S v Nkombani and Another

JurisdictionSouth Africa
JudgeSteyn CJ, Rumpff JA and Holmes JA
Judgment Date26 September 1963
Citation1963 (4) SA 877 (A)
Hearing Date05 September 1963
CourtAppellate Division

Steyn, H.R.:

Die tersaaklike feite is in hoofsaak in die uitsprake van my kollegas te vind. Ek is dit eens met die sienswyse dat dit bewys is dat dit die eerste appellant, Stephen, was wat tesame met die oorledene die getuie Alfred by die vulstasie te lyf gegaan het, maar ek is dit nie eens met die gevolgtrekking dat die appellante tereg aan moord skuldig bevind is nie.

Steyn HR

Vir so 'n skuldigbevinding moes die Staat bewys dat die vereiste opset by elk van die appellante afsonderlik aanwesig was. Die een se opset kan nie aan die ander toegeskryf word nie en dit kan nie sonder meer A veronderstel word dat dit met dié van die ander saamgeval het nie. Die enigste opset wat hulle ten laste gelê kan word, is opset met moontlikheidsbewussyn. Wat onder meer, as een van die bestanddele daarvan, by hierdie vorm van opset buite redelike twyfel bewys moet word, is dat die beskuldigde gehandel het met die wete dat wat gedoen word of gaan word, 'n dodelike afloop kan hê. Die dodelike afloop moet B hy minstens as 'n moontlikheid voorsien het. Vir so 'n wete is selde direkte bewys te vind. Dit moet in die meeste gevalle afgelei word uit ander bewese feite en die afleiding moet wees dat dit buite redelike twyfel inderdaad bestaan het. Hoewel 'n dader die waarskynlike gevolge van sy daad eerder sal voorsien as die onwaarskynlike, is waarskynlikheid nie voldoende nie. Daar moet soveel sekerheid bestaan C dat met reg gesê kan word dat 'n ontkenning van bewustheid van die moontlike gevolg sonder twyfel ongegrond sou wees. In hierdie verband word soms verwys na 'n toegedigte opset. Dit beteken egter nie dat dit 'n onwerklike opset is nie of dat 'n Hof, uit welke oorwegings ook, 'n mindere of andersoortige wete met moontlikheidsbewussyn gelyk kan stel D nie. Van geval tot geval is dit soms moeilik om te onderskei tussen wat 'n beskuldigde in der waarheid voorsien het en wat hy kon en moes voorsien het, met gevolglike onsekerheid of hy opsetlik of nalatiglik gehandel het. Dit, gepaard met die aard van wat bepaal moet word, het ten gevolg dat die aan - of afwesigheid van moontlikheidsbewussyn E dikwels 'n moeilike bewysvraag oplewer, en noop tot omsigtigheid by die beantwoording daarvan. (Vgl. R v Hercules, 1954 (3) SA 826 (AA) op bl. 831; R v Horn, 1958 (3) SA 457 (AA) op bl. 466; S v Malinga and Others, 1963 (1) SA 692 (AA) op bl. 694).

Met hierdie oorwegings in gedagte, moet die getuienis beoordeel word. Wat die tweede beskuldigde, Hung, betref, is dit duidelik dat hy Stephen F en die oorledene op 'n gevaarlike rooftog uitgestuur het. Hy het geweet dat hulle albei met pistole gewapen is, en hoewel hy beweer dat hy hulle gewaarsku het om nie te skiet nie, erken hy dat hy besef het dat hulle die waarskuwing moontlik sou verontagsaam as die slagoffer weerstand bied. Dit is 'n erkenning dat hy bewus was van die moontlikheid dat daar G geskiet sal word, en die strekking van sy getuienis is ook dat hy besef het dat dit dodelike gevolge kan hê. Dit is moeilik denkbaar dat daardie besef slegs op die werknemer by die vulstasie betrekking sou gehad het en op niemand anders nie. 'n Hof sou bv. nie geredelik aanvaar dat hy nie ook besef het dat as Stephen of sy metgesel skiet, ditsy by die vulstasie of terwyl hulle agtervolging ontwyk, ander persone binne die H trefgebied, al is hulle nie by die roofpoging of die agtervolging betrokke nie, ook geraak sou kan word nie. Dit is 'n moontlikheid wat so onmiddellik vanself spreek dat, by ontstentenis van ander getuienis of aanduidings deur omstandighede, aanvaar kan word dat hy daarvan bewus was, en as so 'n moontlikheid werklikheid geword het, sou dit hom nie gebaat het dat hy nie kon voorsien wie getref sou word nie. Indien egter 'n noodlottige gevolg op 'n ander wyse sou ingetree het, dan sou die vraag opnuut ontstaan of

Steyn HR

hy ook 'n gevolg van daardie aard voorsien het. Indien sy handlangers bv. na die roof, terwyl hulle besig is om te ontsnap, deur 'n ander se nalatigheid in 'n botsing betrokke raak, met noodlottige gevolge vir een A van hulself of vir 'n verbygaande voetganger, sou dit nie volg dat ook daardie ongeval hom as 'n voorsiene moontlikheid toegereken moet word, slegs omdat hy moontlike doodslag met 'n vuurwapen by die vulstasie of die ontvlugting voorsien het nie. Sy opset sou dan met inagneming van ander omstandighede beoordeel moet word.

B Nou is wat hier gebeur het, iets van 'n ongewone en heel besondere aard, wat van genoemde onmiddellik vanselfsprekende moontlike gevolge te onderskei is. Dit was na my oordeel nie 'n ewe onmiddellik vanselfsprekende moontlikheid nie. Die persoon wat gedood is, is nie die slagoffer van die roofpoging of 'n omstander wat hom toevallig op die C toneel bevind het nie, maar een van die gewapendes self wat Hung uitgestuur het. Die vraag is of hy werklik voorsien het dat ook iets van hierdie aard kan gebeur. Daaromtrent is hy nie ondervra nie en is daar geen direkte getuienis nie. Die antwoord moet uit die omstandighede afgelei word. Een daarvan is dat Stephen en sy metgesel uitgestuur is om mekaar behulpsaam te wees by 'n aanval op 'n ander persoon of persone en D by die ontvlugting daarna met die geroofde geld. Daar kon by Hung geen gedagte bestaan het dat die een op die ander sou skiet nie, en ek is nie oortuig dat hy inderdaad daaraan gedink het dat die een die ander sou kon tref met 'n koeël wat vir iemand anders bedoel is of met 'n skoot waarmee hy 'n werknemer by die vulstasie of een wat hom wil help, wil E skrikmaak nie. Die gebruik van die pistole is aan hulle gedemonstreer, maar dit bewys geensins dat hulle heeltemal onbekend was met vuurwapens nie. Die doel van die demonstrasie kon ewe goed gewees het om hul te toon hoe om hierdie bepaalde soort pistole te gebruik. Die eerste appellant se getuienis insake sy algehele onkundigheid met vuurwapens is klaarblyklik vals en is tereg verwerp. Vermoedelik het hy kennis gehad F wat hy wou verberg. Die feit dat hy Alfred op 'n afstand van ongeveer 25 tree getref het, sou 'n sonderlinge toeval wees as hy nie geweet het hoe om 'n pistool te hanteer nie. Hy was vir Hung geen vreemdeling nie en ek kan weinig rede vind om aan te neem dat Hung onder die indruk verkeer het dat hy gevaarlik onkundig is omtrent 'n vuurwapen, en daarom G voorsien het dat enigiets kan gebeur. Die moontlikheid van weerstand, en daarom van 'n worsteling, het hy wel voorsien, maar hy kon as vanselfsprekend aangeneem het dat as een van sy handlangers sou skiet, hy ook in 'n worsteling ag sou slaan op die ander, sodat hy nie sy eie doel verydel deur hom buite geveg te stel nie. Dit kan wees dat hy so 'n gevolg redelikerwyse behoort te voorsien het, maar dit is in die H omstandighede van hierdie geval te betwyfel of dit vasstaan dat hy werklik van die moontlikheid daarvan bewus was.

Om dieselfde redes is ek van oordeel dat dit ook nie bewys is dat Stephen aanvanklik, toe hy en die oorledene saam op die rooftog uit is, die vereiste moontlikheidsbewussyn ten aansien van sy oorlede deelgenoot in die voorgenome roof gehad het nie. Ook sover dit hom aangaan, kan dit nie met die vereiste sekerheid gesê word dat hy werklik voorsien het dat sy makker hom kan tref of dat hy sy makker kan

Steyn HR

tref nie. Daar ontstaan in sy geval egter nog die verdere vrae of hy die dodelike skoot opsetlik gevuur het en of hy dit met bedoelde bewussyn ten aansien van die oorledene gedoen het.

Die antwoord op hierdie vrae hang in hoofsaak van Alfred se getuienis A af. Die betroubaarheid daarvan staan onder sterk verdenking. Dit ly weinig twyfel dat sy bewering dat hy die eerste beskuldigde by name geken het, en sy naam by 'n vroeë geleentheid reeds aan die polisie verstrek het, nie steekhou nie. My kollegas verwys daarna en ek wil niks byvoeg nie. Vermoedelik het Alfred, toe hy eenmaal sekerheid omtrent die B naam verkry het, homself wysgemaak dat hy hom die naam onmiddellik herinner het en dit op 'n vroeë stadium aan die polisie genoem het.

Omtrent die dodelike skoot getuig Alfred dat die eerste appellant sy hand, terwyl hy (Alfred) dit omhoog aan die gewrig vasgehou het, afgebuig het om hom (Alfred) te kan tref, en dat die skoot toe afgegaan het. Sy verklaring aan die polisie wek beslis 'n ander indruk. Daarin C vertel hy dat hy en die eerste appellant mekaar rondgeruk het terwyl hy probeer het om los te kom, en beskryf hy hoe hy die eerste appellant se hand met die pistool van hom af weggedruk het. Hy sê dan:

'Hy het rondgeruk om sy hand los te kry en daar het toe 'n skoot afgegaan van die rewolwer.'

D Die vir hom lewensgevaarlike afbuiging van die hand om hom te kan tref, sou gewis op hom 'n blywende indruk gemaak het. Na my oordeel is dit hoogs onwaarskynlik dat hy dit in sy verklaring aan die polisie onvermeld sou gelaat het, indien dit so gebeur het. Sy verklaring is uit die aard van die saak aansienlik korter as sy getuienis by die verhoor, E want hy was nie by die polisie onder kruisverhoor nie, maar dit beslaan nogtans bykans vier getikte folios en was seker nie afgeneem by wyse van 'n beknopte of onvolledige weergawe van die gebeure nie. Mens sou verwag dat hy die afbuig van die hand ook sonder direkte ondervraging sou gemeld het, en as hy dit gedoen het sou dit seker nie uit die verklaring weggelaat gewees het nie. Dit wil my daarom nie onwaarskynlik voorkom F nie dat ons hier te doen het met 'n besonderheid wat eerder deur rekonstruksie te verklaar is as deur latere herinnering van wat werklik waargeneem is. Indien die skoot opsetlik afgeskiet is, maar nie, soos deur Alfred beskryf, om hom te tref nie, dan kon dit bedoel gewees het om hom die skrik op die lyf te ja. Ook dan sou die eerste appellant aan G moord skuldig kan wees indien hy gevuur het wetende dat hy die oorledene kan tref. Om te kan oordeel of hy dit wel geweet het, sou dit nodig wees om te bepaal waar die oorledene hom bevind het en in welke rigting geskiet is. Daar was 'n...

To continue reading

Request your trial
73 practice notes
  • Magmoed v Janse van Rensburg and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...is uncontroverted due to the failure of the accused to testify. See S v Snyman 1968 (2) SA 582 (A) at 588G. See also S v Nkombani 1963 (4) SA 877 (A) at 893G-H; S v Mthetwa 1972 (3) SA 766 (A) at 769A-H; Joubert (ed) Law of South Africa vol 9 para 577. It is only, of course, where there is ......
  • S v Jama and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Burchell and Hunt SA Criminal Law and Procedure vol 1 2nd ed at 431 and footnote 181 and see also footnote 215 at 434; S v Nkombani 1963 (4) SA 877 (A); S v Khoza 1982 (3) SA 1019 (A) J ; Snyman Criminal Law English ed at 210; S v Dambalaza (supra ); S v Safatsa and Others 1988 (2) SA 868 (......
  • Magmoed v Janse van Rensburg and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...is uncontroverted due to the failure of the accused to testify. See S v Snyman 1968 (2) SA 582 (A) at 588G. See also S v Nkombani H 1963 (4) SA 877 (A) at 893G-H; S v Mthetwa 1972 (3) SA 766 (A) at 769A-H; Joubert (ed) Law of South Africa vol 9 para 577. It is only, of course, where there i......
  • S v Mbatha en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1960 (1) PH H110; S v Malinga and Others 1963 (1) SA 692 (A) at 694F - 695C; S v Mini 1963 (3) SA 188 (A) E at 192; S v Nkombani 1963 (4) SA 877 (A) at 896C - D; S v Babada 1964 (1) SA 26 (A) at 27E; S v Majozi and Others 1964 (1) SA 68 (N) at 74A - F; S v Dikgale 1965 (1) SA 209 (A) at 214......
  • Request a trial to view additional results
68 cases
  • Magmoed v Janse van Rensburg and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...is uncontroverted due to the failure of the accused to testify. See S v Snyman 1968 (2) SA 582 (A) at 588G. See also S v Nkombani 1963 (4) SA 877 (A) at 893G-H; S v Mthetwa 1972 (3) SA 766 (A) at 769A-H; Joubert (ed) Law of South Africa vol 9 para 577. It is only, of course, where there is ......
  • S v Jama and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Burchell and Hunt SA Criminal Law and Procedure vol 1 2nd ed at 431 and footnote 181 and see also footnote 215 at 434; S v Nkombani 1963 (4) SA 877 (A); S v Khoza 1982 (3) SA 1019 (A) J ; Snyman Criminal Law English ed at 210; S v Dambalaza (supra ); S v Safatsa and Others 1988 (2) SA 868 (......
  • Magmoed v Janse van Rensburg and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...is uncontroverted due to the failure of the accused to testify. See S v Snyman 1968 (2) SA 582 (A) at 588G. See also S v Nkombani H 1963 (4) SA 877 (A) at 893G-H; S v Mthetwa 1972 (3) SA 766 (A) at 769A-H; Joubert (ed) Law of South Africa vol 9 para 577. It is only, of course, where there i......
  • S v Mbatha en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1960 (1) PH H110; S v Malinga and Others 1963 (1) SA 692 (A) at 694F - 695C; S v Mini 1963 (3) SA 188 (A) E at 192; S v Nkombani 1963 (4) SA 877 (A) at 896C - D; S v Babada 1964 (1) SA 26 (A) at 27E; S v Majozi and Others 1964 (1) SA 68 (N) at 74A - F; S v Dikgale 1965 (1) SA 209 (A) at 214......
  • Request a trial to view additional results
5 books & journal articles
  • 2016 index
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...62S v Nhlapo 2016 (1) SACR 489 (GP) ................................................... 191© Juta and Company (Pty) Ltd S v Nkombani 1963 (4) SA 877 (A) ..................................................... 62S v Nkomo 2007 (2) SACR 198 (SCA) ......................................................
  • The degree of foresight in dolus eventualis
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...the case for recklessne ss’ in A Klip (ed) Substantiv e Criminal Law of the European Union (20 11) 135.24 S v Nkombani and another 1963 (4) SA 877 (A) at 883C-D; S v De Bruy n supra (n18) at 511A -B.25 No less a jurist th an Exton Burchell h as questioned the wi sdom of including dolus even......
  • Comment: Die nuwe statutêre misdaad van deelname aan 'n kriminele bende
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , May 2019
    • 24 May 2019
    ...die vereistes vir aanspreeklikheid uiteengesit in die misdaadomskrywing (vgl die optrede van beskuldigde nommer twee in S v Nkombani 1963 (4) SA 877 (A) en die van die tweede appellant in S v Smith 1984 (1) SA 583 (A), en in die algemeen die bespreking in CR Snyman Strafreg 4 uitg (1999) 25......
  • Public law : review of August 2015 session of Court of Appeal
    • South Africa
    • Sabinet Lesotho Law Journal No. 24-2, January 2016
    • 1 January 2016
    ...hereby argue d that w hile a court may differentiate between the t ypes of intention for 20 S v Ngubane 1985(3) SA 677. 21 S v Nkombani 19 63 4 SA 877. See also Snyman, CR. Cr iminal Law 3rd Ed. Butterworths; 1995. At p168 the a uthor contends that ‘in a crime requiring int ention, it is su......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT