S v Motlhabakwe en Andere
| Jurisdiction | South Africa |
| Court | Northern Cape Division |
| Judge | Jacobs RP en Rees Wn R |
| Judgment Date | 15 March 1985 |
| Citation | 1985 (3) SA 188 (NC) |
S v Motlhabakwe en Andere
1985 (3) SA 188 (NC)
1985 (3) SA p188
|
Citation |
1985 (3) SA 188 (NC) |
|
Court |
Noord-Kaapse Afdeling |
|
Judge |
Jacobs RP en Rees Wn R |
|
Heard |
February 4, 1985; February 5, 1985 |
|
Judgment |
March 15, 1985 |
Flynote : Sleutelwoorde G
Strafproses — Getuienis — Bekentenisse en erkennings — Verhoor binne 'n verhoor — Bewering deur beskuldigde dat dit wat in bekentenis verskyn aan hom voorgesê is deur polisie H en dat hy gedwing is om bekentenis te maak — Kruisondervraging van beskuldigde oor inhoud van aantekeninge gemaak deur polisieoffisier tydens ondervraging — Hof beslis dat kruisondervraging slegs gerig teen geloofwaardigheid van beskuldigde en relevant was weens sy bewerings — Sodanige kruisondervraging toelaatbaar tydens verhoor binne verhoor — Vir dieselfde redes nie onreëlmatig om medebeskuldigdes wat I namens die beskuldigde tydens so 'n ondersoek getuig, met verklarings wat hulle voor polisiebeamptes en 'n landdros gemaak het, te konfronteer nie — Medebeskuldigdes in elk geval is bloot getuies en het geen belang by so 'n ondersoek aangesien die beskuldigde se bekentenis nie as bewys van hulle skuld kan wees nie — Hof beslis verder dat Staat geregtig om in omstandighede waar medebeskuldigdes getuig het van 'n J sisteem van dreigemente en dwang deur die polisie, weerleggende getuienis van 'n handskrifdeskundige
1985 (3) SA p189
aan te bied waar so 'n medebeskuldigde ontken dat hy A self 'n verklaring tydens aanhouding uitgeskryf het aangesien sodanige getuienis relevant is.
Strafreg — Wet op Terrorisme 83 van 1967 — Oortreding van art 2 — Vonnis — Beskuldigdes Swart skoliere — Faktore wat versagtende omstandighede daargestel het — Quaere: of B bepalings van art 2 (1) (a) en (b) van Wet 83 van 1967 in art 54 van die Wet op Binnelandse Veiligheid 74 van 1982 herverorden is? — Quaere: of 'n hof gemagtig is ingevolge art 5 (g) van Wet 83 van 1967 om enige gedeelte van 'n vonnis op te skort selfs waar die onopgeskorte gedeelte die C voorgeskrewe minimum oorskry?
Headnote : Kopnota
Die vyf beskuldigdes is in die streekhof skuldig bevind aan oortredings van art 2 (1) (a) van die Wet op Terrorisme 83 van 1967 en is tot verskillende tydperke van gevangenisstraf gevonnis. 'n Appèl is teen die skuldigbevindings sowel as die vonnisse aangeteken. Die appèl teen die skuldigbevindings is hoofsaaklik gegrond op die toelating van sekere bekentenisse wat na bewering deur die beskuldigdes gemaak is. Die eerste D aanval was gerig teen die toelating deur die verhoorhof van kruisondervraging van beskuldigde nr 1 gedurende die verhoor binne 'n verhoor oor die inhoud van sekere aantekeninge gemaak deur 'n offisier in die Veiligheidspolisie tydens ondervraging van die beskuldigde. Dit is namens die beskuldigdes aangevoer dat so 'n verklaring wat aan 'n polisie-offisier gemaak word tydens aanhouding nooit deur die Staat vir doeleindes van E kruisondervraging gebruik kan word nie sonder dat daar eers bewys word dat die verklaring vrywilliglik gemaak is. Daar is ook aangevoer deur die beskuldigdes dat die Staat nie toegelaat moes gewees het nie om die ander beskuldigdes wat namens beskuldigde nr 1 getuig het in die verhoor binne 'n verhoor te konfronteer met die verklarings wat hulle na bewering aan polisiebeamptes en 'n landdros gemaak het. Daar is ook 'n aanval gerig teen die feit dat die verhoorhof toegelaat het dat F die Staat 'n ontkenning deur beskuldigde nr 3 dat hy 'n verklaring uitgeskryf het terwyl in aanhouding, te weerlê deur getuienis van 'n handskrifdeskundige aan te bied: sy ontkenning, volgens die betoog, moes as finaal beskou gewees het.
Beslis, dat die kruisondervraging van beskuldigde nr 1 oor die aantekeninge van die polisie-offisier slegs gerig was teen die geloofwaardigheid van die beskuldigde, 'n onderwerp wat relevant geword het weens sy bewerings dat dit wat hy in die G bekentenis gesê het, deur die polisie aan hom voorgesê is en dat hy gedwing is om die bekentenis te maak, en die kruisverhoor was derhalwe toelaatbaar tydens die verhoor binne 'n verhoor.
Beslis, dat, vir dieselfde redes, 'n onreëlmatigheid nie daargestel is nie deur die konfrontering van die ander beskuldigdes, wat namens beskuldigde nr 1 tydens die verhoor binne 'n verhoor getuig het, met die verklarings wat hulle aan H die polisie en 'n landdros gemaak het.
Beslis, verder, in elk geval, dat die ander beskuldigdes bloot as getuies namens beskuldigde nr 1 opgetree het en geen belang gehad het by sodanige ondersoek nie aangesien sy bekentenis nooit teen hulle as bewys van hulle skuld gebruik kon gewees het nie.
Beslis, verder, dat gedurende die verhoor binne 'n verhoor die vraag of die polisie 'n sisteem van dreigemente en dwang gevolg I het om verklarings te verkry, 'n wesenlike en belangrike geskilpunt geword het; enige getuienis wat betrekking gehad het op daardie geskilpunt was dus relevant en beskuldigde nr 3 se ontkenning dat hyself die verklaring uitgeskryf het en die Staat se weerlegging daarvan was ook relevant by daardie geskilpunt en nie bloot relevant ten opsigte van sy geloofwaardigheid nie: die getuienis was derhalwe toelaatbaar.
Beslis, gevolglik, dat die verhoorhof se bevinding onaanvegbaar was en dat die appèl teen die skuldigbevindings nie kon slaag J nie.
1985 (3) SA p190
A Wat die opgelegde vonnisse betref, het die Hof bevind dat geen onreëlmatighede begaan is nie en geen relevante faktore oor die hoof gesien is nie. Die Hof het egter beslis dat die volgende versagtende omstandighede, kumulatief gesien, die oplegging van 'n ligter vonnis geregverdig het as wat deur die streeklanddros opgelê is: (a) die beskuldigdes se ontevredenheid met en frustrasies wat gespruit het uit, soos B hulle dit beskou het, die minderwaardige onderwyssisteem vir Swartes; (b) die beskuldigdes se jeugdigheid; (c) die feit dat die oproer en gees van vandalisme wat die betrokke dag voorgekom het, 'n spontane uitbarsting van enkelinge en groepe was en waarvoor die beskuldigdes in elk geval nie aangekla was nie; (d) die feit dat die beskuldigdes se aanhouding en vonnisse hulle skoolloopbane onderbreek het; (e) dat ons tans tye van verandering beleef waar strukture geskep word wat gemik is om Swart frustrasies plek te laat maak vir hoop vir die C toekoms en in gepaste gevalle waar dade gepleeg is op 'n tydstip toe hierdie frustrasie nog oorwegend was, dit nie onvanpas was om die dade met 'n groter mate van begrip te beskou nie; (f) die beskuldigdes tot 'n mate die slagoffers was van 'n massa-psigose; en (g) dat die beskuldigdes vir ongeveer twee-en-'n-half jaar in hegtenis was. Die Hof het die vraag oorweeg of die bepalings van art 2 (1) (a) en (b) van Wet 83 D van 1967 in art 54 van die Wet op Binnelandse Veiligheid 74 van 1982 herverorden is, maar aangesien die vonnisse wat dit as toepaslik beskou het nie minder as die minimum strawwe voorgeskryf deur Wet 83 van 1967 was nie, was dit nie nodig om uitsluitsel hieroor te gee nie. Die Hof het ook oorweeg om bykomende opgeskorte gevangenisstraf op te lê, maar aangesien die Hof nie oortuig was dat dit ingevolge art 5 (g) van Wet 83 van 1967 gemagtig was om dit te doen nie, selfs waar die gevangenisstraf die verpligte minimum vonnis van vyf jaar E oorskry het, het dit daarteen besluit. In die omstandighede is die vonnisse wat deur die verhoorhof opgelê is, verminder.
Flynote : Sleutelwoorde
Criminal procedure — Evidence — Confessions and admissions — Trial within a trial — Allegation by accused that that which was in confession he had been told to say by police and had been forced to make a confession — Cross-examination of accused on contents of notes made by F police officer during interrogation — Court deciding that cross-examination only directed at credibility of accused and relevant because of his allegations — Such cross-examination admissible during trial within trial — For same reasons not irregular to confront co-accused who testify on behalf of accused during such an enquiry with statements they had made to police and a magistrate — Co-accused in any event merely witnesses having no interest in such enquiry as accused's G confession could not be proof of their guilt — Court deciding further that in circumstances where co-accused testified about a system of threats and force by the police, State entitled to lead evidence of a handwritting expert in refutation of a co-accused's denial that he himself had written out a statement whilst in detention as such evidence relevant.
Criminal law — Terorrism Act 83 of 1967 — Contravention of s 2 — Sentence — Accused Black scholars — Factors H which constituted mitigating circumstances — Quaere: whether provisions of s 2 (1) (a) and (b) of Act 83 of 1967 re-enacted in s 54 of Internal Security Act 74 of 1982 — Quaere: whether a Court is entitled in terms of s 5 (g) of Act 83 of 1967 to suspend any portion of a sentence even where the unsuspended portion exceeds the prescribed minimum.
Headnote : Kopnota
The five accused were convicted in a regional court of I contravening s 2 (1) (a) of the Terrorism Act 83 of 1967 and were sentenced to varying periods of imprisonment. An appeal was noted against the convictions as well as the sentences. The appeal against the convictions was based mainly on the admission of certain confessions which had allegedly been made by the accused. The first attack was directed against the admission by the trial court of cross-examination of accused No 1, during the trial within a trial, on the contents of certain notes made by an officer in the Security Police during interrogation of the accused. It was contended on behalf of the J accused that such a statement made to a police officer during detention, could never be
1985 (3) SA p191
used by the State for the purposes of cross-examination without A it first being proved that the statement had been freely made. It...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations
Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
S v Mooi and Another
...v Mongalo 1978 (1) SA 414 (O) at 419; Viviers v E Kilian 1927 AD 449 at 454; S v Lebone 1965 (2) SA 837 (A); S v Motlhabakwe en Andere 1985 (3) SA 188 (NC); S v Talane 1986 (3) SA 196 (A) at 749; S v Gaba 1985 (4) SA 734 (A); S v Mkwanazi 1966 (1) SA 736 (A) at 743; S v Nyembe 1982 (1) SA 8......
-
S v Zwane and Others
...depends on the facts of each case: S v Sinkankanka and Another 1963 (2) SA 531 (A) at 539D-F (and contrast S v Motlhabakwe en Andere 1985 (3) SA 188 (NC) D at 204 with Hesseling v Meyer 1991 (1) SA 276 (SWA) at Counsel representing accused No 2 has submitted that the questions which he prop......
-
S v Zwane and Others
...depends on the facts of each case: S v Sinkankanka and Another 1963 (2) SA 531 (A) at 539D-F (and contrast S v Motlhabakwe en Andere 1985 (3) SA 188 (NC) at 204 with Hesseling v Meyer 1991 (1) SA 276 (SWA) at Counsel representing accused No 2 has submitted that the questions which H he prop......
-
Rogers v Phillips
...that contract, if land is involved, must be written. See also H Z Slomowitz "Oral Options in Respect of J Land" vol 80 SALJ at 140. 1985 (3) SA p188 Kannemeyer A I am therefore of the view that a right of pre-emption in respect of land is not an interest in land as envisaged by s 1 (1) of A......