S v Moolman
| Jurisdiction | South Africa |
| Court | Appellate Division |
| Judge | Steyn AR |
| Judgment Date | 10 November 1995 |
| Citation | 1996 (1) SACR 267 (A) |
| Hearing Date | 19 May 1995 |
| Counsel | P J De Bruyn namens die appellant A van Dyk namens die Staat |
Steyn AR:
Inleiding
Appellant, 'n konstabel in die Suid-Afrikaanse Polisie, het in die Oos-Kaapse J streekhof sittende te Elliot, tereggestaan op vier aanklagte van
Steyn AR
A aanranding met die opset om die klaer, Nombuko Kleinboy Mgqelana ('die klaer'), ernstig te beseer. Daar was 'n vyfde aanklag van soortgelyke aard, die klaer daar synde ene Thabo Jonase. Appellant se mede-beskuldigde op laasgenoemde aanklag was 'n polisiesersant, ene C J Hayward. Hierdie aanklag is egter voor pleit teruggetrek en appellant het daarna alleen tereggestaan op voormelde vier aanklagte, wat steeds B genommer was 2 tot 5. Ek sal in hierdie uitspraak daardie nommers behou in verwysings na die afsonderlike aanklagte.
Die bewerings in aanklagte 2, 3 en 4 is dat appellant op 6 Februarie 1990 die klaer te of naby die S A Polisiestasie in Barkly-Oos soos volg aangerand het met voormelde C opset:
deur hom te slaan, te klap, te skop en met 'n voorwerp oor die rug en maag te slaan en hom te skok (aanklag 2);
deur hom te kap, met 'n lyfband te slaan, te klap, 'n sak oor sy kop te sit en hom te skok (aanklag 3); en
D deur hom te klap, te skop en te skok (aanklag 4).
In aanklag 5 is dit appellant ten laste gelê dat hy op 7 Februarie 1990, by dieselfde plek as in die vorige drie aanklagte, klaer aangerand het met dieselfde opset deur hom te slaan met 'n 'belt', te skok en te klap. 6 Februarie 1990 was 'n Dinsdag.
Appellant het onskuldig gepleit op al vier aanklagte en by die verhoor het adv J W E Wessels namens hom opgetree. Dit ten spyt is hy op 13 April 1992 in wese op al vier aanklagte skuldig bevind. Die streeklanddros het egter vir doeleindes van die skuldigbevinding al vier aanklagte gekonsolideer en appellant op die gekonsolideerde aanklagte 'skuldig bevind aan een klag van aanranding met die opset om ernstig te F beseer'. Hy het appellant toe gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf waarvan een jaar voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is.
Appellant het daarna in hoër beroep gegaan na die Oos-Kaapse Provinsiale Afdeling teen sy skuldigbevindings en vonnis. Voor daardie Hof het die saak 'n interessante G loop geneem waarna later verder verwys sal word.
Die appèl het nie geslaag nie maar die skuldigbevinding is gewysig na 'n skuldigbevinding op elk van die vier aanklagte afsonderlik wat vir doeleindes van vonnis saamgeneem is. Dieselfde straf is toe weer opgelê. Sy effektiewe gevangenisstraf bly gevolglik steeds twee jaar. Daarna is appellant deur die Provinsiale H Afdeling verlof verleen om teen sy skuldigbevindings en vonnis na hierdie Hof te appelleer. Die gronde van appèl op die meriete is om die volgende: Dat die landdros fouteer het deur die Staatsgetuienis as geloofwaardig te aanvaar en dié van die verdediging te verwerp, om die volgende redes.
I Die klaer, Nombuko Kleinboy Mgqelana, is deur die hof a quo as 'n geloofwaardige en betroubare getuie bevind ondanks die feit dat hy 'n enkel getuie was; sy getuienis nie in ooreenstemming met die beweringe in die klagstaat was nie; sy getuienis in materiële opsigte deur sy werkgewer en werkgeefster weerspreek is; hy van sy polisieverklaring afgewyk het; die waarskynlikhede van sy weergawe met reg bevraagteken kan word; J daar geen direkte stawing vir
Steyn AR
A sy getuienis was nie; en sy getuienis in toto deur [die] verdedigingsgetuies weerspreek is.'
Die onbetwiste feite
Daardie feite is kortliks die volgende.
B Klaer was in Februarie 1990 op redelik gevorderde ouderdom reeds etlike jare as bokwagter in diens van mnr Steven Getliffe ('Getliffe') op die plaas Bonnievale in die Barkly-Oos distrik, wat ongeveer 33 km vanaf die dorp geleë is. Getliffe se vrou, Barbara, is 'n gekwalifiseerde verpleegster maar woon met hom op die plaas. Op Maandagoggend, 5 Februarie 1990, om ongeveer 10:00 het appellant, wat destyds 'n C konstabel verbonde aan die plaaslike veediefstaleenheid was, op Bonnievale aangekom. Getliffe was nie tuis nie maar sy vrou was. Sy het appellant op sy versoek toegelaat om die klaer weg te neem vir ondervraging as verdagte in 'n veediefstal saak. Hy het klaer by sy veepos gaan haal en op pad terug weer by haar aangedoen en 'n D boodskap vir Getliffe by haar gelaat dat hy luit Wolmarans (die bevelvoerder van die veediefstaleenheid op Barkly-Oos) moet bel as hy enige probleme of navrae het.
Die volgende dag, Dinsdag 6 Februarie, is Thabo Jonase, die klaer op die bogenoemde teruggetrekte aanklag en werknemer van die Getliffes, deur 'n konstabel E van die veediefstaleenheid ook op Bonnievale gaan haal vir ondervraging. Getliffe het op Woensdag 7 Februarie, luit Wolmarans gebel om te hoor wat aan die gang was en het verneem dat die polisie nog besig was om die saak te ondersoek waarby die klaer en Jonase as verdagtes betrek was.
Die getuienis in geding
(I) Die Staat se weergawe F
Klaer se verhaal oor die aanrandings en die omringende omstandighede is kortliks soos volg. Hy is by sy woning op die veepos deur appellant gehaal in 'n patrolliewa. Daar was 'n wit en 'n swart polisieman saam met hom. Hulle was al drie in dieselfde G soort kakiekleurige drag geklee. Hulle is na die Lady Grey polisiestasie waar hulle gehelp het om 'n gestorwe verdagte se lyk van 'n patrolliewa af te haal. Na sononder het hulle by die Barkly-Oos polisiestasie aangekom. Hy is twee komberse gegee en het in opdrag van appellant die nag in 'n patrolliewa geslaap. Die volgende oggend is hy in die polisiestasie deur appellant in Xhosa ondervra oor 13 vermiste skape van 'n sekere 'Kobus'. Toe hy sê hy weet niks daarvan nie, het appellant hom aangerand met H 'karate houe' (met die kant van die hand, volgens klaer), op albei skouers, en hom daarna 'hot en haar' deur die gesig geklap met albei hande. Hy het geval en is deur appellant op die niere geskop. Toe hy opstaan is hy deur appellant met 'n lyfband van voor en van agter oor sy lyf geslaan. Appellant het hom toe op sy maag laat lê. Met I behulp van twee ander polisiemanne het appellant hom toe elektriese skokke toegedien nadat 'n jas oor sy kop gesit is. Die drade is eers aan sy pinkies vasgemaak en na 'n paar skokke, aan sy boeie. Die skokke was toe so kwaai dat hy sy bewussyn verloor het. Toe hy bykom het hy in opdrag van appellant polisievoertuie gaan was op die perseel, net voor middagete. Daarna is hy verder ondervra en weer deur appellant aangerand. Hy is weer in die gesig geklap en op die niere geskop. Hy is weer met 'n J lyfband
Steyn AR
A geslaan en daarna op dieselfde wyse geskok, vier keer aan die pinkies en toe weer deur die boeie. Hy het weer sy bewussyn verloor. Daarna moes hy weer polisievoertuie gaan was.
Net voor aandete is hy weer ondervra en weer deur appellant aangerand met karate houe, skoppe op die niere en met die lyfband. Sy kop is weer bedek en hy is weer B geboei en geskok op dieselfde manier. Weer het hy sy bewussyn verloor. Daarna is hy weer deur appellant gesê hy 'moet teruggaan werk toe' (blykbaar ná die was van voertuie). Later het hy weer komberse gaan haal en is deur appellant aan twee stoele geboei vir die nag in 'n kantoor. Die volgende dag is hy weer ondervra en weer op C dieselfde verskillende maniere in dieselfde volgorde deur appellant aangerand. Hy het weer sy bewussyn verloor nadat hy deur die boeie geskok is. Toe hy bykom het hy op appellant se bevel die komberse gaan wegsit en is toe saam met appellant na 'n winkel in Barkly-Oos waar appellant steenkool, gas ('Easy gas') en die pos gekry het. Daarna is hulle 'n entjie uit die dorp na 'n plek bewoon deur kleurlinge. Daar is skape D bymekaargemaak en op hul patrolliewa gelaai. Hulle is toe na Rhodes waar die goed by die winkel gekry, afgelaai is. Die skape is daarna by twee veeposte afgelaai waar skape se merke vergelyk is. Hulle is toe terug na Rhodes waar appellant 'n verkyker by 'n polisiesersant gelaat het. Daarna het appellant hom by 'n plek met die naam 'Martienshoek' afgelaai. Hy moes van daar af te voet huistoe loop, maar het oppad by E 'n veepos aangedoen en daar geslaap. Hy is daar weg om 03:00 die volgende dag en het 09:00 by sy veepos-woonplek aangekom. Hy kon (blykbaar weens sy beserings) skaars sit en het kort na sy tuiskoms 'met moeite' tot by die Getliffes se plaas geloop. Getliffe was daar en klaer het hom vertel wat gebeur het. Strydig met sy eie F kronologiese uiteensetting het klaer egter getuig dat Getliffe hom die volgende dag, wat hy aanmerk as 'n Donderdag, dokter toe geneem het waar hy 'net so deurgekyk' is en vyf pakkies pille gegee is. Later is hy weer vir 'n besering aan sy nek dokter toe. Dit was 'n knop waarvan hy ongeveer sewe dae na die aanrandings bewus geraak het. Later is hy hospitaal toe waar die knop aan sy nek verwyder is. Hy was twee dae in G die hospitaal. Hy het getuig dat hy steeds pyn in sy heup het en aan sy skouer. Op vrae deur die hof het hy voor die aanvang van kruis-ondervraging getuig dat toe hy tuiskom hy gebloei het en dat hy nog erg gebloei het toe hy by die Getliffes arriveer het. Nadat sy vrou aldaar die bloed aan hom afgevee het, het die bloeding egter opgehou.
H Tydens kruisondervraging het die klaer onder meer getuig dat hy die gebeure nog goed kan onthou en dat wat hy in sy getuienis gesê het ook in sy polisieverklaring voorkom. Die betrokke passasie in sy kruisverhoor lui so:
'Mnr Wessels: Het jy nou vir die hof alles vertel wat hierdie beskuldigde aan jou I gedoen het op daardie aand? - Ja.
En dit wat jy nou hier vir die hof vertel het, is net soos dit gebeur het? - Ja.
Die feite wat jy nou vir die hof opgegee het, die gebeurtenisse wat jy beskryf het, dit is nog duidelik in jou geheue nè? - Ja.
Dis nou nie dinge wat jy so maklik sal vergeet nie, want jy het dit self beleef? - J Ja.
Steyn AR
A So jy kan nie 'n fout maak met daardie gebeurtenisse soos wat jy dit vir die hof beskryf het nie? - Nee.
En soos wat jy...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations
Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
Cassim and Others v The Magistrate, Regional Court 22 Johannesburg and Another
...a previous statement of a witness can be important to asses his credibility (see S v Mbuli 2002 1 SACR 97 (SCA) 105de and S v Moolman 1996 1 SACR 267 (A) 286). Whether or not a discrepancy between the evidence of the witness and his previous statement exists and is material are questions th......