S v Prinsloo

JurisdictionSouth Africa
Judgment Date21 May 1970
Citation1970 (3) SA 550 (O)

S v Prinsloo
1970 (3) SA 550 (O)

1970 (3) SA p550

Citation

1970 (3) SA 550 (O)

Court

Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling

Judge

De Wet R en Steyn Wn R

Heard

May 4, 1970

Judgment

May 21, 1970

Flynote : Sleutelwoorde

Appèl — Verrigtinge in hof a quo ongeldig — Plig van Hof by hoër beroep — Hersiening — Verrigtinge reeds bekragtig — Ontneem nie reg van betrokke persoon om in hoër beroep te kom nie — Toevlugte en Rehabilitasie sentrums — Wet 86 van 1963 — Bepalings van art. 14 gebiedend — Dagvaarding en beëdigde verklaring in notule ingesluit — Regverdig nie afleiding dat aan art. 14 voldoen is nie — Bevel kragtens art. 15 (6) (a), (b) en (c) — Plig van landdros.

Headnote : Kopnota

Ongeldige verrigtinge is uiteraard nietig ab initio en 'n Hof van appèl behoort nie te aarsel om mero motu in te gryp en sulke verrigtinge ter syde te stel nie. Dit sou trouens onverskoonbaar wees om die bewese feit van ongeldigheid te ignoreer bloot omdat dit nie in die kennisgewing van appèl geopper is nie, want daardeur sou die Hof verseker dat reg nie na behore geskied nie en sou hy sodoende sy fundamentele plig ignoreer.

Die feit dat verrigtinge op outomatiese hersiening bekragtig is ontneem nie die betrokke persoon sy reg om in hoër beroep te kom teen die bevinding en bevel wat aangaande hom gemaak is nie, en verhoed nie die Hof van appèl om die appèl aan te hoor en tot 'n beslissing daarop te kom nie. Ook verhoed dit die Hof van appèl nie om verrigtinge wat op hersiening bekragtig is tersyde te stel nie.

Die feit dat 'n dagvaarding ingesluit is by die notule van verrigtinge in 'n ondersoek ingevolge artikels 14 en 15 van die Wet op Toevlugte en Rehabilitasiesentrums, 86 van 1963, en dat 'n beëdigde verklaring as bewysstuk tydens die 'ondersoek' ingehandig is, regverdig geensins die afleiding dat daar aan die vereistes van artikel 14 (1), wat gebiedend is, voldoen is nie en sal die hof hom op die ontoelaatbare terrein van spekulasie begewe as hy slegs op die teenwoordigheid van genoemde twee dokumente sou wou bevind dat alle nodige stappe rakende die verrigtinge na behore gedoen is.

'n Bevinding deur die betrokke landdros, in verrigtinge ingevolge artikels 14 en 15 van Wet 86 van 1963, dat die appellant 'n persoon is soos omskrywe in artikel 14 en wat sal baat by behandeling in 'n rehabilitasie sentrum is nie 'n geldige bevel nie. Dit was die plig van die landdros om 'n spesifieke bevinding te maak in terme van artikel 15 (6) (a), (b) en (c) van die Wet. *

Flynote : Sleutelwoorde

Appeal — Proceedings in court a quo invalid — Duty of Court on appeal — Review — Proceedings already confirmed — Does not take away right of the person concerned to appeal — Retreats and Rehabilitation Centres — Act 86 of 1963 — Provisions of sec. 14 peremptory — Summons and affidavit included in the record of proceedings — No inference that sec. 14 complied with — Order under sec. 15 (6) (a), (b) and (c) — Duty of magistrate.

Headnote : Kopnota

Invalid proceedings are by nature void ab initio and a Court of appeal ought not to hesitate to intervene mero motu and set such proceedings aside. It would indeed be unpardonable to ignore the proved fact of invalidity merely because it is not raised in the notice of appeal, because thereby the Court would assure that justice will not be done and would thereby ignore its fundamental duty.

The fact that proceedings have been confirmed on automatic review does not deprive the person concerned of his right to appeal against the finding and order made against him and does not prevent the Court of appeal

1970 (3) SA p551

from hearing the appeal and coming to a decision thereon. Also it does not prevent the Court of appeal from setting aside the proceedings which have been confirmed on review.

The fact that a summons has been included in the record of proceedings in an enquiry under sections 14 and 15 of the Retreats and Rehabilitation Centres Act, 86 of 1963, and that an affidavit had been handed as an exhibit at the time of the 'enquiry', in no way justifies the inference that the requirements of section 14 (1), which are peremptory, have been complied with and the Court would then place itself in the inadmissible realm of speculation were it to find, merely because of the presence of the two documents, that all necessary steps affecting the proceedings had been carried out.

A finding by the magistrate concerned in proceedings under sections 14 and 15 of Act 86 of 1963 that the appellant was a person as defined in section 14 and that he would benefit by treatment in a rehabilitation centre is not a valid order. It was the duty of the magistrate to make a specific finding in terms of section 15 (6) (a), (b) and (c) of the Act.

Case Information

Appèl teen 'n bevel in 'n landdroshof. Die feite blyk uit die uitspraak.

C. F. van den Heever, namens die appellant.

P. G. Haasbroek, namens die Staat.

Cur. adv. vult. C

Postea (Mei 21).

Judgment

D Steyn, Wn R.:

In hierdie saak is daar op 25 Februarie 1970 in die landdroskantoor te Bloemfontein 'n ondersoek aangaande appellant gehou wat veronderstel was om 'n ondersoek te wees ingevolge arts. 14 en 15 van die Wet op Toevlugte en Rehabilitasiesentrums, 86 van 1963, en is die appellant na aanhoor van getuienis deur die voorsittende landdros ingevolge art. 15 van die genoemde Wet na die Swartfonteinrehabilitasiesentrum vir behandeling verwys.

E Die appellant kom nou in hoër beroep na hierdie Hof teen die landdros se bevel en verskillende gronde word in die kennisgewing van appèl uiteengesit, onder andere, dat die landdros nie geregtig was om die betrokke bevel te maak nie omdat hy versuim het om te voldoen aan die vereistes van arts. 14 (1) (a), (b) en (c) van die Wet.

F Met aanhoor van die appèl het mnr. van den Heever, wat namens die appellant opgetree het, aangevoer dat die verrigtinge voor die landdros in sy geheel nietig is omdat daar geen bewys is dat daar aan die vereistes van art. 14 (1) van die Wet in die volgende opsigte voldoen is nie, te wete:

1970 (3) SA p552

Steyn Wn R

(a)

of die nodige eedsverklaring by 'n staatsaanklaer ingedien is of voor hom afgelê is;

(b)

of 'n dagvaarding

(i)

uitgereik is of

(ii)

op die appellant gedien is.

A Hierdie aanslag op die regsgeldigheid van die verrigtinge is nie in die kennisgewing van appèl vervat nie en mnr. Haasbroek het om hierdie rede namens die Staat beswaar gemaak teen die aanhoor daarvan deur hierdie Hof en het hom beroep op die beslissing in die saak van R. v. B Breytenbach, 1954 (2) SA 10 (K), waarin DE VILLIERS, R., met wie SMIT, R. (soos hy destyds was), saamgestem het op bl. 11H-12A, die volgende gesê het:

'Sover die appèl gebaseer is op regsgronde is dit duidelik dat Reël 63 (1) vereis dat sulke gronde spesifiek en duidelik genoem moet word om sodoende die magistraat, die Kroon en die Hof daarvan te verwittig. So het die volle Vrystaatse regbank in die saak van Meyer v Rex, 1950 (1) C P.H. H88, geweier om 'n appellant toe te laat om 'n spesiale substantiewe regsargument te opper waar dit nie in die kennisgewing van appèl spesifiek genoem is nie en waar die Kroon nie voorbereid was om daarop te argumenteer nie. (Vgl. ook Rex v Phillips, 1949 (2) SA 671 (O)). Dit kan egter...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

6 practice notes
  • In re Krog
    • South Africa
    • 12 September 1974
    ...Brown, 1964 (4) SA 387 (T); S. v Liebenberg, 1965 (2) SA 79 (O); S. v McCabe; S. v Van der Merwe, 1965 (3) SA 266 (T); S. v Prinsloo, 1970 (3) SA 550 (O); S. v Fisher en Ander, 1971 (2) SA 196 Bygevolg word die verrigtinge en meegaande bevel tersyde E gestel. M. T. STEYN, R., het saamgestem. ...
  • In re Krog
    • South Africa
    • Orange Free State Provincial Division

  • S v Steyn
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 30 October 1998
    ...nie strafregtelik is nie het hulle bepaalde strafregtelike kenmerke - sien R v Treloar A 1951 (4) SA 33 (T) op 36B - D; S v Prinsloo 1970 (3) SA 550 (O) op 555A - B; S v Fisher en 'n Ander 1971 (2) SA 196 (O) op 199A - Die Howe het in verskeie gerapporteerde sake waar daar nie aan die prose......
  • S v Swanepoel
    • South Africa
    • 5 December 1974
    ...hersiening bekragtig maar dit opsigself is geen struikelblok by aanhoor en beslissing van die appèl nie. Sien S. v Prinsloo, 1970 (3) SA 550 (O) te bl. Die appèl slaag bygevolge tot die mate dat die opgeskorte C vonnis van 30 dae gevangenisstraf ter syde gestel word. KLOPPER, R., het saamge......
  • Get Started for Free
3 cases