S v A en 'n Ander
Jurisdiction | South Africa |
Judge | Botha AR |
Judgment Date | 18 March 1993 |
Citation | 1993 (1) SACR 600 (A) |
Hearing Date | 19 February 1993 |
Counsel | JA Booysen namens appellant nr 1, HJ de Vos namens appellant nr 2 JA Venter namens die Staat |
Court | Appellate Division |
Botha AR:
Die twee appellante het in die Natalse Provinsiale Afdeling voor Hugo R en assessore tereggestaan op twee aanklagte: onsedelike aanranding E (die eerste aanklag) en crimen injuria (die tweede aanklag). Hulle het onskuldig gepleit, maar is skuldig bevind en gevonnis soos volg: die eerste appellant, op die eerste aanklag, 18 maande gevangenisstraf, waarvan ses maande voorwaardelik opgeskort is, en op die tweede aanklag, 12 maande gevangenisstraf, waarvan ses maande voorwaardelik opgeskort is; die tweede appellant, op die eerste aanklag, twee jaar gevangenisstraf, F waarvan ses maande voorwaardelik opgeskort is, en op die tweede aanklag, 18 maande gevangenisstraf, waarvan ses maande voorwaardelik opgeskort is. Met die verlof van die Verhoorregter kom die appellante nou in hoër beroep teen hulle skuldigbevindings en vonnisse.
Die eerste aanklag lui dat die appellante skuldig is aan onsedelike aanranding -
'Deurdat op of omtrent 8 Augustus 1990 en te of naby die Suid-Afrikaanse Polisie aanklagkantoor, Dannhauser, in die distrik van G Dannhauser, die beskuldigdes wederregtelik en onsedelik vir V M, 'n volwasse man, aangerand het deur hom met die plat hand te klap, met 'n gebalde vuis te slaan, hom te forseer om te masturbeer, hom op sy privaatdele en mond te skok met 'n instrument wat elektriese impulse voortbring en om hom te forseer om sy eie urine van die vloer af op te lek.'
Die tweede aanklag (crimen injuria) bevat eerstens hoofsaaklik dieselfde H bewerings as die eerste aanklag (maar met weglating van die verwysing na die aanranding van Vusi Msibi met die plat hand en 'n gebalde vuis en die byvoeging dat hy geforseer is om homself te ontbloot); en tweedens, die toevoeging aan die einde van die bewerings, van die volgende woorde:
'. . . in die teenwoordigheid van S D, 'n volwasse vrou, met die opset om haar, die vermelde S D, in haar eer te krenk of aan te tas en I waardeur haar eer gekrenk of aangetas is'.
By die verhoor het die Staat as getuies opgeroep (onder andere) die twee persone wie se name genoem word in die klagstaat: V M en S D. M is gedurende die nag aangebring na die aanklagkantoor as 'n verdagte op 'n aanklag van verkragting. D was daar op diens as 'n konstabel. Sy was destyds 22 jaar oud en het agt maande ondervinding in die polisiemag J gehad. Namens die verdediging het die twee
Botha AR
A appellante getuig. Hulle was ook betreklik jonk en onervare konstabels in die polisiediens, en was ook op diens dié nag. Die eerste appellant was 19 jaar oud en was toe een en 'n half jaar lank in die polisie. Die tweede appellant was 21 jaar oud en was gedurende die betrokke nag in bevel van die aanklagkantoor.
Die Verhoorhof het bevind dat konst D 'n uitstekende getuie was. M was onbetroubaar en sy getuienis kon aanvaar word slegs in soverre dit gestaaf B is deur ander geloofwaardige getuienis. Beide die appellante is bevind ongeloofwaardige getuies te gewees het. Na 'n ontleding van hulle getuienis het die Verhoorregter in sy uitspraak die bevinding van die Verhoorhof soos volg gestel:
'Die getuienis van D, gestaaf soos dit is deur die ander getuienis, is ons insiens so sterk en so treffend dat dit ons regverdig om, gesien die kritiek wat teen beskuldigdes se getuienis genoem is, die getuienis C van die beskuldigdes te verwerp as vals, behalwe waar dit erkennings bevat of waar dit deur D self gestaaf word.'
Hierdie bevinding is (heeltemal tereg) nie op appèl namens die appellante betwis nie.
Die gebeure waarvan konst D getuig het, kan soos volg saamgevat word. D Die eerste appellant en konst Hlatshwayo was uit op patrolliediens. Toe hulle terugkeer na die aanklagkantoor, het hulle M by hulle gehad, asook 'n vrou. Hlatshwayo het die vrou na 'n ander vertrek geneem om 'n verklaring van haar af te neem, met die oog op 'n saak van verkragting teen M. M is tot agter die toonbank in die aanklagkantoor geneem. D het daar by 'n tafel gesit, en die twee appellante was daar aanwesig. Die E tweede appellant vra toe vir M of hy die vrou verkrag het, waarop M ontkennend antwoord. Daarna sê die tweede appellant M aan om sy broek te laat sak. M wou dit eers nie doen nie, maar toe die tweede appellant nader na hom beweeg en die opdrag herhaal, doen hy dit wel. Die tweede appellant sê toe aan M dat verkragting erger is as moord en dat hy daarvoor gestraf behoort te word, en beveel hom om te masturbeer. M doen dit. Terwyl hy daarmee besig is, lag albei die appellante vir hom. Na omtrent 15 tot 20 F minute hiervan het M geürineer en die urine in sy hand opgevang. Hy vra om na 'n toilet geneem te word. Die tweede appellant weier, maar die eerste appellant neem hom na buite. Op pad uit mors van die urine in M se hand op die vloer van die aanklagkantoor uit. Toe die eerste appellant met M terugkeer, beveel die tweede appellant M om die urine van die vloer af op te lek. Hy wil dit eers nie doen nie, maar toe die tweede appellant hom G met 'n luide en dreigende stemtoon aanspreek, word hy bang (volgens D se waarneming) en hy doen dit toe wel. Dit het gelyk of M wou braak, maar die tweede appellant het hom beveel om te sluk. Daarna verlaat die eerste appellant die aanklagkantoor en keer na 'n kort rukkie terug met 'n metaalkassie, waaraan daar 'n slinger is en 'n stuk koord, wat eindig in 'n stuk draad. Die eerste appellant plaas die kassie op die toonbank en die tweede appellant gelas M om die draad om sy penis te draai. M neem die H koord en hou die draad teen sy penis. Die eerste appellant draai die slinger; M word geskok, ruk, en gooi die koord van hom weg. Die tweede appellant beveel hom om weer die koord te vat en die draad in sy mond te sit, wat hy toe doen. Weer draai die eerste appellant die slinger, en weer word M geskok en gooi die koord van hom weg. Toe begin M huil. Die tweede appellant beveel hom om op 'n trommel in die aanklagkantoor te gaan sit en I om weer te masturbeer, wat hy toe doen. Terwyl hy dit doen, lag albei die appellante weer vir hom. Kort-kort, as hy wil ophou, beveel die tweede appellant hom om aan te hou. Gedurende hierdie proses roep die tweede appellant vir Hlatshwayo om te kom kyk wat gebeur. Hy kom in, kyk, lag saam, en gaan weer uit. Na 'n ruk staan M op. Albei die appellante gaan toe na hom en slaan hom met die vuis, die een na die ander, elkeen ten minste een hou, sodat M val. Daarna is hy uit die aanklagkantoor en na die selle geneem. D getuig dat sy ten aanskoue van die gebeure wat voor haar J afgespeel het, geskok, gewalg
Botha AR
A en verneder was; sy het in haar eer en waardigheid as vrou gekrenk gevoel. Sy was ook emosioneel ontsteld. Sy het nie dadelik geweet hoe om op te tree nie. Op die tweede dag na die gebeure het sy aan die stasiebevelvoerder gaan rapporteer dat daar walglike dinge gebeur het, sonder om die besonderhede daarvan te vertel, en versoek om nie weer saam met die appellante op nagskof geplaas te word nie. Daaruit het die vervolging van die appellante voortgespruit.
B Die gebeure kan ter wille van gemak van verwysing in vyf fases verdeel word, met betrekking tot -
die eerste masturbasie;
die oplek van die urine;
die toediening van die skokke;
C die tweede masturbasie; en
die vuishoue.
Die eerste appellant is deur die Verhoorhof op die eerste aanklag skuldig bevind uit hoofde van fases (1), (3), (4) en (5). Fase (2) is uitgesluit omdat die Verhoorhof die oplek van die urine nie as 'n aanranding beskou het nie. Ten aansien van fases (1) en (4) was die Verhoorhof se bevinding dat die eerste appellant 'n regsplig gehad het om D die twee episodes van masturbasie te verhoed; dat sy versuim om dit te doen hom skuldig gemaak het aan aanranding in dié opsigte; en dat dit 'n onsedelike aanranding uitgemaak het. Ten aansien van fases (3) en (5) het die eerste appellant se skuldigbevinding berus op sy eie aandadigheid. In die geval van (3) het die...
To continue reading
Request your trial-
2016 index
...(W) .................................... 31Richter v Estate Hammann 1976 (3) SA 226 (C) ................................. 99SS v A 1993 (1) SACR 600 (A) ............................................................... 98S v African Bank of South Africa Ltd 1990 (2) SACR 585 (W) ........... 2......
-
S v Hoho
...369: referred to R v Shaw and Fennell (1884) 3 EDC 323: not followed G R v Sibiya 1955 (4) SA 247 (A): referred to S v A en 'n Ander 1993 (1) SACR 600 (A): referred to S v Bhulwana; S v Gwadiso 1995 (2) SACR 748 (CC) (1996 (1) SA 388; 1995 (12) BCLR 1579; [1996] 1 All SA 11): referred to S ......
-
S v Musingadi and Others
...to R v Grundy [1977] Criminal Law Review 543 (CA): compared R v Valachia and Another 1945 AD 826: considered S v A en 'n Ander 1993 (1) SACR 600 (A): dictum at 606g - h applied S v Beahan 1992 (1) SACR 307 (ZS): applied I S v Cloete 1994 (1) SACR 420 (A): applied S v Dlamini; S v Dladla and......
-
S v Buda and Others
...cases Castell v De Greeff 1994 (4) SA 408 (C): compared R v Bellingham 1955 (2) SA 566 (A): dictum at 569 applied I S v A en 'n Ander 1993 (1) SACR 600 (A): referred to S v Chabalala 2003 (1) SACR 134 (SCA): applied S v ffrench-Beytagh 1972 (3) SA 430 (A): dictum at 446A qualified S v Lehnb......
-
S v Hoho
...369: referred to R v Shaw and Fennell (1884) 3 EDC 323: not followed G R v Sibiya 1955 (4) SA 247 (A): referred to S v A en 'n Ander 1993 (1) SACR 600 (A): referred to S v Bhulwana; S v Gwadiso 1995 (2) SACR 748 (CC) (1996 (1) SA 388; 1995 (12) BCLR 1579; [1996] 1 All SA 11): referred to S ......
-
S v Musingadi and Others
...to R v Grundy [1977] Criminal Law Review 543 (CA): compared R v Valachia and Another 1945 AD 826: considered S v A en 'n Ander 1993 (1) SACR 600 (A): dictum at 606g - h applied S v Beahan 1992 (1) SACR 307 (ZS): applied I S v Cloete 1994 (1) SACR 420 (A): applied S v Dlamini; S v Dladla and......
-
S v Buda and Others
...cases Castell v De Greeff 1994 (4) SA 408 (C): compared R v Bellingham 1955 (2) SA 566 (A): dictum at 569 applied I S v A en 'n Ander 1993 (1) SACR 600 (A): referred to S v Chabalala 2003 (1) SACR 134 (SCA): applied S v ffrench-Beytagh 1972 (3) SA 430 (A): dictum at 446A qualified S v Lehnb......
-
S v Buda and Three Others
...compare inter alia S v Nkombani 1963 (4) SA 877 (A); S v Lehnberg 1975 (4) SA 553 (A); S v Smith 1984 (1) SA 583 (A); S v A 1993 (1) SACR 600 (A); Snyman Criminal Law (4th ed.) 257-259. It is as if they had committed the crime [4] The same reasoning was held to apply to the position of accu......
-
2016 index
...(W) .................................... 31Richter v Estate Hammann 1976 (3) SA 226 (C) ................................. 99SS v A 1993 (1) SACR 600 (A) ............................................................... 98S v African Bank of South Africa Ltd 1990 (2) SACR 585 (W) ........... 2......
-
Involuntary contraceptive sterilisation of women in South Africa and the criminal law
...Burchell op cit (n40) 582; and P C arstens and D Pearmain Foundational Pri nciples of South African Medical Law (20 07) 502.53 S v A 1993 (1) SACR 600 (A) 602.54 S v B 1994 (2) SACR 237 (E) 239 and Kemp et al op cit (n42) 281.55 Snyman op cit (n39) 95 and Burchell o p cit (n40) 205.56 See S......
-
Criminal liability and policy considerations in the context of high speed pursuits
...there have been caseswhere common purpose has been applied to other crimes – R v Mashotonga1962 2 SA 321 (R) (Public violence); S v A 1993 1 SACR 600(A) (assault). Ifapplied to the above-mentioned situation, it will appear as if the doctrine ofcommon purpose is rendered futile for the follo......
-
Criminal Law 4ed (2002)
...the demise of sodomy due to unconstitutionality, be punished as indecent assault). Given the Appellate Division judgment in S v A 1993 (1) SACR 600 (A), it is clear that the third situation would also be an 'assault'. It therefore remains unclear why the definition needs to be extended in t......