S v Sataardien

JurisdictionSouth Africa
JudgeVan Zyl R
Judgment Date11 March 1998
Citation1998 (1) SACR 637 (C)
Hearing Date11 March 1998
CounselH ten Brink namens die beskuldigde A C Mopp namens die Staat
CourtCape Provincial Division

Van Zyl R:

Die beskuldigde, Ebrahim Sataardien, word daarvan aangekla dat hy op 9 Julie 1997 te Lansdowne die oorledene, ene Shariff Gallie, oftewel Sharief Kahn, soos hy in die gemeenskap bekend was, vermoor het deur hom met 'n vuurwapen te skiet. Hy het op hierdie aanklag onskuldig gepleit. Die grondslag van sy verweer was dat hy in noodweer, F alternatiewelik, putatiewe noodweer opgetree het.

Volgens dr C R Eedes, 'n mediese pataloog, wat 'n nadoodse ondersoek op die oorledene uitgevoer het, was die oorsaak van die dood 'n skietwond laag af in die linker buikgebied. Dit het aanleiding gegee tot massiewe interne bloeding wat die dood binne vyf tot tien minute kon veroorsaak het. Hoewel mnr Ten Brink, namens die beskuldigde, nie bereid was om in G terme van art 212B van die Strafproseswet 51 van 1977, te erken dat die oorsaak van die dood was soos deur Dr Eedes getuig nie, bestaan daar weinig twyfel dat dit inderdaad die geval was. Geen ander moontlike oorsaak van die dood blyk uit die voorgelegde getuienis nie. Dit word gestaaf deur die getuienis van dr B F Ngussan, wat die oorledene probeer behandel het kort voor sy oorlye. H

Die enigste ooggetuie van die gebeure rondom die beskuldigde en die oorledene was ene Riyaad Mohammed, 'n kennis van die oorledene.

Ten tye van die vroeë aandgebed, Maghrieb, op 9 Julie 1997, het hy die oorledene buite die moskee in Yorkstraat, Lansdowne, raakgeloop en het hy hom genooi na sy huis in Ahmedeyahstraat, neffens die moskee. I

Terwyl hulle soontoe stap het hulle oor die blywende waardes van die Islamitiese geloof gepraat en die oorledene het bykans profeties opgemerk: 'God decides when you are going to live and when you die.'

Net toe hulle die huis wou binnegaan het die oorledene die beskuldigde gemerk digby die hoek van York- en Ahmedeyahstraat. Hy was besig om J

Van Zyl R

A in Yorkstraat af te stap weg van die moskee af. Die oorledene het toe teenoor Mohammed opgemerk dat hulle die beskuldigde 'n pak skuld. Mohammed het hom daaraan herinner dat dit nog Maghrieb was, waarop die oorledene hom verseker het dat hy nie gaan baklei nie.

B Met dié het hy die beskuldigde geroep en beduie dat hy moet wag want hy wil met hom kom praat. Die beskuldigde het egter aangehou stap. Die oorledene het toe in sy rigting begin stap. Terwyl hy dit doen het sy selfoon gelui. Hy het dit uit sy baadjiesak gehaal en beantwoord. Terselfdertyd het hy weer eens aan die beskuldigde beduie dat hy moet wag sodat hulle kan praat.

C Die oorledene het hom ingehaal langs 'n lae tuinmuurtjie op die hoek van York- en Ahmedeyahstraat teenoor die syaansig van die moskee. Mohammed kon hulle bolywe van die kant af duidelik sien vanwaar hy gestaan het. Hulle het teenoor mekaar gestaan ongeveer 'n armlengte van mekaar af. Volgens sy waarneming het die beskuldigde sy een arm in die oorledene se gesig gerig waarop die oorledene hom met sy linkerhand aan die voorkant van sy kraag vasgegryp het en drie D houe met sy regterhand toegedien het. Dit het geklink soos houe wat met die plathand geslaan is.

Mohammed het nader beweeg om te probeer keer. Hy het toe 'n skoot gehoor en rook gesien. Toe hy om die draai kom sien hy hoe die oorle-dene op die grond val. Die beskuldigde het teruggestaan en aan die oorledene gesê 'Julle wil mos mense aanrand.'

E Hierop het Mohammed hom daarvan beskuldig dat hy die oorledene geskiet het. Die oorledene, wat op sy regtersy gelê het, het Mohammed toe gevra om met sy selfoon die blitspatrollie se nommer, 10111, te skakel. Die selfoon was egter stukkend sodat Mohammed genoop was om na sy huis terug te keer om die oproep vanaf sy eie telefoon te maak.

F Ene Mogamat Shaheed Samuels, 'n persoonlike vriend van die oorledene, het getuig van 'n insident meer as ses maande voor die skietvoorval ten tye van die begrafnis van wyle Agmat Najaar. Volgens Samuels het die beskuldigde n... die begrafnis in 'n bakleiery betrokke geraak en is deur die oorledene na veiligheid gehelp. Hierdie getuienis is bevestig deur ene G Sedick Jacobs.

'n Ander vriend van die oorledene, ene Mohammed Igsaan Samaai, het getuig van 'n nog vroeër insident gedurende Oktober 1996 waarby die beskuldigde en oorledene betrokke was. Volgens Samaai het die beskuldigde tydens hierdie insident aggressief teenoor die oorledene opgetree en gedreig dat hy hom nog sou skiet.

H Ons is van mening dat die getuienis oor hierdie twee vroeëre insidente weinig, indien enigiets, bydra tot 'n beter begrip van wat tussen die beskuldigde en oorledene plaasgevind het ten tye van die skietery. Vir teenswoordige doeleindes kan dit buite rekening gelaat word.

I Die beskuldigde se getuienis stem in breë trekke met dié van Mohammed ooreen, behalwe dat hulle beskrywing van die aard van die onderskeie bewegings en gebare onmiddellik voor die...

To continue reading

Request your trial
8 practice notes
  • Snyders v Louw
    • South Africa
    • Invalid date
    ...665): referred toS v Ntuli 1975 (1) SA 429 (A): referred toS v Pakane and Others 2008 (1) SACR 518 (SCA): referred toS v Sataardien 1998 (1) SACR 637 (C): referred toS v Trainor 2003 (1) SACR 35 (SCA) ([2003] 1 All SA 435): dictum inparas [12] and [13] appliedSouth African Railways v Syming......
  • S v Dougherty
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A): referred to S v R 1993 (1) SACR 209 (A) (1993 (1) SA 476): dictum at 221h - 222a (SACR) and 488G - J (SA) applied S v Sataardien 1998 (1) SACR 637 (C): S v Van Aswegen 2001 (2) SACR 97 (SCA): applied S v Van der Meyden 1999 (1) SACR 447 (W) (1999 (2) SA 79): applied B Sherras v De Rutz......
  • S v Heslop
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A) S v Potgieter 1994 (1) SACR 61 (A) S v R 1993 (1) SA 476 (A) (1993 (1) SACR 209) S v Rama 1966 (2) SA 395 (A) E S v Sataardien 1998 (1) SACR 637 (C) at 643j - 644f S v Venter 1996 (1) SACR 664 (A) Snyman Criminal Law 4 ed at 108, fn 70. Cur adv vult. F Postea (November 30). Judgment Clo......
  • S v Dougherty
    • South Africa
    • Invalid date
    ...referred to E S v R 1993 (1) SA 476 (A) (1993 (1) SACR 209): dictum at 488G - J (SA) and 221h - 222a (SACR) applied S v Sataardien 1998 (1) SACR 637 (C): S v Van Aswegen 2001 (2) SACR 97 (SCA): applied S v Van der Meyden 1999 (2) SA 79 (W) (1999 (1) SACR 447): applied Sherras v De Rutzen [1......
  • Request a trial to view additional results
7 cases
  • Snyders v Louw
    • South Africa
    • Invalid date
    ...665): referred toS v Ntuli 1975 (1) SA 429 (A): referred toS v Pakane and Others 2008 (1) SACR 518 (SCA): referred toS v Sataardien 1998 (1) SACR 637 (C): referred toS v Trainor 2003 (1) SACR 35 (SCA) ([2003] 1 All SA 435): dictum inparas [12] and [13] appliedSouth African Railways v Syming......
  • S v Dougherty
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A): referred to S v R 1993 (1) SACR 209 (A) (1993 (1) SA 476): dictum at 221h - 222a (SACR) and 488G - J (SA) applied S v Sataardien 1998 (1) SACR 637 (C): S v Van Aswegen 2001 (2) SACR 97 (SCA): applied S v Van der Meyden 1999 (1) SACR 447 (W) (1999 (2) SA 79): applied B Sherras v De Rutz......
  • S v Heslop
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A) S v Potgieter 1994 (1) SACR 61 (A) S v R 1993 (1) SA 476 (A) (1993 (1) SACR 209) S v Rama 1966 (2) SA 395 (A) E S v Sataardien 1998 (1) SACR 637 (C) at 643j - 644f S v Venter 1996 (1) SACR 664 (A) Snyman Criminal Law 4 ed at 108, fn 70. Cur adv vult. F Postea (November 30). Judgment Clo......
  • S v Dougherty
    • South Africa
    • Invalid date
    ...referred to E S v R 1993 (1) SA 476 (A) (1993 (1) SACR 209): dictum at 488G - J (SA) and 221h - 222a (SACR) applied S v Sataardien 1998 (1) SACR 637 (C): S v Van Aswegen 2001 (2) SACR 97 (SCA): applied S v Van der Meyden 1999 (2) SA 79 (W) (1999 (1) SACR 447): applied Sherras v De Rutzen [1......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • Recent Case: General principles of criminal law
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , October 2022
    • 3 October 2022
    ...as having acted negligently in defending himself. (For a case which illustrates the ful l ambit of this defence, see S v Sataardien 1998 (1) SACR 637 (C)). The Constitutional Cour t was required to consider putative private defence in Tuta v The State [2022] ZACC 19. The facts giving rise t......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT