S v Shongwe en Andere
Jurisdiction | South Africa |
Citation | 1998 (2) SACR 321 (T) |
S v Shongwe en Andere
1998 (2) SACR 321 (T)
1998 (2) SACR p321
Citation |
1998 (2) SACR 321 (T) |
Court |
Transvaalse Provinsiale Afdeling |
Judge |
Preller Wn R |
Heard |
November 14, 1997 |
Judgment |
November 14, 1997 |
Counsel |
C Taute namens die Staat |
Flynote : Sleutelwoorde G
Getuienis — Toelaatbaarheid — Onregmatig verkreë getuienis — Hof se diskresie — Bewering van verontagsaming van reg om ingelig te word van reg op regsverteenwoordiging, en van reg op regsverteenwoordiging op Staatskoste — Verhoorhof het diskresie gehad ook ingevolge Grondwet H 200 van 1993 nie alleen om getuienis uit te sluit nie, maar ook om dit toe te laat — Uitsprake wat starre uitsluitingsreël aanhang, dws, dat getuienis verkry weens verontagsaming van konstitusionele regte ipso facto ontoelaatbaar is, nie gevolg nie — Faktore by uitoefening van diskresie uiteengesit en toegepas.
Headnote : Kopnota
Drie beskuldigdes is aangekla van verskeie aanklagte, insluitende vier aanklagte van moord, wat voortgespruit het uit 'n I sogenaamde taxi-oorlog tussen strydende taxi-verenigings. Beskuldigde nr 1 ('die beskuldigde') het tydens die polisie-ondersoek 'n verklaring aan 'n polisie-offisier afgelê, en ook sekere uitwysings in verband daarmee gedoen, wat die Staat by die verhoor as getuienis teen hom wou aanvoer. Die toelaatbaarheid van dié getuienis is J
1998 (2) SACR p322
A deur die verdediging in geskil geplaas, op grond daarvan dat die beskuldigde se grondwetlike regte nie behoorlik aan hom verduidelik is nie.
Die beskuldigde is tuseen 03:00 en 04:00 op 14 Desember 1994, ongeveer sewe weke na die voorval wat tot die aanklagte aanleiding gegee het, by sy woning gearresteer. Die senior polisiebeampte by sy arres was majoor V. Ten spyte van die B beskuldigde se bewerings tot die teendeel, het die Hof bevind dat majoor V die beskuldigde ingelig het van sy swygreg, maar hom blykbaar nie gewaarsku het van die gevolge van die aflegging van 'n verklaring nie. Majoor V het die beskuldigde ook verwittig dat hy geregtig was op regsverteenwoordiging, maar het nie bygevoeg dat hy dit kon kry op Staatskoste nie. C Die beskuldigde is daarna geneem na die kantore van die speurafdeling. Daar is hy mettertyd oorhandig aan majoor B, wat nie 'n lid van die ondersoek-eenheid of andersins by die ondersoek betrokke was nie. Majoor B het om 07:32 dieselfde oggend 'n verklaring van die beskuldigde begin afneem, en daarna die beskuldigde se uitwyssings waargeneem. Majoor B het die beskuldigde vooraf verwittig van sy swygreg en van die gevolge van 'n afstanddoening daarvan. Hy het die beskuldigde egter nie verwittig dat hy geregtig was op regsverteenwoordiging nie. Die Hof het bevind, weereens ten spyte D van die beskuldigde se bewerings tot die teendeel, dat hy die verklaring en uitwyssings volkome vrywillig gemaak het.
Die voormelde gebeure het plaasgevind na die inwerkingtreding van die interim - Grondwet 200 van 1993, maar die verhoor het 'n aanvang geneem na die inwerkingtreding van die finale Grondwet 108 van 1996. Dit is namens die beskuldigde E aangevoer dat die toelaatbaarheid van sy verklaring nietemin beoordeel moes word aan die hand van die 1993-Grondwet, omdat die bepalings daarvan meer gunstig vir die beskuldigde sou wees. Dit is meer bepaald aangevoer dat, anders as ingevolge art 35(5) van die finale Grondwet, die uitwerking van die 1993-Grondwet was dat waar 'n beskuldigde se grondwetlike regte aangetas is, getuienis wat daardeur geraak is ipso facto uitgesluit moes word.
F Beslis, dat alhoewel dit uit nóg die 1993-Grondwet nóg die finale Grondwet geblyk het wat die verskil was finale 'n gearresteerde persoon en 'n aangehoudene, dit aanvaar kon word dat die beskuldigde tydens die voormelde gebeure geregtig was op die beskerming van beide art 25(1) en art 25(2) van die 1993-Grondwet.
Beslis, verder, dat in die lig van die feite-bevindings oor watter waarskuwings aan die beskuldigde gegee is, was die enigste G opsigte waarin sy grondwetlike regte moontlik geskend is, die versuim van majoor B om hom in te lig van sy reg op regsverteenwoordiging, en die versuim van enigeen van die polisiebeamptes om hom in te lig dat hy in gepaste omstandighede regshulp op Staatskoste kon kry (dws verontagsaming van art 25(1)(c)).
Beslis, verder, dat die 1993-Grondwet 'n beginselverandering in ons strafprosesreg meegebring het. Dit het egter nie H beteken dat ons nou 'n droomwêreld betree het waar niks meer dieselfde was nie. Die implikasie daarvan het versigtige oorweging geverg.
Beslis, verder, dat daar wel sake was, soos S v Mathebula 1997 (1) SACR 10 (W), waar die ondersoek na toelaatbaarheid ingevolge die 1993-Grondwet beperk is tot die vraag of die beskuldigde se grondwetlike regte geskend is. Sodra 'n I skending bevind is, het uitsluiting van die betrokke getuienis outomaties gevolg. So 'n reël, wat ooreengestem het met die starre Amerikaanse uitsluitingsreël, het natuurlik die taak van die verdediging aansienlik vergemaklik, en dit was geen wonder dat die betrokke beslissings met soveel entoesiasme aangehaal is nie.
J Beslis, verder, dat enkele opmerkings in verband met die Mathebula-beslissing gepas was:
1998 (2) SACR p323
Artikel 33(1) van die 1993-Grondwet (wat ooreenstem met art 36 van die finale Grondwet) is in die A Mathebula-beslissing gebruik om die toelaatbaarheid van getuienis wat ongrondwetlik verkry is, te toets. Artikel 33(1) was egter 'n beperkingsklousule en nie 'n uitsluitingsreël nie.
Die wyse waarop art 174 van die Strafproseswet 51 van 1977 toegepas moes word, is in die B Mathebula-beslissing oorweeg aan die hand van art 33(1). Artikel 33(1) sou egter in daardie konteks alleen ter sprake kon kom as die versoenbaarheid van art 174 met die 1993-Grondwet oorweeg moes word. Dit was nie die geval nie, aangesien art 174 geen van die regte wat in hoofstuk 3 van die 1993-Grondwet verskans was, beperk het nie. Artikel 33(1) was die toetssteen vir die bestaanbaarheid van 'n inbreuk deur 'n bepaling van die wettereg, C gemenereg of gewoontereg op 'n verskanste reg, en is op verskeie geleenthede aldus deur die Konstitusionele Hof aangewend om (byvoorbeeld) die bestaanbaarheid van wetteregtelike vermoedens te bepaal.
Daar is in die Mathebula-beslissing gehuiwer om Kanadese regspraak te volg, omdat die Kanadese Charter of Rights and Freedoms onder die invloed staan van 'n uitsluitingsklousule (art 24(2) van die Charter) wat D klaarblyklik verskil van art 33(1) van die 1993-Grondwet. Die vergelyking van dié twee bepalings het egter neergekom op 'n opweging van ongelyksoortige dinge. Daar was inteendeel heelwat ooreenkomste tussen die Kanadese Charter en ons Handves van Menseregte, en ons Konstitusionele Hof het ook al dikwels leiding gevind in Kanadese regspraak. Dit was waar dat die 1993-Grondwet, anders as die Kanadese Charter, nie bepaal het wat die E gevolg sou wees van 'n aantasting van enige van die verskanste regte nie. Die knoop is nou egter deurgehaak deur art 35(5) van die huidige Grondwet (wat die navolgenswaardigheid van die Kanadese gesag bevestig het).
Die Mathebula-beslissing is oorweeg en nie gevolg nie in S v Shaba en Andere 1998 (1) SACR 16 (T). In F laasvermelde saak is bevind dat alhoewel dit moontlik wenslik was om 'n aangehoudende elke keer van sy regte op regsverteenwoordiging en sy reg tot stilswye in te lig as hy homself moontlik kon inkrimineer, versuim om dit te doen nooit tot gevolg kon hê dat enige inkriminerende getuienis ontoelaatbaar was bloot omdat daar nie so 'n voorligting was nie. Daardie beskouing was korrek, en moes gevolg word. G
Beslis, verder, dat die Mathebula-beslissing, en die beslissings in S v Yawa and Another 1994 (2) SACR 709 (SE), S v Marx 1996 (2) SACR 140 (W), S v Maseko 1996 (2) SACR 91 (W) en S v Mhlakaza en Andere 1996 (2) SACR 187 (K), vir sover 'n starre uitsluitingsreël ingevolge die 1993-Grondwet aangehang is, derhalwe nie gevolg moes word nie.
Beslis, verder, dat die starre uitsluitingsreël selfs in die VSA, waar dit ontstaan het, probleme geskep het, wat die H Amerikaanse Supreme Court genoop het om uitsonderings daarop te formuleer, soos byvoorbeeld die 'exception of inevitable discovery', die 'independent sources doctrine', die 'stop and frisk exception', en die 'public safety exception'. Dit was egter ongewens dat die hoogste hof van 'n land 'n reël formuleer, net om agterna deur realiteite geforseer te word om die een uitsondering na die ander daarop te skep. 'n Soortgelyke reëling was nie gewens vir Suid-Afrika nie. I
Beslis, derhalwe, dat daar ook ingevolge die 1993-Grondwet 'n regterlike diskresie bestaan het om op grond van 'notions of basic fairness and justice', getuienis toe te laat wat verkry is in verbreking van 'n beskuldigde se grondwetlike regte. 'n Starre uitsluitingsreël was 'n onding en het geen plek in ons regspleging gehad nie. Die betoog namens die beskuldigde dat so 'n reël wel J
1998 (2) SACR p324
A ingevolge die 1993-Grondwet bestaan het moes bygevolg verwerp word: Dit het min verskil gemaak of die toelaatbaarheid van die beskuldigde se verklaring ingevolge die 1993-Grondwet of ingevolge die huidige Grondwet bepaal sou word.
Die beslissings in S v Zuma and Others 1995 (1) SACR 568 (KH) te para [16] op 579h (1995 (2) SA 642 op 652D), S v B Melani 1995 (2) SACR 141 (OK), Key v Attorney-General, Cape Provincial Division, and Another 1996 (2) SACR 113 (KH) te para [13] op 120h (1996 (4) SA 187 op 195G), en S v Desai 1997 (1) SACR 38 (W) te 42b, gevolg.
Beslis, dat die volgende faktore in ag geneem moes word by uitoefening van die Hof se diskresie:
C Die verhoor het groot openbare belangstelling uitgelok. Alhoewel dié faktor eerste genoem was, het die Hof daarteen gewaak om hom te veel te laat beïnvloed deur openbare mening, aangesien...
To continue reading
Request your trial-
Director of Public Prosecutions, Transvaal v Viljoen
...220) S v Shikongo and Others 2000 (1) SACR 190 (NmS) S v Shikunga 2000 (1) SA 616 (NmS) (1997 (9) BCLR 1321) S v Shongwe en Andere 1998 (2) SACR 321 (T) S v Smile 1998 (1) SACR 688 (SCA) E S v Soci 1998 (2) SACR 275 (E) (1998 (3) BCLR 376) S v Steyn 1981 (3) SA 1050 (C) S v Tshabalala 1999 ......
-
S v Davids
...Services to J fulfil that task. Those officers should be under no illusions: a corrupt dereliction of their duty, resulting 1998 (2) SACR p321 Comrie in an escape, will be dealt with firmly by the courts. Deterrence plays an important role in the sentence to be imposed in A casu. Taking eve......
-
Director of Public Prosecutions, Transvaal v Viljoen
...220) S v Shikongo and Others 2000 (1) SACR 190 (NmS) S v Shikunga 2000 (1) SA 616 (NmS) (1997 (9) BCLR 1321) S v Shongwe en Andere 1998 (2) SACR 321 (T) S v Smile 1998 (1) SACR 688 (SCA) E S v Soci 1998 (2) SACR 275 (E) (1998 (3) BCLR 376) S v Steyn 1981 (3) SA 1050 (C) S v Tshabalala 1999 ......
-
S v Davids
...Services to J fulfil that task. Those officers should be under no illusions: a corrupt dereliction of their duty, resulting 1998 (2) SACR p321 Comrie in an escape, will be dealt with firmly by the courts. Deterrence plays an important role in the sentence to be imposed in A casu. Taking eve......