S v Petrus

JurisdictionSouth Africa
CourtAppellate Division
JudgeSteyn HR, Rumpff AR en Jansen AR
Judgment Date11 July 1969
Citation1969 (4) SA 85 (A)
Hearing Date23 May 1969

Steyn, H.R.:

In die Hof a quo is die appellant skuldig bevind aan moord sonder versagtende omstandighede en ter dood veroordeel. Met

Steyn HR

verlof van die Verhoorregter is hy in hoër beroep teen die straf, met die bewering dat die Verhoorhof misgetas het met die bevinding dat daar geen versagtende omstandighede is nie.

A Dit blyk dat die appellant, saam met twee ander, Alec en John Layman, aandadig was aan die moord op die oorledene, wie se lyk met sowat sewentig wonde onder 'n brug in 'n rivier gevind is. Die meeste van die wonde was oppervlakkig, maar van die dieper wonde het een, op die linkerslaap, deur die skedel gegaan en die brein ongeveer twee en-'n-half duim binnegedring. Soos 'n aantal van die wonde oor die liggaam B verspreid is, het hulle skynbaar 'n patroon gevorm. Daar was sewentien aan die regter - en sestien aan die linkerkant van die kop, sewe op die regter - en vyf op die linkerkant van die sitvlak, en twaalf op die agterkop tussen die ore. Dit wek die indruk dat hierdie wonde nie blindweg of lukraak toegedien is nie, en dat op verskillende C tydstippe op bepaalde liggaamsdele toegeslaan is. Verder was daar wonde aan die kopvel, aan die linkerkakebeen en die linkerkant van die nek, op die voorkop en onderkant die regterskouer, en die linkeroor was afgesny.

Hoewel die juistheid van die skuldigbevinding nie betwis word nie, was die voorgelegde getuienis van so 'n onbevredigende aard dat die Hof nie D kon bepaal presies welke aandeel die appellant aan die moord gehad het nie. Die appellant het slegs ter versagting getuig, maar, uit hoofde van klaarblyklike leuens wat hy vertel het, is bevind dat min waarde, indien enige, aan sy getuienis geheg kan word. Van die gebeure kan, in breë trekke, met enige sekerheid nie veel meer gesê word nie as die volgende: E Die appellant, Alec en John was die Vrydagaand van die moord saam onderweg ergens heen, toe hulle die oorledene naby die rivier uit 'n teenoorgestelde rigting teenkom. Alec het 'n stuk skêr by hom gehad en die appellant 'n voorwerp wat as 'n panga beskryf is. Die oorledene is dadelik aangeval en van 'n pakkie sigarette en 'n geringe bedrag geld beroof. Moontlik het John hom die eerste met 'n stuk gesplete hout F geslaan, maar wie ook al eerste geslaan het, en wat John se aandeel ook al mog gewees het, Alec en die appellant het albei die oorledene steek - of snywonde toegedien, hom na die aanvang van die aanranding minstens eenkeer agtervolg en ingehaal toe hy probeer ontvlug het, en toe die oorledene uiteindelik, vermoedelik bewusteloos, langs die rivier lê, is hy die water ingeskop. Die appellant het beweer dat hy net een G wond op die kop toegedien het, met 'n mes wat Alec van die oorledene afgeneem en aan hom gegee het. Dié mes is later in sy besit gevind en die lem daarvan pas presies in die skedel waar die reeds genoemde wond deur die skedel gedring het. Die Verhoorhof het egter nie aanvaar dat hy slegs eenmaal gesteek het nie, en was van oordeel dat hy dit waarskynlik meermale sou gedoen het.

H Wat versagtende omstandighede betref, het die Verhoorhof die volgende oorweeg:

1.

Die ouderdom van die appellant.

2.

Sy gebruik van sterk drank.

3.

Die moontlikheid dat hy onder die invloed van Alec was.

4.

Die moontlikheid dat hy 'saamgevoer was in die gevoelsomstandighede wat daar geheers het' toe die oorledene deur Alec en John aangeval was.

Steyn HR

Wat genoemde twee moontlikhede betref, het die Hof bevind dat die appellant nie met 'n oorwig van waarskynlikheid bewys het dat hy wel onder Alec se invloed of aldus saamgevoer was nie. Daarmee, meen ek, is geen fout te vind nie.

A Wat die ouderdom van die appellant betref, bepaal art. 330 (1) van die Strafproseswet, 56 van 1955, dat die doodstraf nie 'n verpligte straf is wanneer iemand onder die ouderdom van agtien jaar aan moord skuldig bevind word nie. Ten tyde van die moord was die appellant agtien jaar en vyf maande. Die Hof bevind - wat ook in genoemde artikel opgesluit lê - dat dit op sigself nie sonder meer as 'n versagtende omstandigheid kan dien nie, en maak die volgende opmerkings:

B 'Alhoewel die beskuldigde slegs 18 jaar en 5 maande oud was tydens die voorval, is dit nie op sigself 'n aanduiding dat sy verstand en sy verantwoordelikheidsin sodanig is dat 'n beslissing deur hom om deel te neem aan 'n aanranding soos die wat in hierdie geval plaasgevind het, minder laakbaar beskou moet word nie . . . daar is geen suggestie in hierdie saak dat die beskuldigde verstandelik vertraag is, of dat hy nie C die verstand van 'n normale 18 - jarige het nie. Inteendeel, hy was vir minstens twee jaar uit die skool uit waar hy standerd vier deurgekom het; vir ten minste twee jaar het hy gewerk; hy het hierdie werk verlaat om homself te verbeter en, op sigself derhalwe, is die beskuldigde se ouderdom nie genoegsaam om die morele laakbaarheid van sy daad te verminder nie. Sy voorkoms is ook dié van 'n man wat ouer as 18 jaar is.'

Ook hierin kan ek geen aanvegbare gevolgtrekking of mistasting vind nie.

D Wat die gebruik van sterk drank betref, het die Hof dit tesame met die appellant se ouderdom oorweeg. Hy het getuig dat hy die aand ongeveer 'n uur voor die gebeure 'n halfbottel Lieberstein en 'n dubbeldop brandewyn gedrink het, en dat hy so onder die invloed van drank was dat hy homself E nie kon beheer nie. Soos reeds opgemerk, was hy 'n allermins betroubare getuie. Die Hof het egter bevind dat daar niks inherent onwaarskynlik is in sy bewering omtrent die hoeveelheid wat hy gedrink het nie, en met inagneming van ander getuienis het die Hof besluit dat hy waarskynlik 'tydens die voorval drank gehad het en dat hy deur die drank aangetas was tot 'n bespeurbare mate.' Daaraan is toegevoeg:

F 'Aan die anderkant is dit ook duidelik dat dit hom nie so erg ge-affekteer het dat hy nie geweet het wat aan die gang is nie. Dit moet natuurlik waardeer word dat al is daar bewys dat daar omstandighede is wat betrekking kon gehad het op die geestesgemoed van die beskuldigde en dat sodanige omstandighede die beskuldigde wel beïnvloed het, is dit nogtans nodig om te oordeel of die beïnvloeding van so 'n aard was dat die beskuldigde se daad minder laakbaar beskou kan word.

G Ons is ook nie op die getuienis, op 'n oorwig van waarskynlikhede, tevrede dat sy verantwoordelikheidsin so verstomp het, dat sy misdaad met minder verwyt bejeën kan word nie.'

Na oorweging van sekere gewysdes van hierdie Hof en 'n kort beskrywing van die gebeure by die moord, gaan die Verhoorregter voort:

'Ek het alreeds gesê dat ons die beskuldigde die voordeel daarvan gee, op 'n oorwig van waarskynlikhede, dat hy wel die aand drank gebruik het H en dat hy miskien tot 'n mate daardeur aangetas was; maar as die getuienis in verband met hierdie aantasting oorweeg word, tesame met die omstandighede van die voorval, dan, onses insiens, het die beskuldigde nie daarin geslaag om op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys dat enige beïnvloeding wat die drank dié aand op hom gehad het, van so 'n aard was dat sy daad daardeur minder laakbaar beskou kan word nie . . .'

Na aanleiding meer bepaald van hierdie laaste opmerkings in die samehang van die voorafgaande beskrywing van die gebeure, is betoog dat die Hof, by oorweging van die vraag van mindere verwytbaarheid,

Steyn HR

misgetas het deur die wreedheid van die misdaad daarby te betrek en sodoende die aanwesigheid van 'n versagtende omstandigheid verwerp het uit hoofde van die aard van die misdaad. Dit sou dan strydig wees met hierdie Hof se uitspraak in S v van der Berg, 1968 (3) SA 250 (AA) A . Hierdie betoog, en ook sekere opmerkings van die Verhoorregter omtrent die strekking van genoemde uitspraak, maak dit nodig om nader in te gaan op die vraag in hoeverre die aard van die misdaad in aanmerking kom by die erkenning of verwerping van 'n effektiewe versagtende omstandigheid.

In S v Babada, 1964 (1) SA 26 (AA) op bl. 27, is van 'n B versagtende omstandigheid gesê dat dit uit die aard van die saak alleen 'n omstandigheid kan wees

'wat die beskuldigde se geestesvermoëns of gemoed beïnvloed het op so 'n wyse dat hy, wat sy wandaad betref, met minder verwyt bejeën kan word'.

In van der Berg se saak, supra, word hierna verwys, en daarop word dan gesê (op bl. 252):

C 'Dit is dus voor-die-hand-liggend dat, ofskoon in die aard van die wandaad 'n aanduiding van die gemoedstoestand van die dader gevind mag word, die vraag of 'n bepaalde omstandigheid as 'n versagtende omstandigheid aangemerk behoort te word, wat 'n subjektiewe ondersoek na die gemoedstoestand van die wandader verg, nie aan die aard van die wandaad getoets kan word nie.'

Dit is meer bepaald hierdie passasie wat ter sprake is. Die Verhoorregter het...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

36 practice notes
  • S v Mncube en 'n Ander
    • South Africa
    • 25 March 1991
    ...1969 (1) SA 561 (A) op 565C; S v Ndlovu 1970 (1) SA 430 (A) op 433H; S v Narker and Another 1975 (1) SA 583 (A) op 587A; S v Petrus 1969 (4) SA 85 (A) op 96A; S v Pillay 1977 (4) SA 531 (A) op I 535E - F; S v Roux 1975 (3) SA 190 (A) op 197G - H; S v Sauls and Others 1981 (3) SA 172 (A) op ......
  • S v Smith and Others
    • South Africa
    • 17 November 1983
    ...S v Mahlangu 1980 (1) PH H13 (A); S v Manyathi 1967 (1) SA 435 (A) at 439E - F; S v Babada 1964 (1) SA 26 (A) at 27G - H; S v Petrus 1969 (4) SA 85 (A) at 94H - 95A; S v Letsolo 1970 (3) SA 476 (A); S v Van der Berg 1968 (3) SA 250 (A); S v Lehnberg 1975 (4) SA 553 (A) at 562, 563; S v Mkiz......
  • S v Mooi and Another
    • South Africa
    • 30 May 1990
    ...(1) SA 418 (A) at 422G; R v Mohr 1944 TPD 105 at 108; S v Goedhals (unreported, ECD, case No CA&R 560/86, 21 April 1988); S v Petrus 1969 (4) SA 85 (A) at 95; S v Stuurman and Others (unreported, ECD, case No CC 38/87, 22 February Cur adv vult. H Postea (30 May 1990). Judgment Kumleben JA: ......
  • S v Collins
    • South Africa
    • 29 March 1990
    ...1975 (1) SA 583 (A) op 585C. Ten aansien van die faktore wat in ag geneem moet word, sien S v Zinn (supra op 540E-G); S v Petrus 1969 (4) SA 85 (A) op 91E-F. Ten aansien van wat 'n gepaste vonnis sou wees, sien Ex parte Minister of Justice: In re R v Berger and Another 1936 AD 334 op 341-2;......
  • Get Started for Free
36 cases