S v R
Jurisdiction | South Africa |
Judge | Kriegler Wn AR |
Judgment Date | 12 November 1992 |
Citation | 1993 (1) SACR 209 (A) |
Hearing Date | 18 September 1992 |
Counsel | WA King namens die appellant PF Nel namens die Staat |
Court | Appellate Division |
Kriegler Wn AR:
Hierdie appèl gaan oor vonnis. Appellant pleit in Januarie 1990 voor die streekhof, Kaapstad, skuldig aan 'n oortreding van art 14(1)(b) van die Wet op Seksuele Misdrywe 23 van 1957. Luidens die klagstaat het hy gedurende Augustus 1989 by Bloubergstrand onsedelike dade met 'n 15-jarige seun gepleeg. 'n Verklaring ingevolge art 112(2) van die Strafproseswet 51 van 1977 ('die Strafproseswet') word deur sy prokureur E ingedien en 'n formele skuldigbevinding volg. Appellant se lys vorige veroordelings toon toe onder andere 'n skuldigbevinding weens 'n oortreding van die einste wetsbepaling skaars vier maande voor die pleging van die onderhawige misdaad. (Vir daardie oortreding was die vonnis 'n boete van R1 000 of ses maande gevangenisstraf plus 18 maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort is vir vyf jaar op voorwaarde dat appellant hom onderwerp aan voorgeskrewe sielkundige behandeling en nie F weer skuldig bevind word aan 'n oortreding van bedoelde artikel nie.) Die saak word toe uitgestel met die oog op 'n proefbeampteverslag.
By hervatting van die verrigtinge op 16 Februarie 1990, lewer die proefbeampte 'n voorvonnisverslag waarin sy 'n algeheel opgeskorte vonnis van gevangenisstraf aanbeveel, onderworpe daaraan dat appellant voortgaan met die reeds ingestelde program van psigoterapie. Sy meen sy gedrag was G te wyte aan persoonlikheidstekorte en 'n gepaardgaande drankprobleem, wat belowend gereageer het op die destyds kortstondige terapie. Sy meen ook dat langtermynbehandeling nodig is maar ontbeer sal moet word in geval van tronkstraf. Die verhoorhof lê egter 'n vonnis van 18 maande gevangenisstraf op, waarteen appellant in hoër beroep gaan. In Junie 1990 beslis die Kaapse Provinsiale Afdeling dat die verhoorhof gedwaal het deur nie voldoende rekening te hou met die hervormingsoogmerk van H straftoemeting nie. Bygevolg word die vonnis van die verhoorhof tersyde gestel en vervang deur dieselfde termyn gevangenisstraf, waarvan een helfte egter vir vyf jaar opgeskort is onder andere op voorwaarde dat appellant hom onderwerp aan 'n voorgeskrewe psigoterapeutiese regime. Met verlof van hierdie Hof word daar nou teen laasgenoemde vonnis geappelleer.
Die kernsubmissie namens die appellant in beide howe benede was dat I regstreekse gevangenisstraf onvanpas was. Die betoogpunte namens appellant in hierdie Hof het dan ook 'n algeheel opgeskorte vonnis bepleit. Die Staatsadvokaat het daarenteen die oplegging van regstreekse gevangenisstraf ondersteun. Die advokate is egter versoek om aanvullende betoog voor te lê ten aansien van die toepaslikheid en oplegbaarheid van 'n vonnis van korrektiewe toesig ingevolge art 276(1)(h) van die Strafproseswet. (Bedoelde vonnis en wetsbepaling word hieronder van nader J beskou.) Aan die versoek is nie alleen voldoen nie; daar is
Kriegler Wn AR
A boonop ooreengekom om 'n verslag van 'n korrektiewe beampte te bekom wat ooreenkomstig die bepalings van art 212(4)(a) van die Strafproseswet voorgelê is. Die bedoeling daarmee was om hierdie Hof in staat te stel om, desverkiesend, self 'n vonnis van korrektiewe toesig op te lê. Die verslag getuig van deeglike vakkundigheid en bied 'n nugtere beskouing van die appellant se huidige omstandighede. Dit bied ook bykomende inligting aangaande die pleging van die misdaad en appellant se geestesgesteldheid B met betrekking tot sy gemeenskapskadelike gedrag. Aangesien nóg appellant nóg die klaer by die verhoor getuig het, is sodanige gegewens insiggewend.
Die geheelbeeld van die misdadiger en sy misdaad, soos dit uit al die beskikbare bronne blyk, kan soos volg saamgevat word. Appellant matrikuleer op ouderdom 18 en sluit by die Suid-Afrikaanse Polisie aan, C waar hy tien jaar deurbring. Op 19-jarige leeftyd begewe hy hom in 'n huwelik wat slegs nege maande hou. In dieselfde tyd word hy skuldig bevind aan nalatige bestuur wat, te oordeel aan die vonnis, 'n geringe voorval moes gewees het. Die daaropvolgende nege jaar verloop sonder insident totdat sake in 1989 'n wending neem. Binne die bestek van 'n enkele week in April 1989 haal hy te Worcester vir hom etlike skuldigbevindings op die D hals, die een weens dronkbestuur en die ander weens 'n aantal oortredings van art 14(1)(b) van Wet 23 van 1957. Die dronkbestuurklag word besoek met 'n boete van R1 000 of ses maande gevangenisstraf plus 'n bykomende ses maande gevangenisstraf wat in geheel voorwaardelik opgeskort word vir vyf jaar. Die onsedelikheidsaanklagte, saamgeneem vir doeleindes van vonnis, word bestraf met die reeds vermelde boete en opgeskorte vonnis. As gevolg van laasgenoemde skuldigbevinding verloor hy sy pos in die Polisiemag en E tree hy in diens van 'n supermark teen 'n betreklik karige salaris. Alhoewel hy by sy ouers inwoon, verkeer hy in 'n benarde finansiële posisie. Hy begin met 'n kursus psigoterapie wat die proefbeampte reël en die terapeut voorskryf. Daar word kort daarna besluit om appellant eerder in te skakel by 'n program wat aangebied is deur Safeline, 'n organisasie wat gemoeid is met oortreders van die onderhawige soort.
F Die herhaling van die misdaad ondanks die onmiskenbare waarskuwing van die eerste vonnis dui enersyds op ongeërgheid jeens maatskaplike norme en strafregtelike sanksies. Andersyds dui die proefbeampte se mening daarop dat appellant se afwykende optrede te wyte was aan persoonlikheidstekortkominge wat waarskynlik gunstig sou reageer op volgehoue terapie, wat egter ten tyde van die herhaling van die vergryp nog te kortstondig was om enige uitwerking te kon hê. Op daardie stadium G pleeg die appellant die huidige misdaad met die klaer, 'n jong vriend. Dit gebeur tydens 'n uitstappie na Bloubergstrand toe appellant, na 'n paar drankies, die klaer oorreed tot betasting en masturbasie, vermoedelik wedersyds. Die klaer deins terug en die bedrywighede word gestaak. 'n Week later word appellant gearresteer. Deur wie die saak aanhangig gemaak is, blyk nie uit die stukke nie. Afgesien van sy naam en ouderdom, is niks van die klaer bekend nie. Daar is ook niks meer oor die verhouding tussen die H klaer en appellant bekend of oor enige moontlike nagevolge wat die voorval vir die klaer meegebring het nie.
Die redes waarom die proefbeampte algeheel opgeskorte gevangenisstraf aanbeveel onderworpe aan sielkundige behandeling, asook die aard en suksesvooruitsigte daarvan, verg bespreking. Kort voor sy skuldigbevindings in April 1989 is appellant psigiatries geëvalueer. Daarvolgens toon hy geen ernstige persoonlikheidsafwyking of geestessiekte I nie maar wel 'n swak selfbeeld, sterk gevoelens van minderwaardigheid en emosionele onvolwassenheid. Die gevolg was 'n onvermoë om aansluiting te vind by persone van sy eie ouderdom en om normale seksuele verhoudings aan te knoop, 'n gevoel van toereikendheid slegs by jonger seuns en die gebruik van alkohol ter onderskraging van sy selfbeeld. Nóg homoseksualiteit nóg pedofilie is gediagnoseer. Die sielkundige onder wie se sorg appellant as gevolg van die eerste skuldigbevinding geplaas is, J het gemeen dat
Kriegler Wn AR
A intensiewe persoonlike psigoterapie mettertyd geslaagd sou wees. Dit was ook destyds die mening van die persone by Safeline wat appellant se behandeling oorgeneem het. Die korrektiewe beampte het laasgenoemde bron onlangs gespreek en rapporteer dat appellant sedert Maart 1990 op 'n twee-weeklikse basis behandeling in groepsverband ontvang en dat 'daar positiewe ontwikkeling tot aanvaarding en erkenning van die probleem' is. B 'n Verdere drie jaar word nodig geag 'om die probleem op te klaar'. Die korrektiewe beampte se verslag vervolg dan so:
'Gedurende die evaluasie van die appellant gedurende Maart 1992 was daar onsekerheid oor betrokkene se motivering tot verandering en oor die rol wat sy alkoholgebruik speel in die tempo van sy verandering. Op 'n C vraag van ondergetekende of die appellant die misdaad as probleem beskou, was die betrokkene onseker en van mening dat hy nie werklik 'n probleem daarmee het nie. Hy voeg egter by dat sy werk hom tans so besig hou dat daar min tyd oor is om betrokke te raak in sodanige aktiwiteite. Daar is dus volgens ondergetekende steeds 'n mate van ontkenning aanwesig by die beskuldigde na twee jaar se behandeling.'
D Daar kan uit die beskikbare gegewens afgelei word dat appellant se behandeling hoofsaaklik groepsterapie omvat en daarop gerig is om aanvaarding en erkenning van die onderliggende redes vir sy gedragsafwyking by hom tuis te bring. Dit wil ook uit die aangehaalde passasie hierbo deurskemer dat appellant nie werklik begryp tot welke mate sy seksuele handelinge en sy drankmisbruik afwyk van aanvaarde gemeenskapsnorme nie. Dit is kommerwekkend dat, ten spyte van die E rampspoedige gevolge van sy gedrag én die bedreiging van etlike jare gevangenisstraf, psigoterapie oor twee jaar nog nie werklik tot appellant se bewussyn deurgedring het nie. Hy gebruik steeds daagliks (ná 'n besonder lang werkdag) drank en sy ouers het nie insig in die probleem nie. Die korrektiewe beampte beveel dan ook aan dat appellant onderwerp word aan 'n streng korrektiewe bewind, wat ondermeer behels dat appellant F drie jaar lank geen sterk drank gebruik nie, buite sy werkure in...
To continue reading
Request your trial-
2011 index
...349S v Qeqe [2011] JOL 27365 (ECG) ......................................................... 363-366S v R 1993 (1) SACR 209 (A) ........................................................ 232, 354, 410S v Ramabokela 2011 (1) SACR 122 (GNP) .................................................. 81S......
-
De Lange v Smuts NO and Others
...the Criminal Procedure Act in regard to correctional supervision as a form of punishment. [*11] S v R 1993 (1) SA 476 (A) at 488F--J (1993 (1) SACR 209 at 221g--222a) and S v Williams and Others above n 10 at para [67]. [*12] Section 139(1) of the Insolvency Act provides: 'Any person shall ......
-
S v M (Centre for Child Law as Amicus Curiae)
...reports prepared by a team of social workers. [51] At 3, line 21 - 4, line 9 of the judgment. [52] S v R 1993 (1) SA 476 (A) (1993 (1) SACR 209) at (488G (SA) and 221h (SACR)) [53] S v Williams and Others 1995 (3) SA 632 (CC) (1995 (3) SACR 251; 1995 (7) BCLR 861) at paras 67 - 68 (per Lang......
-
S v M (Centre for Child Law as Amicus Curiae)
...Malgas 2001 (1) SACR 469 (SCA) (2001 (2) SA 1222; [2001] 3 All SA 220): referred to S v Pillay 1977 (4) SA 531 (A): referred to S v R 1993 (1) SACR 209 (A) (1993 (1) SA 476): S v Rabie 1975 (4) SA 855 (A): referred to C S v Sadler 2000 (1) SACR 331 (SCA): referred to S v Scheepers 2006 (1) ......
-
De Lange v Smuts NO and Others
...the Criminal Procedure Act in regard to correctional supervision as a form of punishment. [*11] S v R 1993 (1) SA 476 (A) at 488F--J (1993 (1) SACR 209 at 221g--222a) and S v Williams and Others above n 10 at para [67]. [*12] Section 139(1) of the Insolvency Act provides: 'Any person shall ......
-
S v M (Centre for Child Law as Amicus Curiae)
...reports prepared by a team of social workers. [51] At 3, line 21 - 4, line 9 of the judgment. [52] S v R 1993 (1) SA 476 (A) (1993 (1) SACR 209) at (488G (SA) and 221h (SACR)) [53] S v Williams and Others 1995 (3) SA 632 (CC) (1995 (3) SACR 251; 1995 (7) BCLR 861) at paras 67 - 68 (per Lang......
-
S v M (Centre for Child Law as Amicus Curiae)
...Malgas 2001 (1) SACR 469 (SCA) (2001 (2) SA 1222; [2001] 3 All SA 220): referred to S v Pillay 1977 (4) SA 531 (A): referred to S v R 1993 (1) SACR 209 (A) (1993 (1) SA 476): S v Rabie 1975 (4) SA 855 (A): referred to C S v Sadler 2000 (1) SACR 331 (SCA): referred to S v Scheepers 2006 (1) ......
-
S v Mukuyu
...ZASCA 30): applied S v Ndlovu 2003 (1) SACR 331 (SCA) ([2003] 1 All SA 66; [2002] ZASCA 144): dictum in para [12] applied S v R 1993 (1) SACR 209 (A) (1993 (1) SA 476): referred S D v Raath 2009 (2) SACR 46 (C): referred to S v Rabie 1975 (4) SA 855 (A): applied S v Salzwedel and Others 199......
-
2011 index
...349S v Qeqe [2011] JOL 27365 (ECG) ......................................................... 363-366S v R 1993 (1) SACR 209 (A) ........................................................ 232, 354, 410S v Ramabokela 2011 (1) SACR 122 (GNP) .................................................. 81S......
-
2010 index
...SA 121 (A) .................... 279S v Porthen and Others 2004 (2) SACR 242 (C) .......................................... 291S v R 1993 (1) SACR 209 (A) ................................................................. 166-170S v Raath 2009 (2) SACR 46 (C) .......................................
-
2008 index
...351-352S v Pillay 2004 (2) SACR 419 (SCA) ..................................................... 169-185S v R 1993 (1) SACR 209 (A) ................................................................ 24, 130S v Reabow 2007 (2) SACR 292 (E) ....................................... 104-105, 200-20......
-
2007 index
...116S v Price 2003 (2) SACR 551 (SCA)............................................ 119-120; 416S v R 1993 (1) SACR 209 (A) ................................................................ 253-254S v Radebe 2006 (2) SACR 604 (O) ...................................................... 274S v Ral......