S v Smith

JurisdictionSouth Africa
JudgeRabie HR, Jansen AR, Botha AR, Hefer AR en Nestadt Wn AR
Judgment Date19 May 1986
Citation1986 (3) SA 714 (A)
Hearing Date15 May 1986
CourtAppellate Division

Hefer AR:

Na 'n onsuksesvolle appèl na die Transvaalse Provinsiale Afdeling kom die appellant nou in hoër beroep teen J sy skuldigbevinding

Hefer AR

A in 'n landdroshof aan oortreding van art 31 (1) (a) van die Wet op Padvervoer 74 van 1977 ("die Wet").

Die skuldigbevinding het gespruit uit die vervoer deur een van die appellant se werknemers van 'n hoeveelheid onverwerkte staal op 'n leunwa ten opsigte waarvan 'n openbare permit B ooreenkomstig art 21 (1) van die Wet uitgereik en van krag was op datum van die beweerde oortreding. Oor die feite was daar by die verhoor geen geskil nie. Slegs drie vrae was ter sprake, nl (1) of die vervoer van die staal gemagtig was deur die permit, (2) of daar mens rea aan appellant se kant was aangesien hy beweer het dat hy geglo het dat die vervoer wel C deur die permit gemagtig is en (3) of appellant art 31 (1) (a) dan wel art 31 (1) (b) oortree het indien die eerste twee vrae teen hom beslis sou word. Dit is hoe hulle inderdaad beslis is en die landdros het bevind dat art 31 (1) (a) oortree is. Die Hof a quo was dieselfde mening toegedaan. (Die uitspraak van die Hof a quo is gerapporteer in 1986 (2) SA 229.)

In hierdie Hof het appellant se advokaat toegegee dat die D vervoer van die staal nie deur die permit gemagtig was nie, maar aangevoer dat dit nie onaanneemlik is nie dat appellant nietemin eerlik onder die indruk was dat dit wel gemagtig was. Ek is nie van voorneme om appellant se getuienis en die betoog van sy advokaat in hierdie verband breedvoerig te behandel nie. E Nòg die getuienis nòg die betoog was enigsins indrukwekkend. Appellant se bewering dat hy onder die indruk gebring is dat hy die staal wettiglik kon vervoer deur 'n advokaatsopinie wat hy vooraf aangevra het, is klaarblyklik ongegrond. In die opinie is onomwonde verklaar dat die wettigheid van die vervoer afgehang het van die gebruik waarvoor die staal bedoel was. Die F deurslaggewende vraag, so lui die opinie, was "For what purpose are these steel lengths being conveyed?" En "only consultant and the building contractor will be able to answer that question at the time". Die feit dat die staal nie vervoer is na 'n boukontrakteur nie behoort op sigself reeds 'n aanduiding vir appellant te gewees het dat dit waarskynlik nie bestem was vir die gebruik waarvoor dit wettiglik vervoer kon G word nie (vgl Muller t/a SA Trucking v Trencor Services (Pty) Ltd 1985 (3) SA 213 (A) op 221). Bewus van die inhoud van die opinie, het hy boonop geen poging aangewend om 'n antwoord op die sleutelvraag te vind deur vas te stel vir watter doel die staal bestem was nie. Sonder 'n antwoord op daardie vraag kon hy eenvoudig nie geglo het in die wettigheid van sy optrede H nie. Dit volg dat die betrokke verweer tereg verwerp is.

Die enigste oorblywende vraag is dus of appellant tereg skuldig bevind is aan oortreding van art 31 (1) (a). Paragrawe (a) en (b) van art 31 (1) lui soos volg:

"(1) Iemand wat -

(a)

padvervoer onderneem behalwe kragtens 'n permit wat I daardie padvervoer magtig; of

(b)

terwyl hy die houer van 'n permit is, padvervoer anders as volgens die bepalings van daardie permit onderneem of, behoudens die bepalings van art 12A, 'n voorwaarde of vereiste van 'n permit of 'n bepaling van art 24 oortree of versuim om daaraan te voldoen; of...

is aan 'n misdryf skuldig."

Op gesag van die beslissings in S v Agsaam Beleggings (Edms) J Bpk en 'n Ander 1985 (4) SA 423 (O) en S v Ndlovu 1986 (1) SA 579 (T) is namens

Hefer AR

die appellant aangevoer dat para (a) nie van toepassing is op A 'n permithouer nie. Kortweg het die betoog daarop neergekom dat 'n permithouer wat goedere vervoer wat hy nie kragtens sy permit mag vervoer nie, padvervoer onderneem anders as volgens die bepalings van sy permit en daardeur para (b) oortree. Die houding van die Staat (wat deur die Hof a quo gehandhaaf is), B is dat so 'n permithouer die betrokke goedere nie kragtens 'n permit vervoer nie en para (a) oortree. Dit is in ooreenstemming met die beslissing in S v Everson 1980 (2) SA 913 (NK).

Om die beslissings waarop die partye gesteun het en die uiteenlopende standpunte daarin krities te ontleed, is nie van veel waarde nie; dit bring die antwoord op die vraag niks nader C nie. Daarom onderneem ek nie so 'n ontleding nie.

Die vraag waaroor dit eintlik gaan, het slegs betrekking op para (a) van art 31 (1) en die eerste gedeelte van para (b) waarvolgens 'n permithouer strafbaar is indien hy padvervoer onderneem anders as volgens die bepalings van sy permit. By die D beredenering van die appèl het dit duidelik geword dat een enkele faktor ten grondslag van die probleem lê. Dit is die feit dat 'n permithouer wat padvervoer anders as in ooreenstemming met die bepalings van sy permit onderneem deur die perke van sy magtiging te oorskry, tot daardie mate, ongemagtig optree. Die magtiging deur 'n permit verleen is E immers beperk, dit verleen nie carte blanche aan die houer daarvan om padvervoer volgens goeddunke te onderneem nie, maar die beperkte magtiging om met 'n bepaalde voertuig padvervoer van 'n bepaalde aard of klas binne 'n voorgeskrewe gebied of selfs langs'n voorgeskrewe roete te onderneem. Die aanwysings in die permit betreffende onder andere die voertuig, die gebied en die klas of aard van die gemagtigde vervoer is almal F bepalings van die permit en, sou die permithouer padvervoer onderneem, bv van 'n ander aard of...

To continue reading

Request your trial
14 practice notes
  • S v Longdistance (Natal) (Pty) Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...the appellants should have been convicted was s 3l(l)(b), and not s 3l(l)(a), of the Road Transportation Act 74 of 1977, see S v Smith 1986 (3) SA 714 (A); S v Barketts Transport (Edms) Bpk en 'n Ander 1988 (1) SA 157 (A). As to the contention that the onus was on the State to prove mens re......
  • Slims (Pty) Ltd and Another v Morris NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...I have already I referred to the meaning evidently attached to 'kragtens' in Johnstone's case supra. More recently, in S v Smith 1986 (3) SA 714 (A), the meaning of the word 'kragtens', as conveying the direct source of a right (in the wide sense), was emphasised. This case related to the m......
  • S v Barketts Transport (Edms) Bpk en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Die skuldigbevinding is op appèl deur 'n Provinsiale Afdeling bevestig. Na sodanige bevestiging het die Appèlafdeling (in S v Smith 1986 (3) SA 714 (A)) beslis dat art 31(1)(a) nie van toepassing was op permithouers wat goedere vervoer het strydig met die voorwaardes van hul permitte nie. B......
  • Slims (Pty) Ltd and Another v Morris NO
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 10 November 1987

  • Request a trial to view additional results
14 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT