S v Seleke en Andere

JurisdictionSouth Africa
CourtTransvaal Provincial Division
JudgeCillié RP, Marais R en Le Grange R
Judgment Date19 November 1975
Citation1976 (1) SA 675 (T)
Hearing Date10 September 1975

Cillié, R.P., Marais, R. en Le Grange, R.:

Onsekerheid en 'n mate van verwarring oor die vertolking en toepassing van art. 4 van die Wet op Gevaarlike Wapens, 71 van 1968 (die Wet), het in B die Transvaalse landdroshowe ontstaan nadat die betrokke wetgewing deur Goewermentskennisgewing R.409 in Staatskoerant 2119 met ingang 1 April 1975 in die hele Republiek geldend gemaak is. Twee-en-twintig hersieningsake, verteenwoordigend van die probleme wat ontstaan het, is toe vir beredenering aan die Hof voorgelê. Mnr. Verschoor van die Prokureur-generaal se kantoor het namens die Staat opgetree en mnr. Els van die C Pretoriase Balie namens die beskuldigdes. Aan hierdie twee advokate is die Hof dank verskuldig vir hul betoë wat van insig, ywer en deeglikheid getuig het.

Die volgende dele van die Wet is hier ter sake:

'Lang titel : Wet om voorsiening te maak vir sekere verbodsbepalings en beperkings ten opsigte van die besit, D vervaardiging, verkoop of verskaffing van sekere voorwerpe; om voorsiening te maak vir die oplegging van voorgeskrewe strawwe waar gevaarlike wapens of vuurwapens by die pleeg van die misdrywe waarby geweld betrokke is, gebruik is; om arts. 10 en 10 bis van die Algemene Regswysigingswet, 1949, te herroep; en om vir bykomstige aangeleenthede voorsiening te maak.

1.

Woordomskrywing - In hierdie Wet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken, gevaarlike wapen' enige voorwerp, behalwe E 'n vuurwapen, wat waarskynlik ernstige liggaamlike letsel sal veroorsaak indien dit gebruik sou word om 'n aanranding te pleeg;

'Minister' die Minister van Justisie;

'vuurwapen' 'n wapen soos in art. 36 van die Wapens en Ammunisiewet, 28 van 1937, omskryf.

2.

Verhod op die besit van gevaarlike wapens en sekere ander voorwerpe.

(1)

F Iemand wat in besit is van 'n gevaarlike wapen, of van 'n voorwerp wat so na 'n vuurwapen lyk dat, onder omstandighede soos dié waaronder so iemand in hesit daarvan is, dit waarskynlik vir 'n werklike vuurwapen aangesien sou word, is aan 'n misdryf skuldig, tensy hy kan bewys dat hy te gener tyd die bedoeling gehad het om sodanige wapen of voorwerp vir 'n onregmatige doel te gebruik nie, en is by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete van hoogstens tweehonderd rand of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens 12 maande of met sowel sodanige boete as sodanige gevangenisstraf.

3.

G Verbod op die vervaardinging, verkoop of verskaffing van gevaarlike wapens.

(1)

Die Minister kan van tyd tot tyd by kennisgewing in die Staatskoerant die vervaardiging, verkoop of verskaffing van 'n voorwerp wat tot 'n klas of soort voorwerp behoort wat na sy oordeel 'n gevaarlike wapen is en wat in sodanige kennisgewing vermeld word, verbied.

(3)

Iemand wat 'n voorwerp in stryd met die bepalings van H 'n kragtens sub-art. (1) uitgevaardigde kennisgewing vervaardig, verkoop of verskaf, is aan 'n miskryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete van hoogstens driehonderd rand of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens 18 maande of met sowel sodanige boete as sodanige gevangenisstraf.

4.

Strawwe wanneer gevaarlike wapens of vuurwapens gebruik word by die pleeg van misdrywe waarby geweld betrokke is.

(1)

Wanneer iemand bo die ouderdom van 18 jaar skuldig bevind word aan 'n misdryf waarby geweld teenoor 'n ander persoon betrokke is en bewys is dat hy sodanige ander persoon deur gebruikmaking van 'n gevaarlike wapen of 'n 'vuurwapen gedood of beseer het, word hy, behalwe wanneer die doodstraf of die by art. 334 ter of 334 quat van die Strafproseswet, 56 van 1955,

Cillié RP, Marais R en Le Grange R

voorgeskrewe straf opgelê word of hy ingevolge art. 335 van daardie Wet 'n gewoontemisdadiger verklaar word, ondanks andersluidende wetsbepalings, gevangenisstraf vir 'n tydperk van minstens 2 jaar en, indien hy voor 'n landdroshof aldus skuldig bevind word, hoogstens 8 jaar, opgelê, en kan hy, benewens enige sodanige straf, lyfstraf van hoogstens tien houe opgelê word; Met dien verstande dat indien die hof A oortuig is dat daar omstandighede is wat die oplegging van 'n ligter straf as die by hierdie artikel voorgeskrewe straf regverdig, hy daardie omstandighede in die notule van die verrigtinge aanteken en dan die persoon wat aldus skuldig bevind word, sodanige ligter straf kan oplê: Met dien verstande voorts dat in die geval van 'n landdroshof en sonder afbreuk aan sy bevoegdheid om lyfstraf op te lê, sodanige ligter straf nie 'n boete van vierhonderd B rand of gevangenisstraf vir 'n tydperk van 2 jaar te bowe gaan nie.

(2)

Ondanks andersluidende wetsbepalings, word daar met geen persoon ten opsigte van wie die oplegging van gevangenisstraf ingevolge sub-art. (1) verpligtend is, kragtens arts. 342, 345 of 352 van die Strafproseswet, 56 van 1955, gehandel nie.

(3) (a)

Die bepalings van sub-arts. (1) en (2) is slegs van toepassing ten opsigte van 'n in sub-art. (1) bedoelde misdryf wat gepleeg C word in 'n gebied waarop die Minister sodanige bepalings by kennisgewing in die Staatskoerant van toepassing verklaar het.

(b)

Die Minister kan 'n kragtens para. (a) uitgevaardigde kennisgewing te eniger tyd by kennisgewing in die Staatskoerant wysig of intrek.

5.

Regsbevoegdheid van landdroshowe. - Ondanks andersluidende wetsbepalings, maar behoudens die bepalings van D art. 4 (1), is 'n landdroshof regsbevoeg om enige by hierdie Wet voorgeskrewe straf op te lê.

7.

Kort titel - Hierdie Wet heet die Wet op Gevaarlike Wapens, 1968.'

Waar nodig word in die breë behandeling van die probleme na die voorgelegde sake verwys. Sommige van hulle sowel as sommige ander teruggehoue hersieningsake is as dringend beskou en in die lig van hierdie uitspraak reeds afgehandel.

Daar word agtereenvolgens stilgestaan by -

A.

die omvang van die wetgewing;

B.

die verduideliking van die aanklag aan die beskuldigde;

C.

die aard van die gevaarlike wapen;

D.

die bepaling van die beskuldigde se ouderdomsgroep; en

E.

F omstandighede wat 'n ligter straf regverdig.

A. Die omvang van die wetgewing.

Soos in die lang titel vermeld, is die doel van die Wet om voorsiening te maak vir sekere verbodsbepalings en vir die oplegging van voorgeskrewe strawwe by die pleging van besondere misdade. In art. 2 (1) word 'n misdaad geskep; iemand wat 'n G gevaarlike wapen besit, is by ontstentenis van bepaalde bewyse deur hom aan 'n misdaad skuldig; die strawwe wat 'n oortreder opgelê mag word, word ook voorgeskryf. Kragtens art. 3 pleeg iemand 'n misdaad as hy, in stryd met 'n verbod van die Minister, 'n gevaarlike wapen vervaardig, of verkoop of verskaf en is hy by skuldigbevinding aan 'n voorgeskrewe straf onderworpe.

In teenstelling met die skepping van misdade en die H voorskrywing van gepaardgaande strawwe in hierdie twee artikels, handel art. 4 van die Wet slegs oor die

'voorsiening... vir die oplegging van voorgeskrewe strawwe waar gevaarlike wapens of vuurwapens by die pleeg van misdrywe waarby geweld betrokke is, gebruik is'.

Die Wetgewer bepaal hier nie bestanddele of elemente van 'n misdaad nie maar skryf voor aan watter vereistes voldoen moet word alvorens sekere strafbepalings van toepassing is.

Cillié RP, Marais R en Le Grange R

Die eerste vereiste is dat die persoon wat 'skuldig bevind word', bo die ouderdom van 18 jaar moet wees. Of hy reeds sy agtiende verjaardag bereik het, is slegs by die straftoemeting ter sake, en getuienis vil die vasstelling van daardie feit kan A tydens die hoofverhoor gelewer word, sowel as wanneer die hof, na skuldigbevinding, ondersoek instel na omstandighede wat strafversagtend of strafverswarend is.

Dit is ten tweede noodsaaklik dat die misdaad waaraan die persoon skuldig bevind word, een is

'waarby geweld teenoor 'n ander persoon betrokke is'.

Of aan hierdie vereiste voldoen is, blyk uit die getuienis B omtrent en die aard van die oortreding. Die volgende misdade is o.a. hier ter sprake: moord, strafbare manslag, alle vorms van aanranding, roof, ontvoering en verkragting.

Die derde vereiste is dat

'bewys is dat hy sodanige ander persoon deur gebruikmaking van C 'n gevaarlike wapen of 'n vuurwapen gedood of beseer het'.

Die gebruik van die teenwoordige tydsvorm by die verwysing na die beskuldigde se ouderdom en sy skuldigbevinding, en die voltooide verlede tydsvorm by die bewys van die gebruik van die gevaarlike wapen of vuurwapen, dui daarop dat hierdie noodsaaklike feit reeds voor die skuldigbevinding bewys moes D gewees het. As dit nie so bewys is nie, kan die oortreder nog, na gelang van die getuienis, skuldig bevind word aan die misdaad hom ten laste gelê want die gebruik van 'n gevaarlike wapen is nie 'n bestanddeel van die misdaad gemaak nie. Wanneer hy straf opgelê moet word, egter, is die bewys van sodanige gebruik noodsaaklik, en indien dit aan die einde van die E hoofsaak nie as bewese beskou kan word nie, kan die gebrek nie aangevul word en die betrokke artikel nie toegepas word nie.

Na aanleiding van die bevinding dat geen misdaad deur middel van art. 4 geskep word nie, is dit gewens om na die volgende opmerkings in Hofverslae te verwys.

In S. v. Diedericks en Andere, 1969 (3) SA 270 (K), word op bl. 279 melding gemaak van

F '... die voorbehoudsbepaling tot art. 4 (1) ten opsigte van misdrywe daarin omskrywe...'

en

'... die oplê van gevangenisstraf vir 'n deur art. 4 (1) omskrewe misdryf...'.

Op bl. 131 van die verslag van S. v. Ackerman, 1972 (1) SA 130 (K) G , verskyn die volgende:

'In Masow se saak, infra, word dit neergelê dat dit onnodig is om in 'n klagstaat te vewrys na die artikel wat die strafbepaling vir 'n oortreding bevat. Dit is nie die geval met art. 4 van Wet 71 van 1968 nie. Dit bepaal sekere elemente van die misdryf self, nl. dat die beskuldigde persoon bo die ouderdom van 18 jaar moet wees en dat hy 'n gevaarlike wapen soos omskryf in daardie Wet, by 'n...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

34 practice notes
  • S v Ndlovu
    • South Africa
    • Supreme Court of Appeal
    • 27 Noviembre 2002
    ...the relevant circumstances' (in para [21]). [12] The following extract from the judgment of the Full Court G in S v Seleke en Andere 1976 (1) SA 675 (T) at 682H was quoted with approval by Cameron JA (his translation from 'To ensure a fair trial it is advisable and desirable, highly desirab......
  • S v Toubie
    • South Africa
    • Supreme Court of Appeal
    • 27 Septiembre 2012
    ...to conduct his defence properly.' [18] In S v Legoa 2003 (1) SACR 13 (SCA) Cameron JA referred with approval to S v Seleke en andere 1976 (1) SA 675 (T) at 682H. In Seleke the full court said the 2012 JDR 1763 p11 Shongwe JA (Mhlantla, Bosielo JJA, Erasmus AJA concurring) 'To ensure a fair ......
  • S v Matseare and Others
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 23 Marzo 1978
    ...weapon? A The first question, inter alia, was considered by a Full Court of this Division in the matter of S v Seleke en Andere 1976 (1) SA 675 (T) but since this decision many facets relating to this question and many arguments for or against the views expressed in Seleke's case supra have......
  • S v Adams
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 26 Agosto 1986
    ...so many words, that seems to have J been the approach in cases reported hitherto. See, for example, S v Seleke en Nicholas AJA Andere 1976 (1) SA 675 (T) at 685, where it was held that in A order to determine whether an object was a dangerous weapon for the purpose of s 2 (1), the question ......
  • Get Started for Free
34 cases