S v Motsumi
Jurisdiction | South Africa |
Judge | Lombard R |
Judgment Date | 23 February 1990 |
Citation | 1990 (2) SACR 207 (O) |
Hearing Date | 14 December 1989 |
Counsel | J P Daffue namens die applikante, op versoek van die Hof J H S Hiemstra namens die Staat |
Court | Orange Free State Provincial Division |
Lombard R:
Appellant is op 12 Mei 1989 deur 'n landdros van Hennenman te Henneman skuldig bevind aan opsetlike saakbeskadiging en gevonnis tot drie maande gevangenisstraf. Hy kom nou in hoër beroep, kragtens 'n sertifikaat wat hierin uitgereik is ooreenkomstig die bepalings van art J 305 van die Strafproseswet 51 van 1977.
Lombard R
A Mnr Daffue wat as amicus curiae namens die appellant opgetree het, het betoog dat verskeie onreëlmatighede in die hof a quo tydens die verhoor van hierdie aangeleentheid plaasgevind het. Hy het veral beklemtoon dat ex facie die oorkonde die landdros nooit aan die appellant verduidelik het dat hy op regsverteenwoordiging geregtig sou wees of dat hy vir regshulp sou kon aansoek doen nie. Sodanige versuim, so is betoog, stel 'n onreëlmatigheid daar wat van so 'n ernstige aard is dat die B verrigtinge as gevolge daarvan vernietig en tersyde gestel behoort te word. Vir hierdie submissie het hy gesteun op Nakani v Attorney-General, Ciskei, and Another 1989 (3) SA 655 (Ck) te 659, 660. Hy het na nog ander onbevredigende aspekte van die landdros se optrede en hantering van die verhoor verwys, welke aspekte ek vir doeleindes van hierdie uitspraak, nie nodig ag om mee te handel nie.
C Mnr Hiemstra, namens die Staat, het toegegee dat ex facie die oorkonde dit hoegenaamd nie duidelik is of sodanige verduideliking wel aan die appellant gegee was nie. Hy het egter voorgestel dat ten einde enige moontlike onsekerheid in hierdie verband uit die weg te ruim, die saak na die landdros terug verwys moet word met die versoek om aanvullende redes te verstrek waarin spesifiek met die aspek gehandel word. Hy het D egter geredelik toegegee dat indien dit sou blyk dat die landdros versuim of nagelaat het om die gewraakte verduideliking aan die appellant te gee, dit op 'n onreëlmatigheid sou neerkom.
Die saak is na die landdros terugverwys met die versoek om aanvullende redes te verstrek soos deur mnr Hiemstra voorgestel, welke redes nou beskikbaar is. Alhoewel die landdros nie uitdruklik met die kernvraag of E hy aan die appellant verduidelik het dat hy op regsverteenwoordiging sou geregtig wees, handel nie, is dit duidelik dat hy dit nie gedoen het nie. Dit wil voorkom asof die landdros van die standpunt uitgaan dat hy alleenlik daartoe sou oorgaan indien die appellant te kenne sou gee dat hy in regsverteenwoordiging sou belangstel of dit benodig. Sodanige benadering is myns insiens verkeerd.
F In die onlangse verlede is daar heelwat menings, sommige baie uiteenlopend, uitgespreek omtrent die plig van 'n landdros om aan 'n onverdedigde beskuldigde sy regte te verduidelik aangaande regsverteenwoordiging en...
To continue reading
Request your trial-
S v Rudman and Another; S v Mthwana
...(supra at I 381G); S v Khanyile (supra at 800C); Nakani v Attorney-General, Ciskei, and Another (supra at 660I-661C); S v Motsumi 1990 (2) SACR 207 (O). B. The necessity for legal representation: Legal representation is today regarded as a necessity, not a luxury. This point was emphasised ......
-
S v Rudman and Another; S v Mthwana
...(supra at 381G); S v Khanyile (supra at 800C); Nakani v Attorney-General, Ciskei, and Another (supra at 660I-661C); S v Motsumi 1990 (2) SACR 207 (O). B. The necessity for legal representation: Legal representation is today regarded as a necessity, not a luxury. This point was emphasised F ......
-
Director of Public Prosecutions, Transvaal v Viljoen
...(9) BCLR 1157 (N) S v Mkwanazi 1966 (1) SA 736 (A) S v Mnguni 2002 (1) SACR 294 (T) S v Motlautsi 1996 (2) BCLR 220 (C) S v Motsumi 1990 (2) SACR 207 (O) J 2005 (1) SACR p508 S v Mpetha and Others (2) 1983 (1) SA 576 (C) A S v Ncobo 1998 (10) BCLR 1248 (N) S v Ndhlovu and Others 2001 (1) SA......
-
Le Grange en 'n Ander v Loubser NO en 'n Ander
...in die verrigtinge voor die streekhof op hierdie stadium, dit wil sê voordat die verrigtinge finaliseer is, J geregverdig is nie. 1990 (2) SACR p207 Van Coppenhagen A Dit moet volg dat die aansoek afgewys word. Geen bevel word met betrekking tot koste gemaak nie. Applikante se Prokureurs: A......