar ek wil nou duidelikheid hê. Waar hierso na verwys na drank en dagga wat u vroeër die dag gehad het, is dit bedoel nou om af te water wat u gesê het in die eerste verklaring, geskrewe verklaring dat u erken dat u opsetlik gehandel het en geweet het dat die verkeerd was of was dit nie 'n bedoeling om dit af te water nie?

Beskuldigde: Dit is nie die bedoeling nie. Ek erken dat ek geweet het wat ek gedoen het, alhoewel ons onder die invloed van dagga en drank was.

Hof: J Maar het jy geweet presies wat jy doen?

Botha AR

Beskuldigde: A Ek het geweet.

Hof: En jy kon jouself beheer het in wat jy gedoen het?

Beskuldigde: Ek kon.

Hof: Ja en jy was onder die invloed van jou broer gewees toe jy dit gedoen het en jy het dit uit eie wil gedoen. Verstaan ek so?

Beskuldigde: Dit is korrek."

B Die Verhoorhof het die appellant skuldig bevind en daarna het die Staat 'n lys van veroordelings ingedien wat die appellant hom op die hals gehaal het nadat hy die onderhawige oortreding begaan het. Die...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

14 practice notes
  • S v Mavela
    • South Africa
    • Invalid date
    ...on sentence, see S v Lehnberg 1975 (4) SA 553 (A); S v Khumalo 1968 (4) SA 284 (T); S v Mohlobane 1969 (1) SA 561 (A); S v Theron 1986 (1) SA 884 (A); S v Becker 1968 (1) SA 18 (C); S v Mtshali J 1967(2)SA 509 (N). 1990 (1) SACR p585 A T N Price for the State referred to the following autho......
  • S v Collins
    • South Africa
    • Invalid date
    ...en was die oorbeklemtoning daarvan verder van so 'n aard, J aan die hand van wat gesê is in 1990 (1) SACR p582 Botha AR A S v Theron 1986 (1) SA 884 (A) op 895I-896D, dat dit die gevolgtrekking regverdig dat die landdros sy diskresie nie redelik uitgeoefen het As ek in die eerste plek belas......
  • S v Machasa en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 222 (A) op 228J et seq ; S v Ncaphayi and Others 1990 (1) SACR 472 (A); S v Ceasar 1977 (2) SA 348 (A) op 353C-F; S v Theron 1986 (1) SA 884 (A) op 899H-901C; S v Khumalo and Others 1984 (3) SA 327 (A) op 330D-331G; en S v Sparks and Another 1972 (3) SA 396 (A) op J Nel namens die St......
  • S v J
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 717 (A) op 727G; S v M en Andere 1979 (4) SA 1044 (B) op 1051E; R v Zonele and Others 1959 (3) SA 319 (A) op 330E; S G v Theron 1986 (1) SA 884 (A) op 894; S v Felix and Another 1980 (4) SA 604 (A) op 612B - C; S v S 1987 (2) SA 307 (A) op 314H; S v Seegers 1970 (2) SA 506 (A) op 511......
  • Get Started for Free
14 cases